JARACAL

Forum vir die Jagter/Forum for the Hunter
It is currently Tue Aug 21, 2018 9:46 am


All times are UTC + 2 hours




Post new topic Reply to topic  [ 31 posts ]  Go to page 1, 2  Next
Author Message
PostPosted: Mon Oct 24, 2011 6:40 pm 
Offline
Newbie
Newbie

Joined: Sun Jun 05, 2011 7:15 pm
Posts: 25
Wat maak Boom Lusern so wonderlik?
1. Dit het dieselfde voedingswaarde as gewone Lusern, maar groei as n struik wat netso afgevreet kan word, atyd vars en altyd groen, regdeur die jaar.
2. Boom Lusern bevat geen blousuur nie en bees kan heel jaar daarop loop en selfs 1 Kg per dier per dag gewig aansit. Diere kan geen skade optel nie, anders as met gewone lusern waar diere kan vrek.
3. Boom Lusern sit 80-300N stikstof gratis in die grond omrede dit n peulgewas is. Dis is dieselfde as ongeveer R1000-R3000 se gratis kunsmis per hektaar per jaar (teen 700-1000 bome per ha) en is veral goed vir gras groei tussen in die boomlusern struik lanings in die interry.
4. Die plant lewe vir 60-80 jaar en is immergroen ? dit verskaf heel jaar groenvoer kos.
5. Die plant verhoog drakrag tipies tot tienkeer van gewone veld na n aangeplante boom lusern blok. Veld wat 1 ton gras per hektaar per jaar lewer lewer tipies so 8-10 ton eetbare boom lusern per hektaar. Die bepalende faktor is water ,met een ton eetbare metariaal vir elke 100mm reen (of vog in die grond reserwe). Indien daar n vlak water tafel is produseer boomlusern teen ongeveer dubbeld die jaarlikse reenval in tonnemaat. In Bothaville met 800mm reen sal boom lusern bv ongeveer 16 ton eetbare materiaal kan lewer indien die plant die watertafel kan bykom. Dit is elke jaar, heel jaar, met net n eenmalige aanplanting.
6. Die plant groei die beste in diep sand of diep dreinerende grond met n PH van 4-8 en kan strawwe winters van tot minus 10 grade Celcius oorlewe- voor net die punte begin doodryp (waarna dit weer uitloop). Die enigste ryp risiko is met baie jong plantjies, ouer boom lusern is geweldig gehard teen beide koue, vuur en droogte. Dis n woestyn plant.
7. Dit word aanbeveel dat daar stelselmatig 10% van n veeplaas met Boom lusern gevestig word, wat dan tipies die drakrag verdubbeld. Dit vind plaas omrede gras op kritieke tye gerus kan word. Die effek is dat vee in die SA winter in kondisie bly en vet die nuwe seisoen begin.
8. Die minimum water vereiste is so 200mm water per jaar en die maksimum potensiaal tot soveel as 3500mm water per jaar (bv drup besproeing).
9. Die aanbevole digtheid is blok aanplantings van so 700-1000 plante per hektaar wat in (enkel of dubbel) rye 10 meters uitmekaar geplant word met plante in die ry so 2-3 meter uitmekaar. Die interry is tipies aangeplante meerjarige gras soos Smustvinger or Erogrostis. Die tipe meerjarige grasse produseer fantasties omrede hulle toegang kry tot die gratis stikstof van die boom lusern.
10. Die beste manier van aanwending is drukbeweiding per blok, intens vir n kort ruk (paar weke). Dit kan bv 100 skape/40 beeste per hektaar vir n paar weke wees wat met druk selbeweiding in n rotasie stelsel bewei word. Dit gee die plant kans om te herstel, en hoe meer die plant dan gevreet word, hoe meer verbete groei dit. Na n tyd ontwikkel die plant n bossie struik vorm.
11. Die plant word as n saailing gevestig vir vinigste vestiging en kan binne 10 maande die eerste keer ligweg bewei word, en is in kommersiele produksie van jaar twee.
