JARACAL

Forum vir die Jagter/Forum for the Hunter
It is currently Wed Oct 17, 2018 12:22 am


All times are UTC + 2 hours




Post new topic Reply to topic  [ 15 posts ] 
Author Message
 Post subject: Mes vir keel afsny
PostPosted: Wed Apr 01, 2015 4:59 pm 
Offline
Newbie
Newbie

Joined: Mon Jun 23, 2014 4:31 pm
Posts: 19
Location: Jeffrey's Bay
Die mense wat self beesslag, ek bedoel self skiet, keel afsny, verwerk ens, of die manne wat grootwild (koedoe ensv) jag, watse mes gebruik julle vir die keel sfsny? Hoe lang lem verkies jy? Ons bly op 'n plaas en van tyd tot tyd slag ons bees beide vir die " begrafnis mark" en dan vir onsself / familie. Maar ons werkers het nou onlangs besluit dat die keelafsny mes moet omtrent 'n 10" lem he. Nou behalwe vir sogenaamde "tactical knives" wat vrek duur is is die enigste messe met daai lengte lem die "butchers knives" wat glad nie baie sterk lemme het nie. Een het onlangs juisgebreek toe hy tussen die koei se nekwerwels beland het.
Is daar enige meriete in Hulle "begeerte" of kan ek hulle maar in hulle peetjie stuur en 'n 6-7" mes met 'n ordentlike sterk lem gee?


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Mes vir keel afsny
PostPosted: Wed Apr 01, 2015 5:35 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Fri Mar 14, 2014 8:58 pm
Posts: 716
Location: Heidelberg, Tvl
Skaaphond, in my beskeie mening is daar geen meriete in hulle vesoek nie tensy hulle nou skielik halaal beeste wil hê. Ek het menige bees se keel al self gesny en as jou mes skerp is, is 6 duim meer as voldoende om die werkie af te handel.

_________________
Groetnis
Philip

____________________
CZUSAGERRSAGBR


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Mes vir keel afsny
PostPosted: Wed Apr 01, 2015 5:39 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm
Posts: 1130
Location: Centurion
Ek is nie 'n kenner nie en luister graag. Wat ek net agter gekom het is dat 'n langer lem vir my beter werk, maar dit moet skerp wees en maklik skerp gemaak kan word.

Ek soek eintlik 'n knipmes wat ek in my sak kan sit, ek hou nie van die jagmes aan my sy nie.

_________________
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Mes vir keel afsny
PostPosted: Wed Apr 01, 2015 5:48 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
Posts: 4571
Location: Pretoria
Nog nie beeste keelaf gesny nie maar wel BWBe. Ek gebruik 'n 5" fixed blade of 5" knipmes. Ek vind dit vir die grooter diere effe kort. Ek reken 6-7" gaan meer as genoeg wees. Ek voel dat skerp kem veel meer beteken as lang lem.


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Mes vir keel afsny
PostPosted: Wed Apr 01, 2015 5:50 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Fri Mar 14, 2014 8:58 pm
Posts: 716
Location: Heidelberg, Tvl
Giepie, kyk gerus na iets. Dit is 'n CRKT. Bietjie duur om vir die arbeid te gee, maar vir jouself is dit ideaal. Dit is my elke dag se saamdra mes. Aanvanklik is hy seker bietjie swaar in 'n man se sak, maar jy raak dit baie gou gewoond.


You do not have the required permissions to view the files attached to this post.

_________________
Groetnis
Philip

____________________
CZUSAGERRSAGBR


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Mes vir keel afsny
PostPosted: Wed Apr 01, 2015 6:58 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm
Posts: 1130
Location: Centurion
Baie dankie Philip. Sal bietjie gaan kyk. Dit lyk goed.

Wag eintlik vir Huntex, maar as ek nou een kry dan voel ek dalk nie so skuldig as ek by Huntex buite die begroting gaan nie. ;D

_________________
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Mes vir keel afsny
PostPosted: Wed Apr 01, 2015 7:21 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member

Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am
Posts: 1926
Location: Pretoria Noord
Skaaphond ek gebruik n butcher steak knife van Freddy Hirsch, hys so 10" lank as ons groot diere skiet. N kudu se vel is dun en werk n knipmes of 4" lekker, maar n Bwb en Eland saag jy as jy n kort lem het. Bees, veral as dit n koei of bul is, se vel is dik, en sny nog moeiliker met n klein mes.

