JARACAL

Forum vir die Jagter/Forum for the Hunter
It is currently Thu Jan 24, 2019 1:47 am


All times are UTC + 2 hours




Post new topic Reply to topic  [ 13 posts ] 
Author Message
 Post subject: Sweep voorslag
PostPosted: Thu Mar 01, 2012 6:01 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm
Posts: 3182
Location: Koue Bokkeveld
Ek het vandag bietjie "gegoogle" op soek na voorslae vir my sweep. Kry niks, nie eens 'n verwysing na iemand wat jy kan bel nie. Daar is 'n paar forums wat die topic op het maar niemand wat voorslae maak nie.

Weet iemand van iemand?

Ek het die sweep  en spaar voorslae so 15 jaar terug gekoop in Stellenberg ( Bellville ) by 'n ou met 'n klomp mooi swepe en het ook sy kaartjie gevat maar die nommer was lank nie meer in gebruik nie.

Ek soek ook 'n egte gevlegde sambok wat van sy vashou tot punt gevleg is. Die dag met die sweep koop was my geld nie genoeg om 'n sambok ook te kon koop nie en vandag is ek spyt. Ek sal graag die man weer in die hande wil kry want my sweep is van die tipe wat jou kinders eendag erf.

Nog 'n vraag vir die ingeligdes. Wat is die verskil tussen 'n gebreide vel en 'n gelooide vel? eers genoemde is blykbaar beter vir voorslae as die gelooide vel.  ???

_________________
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Sweep voorslag
PostPosted: Thu Mar 01, 2012 6:47 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member

Joined: Wed Oct 14, 2009 7:50 pm
Posts: 758
Probeer die oom in J'Baai.

nul sewe 2 642 4675

Ek het paar jaar terug by hom 'n paar swepe gekoop

_________________
.22H Sako P74, .222 Sako L46, .222 Sako 75 Varmint, .223 Sako Super Deluxe, .243 Sako 75 Varmint, .243 Sako 85 SS Var Lam, 260 Sako TRG (bestel), 7x64 Sako 75 Hunter, 300 WM Sako Safari, 9.3x74mm Tikka, 9.3x62 Sako 75 Deluxe


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Sweep voorslag
PostPosted: Fri Mar 02, 2012 6:40 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Mon Sep 07, 2009 5:04 pm
Posts: 577
Location: KZN Midlands
Oon Hennie in Somerset-Oos maak baie goeie swepe en voorslae. As ek reg onthou maak hy sy voorslae van Bosbokvel.

As jy belang stel kan ek vir jou sy nommer kry.

Ek het van sy swepe en dis voorwaar erfstukke.

_________________
Food grown in depleted soils is itself deficient, and animal products derived from stressed beasts bear a burden of guilt.


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Sweep voorslag
PostPosted: Fri Mar 02, 2012 7:08 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm
Posts: 3182
Location: Koue Bokkeveld
Foxie, laat weet my sy nommer asb.

_________________
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Sweep voorslag
PostPosted: Fri Mar 02, 2012 7:46 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Mon Sep 07, 2009 5:04 pm
Posts: 577
Location: KZN Midlands
Christo

Dis oom Hennie Greyling van Somerset-Oos.

Huis: 04224-32056
Sel: 082 44 11 919

Laat weet of jy reggekom het. Die oom maak regtig mooi swepe en baie goeie voorslae.

_________________
Food grown in depleted soils is itself deficient, and animal products derived from stressed beasts bear a burden of guilt.


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Sweep voorslag
PostPosted: Fri Mar 02, 2012 7:53 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm
Posts: 5982
Location: Potchefstroom
Christo

Velle looi is wat taksiderme en velle plekke doen in die drom gaan nie verduidelik die proses ken ons lamal. Om n vel te bry is soos as die volk op die plaas vel vat en lang rieme sny en in die boom ophang met n swaar klip onderaan, Hulle wen hom dan op en af soos hy droog word, die proses maak die rieme baie sag en sterker.

Hoop jy maak uit wat ek bedoel.

_________________
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Sweep voorslag
PostPosted: Fri Mar 02, 2012 10:01 am 
Offline
Full Member
Full Member
User avatar

Joined: Tue Apr 12, 2011 2:54 pm
Posts: 114
Location: Vanrhynsdorp
Jis Christo

Dit is seker nie die antwoord wat jy soek nie, maar dit werk vir my. Het ook voorslae gesoek en as ek dit gekry het dan slaan ek dit af binne daardie selfde maand. Gebruik huidiglik nylon wat jy opsit op randsnyers. Jip... dai dikkes. Hulle slaan nou vir jou 'n bars hou en hulle is oral beskikbaar. In Namakwaland weergalm daar maar min dinge, maar dai voorslag doen!

