JARACAL

Forum vir die Jagter/Forum for the Hunter
It is currently Wed Dec 13, 2017 12:58 pm


All times are UTC + 2 hours




Post new topic Reply to topic  [ 12 posts ] 
Author Message
PostPosted: Sun Dec 25, 2016 9:22 am 
Offline
Sr. Member
Sr. Member
User avatar

Joined: Tue Mar 03, 2015 2:26 pm
Posts: 293
Goeie dag aan almal....

Twee maande gelede het ons die nodige papiere gaan ingee vir die lisensie aansoek vir Myburgh se .223 en die wag het begin en op presies 60 dae kry ons die sms die lisensie is goed gekeur. Sommer dieselfde minuut het ons die nodige dinge gaan kry vir die herlaai op sy .223.
Ons het na 'n paar teleskope gekyk en Myburgh het besluit op die Redfield 4-12x40, die rede vir dit was omdat hy 3 jaar gelede met sy eerste vark se skiet met 'n .222 geskiet het met presies dieselfde teleskoop en ek kan goed onthou hy het daai dag vir my gesê dis vir hom 'n baie lekker '"scopy"". ;D
Na nog 7 dae was die lisensie gereed om af te haal by die polisie en ons het die geweer gaan haal en die loop is ingeskiet en die toetsladings is gelaai.

Die resep is uitgewerk op S321 met Winchester slagdoppies en 55gr Sierra GameKing Spitzer op Hornady doppe....die mooiste 4 skoot groepering is geskiet op 26gr.

So het ek dan gewag vir Myburgh om my te nader vir die eerste jag met sy geweer, en so was dit dan ook sommer lank voor kort. Ek was darem self opgewonde en ons het die Kalahari son met groot respek aangedurf. Wat 'n voorreg is dit nie om jou seun se droom waar te maak nie, dit als is net genade.

Ons het so 90m van 'n lekker bedrywige krip af gaan stelling inneem...dit was onmenslik warm en die eerste vark het so 18h00 sy verskyning gemaak en dit was Myburgh se voorreg om die eerste vark te skiet met sy geweer.

Ons het bladskote, kuiltjie skote en skote skuins van voor geskiet asook 'n kopskoot en my verbasing was groot om die pentrasie van die klein puntjie te sien...met die lyfskote het die varke tussen 30m en 60m gegaan na die skoot met goeie bloed om te volg. Met die slag van die varke was ek net so verbaas om te sien die skade wat aangerig is op die organe.

Hier is 'n paar fotos.

Mooi Kersfees aan almal.

Groetnis

Image

Image

Image

Image

Image

Image

Image

Image

Image

Image

Image

Image

Image

Image

Image

Image


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Sun Dec 25, 2016 10:28 am 
Online
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm
Posts: 3332
Location: Tulbagh
Mooi storie en pragtige foto's!

Waar is Koos? Hierdie lyk na 'n lekker SA Jager-storie! Altyd goed om te sien hoe die jongspan reg grootgemaak word ;)

Mooiloop!


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Sun Dec 25, 2016 2:56 pm 
Offline
Newbie
Newbie
User avatar

Joined: Mon Oct 27, 2014 2:17 pm
Posts: 43
Location: Bloemfontein
Welgedaan klein Myburgh

Sent from my SM-N920C using Tapatalk

_________________
Ruger No.1, 9.3 x 62 Mauser.
Ruger M77 L/H, 6XC, IOR Bucuresti 4-28x50
Ruger M77 L/H, .308, Leupold VX3L, 4.5-14×56
Ruger .22, 10/22, semi-outomaties, bull barrel
Glock 17 Gen 4, 9mm Parrabellum
12 Br Finto pompaksie.
Weihrauch HW77 .20 Windbuks


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Sun Dec 25, 2016 3:32 pm 
Offline
Full Member
Full Member

Joined: Tue Dec 09, 2008 1:39 pm
Posts: 203
Location: Riebeecstad
Baie geluk Myburgh,sien jy en daai 223 gan n mooi en lang pad saam stap. Mooi geskiet hoor. Ben baie dankie vd deel. Groete


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Sun Dec 25, 2016 4:16 pm 
Offline
Full Member
Full Member

Joined: Thu Mar 21, 2013 6:31 pm
Posts: 145
Location: Sasolburg
Daai is kosbaar.

_________________
SR = M
Solid rest is equal to meat


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Sun Dec 25, 2016 8:00 pm 
Online
Sr. Member
Sr. Member
User avatar

Joined: Fri Jul 03, 2015 5:29 pm
Posts: 269
Location: Kathu
Lekker Ben. Wat n voorreg.

Sent from my SM-G930F using Tapatalk

_________________
YOU WEREN'T BORN TO JUST PAY BILLS AN DIE!


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Sun Dec 25, 2016 8:18 pm 
Offline
Sr. Member
Sr. Member
User avatar

Joined: Tue Mar 03, 2015 2:26 pm
Posts: 293
Baie dankie....Myburgh gaan nog wyd in die Kalahari loop met sy .223
Hy het my klaar gesé sy geweer gaan nêrens heen as hy nie by is nie. ;D


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Sun Dec 25, 2016 11:12 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Posts: 2999
Location: Durbanville, WesKaap
priceless dankie vir die deel!


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Mon Dec 26, 2016 12:32 am 
Offline
Full Member
Full Member
User avatar

Joined: Sat Apr 25, 2015 3:12 pm
Posts: 180
Location: Port Elizabeth
Smart! Baie groot voorreg!

Sent from my EVA-L19 using Tapatalk


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Mon Dec 26, 2016 9:43 pm 
Online
Sr. Member
Sr. Member

Joined: Thu Mar 21, 2013 9:44 pm
Posts: 278
Location: Upington
Baie geluk Ben en Myburgh! Bly julle kon die droom op so mooi manier n werklikheid maak.

Sent from my SM-G930F using Tapatalk


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Wed Jan 04, 2017 5:26 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member

Joined: Tue Mar 18, 2014 5:01 pm
Posts: 640
Location: Witfield Boksburg
Baie dankie vir die deel. Baie geluk aan die klein mannetjie.


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Thu Jan 05, 2017 8:43 am 
Offline
Full Member
Full Member
User avatar

Joined: Tue Jul 05, 2016 12:06 pm
Posts: 128
Location: Virginia
my hart trek sommer n punt kan nie wag dat my seun saam my kan gaan nie, maar wens ook nie die tyd om nie. dankie vir die deel

_________________
Deel wat jy weet en jy sal wys word
Howa 308
Howa 204
Howa 6.5 creed
Savage 243
coey .22
remmington .22
cz 75 p07 duty
Vektor SP1
Musgrave 12G pomp


Top
 Profile  
Reply with quote  
Display posts from previous:  Sort by  
Post new topic Reply to topic  [ 12 posts ] 

All times are UTC + 2 hours


Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 6 guests


You cannot post new topics in this forum
You cannot reply to topics in this forum
You cannot edit your posts in this forum
You cannot delete your posts in this forum
You cannot post attachments in this forum

Jump to:  


Advertisement























Powered by phpBB® Forum Software © phpBB Group