JARACAL

Forum vir die Jagter/Forum for the Hunter
It is currently Fri Dec 15, 2017 7:35 pm


All times are UTC + 2 hours




Post new topic Reply to topic  [ 17 posts ] 
Author Message
 Post subject: jakkals skelm
PostPosted: Tue Mar 20, 2012 12:40 pm 
Offline
Sr. Member
Sr. Member
User avatar

Joined: Tue Oct 25, 2011 7:50 am
Posts: 355
Location: Prieska
Middag kerels.

Ek wil asb julle menings hoor oor die vogende...

Ek kom vanoggend 7h terug van my neef af waar ek gisteraand gejag het,so 200m van die naaste water af sien ek die jakkals hardloop langs die bakkie seker so 350m weg,stop die bakkie en spring uit,vat die 223 en probeer so 2 skote in die hardloop,maar onsuksesvol >:( >:(

Dit was n reus van n jakkals!! Het hom seker so 300m met die bakkie gejaag,ma hy het sonop gehardloop en weggeraak in die bosse.

Nou my vraag is,gaan die jakkals nou baie skelm wees of sal ons hom vannaand kan roep en omdop?

Groete Dirkie

_________________
Ou honde loop laat...


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: jakkals skelm
PostPosted: Tue Mar 20, 2012 12:48 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am
Posts: 1226
Location: Kimberley, Jacobsdal, Britstown
Dirkie

Ek nou nie een van die ouer manne of met die meeste ervaring nie, maar se maar wat ek dink.

Ek dink as jy wil gaan roep, roep n dagroep waar die voertuig nie betrokke is nie. Die jaag van die bakkie en skote sal hom nie slim maak vir die roepmetode nie, maar hy sal nou wel weet dat daar gevaar is as hy die bakkie hoor of sien.

Dalk het daar iemand so n jakkals in die hande gekry, wag om te hoor?

Groetnis
Danie

_________________
7 x 64mm Brenneke
.243 Ackley Improved


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: jakkals skelm
PostPosted: Tue Mar 20, 2012 4:00 pm 
Offline
Sr. Member
Sr. Member
User avatar

Joined: Tue Oct 25, 2011 7:50 am
Posts: 355
Location: Prieska
Dankie vir jou terugvoer Danie.

Dink tog n oggend of n dagroep sal die beste wees om hom te kry.

Groete Dirkie

_________________
Ou honde loop laat...


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: jakkals skelm
PostPosted: Tue Mar 20, 2012 4:53 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm
Posts: 4207
Location: Calvinia
Kan jy dan nie op 350m in die hardloop raak skiet nie? ;D
maak net 'n grap my maat

_________________
HOU HOM DAAI DIKTE


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: jakkals skelm
PostPosted: Tue Mar 20, 2012 5:09 pm 
Offline
Sr. Member
Sr. Member
User avatar

Joined: Mon Dec 27, 2010 8:17 pm
Posts: 343
Location: Douglas, Strydenburg
Dienkie, ek stem saam met danie. Probeer 'n oggend roep naby di plek waar jy hom gewaar het voor sonop. Kry klaar jou sitplek vroegtydig (vorige dag) en gaan sit terwyl donker, wag tot die lig jou toelaat om te kan skiet en begin roep.
Sterkte Johann

_________________
25-06 Remington


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: jakkals skelm
PostPosted: Tue Mar 20, 2012 6:49 pm 
Offline
Sr. Member
Sr. Member
User avatar

Joined: Tue Oct 25, 2011 7:50 am
Posts: 355
Location: Prieska
Dankie vir die raad manne,sal daarvan gebruik maak.

Daar waar ek hom vanoggend gekry het is mos sy kerngebied,so hy sal weer daar kom draai maak.

Groete Dirkie

_________________
Ou honde loop laat...


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: jakkals skelm
PostPosted: Wed Mar 21, 2012 5:05 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm
Posts: 7005
Location: Jubail Saudi Arabia
Dirkie,

Jou eerste oops was om op die jakkals te skiet terwyl jy weet die kaans is bitter min om hom raak te skiet....

Daarna jaag jy hom met die bakkie ook tweede oops...

Jou derde oops gaan wees as jy hom nou nog wil gaan probeer roep in die dag...

Daai jakkals het nou klaar die bakkie ge assosieer met iets wat hom wil of plat ry of dood skiet.

