JARACAL

Forum vir die Jagter/Forum for the Hunter
It is currently Wed Sep 26, 2018 6:33 am


All times are UTC + 2 hours




Post new topic Reply to topic  [ 36 posts ]  Go to page Previous  1, 2
Author Message
PostPosted: Wed May 27, 2015 5:51 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member

Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm
Posts: 1355
Location: smithfield
matewis wrote:
Op die vraag of jy dit moet doen of nie, niemand sal jou ongelukkig 'n bulletproof antwoord kan gee nie. Wat ek wel kan sê, is die volgende:

1) Moenie geld leen om in te klim nie, en
2) Indien dit in 'n vennootskap is, moet jy en jou vennoot 'n baie sterk verhouding hê.

Onthou ook dat jy 100% van die kostes dra om diere in te sit, terwyl jy beperkte insette het oor die daaglikse beheer van die diere. Indien die diere binne die eerste 6 maande vrek, wie het die meeste verloor? Die kampe en grond is reg vir die volgende belegger. 'n Vennootskap moet beide aanwas asook verliese 50/50 deel.

Plaas eerder 'n waarde op die kampe en die bestuur van die wild en laat beide vennote 50/50 inkoop in die wild.

Sterkte met die besluit. Ek beklemtoon net weer, as die ding nie werk nie moet jy steeds kan bly staan.

Groete

johan rupert het ook gese mense moet asb nie julle spaargeld gebruik vir wild nie.of hy nou meer na die smartie wild verwys het sal ek nie weet nie


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Thu May 28, 2015 10:03 am 
Offline
Sr. Member
Sr. Member

Joined: Mon Aug 20, 2012 5:42 pm
Posts: 434
Gaan doen die moeite en gaan lees bietjie oor die Tulip Mania

http://en.wikipedia.org/wiki/Tulip_mania

As jy klaar navorsing gedoen het, vra jouself af, wat is die verskil tussen die tulip mania en die huidige wild bedryf (spesifiek die kleur variasies)?

Dis wonderbaar om te sien hoe die geskiedenis homself herhaal.

Daar is ook n gesegde wat se, die oomblik as die maatskappy se sekretaresse begin aandele koop, is dit lankal te laat om te koop.


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Thu May 28, 2015 10:06 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Thu Apr 14, 2011 3:03 pm
Posts: 1973
Location: Pretoria/Swartruggens
ZKK ek dink nie jy kan n blom met n stoet dier vergelyk nie.

Kyk net die topic van die uitverkoping van die stoet bonsmaras, hulle verkoop nou nog vir R60k n bees, en die drek beeste langs die pad gaan vir R4k n bees.

Appels met appels.


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Thu May 28, 2015 10:10 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Posts: 7617
Location: Ek weet nie so mooi van spel nie maar ek kan skiet. Lonehill, Sandton
Boys die bokke is hier om te bly die "bubble" gaan nie bars nie.Ek dink die pryse sal wel af neem of meer konstant raak hoe meer boere daar in kom maar hulle sal nie net verdwyn nie.

_________________
Een vrou ma klomp gunne!

A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Thu May 28, 2015 10:22 am 
Offline
Sr. Member
Sr. Member

Joined: Mon Aug 20, 2012 5:42 pm
Posts: 434
Hugo wrote:
ZKK ek dink nie jy kan n blom met n stoet dier vergelyk nie.

Kyk net die topic van die uitverkoping van die stoet bonsmaras, hulle verkoop nou nog vir R60k n bees, en die drek beeste langs die pad gaan vir R4k n bees.

Appels met appels.



Heeltemal reg wat jy se Hugo.
Niks verkeerd daarmee om 60K vir n stoetbul te betaal wat 3-4 keer die normale prys is nie.

Die probleem is weer die kleur variasies.
In die "Tulip mania" word daar melding gemaak van n ou wat n Tulip bol geruil het vir n 5Ha stuk grond.
Nou enige iemand sal voel dat dit waansin is om n stuk grond te ruil vir n bol, maar is dit nie dieselfde "ballpark" waarvoor van die duur Wild spesies deesdae verkoop word nie?
Van daardie pryse wat vir die wild behaal word kan mens vir jou n nice plaas koop.

Nou die probleem...........
elke Jan rap en sy maat koop gewone rooibokke op die veiling om by sy swart rooibok ram te sit.
So daar was n geweldige vraag en nie so goeie aanbod nie, wat die pryse geweldig "kunsmatig" gestoot het.
Daars nie n manier wat die deursnee jagter R3500 sal betaal om n rooibok te jag nie.

So my gevoel is, dat die huidige tendens nie volhoubaar is nie.

.......But I have been wrong before.......


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Thu May 28, 2015 10:45 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Thu Apr 14, 2011 3:03 pm
Posts: 1973
Location: Pretoria/Swartruggens
ZKK

Hy sal nie hou nie, die rooibokke is al af na R1900-R2000 per ooi toe die laaste paar veilings, teel seisoen is op ons, as jy nie nou jou teel diere gekoop het nie gaan jy nie.