Die Wonder Aksie van Boom Lusern:
1. Die wonder aksie van die plant is dat dit met n vertikale penwortel van tot 10 meters diep vog uit die arde optrek, en dit dan met n proses van ?Ondergrondse Besproeing? deur middel van horisontale haarwortels uitlek. Die horisontale haarwortels groei tot 15 meters weg en sit stikstof in die grond. So sirkuleer die plant grondstowwe van baie diep (tipies fosfaat en ander dinge wat deur die jare uitgeloog het) op na bo en uitwaards . Die proses was grondstowwe los wat uitgeloog het en nie andersins beskikbaar is nie. Die grondstowwe en water word dan aan die boom lusern en ander plante soos Smutsvinger gras in die interry beskikbaar gestel naby aan die oppervlak. Op die wyse word diep ondervog en minerale grondstowwe hersirkuleer. Die vraag is nie meer wat kom die gras wortels in die boonste 30 cm van de grond by nie, maar wat kom die boomlusern in die onderste 10 meter van die grond by. Dit stel n nuwe standaard van produksie en winsgewendheid.
2. Rhizobium noduleer op die wortels en neem stikstof uit die lug en stel dit aan die plant beskikbaar. Die plante worfd met n spesifieke Tagasaste entstof behandel saam met die saailinge verskaf word. Dit wissel van tussen 80N tot soveel as 540 N wat per hektaar per jaar gratis in die grond gesit word. Die effek hiervan op die 2/3 gras wat in die land tussen die boom lusern lanings groei is fenominaal in terme van kwantiteit en kwaliteit. Dit is soos om met 100N se chemiese Stikstof kunsmis op graslande te boer, maar jy betaal nie vir die kunsmis nie en jou grond bly gesond en jou drakrag hou net aan verhoog, standhoudend. Vir meer hieroor loer na http://en.wikipedia.org/wiki/Tagasaste
3. Mychorrhizal Fungi groei tssuen die plantwortels en die grond. Die fungi vegroot die voedings area van die plantwortels met tot 7000 keer en neem water, grondstowwe en ander voeding op wat de plantwortels nie self kan ontsluit nie (bv in klei) en voer dit dan die vir die plant in ruil vir water, suiker en stikstof van die plant af. Vir meer hieroor loer na http://en.wikipedia.org/wiki/Mycorrhizal_fungi Dit is n symbiotiese verhouding tussne mikro organisms en die plant self, waar die plant suiker en voeding aan die organismse lewer en hulle stikstof, voeding en water aan die plant beskikbaar maak in n mini ekosisteem. Dit is hierdie
groep organismes wat grondgesondheid aanhelp en n ontploffing in mikrobiese lewe tot gevolg het. Met verlang van tyd val daar meer mis van die vee, en styg die vlak van mikrobiese lewe.
Opsomming:
4. Dit is die kombinasie van ondergrondse besproeing, die stikstof en die fungi wat boom lusern so ryk aan proteine maak (15-25%), vir 12 maande van die jaar, in strawwe droogtes en waternood wat ander plante sou verskroei.
5. Boom lusern verskaf n 12 maande voedingspeil aan diere, omrede die wortels, rhizombium en fungi aan die plant n 12 maande voedingspeil verskaf. Die plant delf dinge uit die aarde los wat gewone gewasse nie kan bykom en losmaak nie, en dit is wat Rande in jou sak sit.
Foto Verhaal: Kern Impak op Vee:
Dor Sand vlakte tydens droogte Bob Wilson se plaas Australia 1985
Dieselfde Kamp by Bob Wilson Australia met Boom Lusern in die 1990?s.
Dieselfde Bob Wilson sanderige plaas vandag-sonder erosie, met groenvoer en 2000 hektaar Boom Lusern en derduisende stuks vee wat jaarliks afgerond word.
Boom Lusern Opsomming In kort:
Dieselfde voeding as gewone Lusern, maar sonder die risiko (blousuur en ontydige reen) en kostes (baal en sny). Dit is groenvoer wat as n lewendige hooimied dien (?living haystack?). Grootvee en wild word spekvet, terwyl kleinvee begin meerlinge gooi en suksesvol speen danksy n 12 maande voedingspeil veral in die winter. Daar is twee tipes boom lusern - n groter boom wat meer vir beeste (?Bees? tipe) is, en n kleiner een wat meer vir kleinvee (?Skaap? tipe) is. Indien boom lusern nie n lanings geplant word nie groei hy uit as n 4-6 meter boom. Let veral hoe die onderkant van die boom gelyk afgevreet word deur vee.
n Boom Lusern plant wat toegelaat is om enkel alleen uit te groei na 4-6 meter
Bees tipe Boom Lusern:
Hierdie boom lusern is egter meganies gesny en vorm n struikagtige bossie agtige plant wat in toom gehou word deur vee met intense beweiding. Die nabyheid van plante in die laning help struikagtigheid aan.