Groete
Jacques

_________________
.243 Howa Hogue Heavy Barrel
22-250 Steyr Manlicher
30-06 Parker Hale
.303 P14 Sport


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Sweep voorslag
PostPosted: Fri Mar 02, 2012 10:54 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm
Posts: 5982
Location: Potchefstroom
Christo

Hier is twee voorbeelde van hoe rieme gebry word.


Image
Image

_________________
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Sweep voorslag
PostPosted: Fri Mar 02, 2012 11:29 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm
Posts: 3182
Location: Koue Bokkeveld
Blok, daar leer ek ook nou iets, dankie.

Ek het Januarie maand gaan mense werf anderkant Queenstown ( Covimwaba ) en daar so kontrapsie gesien wat met pale soos block&taclke gemaak is met die opgewende stukke vel. Wou nog foto neem om te vra wat dit is en het in die haas nie gedoen. Nou weet ek wat dit was. Ek het daar 3 swepe gekoop vir die seuns en skaapwagters en @ R 30 elk was dit 'n bargain. Hulle is rof gemaak maar werk.

_________________
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Sweep voorslag
PostPosted: Fri Mar 02, 2012 11:31 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm
Posts: 3182
Location: Koue Bokkeveld
Ek het 3 Eland velle wat ek wou laat looi maar die plek in die Paarl het toegemaak. Sal hulle werk om gebrei te word? Ek kan seker so ding soos daai maak. Hoe kom/haal ek die hare af?

_________________
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Sweep voorslag
PostPosted: Fri Mar 02, 2012 11:44 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm
Posts: 5982
Location: Potchefstroom
Christo

As jy ooit rieme vir plaaswerk soek dan is dit van hulle wat jy kry jy kan nie glo hoe sterk daai rieme word van so bry nie. Lank terug het ons selfs die rieme in Botswana gebruik om trokke en bakkies wat gebreek het of in duksand vassit met hulle uit te trek. Die rieme is net skaars en min mense wat nog kennis het van dit maak.

Wat die eland velle betref  sover ek weet sal hulle baie goed werk, jy moet hulle maar net in die lengtes en duktes sny wat jy die rieme wil he, los dat hulle droogword dan hulle vasmaak aan die gewig onder en bo in die boom opwen en laat los dat self afwen tot hulle sag word. Die hare sal self uitval met die brei.

Groete

_________________
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Sweep voorslag
PostPosted: Wed Mar 07, 2012 7:55 pm 
Offline
Newbie
Newbie

Joined: Sun Jul 31, 2011 9:40 am
Posts: 29
Location: Lady Grey
Hi
Dis hoe ons rieme gemaak het toe ek 'n seun was -
Ons het die velle in die suurwater van dikmelk(wei), in dromme laat l? totdat die hare afgaan.  Jy l? dan die vel  oop en begin dan aan die buite kant om die riem te sny al in die ronte +- 3cm breedte. Dit moet een lang riem wees van buite tot in die middel.

Ryg dan die riem deur jou gewig en oor 'n boomtak. Begin hom opwen so styf as moontlik en trek dan jou hout uit sodat dit self afwen.  Wanneer die riem begin vorm en rond word, is dit met vet gesmeer wat later vervang is met olie.

Hoop dit sal so bietjie help.

Groete
Bakoor


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Sweep voorslag
PostPosted: Fri Dec 14, 2018 10:57 pm 
Offline
Newbie
Newbie

Joined: Fri Dec 14, 2018 10:43 pm
Posts: 1
As daar nog mense is wat voorslae soek vir hulle swepe - ek kan vir julle kry. My pa gebruik baie daarvan op die swepe wat hy maak. Dis koedoeleer. Bosbokvel wat gebrei is werk die heel beste. Het ook gehoor van Duiker vel, maar nog nie self ervaar nie. Dun nylon tou met 'n knoop so 30mm van die punt af, met die punt losgetorring, werk fantasties, maar 'n regte sweep moet maar net 'n leer of riempie voorslag kry. Die koedoeleer wat my pa gebruik gaan deur 'n spesiale looi proses wat net een looiery in SA nog doen, en tans spesiaal vir my pa doen (hy koop darem so 40 tot 50 velle op 'n slag aan by hulle, wat dit vir hulle die moeite werd maak om dit spesiaal vir hom te looi).

Ek dink my pa weet iets van swepe vleg, want hy het vroeƫr vanjaar sy 21 000ste sweep gemaak. Ja, reg gelees ! 21 000 swepe self & aleen met die hand gemaak. Dis sy stokperdjie en sy trots.


Top
 Profile  
Reply with quote  
Display posts from previous:  Sort by  
Post new topic Reply to topic  [ 13 posts ] 

All times are UTC + 2 hours


Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 2 guests


You cannot post new topics in this forum
You cannot reply to topics in this forum
You cannot edit your posts in this forum
You cannot delete your posts in this forum
You cannot post attachments in this forum

Jump to:  


Advertisement























Powered by phpBB® Forum Software © phpBB Group