JARACAL

Forum vir die Jagter/Forum for the Hunter
It is currently Wed May 23, 2018 10:54 pm


All times are UTC + 2 hours




Post new topic Reply to topic  [ 15 posts ] 
Author Message
 Post subject: Kalf wat opblaas
PostPosted: Mon Jul 10, 2017 5:03 pm 
Online
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Posts: 603
Location: Pretoria
Middag almal. Ek soek bietjie raad by die boere of as hier dalk 'n veearts is.

Ek het 'n brahaman kalf wat erg oplaas. Om terramycin te spuit help nie. Ons het hom al 'n paar keer bruinsuiker en bruinasyn gevoer dan blaas hy af maar dit hou net 'n dag of 2 dan lyk hy weer soos 'n ballon. Die kalf is al redelik groot maar nog nie gespeen nie. Die beeste loop net op gras en eet bietjie molasse, sout, en kalorie3000 as lek.

Image

Image

Ons ander beeste maak nie so nie.

Groete


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Kalf wat opblaas
PostPosted: Mon Jul 10, 2017 5:06 pm 
Offline
Full Member
Full Member
User avatar

Joined: Wed May 13, 2015 9:45 am
Posts: 157
Location: Waterberg, Limpopo
Het die kalf nie iewers n stuk tou of plastiek ingekry nie?

_________________
Stoot lood!


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Kalf wat opblaas
PostPosted: Mon Jul 10, 2017 5:08 pm 
Online
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Posts: 603
Location: Pretoria
Parker wrote:
Het die kalf nie iewers n stuk tou of plastiek ingekry nie?

Nie waarvan ek weet nie maar dis baie moontlik ja.


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Kalf wat opblaas
PostPosted: Mon Jul 10, 2017 5:10 pm 
Offline
Full Member
Full Member
User avatar

Joined: Wed May 13, 2015 9:45 am
Posts: 157
Location: Waterberg, Limpopo
Eduard ek het al gesien n stuk baaltou maak groot moeilikheid.

_________________
Stoot lood!


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Kalf wat opblaas
PostPosted: Mon Jul 10, 2017 5:16 pm 
Offline
Full Member
Full Member
User avatar

Joined: Wed May 13, 2015 9:45 am
Posts: 157
Location: Waterberg, Limpopo
Jammer man wou nog sê indien die geval, is daar nie veel wat jy daaraan gaan doen nie. Dit veroorsaak verterings probleme daarom die opblaas. My opinie, ek is nie n veearts nie maar het al sulke goed onder kallers gesien. Jy dink die baal gras is sonder enige vreemde goed, maar dan is daar iewers n stuk tou of iets snaaks daarin. Jy kan hom self ook afblaas. Maar hierdie is nie n maklike proses om so te verduidelik nie.

_________________
Stoot lood!


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Kalf wat opblaas
PostPosted: Mon Jul 10, 2017 5:21 pm 
Online
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Posts: 603
Location: Pretoria
Dankie Parker. Hulle eet net van die veld af so geen bale nie. Dit is wel moontlik dat die kalf 'n ou tou opgetel het of 'n stuk rubber waarmee die werkers pype regmaak wat die ystervarke byt.

Sent from my LG-H735 using Tapatalk


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Kalf wat opblaas
PostPosted: Mon Jul 10, 2017 5:23 pm 
Offline
Full Member
Full Member
User avatar

Joined: Wed May 13, 2015 9:45 am
Posts: 157
Location: Waterberg, Limpopo
Nes jy sê. Om pype met tube reg te maak is mos maar n arbeider se truuk. Dis asof dit hul "nasionale" sport is of sal ek sê sports.

_________________
Stoot lood!


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Kalf wat opblaas
PostPosted: Mon Jul 10, 2017 5:55 pm 
Online
Full Member
Full Member

Joined: Sun Jul 06, 2014 12:52 pm
Posts: 117
Maag klep is beskadig.
Bel ma veearts en hoor maar glo nie daar is iets wat jy kan doen nie.


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Kalf wat opblaas
PostPosted: Mon Jul 10, 2017 6:26 pm 
Offline
Full Member
Full Member
User avatar

Joined: Sat Nov 30, 2013 7:17 pm
Posts: 205
Location: Oudtshoorn
Sit vir hom n bicycle tube valve in.

_________________
22LR Winchester 9422 Wintuff
22LR Beretta Olimpia semi
22LR Winchester 52
22LR Walther Manurhin PP Sport
12G Remington 1100 semi
12G Remington 870 Wingmaster
9MM CZ P01D


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Kalf wat opblaas
PostPosted: Mon Jul 10, 2017 7:45 pm 
Online
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Wed Jan 20, 2016 8:53 pm
Posts: 996
Location: Weskus
Met opblaas word gewoonlik bedoel ‘n siekte wat by beeste, skape en bokke voorkom en wat gepaard gaan met ‘n oormatige aansameling gas in die grootpens. (By die perd word ook soms van opblaas gepraat, maar hiermee word meestal bedoel ‘n aansameling gas in die dikderm).