Wei Strategie: Voerkraal in die veld!
Bees: Bees kan 12 maande van die jaar op boom lusern loop omrede hulle bekke nie elke blaartjie kan verwyder nie. Skaap sal egter na 6 weke n plant doodvreet en die bas begin afstroop. Skaap vereis dus meer beheer as bees (kampe en drade en weidings bestuur), Bees nie. Groeikrag is die meeste in die lente en vroee somer. In die herfs en winter maande word die beste gewigstoename ondervind deur n suiker of lek aanvulling addsioneel vir die vee beskikbaar te maak wat die 25% proteine van die boom lusern help opneembaar en metaboliseerbaar maak. Dis nie nodig nie, maar dit lei tot maksimum gewigstoename en die beste voeromset.
Met bees is die fokus om 1 kg per dier per dag gewigstoename te geniet. n Lek of suiker aanvulling in die dor seisoen sal help om meer opneembare Boom Lusern proteine beskikbaar te stel. Die plant bestaan uit 15-30% Ru Proteine, en ongeveer 70% van die plant materiaal is eetbaar.
Boom Lusern en Kikuyu
Skaap tipe Boom Lusern:
Die skaap tipe Boom lusern wat afgevreet is
Dieselfde skaap tipe Boom lusern net 6 weke later!
Skaap Fokus:
Skape kan tot 850 gram per dag groei, asof op gewone lusern, sonder die risiko van gewone lusern (opblaas en vrektes met ongereguleerde toegang). Daar is ook nie baal kostes en die risiko van ontydige reen wat n normale gesnyde lusern oes vinnig kan laat vrot nie. Skaap sal die plant doodeet indien hulle heel jaar op hom loop. Dit gebeur omrede hulle elke blaartjie kan verwyder (wat fotosintese stop) en ook lief is om die bas te begin afstroop van die smaaklike plant waneer daar nie meer ander kos is nie. Jaag hulle uit as die kos min raak.
Vuur: Boom lusern is n droogte en brand buffer. Groen plante brand nie en maak uitstekende brandbane. Die vuur brand tot by hom en brand dan dood. Groen bome brand nie.
Droogte:
In droogte ?myn? die plant en fungi vorige jare se grondvog 10 meters diep en 15 meters wyd en presteer asof dit n nat jaar is. Jy het n benutbare reserwe water in die droogte, in jou grond! Die plant verskaf ook baie goeie beskerming teen ysreen en yswind en uitermatige koue as n windskerm. Dit verhoed erosie.
Lammers: Boom Lusern vervang basies hand en wei mielies. Ooie kan op die boom lusern loop en hulle lammers grootmaak in die tradisionele dor lam seisoen. Boom lusern se voedingspeil laat n 12 maande lam periode toe.
Boom Lusern = Meerlinge = wins.
Die verskil tussen boom lusern en tradisionele konvensionele weidings gewasse is dat dit geld in die boer se sak sit, instede van die kunsmis maatskappy, die saad maatskappy, die diesel maatskappy en die trekker maatskappy, die baaltou handelaar en die stoor verskaffer. Daar is minder vermorsing en meer voedingswaarde aan n lewendige plant.
Hoekom pille maak as jy kan lewendige groenvoer gee.
Hoekom vermorsing, moeite, koste en risiko loop indien jy met n eenmalige aanplanting vir jou 60 -80 jarelange voeding kan vestig. Die Ram, die Bul en die Boom Lusern moet werk.
Lam kampie Boom lusern met ogiesdraad toegespan vir Skaap Ooie, Perde, Lama?s, Apacha?s en selfs Buffels en wilde diere.