As jy besluit om n mes te koop, F H hou 2 soorte aan, die blou hef wat nou oor die R400 is, en dan swart hef wat so om die R200 draai. Ek gebruik al jare die swart hef. Bere hom in die huis en haal hom net uit as daar keel gesny moet word. Hulle moet ook nie omkyk met hom afsny nie, daarvoor word n ou mes gebruik want dis net sening, bene en die murg wat daar moet af.

Ek wil nou nie die volk se kant kies nie, maar ja n groter mes werk baie makliker op bees.


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Mes vir keel afsny
PostPosted: Wed Apr 01, 2015 8:10 pm 
Offline
Full Member
Full Member

Joined: Wed Jan 08, 2014 6:43 pm
Posts: 229
Location: Despatch Oos Kaap
Skaaphond , ek kan net beam wat robbie1 se vir n groot dier met dik vel defnitief 10 duim en langer , maar goeie kwalitieit , hoe langer die lem en skerper hoe vinniger is jy klaar.

Groete
Jonie

_________________
.22 Bruno,22/410 El Gamo, 223 CZ,25-06 Zastava, 6.5x47 Lapua,7x57 Manlichter Schoenaer,303 MK1 , 308 RSA Pacnor loop, 30-06 Bruno aksie Broughton loop,12 BR pomp, 9mm P Norinco, BSA no1 en BSA no 2 Windbuks


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Mes vir keel afsny
PostPosted: Wed Apr 01, 2015 9:23 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Fri Mar 14, 2014 8:58 pm
Posts: 716
Location: Heidelberg, Tvl
ROBBIE1 wrote:
Skaaphond ek gebruik n butcher steak knife van Freddy Hirsch, hys so 10" lank as ons groot diere skiet. N kudu se vel is dun en werk n knipmes of 4" lekker, maar n Bwb en Eland saag jy as jy n kort lem het. Bees, veral as dit n koei of bul is, se vel is dik, en sny nog moeiliker met n klein mes.

As jy besluit om n mes te koop, F H hou 2 soorte aan, die blou hef wat nou oor die R400 is, en dan swart hef wat so om die R200 draai. Ek gebruik al jare die swart hef. Bere hom in die huis en haal hom net uit as daar keel gesny moet word. Hulle moet ook nie omkyk met hom afsny nie, daarvoor word n ou mes gebruik want dis net sening, bene en die murg wat daar moet af.

Ek wil nou nie die volk se kant kies nie, maar ja n groter mes werk baie makliker op bees.



Nou ja, soos die Engelsman sê "I stand corrected"

Dalk is dit by my meer 'n geval van gebruik wat ek by my het, maar ek gaan nie met die manne stry nie, veral nie met Robbie nie. Ek glo hy het al so paar beeste meer as ek keel afgesny ++>:
Die manne is reg Skaaphond, 'n langer mes werk makliker, maar gaan ek hom vir die arbeid gee?
Definitief nie, maar dis maar net my siening.

Lekker aand vir almal!

_________________
Groetnis
Philip

____________________
CZUSAGERRSAGBR


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Mes vir keel afsny
PostPosted: Wed Apr 01, 2015 9:37 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Thu May 22, 2014 7:38 pm
Posts: 646
Location: Walkerville
Keel af sny? Hoekom? Vir my is dit soos die kap die waterbok se bene af. As die bok lewe as jy by hom kom, skiet hom met jou handwapen of geweer in die kop. Selfs op trofees gaan jy nie daai 9mm gaatjie sien nie. Geen ou sal vir my die verskil kan wys tussen n steak van n dier wat keel af gesny is vs een wat net geskiet is nie. Die bloed stol in die are en val uit met die slag en verwerking. Die vleis bly dieselfde. Ek dra soms nie eers n mes nie omdat my handwapen deel van my klere is.