In die grootpens (rumen) van die skaap, bees en bokke vind aanhoudend gisting of fermentasie plaas, wat gedurige gasvorming teweegbring. Van hierdie gasse raak die dier ontslae deur kort-kort winde op te breek en om winde te kan opbreek, trek die spiere van die grootpens saam.
Dis hoofsaaklik die styselbestanddele van die voedsel wat in gasse omgeskep word. Hierdie proses vind plaas deur die werking van ensieme of gisstowwe. Dit is dus duidelik dat wanneer ‘n voedsel baie stysel bevat en wanneer daar ‘n skielike vermeerdering van ensieme plaasvind, buitengewoon baie gas gevorm sal word en opblaas dan volg. Dit kan gebeur dat koeie in die stal opblaas terwyl hulle meel en lusern vreet. Indien, by hierdie gevalle, die koeie alleen die meel in die stal sou ontvang en die lusern ‘n uur of twee daarna in die kamp, sal opblaas waarskynlik nooit plaasvind nie. Soms is die stysel in die meelkos meer fermenteerbaar of groot hoeveelhede daarvan is aanwesig, en buitengewoon baie gas kan gevorm word, selfs al het die ensieme nie vermeerder nie. Opblaas kom algemeen in voerkrale voor waar diere ho? vlakke graan inneem met min ruvoer. Dit is dus baie belangrik dat diere se mikroflora aangepas moet word om hierdie ho? vlakke van graan te kan hanteer.
Die vorm waarin die gas in die grootpens aanwesig is, speel ook ‘n belangrike rol by opblaas. ‘n Mens vind dat gas wat in een groot volume versamel , makliker is om van ontslae te raak as wanneer gas klein blasies vorm en hierdie blasies met die voedsel meng, waar hulle ronddryf sonder om te bars. ‘n Mens kry dus ‘n skuimmassa van voedsel en gas. Van hierdie gas kan die dier nie ontslae raak nie, want die gas is nie van die voedsel te skei nie. Hoe groot hierdie blasies is en hoe maklik hulle bars, word bepaal deur die oppervlaktespanning van die lagie vloeistof wat hulle omring. Hoe laer die oppervlaktespanning van die vloeistof in die grootpens dus is, hoe meer geneig is diere om op te blaas.
Daar is redes om aan te neem dat party voergewasse, veral groen lusern onder sekere omstandighede stowwe kan bevat wat ‘n verlaging van die oppervlaktespanning van die vloeistof in die grootpens sal veroorsaak. Om hierdie rede is groen lusern (Medicago sativa) dan ook ‘n berugte oorsaak van skuimerige opblaas by beeste en skape. Rooi klawers (Trifolium pratense) en witklawer ( T. repense) word ook aangegee as dat hulle skuimopblaas kan veroorsaak. Beeste is meer vatbaar vir skuimopblaas as ander herkouers.
Om winde te kan opbreek, is gereelde sametrekkings van die grootpens noodsaaklik. Wanneer die grootpens verlam word, is dit nie moontlik nie. Dit is bekend dat blousuur so ‘n verlammende uitwerking het en hoogs waarskynlik is daar in baie gewasse en ander voedselsoorte van die bees en skaap sulke verlammende stowwe aanwesig. By gevalle soos hierdie is daar dus slegs ‘n aansameling van gas bokant die voedselmassa: die gas is nie in die vorm van klein blasies gemeng met die voedsel soos by skuimerige opblaas nie. Die pens het hier net nie die vermo? om die gas uit te stoot nie.
Wanneer ‘n obstruksie van die slukderm bestaan, bv. vreemde voorwerpe soos vrugte ens. wat in die slukderm vassit, kan die bees of skaap nie van die gasse ontslae raak nie en dan volg opblaas. Dieselfde gebeur wanneer die limfkliere in die borskas, wat as gevokg van bv. tering vergroot is, van buite af op die slukderm druk en verhoed dat die dier winde kan opbreek. Dis by beeste een van die bekendste oorsake van herhaaldelike of chroniese opblaas.
Chroniese opblaas kom ook voor in kalwers tot op 6 maande ouderdom. Redes hiervoor is ‘n vergrote timusklier, voer van growwe, swak verteerbare ruvoer, die passering van onsmaaklike melkvervanger in die grootpens waar vertering en gasformasie plaasvind. Die toestand verdwyn gewoonlik spontaan en die oorsaak word nie altyd vasgestel nie.
Kortliks kan ‘n mens dus die oorsake van opblaas soos volg opsom:
Skielike vermeerderde gasvorming as gevolg van ‘n vermeerdering van die stysels of ensieme.
Verlaging van die oppervlaktespanning van die vloeistof in die pens – dit lei tot skuimvorming.
Verlamming van die spiere van die grootpens wat die opbreek van winde onmoontlik maak.
Afsluiting of obstruksie van die slukderm deur vreemde voorwerpe soos vrugte ens., of teringagtige kliere wat van buite af (in die borskas) op die slukderm druk.
Siektetekens