Wei strategie:
Die skaap tipe boom lusern is die heel beste vir kleinvee omrede dit struikagtig in vorm is en nie te hoog kan groei vir kleinvee nie. Beide die bees en skaap tipe kan egter deur beide grootvee en kleinvee gewei word, met die bees tipe wat meer algemeen beskikbaar en bekostigbaar is. Die skaap tipe se saad is baie skaars en is eers onlangs geteel. Die beste strategie is drukbeweiding in n roterende stelsel, waar die skaap vir 6 weke op die boom lusern kan loop en dit dan weer vir 6 weke rus, waarna dit weer gewei kan word. Wat belangrik is, is dat alle blare nie afgevreet word en die bas van die struike afgetroop word omrede dit so smaaklik is nie. As die boom lusern kos min raak, jaag die vee uit en laat die plant herstel. Die boom lusern groei dan net nog meer verbete, en die mis van die diere dien as natuurlike kunsmis en kompos wat deur die baie mikro organismes in die grond benut word. Drakrag hou dan aan styg jaar vir jaar agv toenemene standhoudende grondgesondheid. Baies
neem die stikstof en mikrobes in die grond toe, asook die humus, koolstof, water retensie en dies meer. Kyk die prentjies indien jy nie verstaan nie. Met tyd neem drakrag toe, tipies van 1 na 10 skape per hektaar in die 550mm reenval zone op diep sand, en dan na so 5 jaar op na 15 skape per ha, en na 10 jaar na ongeveer 20-25 skape per ha per jaar drakrag. Dit is soos die grondgesondheid toeneem en mis wegsak en komposteer met die geweldige baie stikstof wat die plant produseer. Soos die mikrobviese lewe en koolstiof, water retensie en erdwurms in die grond meer word, verhoog drakrag. Die lang termyn ideaal is gesonde herstelde grond wat intens in groot getalle gewei en bemis word, met n gesonde herstel fase vir die plant elke paar weke. Drup besproeing tot by 3500mm water is ook moontlik wat tot 35 ton boom lusern per hektaar moontlik maak. Dit is sinvol om voeding via die water by te voeg. Meer water verkort die herstel periode aansienlik, en verhoog drakrag (!). Die maksimum wins strategie is om van tyd tot tyd fosfaat kunsmis (Superfosfaat) by te voeg tot die plant omrede dit maksimum diereprestasie moontlik maak. Die diere sit dan die meeste gewig moontlik aan. Tipies word daar n 1kg meer gewig per bees aangesit vir elke addisonele kg superfosfaat wat toegedien word per ha. Onthou egter dat die plant dit wat deur die jare uitgeloog het gaan ?myn? en hergebruik. Die kern vraag is watter vog en grondstowwe is daar binne 10 meters diep en 15 meters wyd om die plant? Dit bepaal prestasie, met water as die beperkende faktor. Ou lande kan baie ekonomies presteer as gevolg van die kunsmis geskiedenis lekker diep uitgeloog. Onthou, die plant maak sy eie stikstof en dis nie nodig om dit toe te dien nie.
Vervuil die plant?
Nee. Die rede is dat die plant nie nie blomme of peule maak waneer dit deur vee bewei word nie. Die plant skrik en sit al sy groei in nuwe lote in, wat dan weer afgevreet word. Dan skrik die plant sy gat af en groei vir n vale, en so hrhaal die proses me boom lusern as a weidings gewas. Hoe meer die plant gevreet woprd hoe meer verbete groei dit. Opslag word ook onmiddelik doodgevreet deur weidende diere. Bye is baie lief vir die blomme van aleen staande lusern bome. Hase, koyne en voeltjies is ook baie lief vir die plant. Jou probleem is nie dat die plant mettytd vervuil nie, maar eerder dat jy n uitdaging het om dit die eerste maal gevestig te kry omrede al wat n dier is dit sou afwei indien hulle kon. Span dit toe en maak die hek goed vas. Die beste raad is om genoeg te vestig dat jy voorkom en dat n enkele dier nie als opvreet nie.
Boom lusern kan na so 10 maande die eerste keer ligweg bewei word om struikagtigheid te bevorder.
Waar Koop mens dit en wat kos dit?
