JARACAL

Forum vir die Jagter/Forum for the Hunter
It is currently Fri Dec 15, 2017 7:49 pm


All times are UTC + 2 hours




Post new topic Reply to topic  [ 3 posts ] 
Author Message
 Post subject: Saterdag middag die 3de
PostPosted: Mon Oct 05, 2015 2:17 pm 
Offline
Jr. Member
Jr. Member

Joined: Wed May 14, 2014 3:11 pm
Posts: 62
Graag wil ek ons sukses met julle deel. Ek en 'n vriend, Abri het bietjie op die skietbaan van die plaaseienaar geoefen. Half ses het ons so 700m gestap en bo-op 'n rand ons plekke so 20 tree van mekaar ingeneem. Die vlakte is suid vir so 300m en dan die rivier en ons skootsvak is wes en in die son in. Om te kan sien moes die son agter die horison verdwyn en dan moes dinge vinnig gebeur.

In die laaste son strale het die jakkal paar spontaan vokaal gereageer. Dit was die teritoriale wha wha whaa whaaa ha ha haaa geluid. Ek moes besluit op Tafjak 6 of Swartrug 6. Ek antwoord hulle toe op Swartrug 6. Na 3min het ek Vlakhaas BG vir sekondes gespeel en so 1 minuut en 20 sek later weer vir so een minuut. 3 minuut stilte en ek worry oor die lig. Jaag die roep aan met Elsneus. Play en pause en play en pause. Hulle antwoord toe presies soos Elsneus. So 2 minuut later toe kom daai paar oor die vlakte aangehol. Dit moes mooi kyk verg want die lig is nou min. Hulle verdwyn tussen doringbome en bos reg voor my op so 80 tree. Na 1 minuut se wag sien ek nogsteeds niks. Gee daai Vlakhaas 'n knyp en daar sien ek die donkerder en groter een van die twee wegdraf van die roeper in die rigting van waar hul gekom het. Skiet hom reg van bo agter die kop in. Soek soek soek die maat, en ek sien net mooi niks. Gee bakleie en jak distress gemeng vir 15 sekondes. Nou is die lig vir my sleg op die blote oog. Toe , skielik klap die skoot. Fluiiiiiiiiiiiiit dup! Waar!? Kyk terug. Hoor 'n gesnork. Kom staan die vlakvark waragtig 3 tree agter Abri. Wel, ons staan toe op en gaan tel die jakke op. My reun op 80 tree en sy teef op 230 odd tree.

Ons sien die teef is swaar in die melk. Nie werklik gesuig as ek na die hoeveelheid hare om die nippels kyk. Die reun ook so 3 jaar. Baie baklei merke en die oorpunt is af. Besonderse groot kop. 6 duim in lengte. Ons het in stik donker by die bakkie aangekom na daai 700m se stap terug en die dra van die jakke. Hulle het besonders sterk geruik vernaam daai reun. Abri kon nie die stank hou nie en ek kan nie genoeg kry daarvan nie. Baie bosluise op beide. Rooi kleintjies en een groot blou bosluis op die kant van die teef agter die oog. Nogals swaar en in goeie kondisie ondanks die bosluise.

Oppad na 'n ander plaas vir aandjag moes ons eers weer daar gaan draai. Dit was 8 uur gewees. Want sien. Ek en Abri het skoon vergeet om die roeper ook 'n lift te gee terug bakkie toe.

Groete
Gerhard Ferreira


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Wed Oct 07, 2015 5:15 pm 
Offline
Sr. Member
Sr. Member

Joined: Sun Jun 19, 2011 8:24 pm
Posts: 363
Location: george
BAIE GELUK en goed gedoen


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Mon Oct 26, 2015 9:35 pm 
Offline
Full Member
Full Member
User avatar

Joined: Wed Apr 01, 2009 9:14 pm
Posts: 172
Location: Steynsburg
Mooi Gerhard, daar is darem min dinge wat die adrenalien so laat loop soos wanneer daai jakke so inkom. Haha, toe ry julle onder die roeper uit, te opgewonde.


Top
 Profile  
Reply with quote  
Display posts from previous:  Sort by  
Post new topic Reply to topic  [ 3 posts ] 

All times are UTC + 2 hours


Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 2 guests


You cannot post new topics in this forum
You cannot reply to topics in this forum
You cannot edit your posts in this forum
You cannot delete your posts in this forum
You cannot post attachments in this forum

Jump to:  


Advertisement























Powered by phpBB® Forum Software © phpBB Group