Diere kan net dood gevind word op die weiding of in die voerkraal. Die linkerkantste abdomen is min of hewig uitgebult (opgeblaas) en kan so styf soos ‘n drom wees. As die opblaas erg is, kan die regterkant ook opgeblaas wees. Die dier vertoon erge ongemak, haal moeilik asem en die tong kan uitsteek. As ‘n maagbuis gepaseer word, kan die dier onmiddellik afblaas of in die geval van skuimopblaas kom skuimerige maaginhoud uit en min gas word vrygestel. In hierdie geval kan die dier binne ure vrek indien skuim nie opgebreek word nie..
Behandeling
Wanneer die dier so erg opgeblaas is dat hy reeds erg benoud is en enige oomblik kan vrek, moet ‘n trokar dadelik aan die linkerkant in die pens gesteek word, op ‘n punt omtrent ewe ver van die punt van die heup, die laaste rib en die punte van die rugwerwels. Die vel moet deeglik met jodiumtinktuur of spiritus ontsmet word. ‘n Mens neem alleen toevlug na ‘n trokar as geen ander middels beskikbaar is nie en die dier enige oomblik kan vrek. ‘n Trokar is net van waarde waar die gasaansameling bokant die voedselmassa plaasgevind het en nie waar dit in die vorm van klein blasies met die voedsel gemeng is nie (soos bv. by skuimerige opblaas).
2. Middels, bv. Bloatguard Drench (G1026) wat die oppervlaktespanning van die pens-inhoud verander en die skuim breek, word toegedien. Egte terpentyn (nie minerale terpentyn nie) is ‘n ou bekende middel teen opblaas en werk waarskynlik ook as ‘n skuimbrekende middel, dit kan soms met welslae gebruik word. In Australi? is gevind dat monensin ook gebruik kan word om opblaas te verminder.
3. Stimuleermiddels van die grootpens, kan gegee word na die toediening van Bloatguard. Dit prikkel die spiere van die grootpens en veroorsaak die opbreek van winde. (die meeste bekende maag- en dermprikkelmiddels is by gevalle van geilsiekte wat so te sê altyd met ‘n bietjie opblaas gepaard gaan van geen waarde nie).
4. Vir die enkele gevalle van opblaas wat so ‘n halfuur na gebruik van Bloatguard nog nie afgeblaas is nie, kan ‘n maagbuis of ‘n trokar gebruik word. Beeste wat herhaaldelik en aanhoudend opblaas, moet vir tering getoets word omdat dit een van die bekendste oorsake van die siekte is. Onthou om diere opdraand te laat staan sodat die slukderm se opening vry is om gas te laat ontsnap.
Voorkoming
Veel kan gedoen word om opblaas te verhoed, bv. voer die diere ruvoer, veral dro? hooi, voordat hulle op die gevaarlike weiding toegelaat word, Die dro? voer sal die speekselvloei prikkel wat belangrik is om opblaas te voorkom. Voer styselbevattende voedsel bv. suiwelmeel, ens. ‘n uur of twee voordat lusern gevoer word.
Bloat Guard Feed Top-dressing (G1027) bevat oksietileen-oksipropileen polimeer en word oor die kos gegooi. Die middel sal diere beskerm tot 12 ure na toediening. As toestande vir opblaas baie erg is, mag sekere diere nog opblaas, maar die meeste diere sal vanself herstel. Konsulteer met jou veearts as daar nog steeds erge gevalle van opblaas plaasvind.
Jong, vinniggroeiende lusernlande, veral tydens die aanvang van die groeiseisoen, is baie gevaarlik vir opblaas in vergelyking met ou gevestigde lusernlande. Verlepte lusernlande as gevolg van klimaatsverandering bv, warm, winderige dae is veral baie gevaarlik.
Die gevaarlikste weidingsperiodes is tussen 05h00-10h00 en 16h00-18h00 en dan veral as dit gepaard gaan met bergwindtoestande. Wanneer hierdie toestande voorkom, moet weidingsperiodes verkort word.
Indien middels gebruik word om opblaas te voorkom, moet die korrekte dosis bereken word en sorg moet gedra word dat diere die middel inneem. Die voer van goeie kwaliteit ruvoer voordat diere jong sappige lusern gaan bewei, sal help dat diere te veel lusern inneem en die voorkoms van opblaas in vatbare diere verminder.
Plant- en dierefaktore speel ‘n belangrike rol in die voorkoms van opblaas. Die vinnige onverwagte verandering in klimaat mag die samestelling van die plant verander, wat daartoe aanleiding gee dat die weiding gevaarlik raak. Gulsige vreters en individuele diere, wat minder spoeg vervaardig, is ook meer vatbaar vir opblaas.
Diere moet goed dopgehou word as hulle gedurende “gevaarlike tye” die weiding benut. Die benutting van peulgewasse is voordelig, maar nie sonder risiko nie. Risiko moet te alle tye beperk word deur goeie bestuur en voorkomende maatre?ls.
Bronne: IDR, IVS Desk Reference, Volume 10, 2009/2010. A MIMS publication.
Kellerman, T.S., Coetzer, J.A.W., Naude, T.W. en Botha, J.A.W. 2005. Plant poisonings and mycotoxicoses of livestock in Southern Africa. Oxford University press. ISBN 978 0 19 57613 4
Mönnig, H.O., en Veldman, F.J. Handboek oor Veesiektes, 1975. Tafelberg Uitgewers. ISBN 0 624 00359 0
Radostits, O.M., Gay, C.C., Hinchcliff, K.W. and Constable, P.D. 2007. Veterinary Medicine. Saunders. ISBN 978 0 7020 2777 2