SaailingKostes: Saailinge is beskikbaar vanaf hierdie website, teen n koste van R7 per saailing (vir die bees tipe) en R10 per saailing (vir die skaap tipe, waneer beskikbaar). Die bestellings word dan uitgevoer deur n paar kwekerye. Vul jou kontak details in en die hoeveelheid saailinge wat jy verlang en verskaf jou kontak besonderhede by Kontak Ons. Minimum bestellings is 500 plante (bees tipe) (R3500) gelewer te Bothaville net om die hoek van Nampo. Dis genoeg boom lusern saailinge vir 0.5 tot 1 hektaar. Ons het die jaar net 500 000 bome beskikbaar. Boom lusern maak nie blomme en saad indien dit deur vee gewei word nie. Dit neem so 3 jaar om jou eie saad te kweek en daar is verskeie kwaliteit en ontkiemings uitdagings. Jong piepklein plantjies is ook uiters kwesbaar in terme van vog, ryp, diere, vuur en hael. Dit word aanbeveel dat kommersiele aanplantings deur saailinge gevestig word en kommersieel gewei word vir die beste ekonomiese resultate.
Saad: Saad is beskikbaar teen R5 per saadjie vir bees, en R7 vir skaap.
Boom Lusern saailinge
Boom Lusern saailinge (al bietjie groot vir n haas om dood te vreet)
Prinsiep met vestiging: doen dit reg, doen dit eenkeer, en skryf die koste af oor 60-80 jaar.
Impak op drakrag: Dit word aanbeveel dat n mens so 10% van jou grond met boom lusern plant teineinde jou drakrag met vee te verdubbel. Dit is veral moontlik omrede gras op kritieke tye gerus kan word. Dit bied dan n buffer in droogte jare en is n effektiewe bestuurs opsie. Waneer ander diere verkoop in droogte jare, koop jy aan.
Die mees ekonomiese aanwending is om bv speenkallers te koop, vet te maak en dan te verkoop, sonder sentiement of jou eie aanteel kudde. Draai soveel diere soos jy kan, met n kg per dier per dag fokus, vir 12 maande van die jaar. Dink voeromset, nie aanteel. Die tipiese verbetering is van veld wat 1 skaap per ha kan dra na 10-15 skape drakrag per ha. Dis n voerkraal in die veld vir 12 maande van die jaar. Maksimum wins kom met maksimum benutting. Jou eie aanteel is dalk effe min en effe stadig. Rond af vir ander indien dit sn maak. In Australia is daar duidende hectare boom lusern wat vir afronding beskikbaar gemaak word en waar die eienaar 30% van die gewigstoename as betaling ontvang. Dit werk, veral in die winter, en veral in droogte. Die beste plek om dit te vestig is binne in bestaande graslande en reeds aangeplante weidings. Basies word 1/3 van die land in rye gedis en dan word daar met n ?auger? gate gemaak. Boom lusern word dan op die 1/3 geplant (700-1200 plante per ha). Die gras wat verloor word, wor din volume opgemaak deur die 2/3 gras wat oorbly. Die rede hiervoor is die 100N se stikstof wat die boom lusern tot die hele land toevoeg, gratis, elke jaar, as stikstof bemesting. Water is die beperkende faktor. Die ander 1/3 is groenvoer, tipies boom lusern lote wat n hele paar keer n jaar afgewei kan word, dan loop die plant weer uit. Dis die nodig om te baal nie, omrede dit vars bewei kan word sonder enige vermorsing of meganiese kostes en slytasie. Dit is baie goedkoper om vertikaal uit te brei as om grond by te koop-met n plant wat n eenmalige vestiging behels, en wat dan elke jaar amper kosteloos gewei kan word, teen die effek van gewone lusern. Beheer en bestuur is ook makliker en goedkoper.
Voordele van Vertikale uitbreiding:
Dis makliker om 15 skape op 1 hektaar te bestuur, as om 15 skape op 15 hektaar te bestuur. Dis die beste om 100 skape op 1 hektaarboom lusern vir net 30 dae te bestuur, in 12 kampies van 1 hektaar elk, reg deur die jaar. Jaag hulle elke 30 dae na die volgende kampie. Dis goedkoper om dit wat jy reeds het maksimaal te laat produseer, as om nuwe grond te moet beykoop teen heersende mark pryse. Werk uit wat kos 1 hektaar se boom lusern en wat kos 1 hektaar se grond. Die politiek leen hom tot vertikale uitbreiding. Dis goedkoper om jou grondgesondheid te herstel, met n plant wat mikrobiese lewe voed en gratis stikstof uit die atmosfeer oes, as om dit uit n sakkie te moet finansier en uitstrooi, met die lang termyn negatiewe gevolge (dooie erdwurms, verbrakking en verdigting van grond etc). Die heel beste metode om wins te genereer is om hulpbronne meer doeltreffend te benut. Vertikale uitbreiding waar vog en uitgeloogte historiese grondstowwe 10 meters diep gedelf en benut word is meer sinvol as om meer hektare veld gras te wil aankoop en ekstenstief te benut.
