Bosvark voer en skiet

Enige iets pas hier/ discuss anything here

Moderator: Global Moderator

Dimitri
Hero Member
Hero Member
Posts: 1015
Joined: Tue May 22, 2012 4:39 pm
Location: Sandton

Bosvark voer en skiet

Post by Dimitri »

Hi almal

Ek vra bietjie raad asb.

Ek het laas week vir die eerste keer bosvarke in KZN gejag maar het toe nie eers een gesien nie. Maar, die gogga het my gebyt en ek wil nou BAIE graag n' bosvark skiet.

Ek gaan my vriend wat op Dwaalboom boer vra om my te help. Ek kuier daar vir 5 aande middel Mei. Daar is net wild en beeste op die plaas. Niks geplant nie.

My plan is:

1. Werkers op die plaas soek vars bosvark spoore of paadjies wat die varke gereeld gebruik.

2. Vriend Marius maak voer. Iets soos: mielies, water, suiker, yeast. Los in n' drom vir so week in die son.

3. Maak voerplek naby of op paadjie en naby natuurlike skuiling sodat die varke nie senuweeagtig sal wees in die oopte. Grou klein gat (15cm diep x 30cm x 30cm) en gooi n' paar groot klippe (bietjie kleiner as sokker bal) bo op. Maak twee voerplekke op verskillende plekke op die plaas.

4. Gooi voer laat middag elke dag sodat die tarentale en vlakvarke dit nie in die dag kry nie en klaarmaak voor die aand.

5. As daar vars spore gesien word sit kameras op om te sien hoe laat kom die varke in.

6. Skuif Marius se stand (stewige 4-poot stand wat so 4m hoog is) 15m van die voerplek af en los daar dat die varke gewoond raak.

7. Gaan sit op die stand 2 uure voor ek verwag dat die varke sal inkom.

8. Skiet met kruisboog

Sal die bogenoemde plan werk? Kan kenners my raad gee met die volgende:

a. Hoeveel voer moet ek gebruik as ons die voerplek begin. MAW hoeveel voer moet ons ingooi die heel eerste keer?

b. Hoeveel voer moet ons elke dag bygooi? En moet ons meer gooi as die varke begin vreet?

c. Ek glo nie ek sal betyds n' rheostat, rooilig ens in die hande kan kry nie en ek wil nie eintlik geld op dit spandeer nie. Ek hoop dat omdat die varke nog nooit deur mense in die nag gepla is dan sal hulle nie so skrikerig wees nie. As ek n' witlig monteer op my kruiboog sal dit werk? Ek weet ek sal maar vinnig moet skiet?

d. Moet ek eers die lig in die lug skyn en dan afbring na die varke toe of moet ek maar direk op hulle skyn? As die maanlig sterk genoeg is (my laaste aand daar is 22 Mei) dan sal ek met my illuminated reticle net so skiet sonder om te lig.

Ek is totaal n' novice met die bogenoemde. Soos ek se ek het maar op een trip in my lewe bosvarke gejag en dit was laas week. Kan die kenners my reghelp asb.

Baie dankie

Groete

Dimitri
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13503
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Location: Bloemfontein, Vrystaat.
Contact:

Re: Bosvark voer

Post by Geno »

Dimitri,
How about this, with red selofane (sp.?) stuck to the lens?
http://www.bidorbuy.co.za/item/96953402 ... ights.html

Put one or two up permanently at the bait site. The pigs will get used to it.
Goed, beter, 6millimeter!
Dimitri
Hero Member
Hero Member
Posts: 1015
Joined: Tue May 22, 2012 4:39 pm
Location: Sandton

Re: Bosvark voer

Post by Dimitri »

Wow, Geno. Sounds like a great idea. Thanks. Have you used it before? Would love to hear what the other bushpig pros think.
User avatar
Riaan Beeslaar
Hero Member
Hero Member
Posts: 678
Joined: Tue Mar 05, 2013 9:09 am
Location: Tzaneen, Limpopo