Dan sit jy met n super slim jakkals wat vir jou baie skade gaan berokken voordat jy hom om gedop kry.

Merk die area waar jy hom gejaag het, hou gereeld dop vir vars spore.

Maar moet nie daar roep vir die volgende 4 tot 6 weke nie.

Los hom om rustig te raak voor jy hom gaan probeer en die skaap wat jy tot dan verloor is dan wat jy betaal vir die les.  :police: :police:

_________________
Skype - gerharddelport


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: jakkals skelm
PostPosted: Wed Mar 21, 2012 5:33 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Posts: 10876
Location: Bloemfontein, Vrystaat.
Dirk,
Ek stem saam met Gerhard se raad. Los hom so bietjie.
Verlede September het ek 'n stel se teef geskiet, en die volgende aand probeer vir die reun. Hy het heeltyd op een plek gestaan en skreeu vir my. Toe ek naderskuif, is dit te naby gewees, en hy't begin hol oor 'n geploegde land. Ek het net soos jy gemaak, en op hom geskiet, en gemis (4 skote nogal!). Ek het daai reun eers 2naweke gelede doodgeskiet. Hy was steeds erg lig-sku, en het sommer baie ver om my beweeg om onder my wind te kom.
In die 6maande wat ek gestoei het met hom, het hy 'n klompie blesbok lammers, omtrent elke volstruis-kuiken en kleinvee gevang ook. Groot skade!

Jammer as ek en Gerhard jou bang praat, maar dis 'n moeilike brak wat jy nou mee sit.

Groete en sterkte,
Eugene

_________________
Eet meer skaap. 50,000 jakkalse kannie verkeerd wees nie!

G&G VARMINTING
FIND US ON FACEBOOK


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: jakkals skelm
PostPosted: Wed Mar 21, 2012 8:30 am 
Offline
Sr. Member
Sr. Member
User avatar

Joined: Tue Oct 25, 2011 7:50 am
Posts: 355
Location: Prieska
@Gerhard en Geno,ek is nou nogal bang! Sal ma die skaap elke aand gaan opas  :police:

Nee ek sal ma julle raad volg en hom eers los vir 4 tot 6 weke.

Waar sal sy maaitjie dan wees as hy so alleen rondloop?

Dankie vir die raad.

Groete Dirkie

_________________
Ou honde loop laat...


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: jakkals skelm
PostPosted: Wed Mar 21, 2012 9:25 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm
Posts: 1162
Location: Graaff Reinet
Dirkie,

Die jonges is nou besig om vir hulle huis te soek, jy kan nou verwag om hulle orals te sien, en om hulle in die dag te sien is ook nie skaaks nie, het Saterdag een 15h20 geskiet terwyl ek waters gekyk het. Die feit dat hy groot was is nie te se dat hy oud is nie, daar val nou al 8+ Kg jongetjies gereeld. Geno en Gerhard het vir jou goeie raad gegee, maar as jy die tyd het, kry vir jou 'n sit plek naby waar jy hom gesien het vroeg oggend, voor eerste lig, en wag net daar sonder om te roep, as jy hom sien, en hy is ver en kom nie na jou toe, kort sagte hoe frekwensie roepies op die fluitjie kan die wa deur die drif vir jou trek.

Ek self voel nie dat jy te veel skade gedoen het nie om op hom te skiet nie, as dit 'n jong jak is nie, en sal beslis daar gaan roep in die aand, want jy het nie geroep nie, ook nie gelig nie, en allenlik die bakkie gebruik as jaag middel. As dit egter 'n gebied is waar jy weet jakkalse is, kan dit 'n ouer een wees, dan sal ek wag. As dit egter vreemd is om jakkalse in daardie gebied te kry, gaan roep gerus. Die heel veiligste is om te wag as jy onseker is.

Onthou ook dat as jakkals stelle vir die dag atrek, le hulle nie by mekaar in die kern gebied nie, hulle kan tot 'n paar 100m van mekaar af le, dit is koekom hulle roep vroeg aand.

_________________
Occasionally mistaken for a responsible adult

It is funny how much we learn when we forget that we know it all.


