JARACAL
http://www.jaracal.com/

Volstruis Boere
http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=124&t=21204
Page 1 of 1

Author:  Andre CZ [ Sun May 05, 2013 1:48 pm ]
Post subject:  Volstruis Boere

Dag Almal Is hier dalk enige Volstruis boere of ouens wat die goed ken het n paar vrae oor hulle
Dankie
Groete Andre

Author:  pietjacobs [ Sun May 05, 2013 3:35 pm ]
Post subject:  Re: Volstruis Boere

Andre ek het so 2 jaar terug opgehou met volstruise, na 6 jaar se boerdery, maar sal jou darem seker met die basiese vrae kan help. Ek het vanaf broeikas tot broeipaar gegaan, maar daai verbod het die einde beteken :'(

PM maar as jy nie reg kom nie.

Groete
Piet

Author:  Andre CZ [ Sun May 05, 2013 4:11 pm ]
Post subject:  Re: Volstruis Boere

Dankie Piet
Darem nie te veel vrae nie my probleem is ek het so 2 jr terug n mannetjie wat hans grootgemaak is gekoop die ou is nou so 5 jr oud en is einlik my sekuriteit hier, want as jy'' lelik '' is moet jy nie saam hom in n kamp beland nie ek het toe nog 4 kleintjies gekry van toe so 6 md die 4 is nou so net oor die 2 jr ongelukkig het ek nou 1 wyfie en 4 mannetjies en die klomp jaag mekaar nou die wereld vol ek weet dat n paar wyfies saam broei wat ek nou nie weet nie is hoeveel wyfies ek per mannetjie kan hou,en hoe paar hulle op ek wil nie die ou man verkoop nie weet nie of ek mannetjies vir wyfies sal kan ruil nie of eers wat die pryse nou is nie iemand het my R1000 stuk vir 2 mannetjies aangebied en dan moet ek hulle nog aflewer ook klink vir my maar min vir spekvet gesonde voeƫls
groete
Andre

Author:  pietjacobs [ Sun May 05, 2013 4:41 pm ]
Post subject:  Re: Volstruis Boere

Andre,

Jy kan 1 Mannetjie met 2 wyfies of 'n trio wat 2 Mannetjies en 3 wyfies is. As jy 'n trio doen, moet jy seker maak dat die area groot genoeg is sodat elke mannetjie sy gebied kan he en ook meer as 1 water en kos bak. Die wyfies sal tussen die mannetjies beweeg en dan in 1 nes broei waar die domunante wyfie en mannetjie dan sal broei. Almal sal die nes en veral die kleintjies beskerm. EK het al 3 wyfies op 1 mannetjie ook gehad, maar die bevrugting was nie te wense nie.

Ek het gesien hoe so 'n trio met kleintjies 'n wind hond sommer vinnig klaar gemaak het. Ek weet ongelukkig nie wat die pryse nou is nie. Ek hoop dit help

Groete,
Piet

Author:  Andre CZ [ Sun May 05, 2013 5:17 pm ]
Post subject:  Re: Volstruis Boere

Piet dankie dit help baie ek sal dan kyk hoe ek verkoop of geruil kry dan die trio probeer hulle het so 8 ha om te loop net een ding as ek dit so gaan doen gaan die een mannetjie familie wees van die wyfie gaan dit saak maak ?
Groete

Author:  Tarzan [ Sun May 05, 2013 9:01 pm ]
Post subject:  Re: Volstruis Boere

Wat eet n volstruis of sit julle voer uit? Moenie lag nie, ek weet rerig nie!

Author:  Andre CZ [ Sun May 05, 2013 9:25 pm ]
Post subject:  Re: Volstruis Boere

Naand Tarzan ! Die van my vreet goed in die veld ,dan kry hulle Mielies en volstruis Pille verder voer ek ook lusern in die winter lyk of dit so werk want hulle is heel vet en gelukkig ><)

Author:  Tarzan [ Sun May 05, 2013 10:06 pm ]
Post subject:  Re: Volstruis Boere

Andre,
weet jy watter plant soorte hulle in die veld verkies? Die veld waar ek hulle gewoonlik sien , is redelik kaal geeet, en ek weet nie of hulle nou maar daar aard nie, en of dit hulle is wat die veld so kaal eet nie. Will graag n paar he, maar wil nie he hulle moet my veld verniel nie, en is ook bang hulle gaan n gevaar vir die kinders wees

Author:  Andre CZ [ Mon May 06, 2013 7:16 pm ]
Post subject:  Re: Volstruis Boere

Nog nie so gekyk nie dink hulle vreet maar gras soos die ander diere en as jy te veel gaan opsit sal hulle heel moontlik jou veld verniel verder is hulle nou nie troeteldiere nie en raak noggal heel bevoeterd as daar enige iets vreemd in hulle kamp kom Pieter sal jou meer kan vertel klink my hy ken hulle heel goed ,
Groete

Author:  Tarzan [ Mon May 06, 2013 7:45 pm ]
Post subject:  Re: Volstruis Boere

Dankie Andre

Author:  Eduard Venter [ Sat Oct 03, 2015 9:45 pm ]
Post subject:  Re: Volstruis Boere

Ek weet hierdie is n ou draad maar ek het ook n paar vrae oor volstruise.

Ons wil n mannetjie en n wyfie insit in n klein (0.4 hektaar) kampie met goeie weiding om die huis om ongewensde besoekers weg te hou.

1. Indien wel, hoeveel en wat voer mens hulle? Ons kan n klein stukkie besproei.

2. Watse draad is nodig om hulle in te hou?

3. Is dit nodig om vir hulle broei plek te maak?

Sal dit waardeer as iemand my inligting kan gee. Ek weet nie veel van volstruise nie maar hulle vrek darem nie in ons omgewing in die bosveld nie.

Author:  Jacquesb [ Sun Oct 04, 2015 8:59 am ]
Post subject:  Re: Volstruis Boere

Manne, ekt self n paar jaar gelede na die opsie gekyk. Ek kon toe n boek met alle info by die volgende verspreiders kry. Weet nie of die nommer nog werk nie.
Sterkte

012 998 8351

Jacques

Page 1 of 1 All times are UTC + 2 hours
Powered by phpBB® Forum Software © phpBB Group
https://www.phpbb.com/