Re: Bosvark voer en skiet

Post by Riaan Beeslaar »

Dimitri
Dit help ook as jy die voer toe pak met klippe.
Sodoende sal die ystervarke nie by die voer kan kom nie, maar die bosvarke is sterk genoeg om die klippe weg te rol.
Maroek werk ook.
Groete
Riaan
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm
Location: Jubail Saudi Arabia

Re: Bosvark voer en skiet

Post by Gerhard »

Dimitri,

Ek het game cam fotos van bosvarke in Dwaalboom area wat n luiperd van n kudu koei karkas af jaag en dan die karkas vreet...
Dimitri
Hero Member
Hero Member
Posts: 1015
Joined: Tue May 22, 2012 4:39 pm
Location: Sandton

Re: Bosvark voer en skiet

Post by Dimitri »

Dankie Riaan. Watse groote klippe sal jy se is die regte groote? So bietjie kleiner as n' sokkerbal? Wil nie he die varke kan nie die voer bykom die.
Dimitri
Hero Member
Hero Member
Posts: 1015
Joined: Tue May 22, 2012 4:39 pm
Location: Sandton

Re: Bosvark voer en skiet

Post by Dimitri »

Gerhard wrote:Dimitri,

Ek het game cam fotos van bosvarke in Dwaalboom area wat n luiperd van n kudu koei karkas af jaag en dan die karkas vreet...
Luiperd, aggresiewe bosvarke. Nee wag, Gerhard. Moet my nie te bang maak om alleen in die donker te sit en wag nie asb.

Dink jy n' karkas sal beter werk as vrot mielies?

Daar is n' aasvoel restaurant op die plaas. Al die derms, ens van die jagters se diere word ook daar gegooi. Dink jy dit kan n' goeie plek wees vir bosvarke?
User avatar
Riaan Beeslaar
Hero Member
Hero Member
Posts: 678
Joined: Tue Mar 05, 2013 9:09 am
Location: Tzaneen, Limpopo

Re: Bosvark voer en skiet

Post by Riaan Beeslaar »

Dimitri
Ja nie heeltemal sulke groot klippe nie, begin maar bietjie kleiner, jy sal sien as die ystervarke inkom of hulle dit kan wegskuif of nie.
Vrot vleis werk definitief, ons het al baie keer dooie hoenders gebruik wat ons sommer hier by die hoenderplaas kry met baie groot sukses. As daar vleis beskikbaar is sal bosvark se kind nie sommer los nie.
Tarzan
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 260
Joined: Mon Nov 19, 2012 10:23 pm
Location: Port Elizabeth/Jansenville

Re: Bosvark voer en skiet

Post by Tarzan »

Wat vir my gewerk het was om saam met die aas om hulle aanvanklik in te roep ook n aircon gas kannetjie wat vol gate geboor is, en vol droe mielies gemaak is daar te los . Daar is n ketting aan die drommetjie vas en dan aan boom- so 2m. Dit hou die varke lekker besig en maak geraas wat help om hulle te hoor inkom en om ander geraas te verberg. Ekt eers parafien blik gebruik maar hulle het hom verwoes. Ek skiet dan met boog.

Sterkte
Danie
Rasmus
Hero Member
Hero Member
Posts: 987
Joined: Mon Sep 06, 2010 2:38 pm
Location: Middelburg Mpumalanga

Re: Bosvark voer en skiet

Post by Rasmus »

Dimitri

Ek sien volmaan is die 25ste Mei.. Kyk of jy nie jou tyd kan aanpas om eerder twee dae later te gaan nie...

Maar die drie dae voor volmaan en drie dae na volmaan is daar meer as genoeg lig, jy het nie ligte en dimmers en daai goed nodig nie.