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: jakkals skelm
PostPosted: Thu Mar 22, 2012 8:45 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am
Posts: 1226
Location: Kimberley, Jacobsdal, Britstown
Ek het weer gedink omdat daar nie op hom geroep was nie, sou hy nie die gevaar assosieer met klanke nie, maar wel die bakkie, want van die bakkie af was geskiet en hy was met die bakkie gejaag.

Tog maak dit sin wat Mac se dat as jy weet dit is n ou jakkals dat n mens eerder n bietjie kan wag of ek sal se dat n mens wel nogsteeds n dag of oggend roep gaan try, maar dat n mens tevoet gaan en lank in stilte wag voor daar begin roep word. Ek voel ma net indien dit n slim jakkals is, sal hy oor 6 weke ook weet dit is die selfde gevaar, nou hoekom wag, indien daar nie op hom geroep was nie? As n mens hom met bakkie probeer jag gaan jy skade he!

Ek se nie ek is reg nie, maar dit is maar net soos ek dit opsom. 'n Slim jakkals is slim en indien daar nognie vi hom geroep was in die dag nie, sal hy nie weet dit is gevaar nie, dit nou n ander storie as hy al reeds slim geroep ook is, dan is slagyster seker de volgende opsie.

Groetnis
Danie

_________________
7 x 64mm Brenneke
.243 Ackley Improved


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: jakkals skelm
PostPosted: Thu Mar 22, 2012 3:19 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Thu Sep 22, 2011 6:15 pm
Posts: 1235
Location: Wesselsbron
Sterkte maat, hoop jy kry hom gou! Groete visstok

_________________
Sak Sarel, pa wil n bok skiet


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: jakkals skelm
PostPosted: Wed Apr 04, 2012 10:44 am 
Offline
Full Member
Full Member
User avatar

Joined: Mon Feb 15, 2010 2:30 pm
Posts: 162
Location: Oos Kaap
Dag s? mater

is ek dom as ek dink slagyster?


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: jakkals skelm
PostPosted: Wed Apr 04, 2012 11:57 am 
Offline
Sr. Member
Sr. Member
User avatar

Joined: Tue Oct 25, 2011 7:50 am
Posts: 355
Location: Prieska
Middag Jopie.

Ek het ook al gedink aan slagysters,maar dit is so hard daar mens kan nie stel nie en mens kan ook nie lekker spoor kry daar nie.

Dink nogsteeds die dagroep sal die ding doen.

Groete Dirkie

_________________
Ou honde loop laat...


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: jakkals skelm
PostPosted: Sun Apr 15, 2012 11:48 am 
Offline
Full Member
Full Member
User avatar

Joined: Sat Mar 26, 2011 7:38 pm
Posts: 199
Location: PRIESKA, NOORDKAAP
Dirkie
As dit op Boesmansberg was, sal ek hom los, dagroep gebruik ek net vir baie ligsku, skelm jakkies.
Daai neef van jou "brag" dan so met sy dagroepe, hahahaha

Pasop net dat hulle nie te slim word nie, dan gaan jy sukkel.

Groete
Charl

P.S ek stem saam met Gerhard en Geno se raad.

_________________
Laat jou roer die praatwerk doen!!!


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: jakkals skelm
PostPosted: Tue Apr 17, 2012 8:36 pm 
Offline
Jr. Member
Jr. Member

Joined: Sat Sep 10, 2011 6:59 pm
Posts: 85
Location: Cookhouse
Dirkie

Sterkte ou maat  moet net nie die jakkie nog leer van roep en lig ook  nie skiet die ding

Groete
Jeep

_________________
25 06 !


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: jakkals skelm
PostPosted: Wed Apr 18, 2012 7:58 am 
Offline
Sr. Member
Sr. Member
User avatar

Joined: Fri Dec 19, 2008 11:25 am
Posts: 390
Location: Prieska
Dirkie

Slagysters my maat al moet jy hom in klipbanke stel.

101

_________________
Knou die gediertes AF.


Top
 Profile  
Reply with quote  
Display posts from previous:  Sort by  
Post new topic Reply to topic  [ 17 posts ] 

All times are UTC + 2 hours


Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 2 guests


You cannot post new topics in this forum
You cannot reply to topics in this forum
You cannot edit your posts in this forum
You cannot delete your posts in this forum
You cannot post attachments in this forum

Jump to:  


Advertisement























Powered by phpBB® Forum Software © phpBB Group