JARACAL

Forum vir die Jagter/Forum for the Hunter
It is currently Mon Sep 24, 2018 6:55 pm


All times are UTC + 2 hours




Post new topic Reply to topic  [ 4 posts ] 
Author Message
PostPosted: Sat Jun 17, 2017 10:34 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Posts: 625
Location: Pretoria
Ons sien hierdie jaar geweldig interessante diere in die omgewing.

Gister het 2 jagters by ons 'n ietermagog gesien. Ek het self nog net een gesien so 3 jaar gelede. Ons sien al hoe meer bakoorjakkalsies ook wat baie oulik is. Tierboskat, siwetkat, ratel, aardwolf, vaalboskat en bruin hiëna sien ons nie gereeld nie maar hulle is hier. Erdvarke blyk die laaste jaar of so minder te wees hier by ons. Ek was gelukkig genoeg om 2 jagluiperds te sien 'n jaar gelede (al maak hulle skade). Luiperds word soms op die kameras afgeneem maar ek het nog net een gesien. Ons het selfs 3 olifant-besoekers gehad in die laaste 2 jaar.

As iemand nog interessante spesies sien in hierdie omgewing, plaas dit hier asseblief.


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Tue Jun 20, 2017 2:39 pm 
Offline
Newbie
Newbie

Joined: Tue Apr 12, 2016 4:20 pm
Posts: 8
Location: Piet Retief
Was die naweek op n plaas in Douglas omgewing.
Net voor son ondergang gewaar ek n jong aardwolf welpie wat reguit in die pad afgedraf kom. Weet nie hoe algemeen hulle voorkom nie maar dit was n eerste vir my.


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Sun Feb 11, 2018 1:25 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Posts: 625
Location: Pretoria
Die laaste 2 of 3 maande het ek weer nogal interessante diere opgemerk. Een jong luiperd, en die aand daarna 'n groot een. 4 bakoorjakkalsies terwyl ek een oggend die beeste kyk. Een groot bruin hiëna was nogal baie interessant. 2 of 3 keer aardwolf in die nag. Een keer 'n erdvark wat ons al hoe minder sien. En vir die voëlkykers het daar saam met die laaste reënbui 'n visvalk aangekom wat vir my baie besonders was.

Groete

Sent from my LG-H735 using Tapatalk


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Sat May 19, 2018 2:47 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member

Joined: Tue May 22, 2012 4:39 pm
Posts: 683
Location: Sandton
Dwaalboom omgewing +- 2km van die Botswana grens:

Een keer lank terug n groot rietbok ram gesien. Geen twyfel dat dit n rietbok was nie. Die eienaar van die plaas en ook n' paar boere in die omgewing met wie ek gepraat het het nog nooit n rietbok in die omgewing gesien nie.

Natuurbewaaring het my friend een keer gevra vir toestemming om oor sy plaas die vlieg en n' helikopter daar te land indien nodig. Daar was 3 jagluiperde in die ongewing wat hulle wou dart om data te kry oor hulle kondiesie ens. Hulle het ook die ander boere in die ongewing gevra. Die 3 jagluiperde was toe op die buurman se plaas en toe die jagluiperde gedart was het my vriend en sy famielie gaan kyk en fotos geneem saam met die jagluiperde.

Twee ratels saam. Het hulle vir n' hele ruk gevolg terwyl ek gejag het.

3 keer ystervarke in die veld in die dag gekry.

Al n paar keer bakoorjakkalse in die aand gekry.

1 x aardvark in die dag.

1 x luiperd laat middag terwyl ons n game drive gedoen het

1 x African Wild Cat was muise gejag het. Het lank gestaan en kyk hoe die kat gejag het. 15-20m van my.

Laas jaar was daar n' olifant op die plaas terwyl ons daar was. Ek het dit nie self gesien nie maar ek het die olifant se spoor en mis gesien.

n' Maand voor ons die jaar op die plaas was daar n' enkele leeu op die plaas. Die beeste het die grensdraad gebreek en toe my vriend gaan kyk het het hulle die leeu se spoor gekry. Een van die plaaswerkers het later die leeu gesien.


Top
 Profile  
Reply with quote  
Display posts from previous:  Sort by  
Post new topic Reply to topic  [ 4 posts ] 

All times are UTC + 2 hours


Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 1 guest


You cannot post new topics in this forum
You cannot reply to topics in this forum
You cannot edit your posts in this forum
You cannot delete your posts in this forum
You cannot post attachments in this forum

Jump to:  


Advertisement























Powered by phpBB® Forum Software © phpBB Group