Ek sou nie n nuwe voerplek begin het nie. Daar waar die derms ens gegooi word is die regte plek. My swaer het ook so plek op sy plaas en ek voer by dit. Ons skiet klokslag varke daar as ek voer. Het die laaste tyd net bietjie lui geword.....

Begin sommer daar, kyk waar is n lekker wegkruip plek sit jou blind op en begin voer. As die varke drie aande in n ry vreet kan jy maar gaan sit hulle sal kom.

Ek voer gewoonlik met mielies, mielie gruis wat ek met Mpafaan meng(daai bier wat die volk drink) Dit is dannie nodig vir son staan en gis nie hy het sommer klaar n reuk en hoe langer hy staan hoe beter.

Jou kan ook by jou pel hoor of sy werkers nie al hulle pap wat hulle nie gebruik nie in n drom kan gooi en sommer eenkeer n week daar gaan uitgooi nie. Dit sal die varke klaar lekker bederf!

Sterkte en hou ons op hoogte.
Dimitri
Hero Member
Hero Member
Posts: 1015
Joined: Tue May 22, 2012 4:39 pm
Location: Sandton

Re: Bosvark voer en skiet

Post by Dimitri »

Baie, baie dankie vir almal se raad.

Rasmus, hoeveel voer moet ek per dag gooi? n' 5 liter emmer vol? Halwe emmer?

As dit bewolk is en/of ek nie naby geboeg aan volmaal kan gaan nie ...

1. Sal n' witlig gemonteer op my kruiboog sal werk as ek oefen om binne 3 sekondes te skiet?

2. Moet ek eers die lig in die lug skyn en dan afbring na die varke toe of kan ek maar direk op hulle skyn?

Nogmals dankie vir almal se insette.

Groete

Dimitri
User avatar
De beer
Full Member
Full Member
Posts: 127
Joined: Tue Apr 24, 2012 8:56 am
Location: Johannesburg

Re: Bosvark voer en skiet

Post by De beer »

Dimitri dit sal goed werk. Sal ljewer voorstel dat jy n rooilig gebruik op die voerplek. Mielies met gis en water werk baie goed. Hulles ook baie lief vir semels. Afval vleis maak natuurlik wonderlike voer vir bosvarke. Kyk of jy nie sommer n drom hoenderderms by n hoenderplaas kan kry nie. Die gevrekte hoenders gee hulle sommer verniet weg. Los n drom by die hoenderplaas en as hy vol is gaan haal jy hom. Pak die voer toe met klippe. N goedkoop lig is om n nuwe trok led remlig te gebruik. As reostaat haal jy sommer n volume knop van een van daai draadloos radios uit en koppel flex en n battery aand. Werk bitter goed. Jy moet maar voor sononder gaan sit en wag. Jy sal hulle maklik hoor as hulle die klippe afstamp. Dan kan jy stadig die dimmer opdraai tot jy kan sien. Sterkte. Dit is woes lekker
Dimitri
Hero Member
Hero Member
Posts: 1015
Joined: Tue May 22, 2012 4:39 pm
Location: Sandton

Re: Bosvark voer en skiet

Post by Dimitri »

Baie dankie vir jou raad, De Beer.

Groete

Dimitri
Rasmus
Hero Member
Hero Member
Posts: 987
Joined: Mon Sep 06, 2010 2:38 pm
Location: Middelburg Mpumalanga

Re: Bosvark voer en skiet

Post by Rasmus »

Dimitri

5L emmer sal voldoende wees ja.

Die maan behoort al baie mooi te wees daai tyd. Die kanse dat dit bewolk gaan wees is daar, maar bitter skraal. Vanaf Mei tot Sept is mos 80% gelukkig met die wolke.

Van boog weet ek nie baie nie. 3 Sekondes is dalk bietjie lank! Ons het al varke geskiet met flits.