Die ou boere het gese die kalf het n binne knip.

DD


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Kalf wat opblaas
PostPosted: Mon Jul 10, 2017 8:21 pm 
Online
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Posts: 603
Location: Pretoria
Dankie DD. Ek sal dit weer moet lees om sin daarvan te maak. Baie interessant in elk geval.

Sent from my LG-H735 using Tapatalk


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Kalf wat opblaas
PostPosted: Mon Jul 10, 2017 9:06 pm 
Online
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am
Posts: 2420
Location: Zululand
Hoe diagnoseer jy n stuk tou wat n dier ingesluk het?

_________________
"I love sleep. My life has the tendency to fall apart when I'm awake, you know" - Ernest Hemingway

.177 .22 (x2) .222 .243 .250 Savage
6,5x55 6,5x57 7x57 (x2) .308 8x60S (x2)
9,3x62 .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16 Br 12 Br (x3) 9mm


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Kalf wat opblaas
PostPosted: Mon Jul 10, 2017 9:24 pm 
Offline
Full Member
Full Member
User avatar

Joined: Wed May 13, 2015 9:45 am
Posts: 157
Location: Waterberg, Limpopo
Dewald jy vra n goeie vraag snaaks. Lol. DD het n goeie omvattende uiteensetting gedoen. Die belangrikste info is die rondom obstruksie van die slukderm. Ek het al gesien met nadoodse ondersoek van m voerkraalkalf dat daar soms n bondel tou uitkom. In ons wereld is n ander probleem by velddiere natuurlik botter of bobbejaanklapperdoppe wat die beeste aan kou en insluk. En as daai ding dwars draai of dan snaaks draai is daar n groot moontlikheid vir opblaas. Gelukkig kan so n kroniese opblaas ook vanself verbeter.

_________________
Stoot lood!


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Kalf wat opblaas
PostPosted: Tue Jul 11, 2017 2:59 am 
Offline
Newbie
Newbie
User avatar

Joined: Sat Nov 21, 2015 4:44 pm
Posts: 26
Location: Touwsrivier
"" Onthou om diere opdraand te laat staan sodat die slukderm se opening vry is om gas te laat ontsnap.""

Dit het ek geleer by 'n veearts: Die mis hoop by die melk koeie moet nie heeltemal verwyder word nie. Die koeie staan opdraende op die mis hoop om wind breek te vergemaklik. Let maar op by melk plase.


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Kalf wat opblaas
PostPosted: Tue Jul 11, 2017 8:59 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member

Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Posts: 13922
Location: Vereeniging
Vanaand op TV sit en kyk na "Dr Pol". Hy het sommer gou 'n plastiese klep in die maag geplaas om die afblaas proses te doen. Die' kalf het blykbaar longprobleme gehad en dit het die natuurlike breek van winde gestuit.

_________________
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br


Top
 Profile  
Reply with quote  
Display posts from previous:  Sort by  
Post new topic Reply to topic  [ 15 posts ] 

All times are UTC + 2 hours


Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 7 guests


You cannot post new topics in this forum
You cannot reply to topics in this forum
You cannot edit your posts in this forum
You cannot delete your posts in this forum
You cannot post attachments in this forum

Jump to:  


Advertisement























Powered by phpBB® Forum Software © phpBB Group