Ek het duur betaal vir bwb verse 2 maande terug, die koeie is nouw eer terug op mark prys vir R2500-R3000 per koei.

Anyway, soos jy noem, vraag en aanbod is n lelike ding.


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Thu May 28, 2015 11:53 am 
Offline
Sr. Member
Sr. Member

Joined: Mon Aug 20, 2012 5:42 pm
Posts: 434
Kyk ek wil glad nie die wildboere onder ons omkrap en se dat daar is nie n toekoms in die wildbedryf is nie.
(ek weet in elk geval te min van die wildbedryf)
Maar ek se maar net dat ouens wat hulle pensioen geld wil vat (of nog erger, geld gaan leen) en dink hulle gaan oornag ryk word, is in vir n verrasing.

Dit maak ook n hengse verskil of jy reeds grond het, en of jy moet gaan grond koop/huur.


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Sat Oct 15, 2016 2:39 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm
Posts: 2130
Location: Sout Kalahari- Gochas
Dag almal

Kan ek maar weer 'n paar "stompies" hier opgooi ;D , ?

Ek het nou almal se kommentaar gelees en sal graag wil hoor of julle siennings oor wildboerdery nog dieselfde is? Kom ons los die kleurvariasies eenkant en praat standaard kleure en spesies.

Evdberg, het jy toe die belegging laat vaar? Is jy dalk spyt oor jou besluit of sal jy weer dieselfde doen?

Voorspoed.

Johan


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Mon Oct 17, 2016 7:39 pm 
Offline
Full Member
Full Member
User avatar

Joined: Sun Nov 18, 2012 3:50 pm
Posts: 145
Location: Limpopo
Baie "spekulante" het onttrek uit die bedryf. Dit en die droogte het geweldige afwaartse druk op pryse gesit. Sekere spesies, veral die kleurvariante soorte, het massiewe verliese teweeggebring (borrel het gebars?) terwyl daar spesies is wat redelik bestendig gebly het ondanks die eksterne faktore (buffel, sable, roan, nyala, gemsbok, ens).
Ons persoonlik is ook geraak deur die markkragte en gaan nou doodeenvoudig ons risiko verskans deur ander boerdery vertakkings in werking te stel.

Maar dit bly darem lekker om in staat te wees om met wild te boer - solank jy die risiko verstaan en nie op skuld boer nie.

Wild is nie 'n "belegging" nie, dis harde werk!


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Mon Oct 17, 2016 9:26 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm
Posts: 2130
Location: Sout Kalahari- Gochas
kwagga wrote:
Ons persoonlik is ook geraak deur die markkragte en gaan nou doodeenvoudig ons risiko verskans deur ander boerdery vertakkings in werking te stel.

Maar dit bly darem lekker om in staat te wees om met wild te boer - solank jy die risiko verstaan en nie op skuld boer nie.

Wild is nie 'n "belegging" nie, dis harde werk!


Dankie kwagga, jy het nou 'n opsomming in 'n paar woorde vir my gegee.
Ek boer 70% kleinvee en 30% bees en beide die markte hier by ons veroorsaak maar baie onsekerheid en jy weet nie elke dag of jy môre 'n mark vir jou produk gaan hê nie.

Daarom my vraag omrede ek my risiko's van bees en skaap wil verskans in wild, maar daar moet 'n stabiele mark wees.....
Vertakkings moontlikhede in my boerdery (omgewing en klimaat) laat slegs diere in berekening (rooi Kalahari sand). Dus is dit basies my laaste moontlikheid (opsie) vir diversifisering.

NS: Iemand het eendag vir my oor skuld in boerdery die volgende gesê: jy kan maar skuld maak op 'n ding wat 'n ++>: ++>: ++>: .... het (kan aanteel), maar nie op 'n "motorkar" nie!! Sommer so tong in die kies ;)


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Tue Oct 25, 2016 8:49 pm 
Offline
Full Member
Full Member
User avatar

Joined: Thu Jul 14, 2016 2:44 pm
Posts: 123
Location: Wilde Weste (Somerset-Wes)
Le die geld van met wild boer nie eerder in die geld wat die jagters betaal vir verblyf, dagfooi, vleis verwerking etc. Nie?

Sent from my HUAWEI GRA-L09 using Tapatalk


Top
 Profile  
Reply with quote  
Display posts from previous:  Sort by  
Post new topic Reply to topic  [ 36 posts ]  Go to page Previous  1, 2

All times are UTC + 2 hours


Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 2 guests


You cannot post new topics in this forum
You cannot reply to topics in this forum
You cannot edit your posts in this forum
You cannot delete your posts in this forum
You cannot post attachments in this forum

Jump to:  


Advertisement























Powered by phpBB® Forum Software © phpBB Group