As die boog reeds gespan is en jy's reg kan mens die flits op nommer 99 aansit, maar jy gaan moet gooi die varke steek so vir n sekonde vas en dan hardloop hulle dat die spat... :o

Ek het n LED spotlight gemonteer wat met sonkrag werk en day/night switch. Na drie aande het die varke kom eet. Die lig pla hulle glad nie!
Dimitri
Hero Member
Hero Member
Posts: 1015
Joined: Tue May 22, 2012 4:39 pm
Location: Sandton

Re: Bosvark voer en skiet

Post by Dimitri »

Dankie Rasmus.

Kan nie wag om te probeer nie.

Groete

Dimitri
User avatar
Jaco Swart
Hero Member
Hero Member
Posts: 804
Joined: Tue Feb 16, 2010 1:50 pm
Location: Rustenburg

Re: Bosvark voer en skiet

Post by Jaco Swart »

Dimitri

Skiet jy by Marius van Aarde??
User avatar
Riaan Beeslaar
Hero Member
Hero Member
Posts: 678
Joined: Tue Mar 05, 2013 9:09 am
Location: Tzaneen, Limpopo

Re: Bosvark voer en skiet

Post by Riaan Beeslaar »

Dimitri ek stem ten volle saam met de Beer.
Gebruik ook lorrie se agter rem lig, en die hoenders en klippe ding werk, probeer maar gerus.
Jy moet nou ophou raad vra en vir ons 'n paar fotos opsit van die varke wat geval het.
Sterkte ou maat, hulle bly maar d@nners skelm
Groete
Riaan
Dimitri
Hero Member
Hero Member
Posts: 1015
Joined: Tue May 22, 2012 4:39 pm
Location: Sandton

Re: Bosvark voer en skiet

Post by Dimitri »

Jaco Swart wrote:Dimitri

Skiet jy by Marius van Aarde??
Hi Jaco

Ja dit is by Marius van Aarde. Ons is al 20 jaar vriende en hy was ook Best Man by my troue.

Jy jag dan ook seker daar?

Groete

Dimitri
Dimitri
Hero Member
Hero Member
Posts: 1015
Joined: Tue May 22, 2012 4:39 pm
Location: Sandton

Re: Bosvark voer en skiet

Post by Dimitri »

Riaan Beeslaar wrote:Dimitri ek stem ten volle saam met de Beer.
Gebruik ook lorrie se agter rem lig, en die hoenders en klippe ding werk, probeer maar gerus.
Jy moet nou ophou raad vra en vir ons 'n paar fotos opsit van die varke wat geval het.
Sterkte ou maat, hulle bly maar d@nners skelm
Groete
Riaan
Hi Riaan.

Ek is baie opgewonde oor die storie. Nog net 18 dae en dan is ek op die plaas.

Ek wag dat Marius vir my te laat weet dat hulle iewers vars vark spore gekry het. Ek het gevra dat hy by die aasvoel resturant begin. Daar is ook wat hy noem n' leegte op die plaas dws n' meestal droe rivier bed met ruig ruig bos aan beide kante. Ek het gevra dat hulle ook daar rond bietjie kyk.

Ek wag in spanning vir Marius se verslag.

Nogmals dankie vir almal se raad. Ek voel onder druk om dit goed te gebruik en resultate te kry!

Groete

Dimitri
Voorslag
Newbie
Newbie
Posts: 36
Joined: Sat May 26, 2012 6:19 am
Location: Oos Kaap

Re: Bosvark voer en skiet

Post by Voorslag »

Hi daar Dimitri

Die aasvoel restaurant is defnitief die beste opsie. Ander goeie beginplekke is op plekke waar hulle dalk voer op die plaas uitsit vir vee. Dit kan of vir kalwers of vir skaap wees. Bosvarke loop maklik n kilometer oor oop terein om by sulke plekke te aas. Om maklik vas te stel of hulle daar eet vra dat die volk die voerbakke op n spesifieke manier posisioneer. Die varke het mos maar kort bene en skuif gewoonlik die bakke rond as hulle inklim of om dit eet. Ekt selfs al varke binne in geboue geskiet waar daar gevoer word.