_________________
Taurus 917 9mmP
Mossberg 500A 12G
Howa .308Win varminter
Howa .338WM
Hatsan AT44-10
Norinco CQ-A AR15 5.56
Norinco AK47 type 56


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Mes vir keel afsny
PostPosted: Thu Apr 02, 2015 6:33 am 
Offline
Jr. Member
Jr. Member

Joined: Wed Oct 31, 2012 12:14 pm
Posts: 72
Plaashaas, sorry maar dit is nie waar. Ons wag net vir die ryp dan begin ons blesbokke skiet vir die biltong fabriek. Kom kuier dan skiet ons 200 blesbokke en ons sny net 100 se keele af. Ons bly dood stil en stuur dit vir Leon Van Zyl by Kovisco. Dan sit ons langs die telefoon en kyk hoe lank vat dit hom om te bel om te se hy stuur 100 bokke vir ons terug . Ek sal vir die 100 betaal wat se keele afgesny is , en jy betaal vir die ander 100. Sal n lekker toets wees. Groete


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Mes vir keel afsny
PostPosted: Thu Apr 02, 2015 6:40 am 
Offline
Sr. Member
Sr. Member
User avatar

Joined: Tue Sep 25, 2012 6:19 pm
Posts: 267
Location: Centurion
Skaaphond,

Die baas van slag (Robbie) het gepraat. Jy kan gerus na sy raad kyk, want as dit by slag kom is Robbie baas.

_________________
Work To Hunt, Hunt To Live


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Mes vir keel afsny
PostPosted: Thu Apr 02, 2015 7:01 am 
Offline
Hero Member
Hero Member

Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am
Posts: 1926
Location: Pretoria Noord
Nee flip Herman eks nie n baas nie pella, hahaha, net al baie gesukkel en geleer.

Phillip dis hoekom ek ook se bere daai mes in die huis ja.

Paashaas, keelsny is verseker nie n miete soos waterbok pote nie. Dis n feit dat die bloed die meeste bakterie bevat in die hele karkas. As n dier uitgebloei word, verleng jy sy vars raklewe met tot 60%. Johannes is 110% reg, ek sal jou ook direk se as n karkas nie uitgebloei is nie, hys donker en het n reuk van die gestolde bloed. Die ander groot nadeel is dat bie bloed in die weefsel intrek met die stol proses, dit lyk vir jou of dit net in die aar stol, maar dit is die hoof are wat jy sien, die fyn haar are is mikroskopies, en dis hulle wat die vleis deurtrek.

Met n hartskoot sal jy sien as jy die keel sny, daar kom geen of bitter min bloed uit, want die dier het klaar na binne uitgebloei, maar verder is dit werkli, die beste om maar keel te sny.

My 1c.


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Mes vir keel afsny
PostPosted: Thu Apr 02, 2015 8:43 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Wed Jul 20, 2011 6:31 pm
Posts: 2351
Ek het die mes gekoop by n mes maker hier in Pta.Hy het n lekker duk lem is die vakmanskap is uitstekend.Baie skerp.Ek glo hy sal regtig daai werk van jou maklik kan doen.
BLACK DRAGON FORGE is sy plek:
https://www.facebook.com/NeelsVanDenBer ... t.overview
Image
Image
Image

_________________
Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Mes vir keel afsny
PostPosted: Thu Apr 02, 2015 8:58 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Posts: 5644
Location: Klerksdorp, Noordwes Provinsie
Manne, hier is baie fotos van mooi en duur messe geplaas hier. My resep is maar baie eenvoudig. Ek het by ons plaaslike geweerwinkel 'n boksie van daai Victorinox gladdelem messies met die swart handvatsels gekoop. Dink hulle is R80 stuk. Vir my 'n skede van 'n stuk dik leer gemaak en dra dit saam as ek jag. Daai messie sny enige keel maklik af, is vlymskerp en maak baie vinnig weer skerp. As ek dit verloor, is dit R80 se verlies en haal ek net 'n nuwe een uit die boksie. Op elke jag nog, het die slagters (waar ek nie self geslag het nie) daai messie gebedel om die vel af te haal. Ek het baie lekker en duur sakmesse en jagmesse, maar hulle bly nou in die kas waar hulle mooi lyk en veilig is. In die veld het ek net die steak messie nodig!

_________________
Aim small, miss small


Top
 Profile  
Reply with quote  
Display posts from previous:  Sort by  
Post new topic Reply to topic  [ 15 posts ] 

All times are UTC + 2 hours


Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 5 guests


You cannot post new topics in this forum
You cannot reply to topics in this forum
You cannot edit your posts in this forum
You cannot delete your posts in this forum
You cannot post attachments in this forum

Jump to:  


Advertisement























Powered by phpBB® Forum Software © phpBB Group