![]() |
|
CapeNature's reasons for the legislation.I apologize for not having this in English but the original letter was in Afrikaans. I will get it translated as soon as possible.If you want to respond to the reasons or my statement please use the form provided under Contact Us. No abusive language or personal assaults will be published. ----- Original Message ----- From: Jaco van deventer
To: DJ van der Vyver
Sent: Thursday, November 27, 2008 3:56 PM
Subject: Re: Permitte vir Slagysters en Nagjag van Rooikatte en Rooijakalse?
Hallo Dawie
Dankie vir jou navrae. Julle sal seker wonder hoe die dinge so vinnig verander het nadat ek laas by julle was.
CapeNature is onder geweldig baie druk as 'n verantwoordelike bewaringsowerheid, om beheermetodes wat nie selektiief en menslik is nie, te verwyder. Ons is in die moeilike situasie waar ons 'n groot verantwoordelikheid het teenoor die omgewing om verlies aan biodiversiteit te bestuur, sowel as 'n verantwoordelikheid teenoor grondeienaars om toe te sien dat hulle nog beheer kan toepas en 'n bestaan voer.
Die oormatige doodmaak van groot getalle rooijakkalse en rooikatte deur veral nagskiet, het 'n groot impak op hierdie diere se sosiale gedrag en veroorsaak dat hulle getalle toeneem om hierdie vakuum te vul. Verder word hulle verhoed om normale territoriale gedrag uit te voer en territoriums af te baken. Dit veroorsaak oormatige aanteel en gepaardgaande veeverliese.
Die oomblik as hierdie diere se sosiale gedrag toegelaat word om in werking te tree, dryf hulle vreemdes van hul gebiede weg en onderdruk aanteel. Kleiner getalle roofdiere kom dan op eiendomme voor en gepaardgaande is die veeverliese minder.
Ons moes drastiese stappe in plek stel om die oormatige doodmaak van hierdie diere te reguleer. Dit is ons morele plig as bewaringsliggaam. Daarom sal daar nou moet aansoek gedoen word vir permitte om hierdie aksies uit te voer.
Ek besef dat die suksesvolste beheermetode waarskynlik die roep en skiet van hierdie diere is. Met dit inaggenome, het ek het 'n voorstel aan my mense gerig wat wat hopelik julle ondersteuning sal kry. Ek het voorgestel dat ons die mense wat tans nagskiet op 'n professinele wyse beoefen, akkrediteer deur 'n vorm van 'n kursus. Hierdie persone moet dan 'n sertifikaat van CapeNature ontvang wat hom as 'n professionele tipe jagter uitwys. Die holistiese beginsels van roofdierbestuur sal sterk in die kursus na vore kom. Indien grondeienaars dan hierdie beginsels implimenteer en steeds skade deur enkele indiwidue ondervind, moet hierdie opgeleide ouens uitgaan en die enkele kwaaddoeners selektief verwyder deur roep en skiet. Hierdie persone moet ook met 'n jaarpermit of 6 maande permit uitgereik word.
Trugvoering moet deurlopend aan CapeNature gegee word oor hoeveel diere vankant gemaak is en of dit die gewensde uitwerking het. Dit is ook vir my belangrik dat karkasdata van die kwaaddoeners versamel word, veral maaginhoud. Op hierdie wyse sal die rompslomp van permitte uitgeskakel word en die veeboer 'n professionele diens ontvang waarvoor hy, soos tans die geval is, die jagter vergoed. Wat ons wil uitskakel is die ouens wat so veel moontlik roofdiere in 'n nag probeer skiet vir die geld. Dit is die ouens wat skade aan die omgewing aanrig en veroorsaak dat veeverliese eskaleer.
Ek wil weereens my lojale ondersteuning aan alle veeboere bevestig en dat ons van CapeNature se kant alles in ons vermoe sal doen om te help waar ons kan met inligting, opleiding ens. Hierdie stappe is nie in plek gestel met die doel om veeboere te benadeel nie, maar om toestande daar buite te probeer stabiliseer sodat veeboere minder verliese sal ondervind en ekologiese prosesse nie verder skade sal ly.
Groete.
Jaco van Deventer
|
|