JARACAL

Forum vir die Jagter/Forum for the Hunter
It is currently Sun Oct 21, 2018 1:04 pm


All times are UTC + 2 hours




Post new topic Reply to topic  [ 6 posts ] 
Author Message
PostPosted: Mon Mar 09, 2015 9:22 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member

Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am
Posts: 1926
Location: Pretoria Noord
Hi manne.

Ek was verlede week op n plaas waar die blouwildebeeste n tipe vel siekte het. Dit is n wit kors wat hulle op die vel kry, as hulle rol of skuur, maak dit n wit stof, lyk amper soos koekmeel!!

Dit het verseker onder veral die een trop verspry, die oom se hy het agter gekom van die ding, maar dit was net 2 of 3, nous daar seker 20 met dit.

Weet iemand wat dit is, en of die vleis bruikbaar is of nie?

Enige raad of verwysing sal waardeer word, die ou ballie se geld is ook maar taamlik min, so die veearts gaan mos natuurlik te duur wees, julle ken mos ou mense.

Dankie solank. Eks van more af weer in die bos, maar gesels julle manne asb, as ek nie antwoord nie, dis die rede daarvoor, eks weer vrydag trug, dan sal ek die oom laat weet as daar raad of daad is.


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Mon Mar 09, 2015 11:06 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Thu Mar 22, 2012 1:52 pm
Posts: 1312
Location: hennenman
naand robbie.
dit klink vir my na n tipe skurfte siekte.wat ons somtyds by beeste ook kry. hulle kan dit beheer mbv. spuitstof,maaar by wild is dit moelik. sover ek weet is dit aansteeklik ,maar dit doen niks aan die vleis nie.


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Tue Mar 10, 2015 7:34 am 
Offline
Full Member
Full Member

Joined: Mon May 21, 2012 4:13 pm
Posts: 217
Location: Port Elizabeth
Hi Robbie

Ek het dit al gekry by een Kudu trop hier in Oos Kaap. Vleis is nog reg, maar die kuip van die kudus lyk maar brandsiek met die hare wat uit val en dan die wit kors op die nek van die dier en tussen die voor pote op die bors.
Seker n jaar later toe het die buurman se Blou wildebeeste ook die ding, so dit versprei vinnig, dit is nou as dit die selfde ding is.
Lyk amper soos n wit kors of soos die Engelse se n white scab.

Groette Daneel


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Tue Mar 10, 2015 7:48 am 
Offline
Hero Member
Hero Member

Joined: Fri Oct 09, 2009 9:41 am
Posts: 985
Location: Bloemfontein
Robbie
Mens kan Poeier Ivermektien pill en vir die wild gee

Nogal duur

SMirre


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Fri Mar 13, 2015 8:39 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member

Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am
Posts: 1926
Location: Pretoria Noord
Dankie manne, klink my daar kom nou n veearts volgende week, ek sal julle manne op hoogte hou en paar fotos neem volgende week.


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Sun Mar 22, 2015 4:02 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member

Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am
Posts: 1926
Location: Pretoria Noord
Ek het toe fotos geneem, maar op een of ander manier is die goed net missing op my foon!

Ons het 3 gesiet, ondersoek, en die gevolgtrekking is dat dit in boere afrikaans n bransiek is wat van jakkals en katte af oorgedra word. Die veearts se ook dat dit deur n luis, amper so groot so n mens se haarluis, verspry word. Eland, kudu, buffel en rooibok ook glo veral vatbaar vir dit, en veral as die diere stres of swak voeding het, verspry dit nog vinniger

Dit kan gelukkig behandel word, maar is glo n duur oefening.


Top
 Profile  
Reply with quote  
Display posts from previous:  Sort by  
Post new topic Reply to topic  [ 6 posts ] 

All times are UTC + 2 hours


Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 4 guests


You cannot post new topics in this forum
You cannot reply to topics in this forum
You cannot edit your posts in this forum
You cannot delete your posts in this forum
You cannot post attachments in this forum

Jump to:  


Advertisement























Powered by phpBB® Forum Software © phpBB Group