As die varke nog nooit gejag is nie sal hulle nie sommer vir n wit lig hardloop nie, maar dis steeds beter on n rooi lig met n reostat te gebruik. Wat oor die jare die beste vir my gewerk het is om die lig booor die voerplek te sit sodat die lig afskyn op die varke. Ekt die twee jaar terug vir my n afstand beheerde lig laat bou. Dit werk soos n bom dan kan jy in jou blind sit en die lig beheer sonder om by die voerplek te gaan karring.

Gewoonlik as jy hulle net begin voer sal hulle enige tyd inkom. Hoe langer jy voer hoe vroer sal hulle begin inkom
Gewoonlik kom varke wat vir n geruime ty gevoer word binn een uur na donker in. Die beste is as twee groepe varke dieselfde voerplek besoek dan kompeteer hulle teen mekaar en kom elkeen al vroer in om die mielies voor die ander te kry. Dis ook net nodig om iets met reuk te gebruik tot hulle die voerplek vind dan kan gewone mielies gebruik word. Ek het ook gevind dat dit nie regtig saak maak of jy tien kilogram of twee kilos uitsit nie. Hulle sal kom vir daai een kilogram ook dit maak hulle net n bietjie gulsiger. Die ou bere hang gewoonlik terug en dit die jonger varke wat blatant inloop.

Wag ek gaan seker nou oorboord ma nou ja ek is seker ook maar so hooked op hulle soos jy enigste probleem is dat my jeuk nou al vir meer as n dekade aanhou. So oppas as die goggo jou byt is jy vas

Groete en voorspoed
Dimitri
Hero Member
Hero Member
Posts: 1015
Joined: Tue May 22, 2012 4:39 pm
Location: Sandton

Re: Bosvark voer en skiet

Post by Dimitri »

Hi Voorslag

Baie dankie ook vir jou raad.

Ek het iewers op Jaracal geskryf dat ek laas bokkoors gekry het toe ek nog n' seuntjie was.

As dit gebeur dat ons die varke wel kan opspoor en op voer kry dan is dit heel moontlik dat ek die koors weer gaan beleef as die donker se stilte gebreek word deur bosvarke wat inkom voer toe!

Groete

Dimitri
User avatar
Jaco Swart
Hero Member
Hero Member
Posts: 804
Joined: Tue Feb 16, 2010 1:50 pm
Location: Rustenburg

Re: Bosvark voer en skiet

Post by Jaco Swart »

Dimitri.

Ek ken Marius se boetie Eon baie goed. Ek gaan nou 10 Zebras daar by hom skiet.
Rasmus
Hero Member
Hero Member
Posts: 987
Joined: Mon Sep 06, 2010 2:38 pm
Location: Middelburg Mpumalanga

Re: Bosvark voer en skiet

Post by Rasmus »

Dimitri

Jy praat van bokkoors..... Oppas vir varkkoors!!! As daai varke eers inkom, man wat n sensasie! Dis bitter lekker.

Soms kom hulle in soos n dief in die nag sonder waarskuwing of geluid. As jy weer sien staan daar vier varke en vreet! Dan moet jy eers bedaar sodat jy kan skiet of net die boog kan stil hou!

Jy het my nou so lus vir vark dat ek sommer volgende week weer my voerplek op dreef gaan kry!!!
User avatar
swc-tr
Hero Member
Hero Member
Posts: 1497
Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm
Location: Middelburg, Mp

Re: Bosvark voer en skiet

Post by swc-tr »

Rasmus wrote:Dimitri

Jy het my nou so lus vir vark dat ek sommer volgende week weer my voerplek op dreef gaan kry!!!
Rasmus
Bel my asb wanneer dit gereed is! ;) :laugh:
Broadbandboer

Re: Bosvark voer en skiet

Post by Broadbandboer »

Was daar toe enige sukses?
Post Reply

Return to “Algemeen/General Discussion”