Die gras benut die boonste 30 cm water ondergronds, die boom lusern die onderste 10 meter water. Indien iets soos Honey Locut bome ook aangeplant word benut dit waters tot 60 meters diep. Dit is n baie meer produktiewe status waar jy gras, struike en bome in een aanplanting het, as om slegs op n enkel gewas te fokus wat nie die totale vog en grond diepte ten volle benut nie. Boom lusern is n kopskuif wat inpas by organiese veeboerdery, standhoudend, met die minimum insette en die maksimum uitsette, waar jy meer in die grond inset op n natuurlike wyse as wat jy daaruit haal. Jy boer met erdwurms, mirkrobes, plante en diere, en strewe na n gebalanseerde ekosisteem wat maksimaal die energie van die son omsit in vleis.
Silvopasture: http://en.wikipedia.org/wiki/Silvopasture
http://www.centerforagroforestry.org/practices/sp.php
Dit is n vertakking van bosbou waar boom en struik gewasse deur vee benut word. Boom Lusern aanplantinsg resorteer onder die tipe Boerdery. Jy is n vee boer wat met mikrobiese grondlewe lewe boer, wat jou erdwurms voed. Jou gesonde grond voed jou plante (gras boom en struik). Die plante voed jou vee, en die vee voed jou bank rekening. Die gedagte is om n kapitale inset te vestig wat n lang termyn kapitale rendement lewer, en wat jou kinders se kinders eendag gaan benut. Die kern fokus is egter kapitaal onder die grond, deur meer in te sit as wat mens uithaal. Boom lusern is die sleutel tot hierdie kopskuif. Die ekonomiese perspektief is eenmalige vestiging met jaarlikse benutting vir 60-80 jaar lank deur vee. Dis die minste risiko vir jou vee faktor, droogte ryp en vuur bestand.
Dit is n organiese manier van boer wat ekonomies baie meer sin maak as om elke jaar chemiese kunsmis oor aangeplante weidings uit te strooi. Dit maak meer sin as om te sny en te baal elke jaar. Vestig die boom lusern, laat dit jou gras voed, en wei dit as n lewendige hooimied waneer jy dit die nodigste het.
Boom Lusern van naderby
Boom Lusern korrek geplant en bestuur
Boom lusern tydens droogte waneer geen ander groenvoer beskikbaar is nie
Grootste probleme met vestiging van Boom Lusern:
Boom Lusern is poeding, en kan veral deur hase, duikers en ystervarke gevreet word waneer dit n baie klein plantjie is. Indien via saad gevestig moet sulke probleem diere voor die tyd beheer word. In een Woord, PMP. Waneer n mens saailinge vestig is dit n baie meer geharde plantjie wat reeds oor die mees kritieke fase is (waar n tarentaal bv die plantjie afknip of n haas dit uittrek). Hou egter alle weidiere weg van die aanplanting om maksimale groei te bewerkstellig. Dit sit die plantjie terug as dit vroeg gevreet word. Die tweede groot probleem is ander plante soos veldgras wat water steel. Dis n strook so 2 meters wyd of spuit Round-up 2 meters wyd en maak alle gras dood. Dit verseker dat daar maksimaal water beskikbaar is vir die plant se vestiging. Dit is kritiek in jaar een.
Wikipedia agtergrond: Tagasaste, 100 000 ha in Australia
?History of introduction into Australia
The potential of tagasaste as a Spanish fodder was identified by Dr Perez, a medical practitioner, based on La Palma island in the Canary Islands in the 1870s, and Spanish cattle farmers. He wrote to the Spanish authorities promoting tagasaste as a fodder shrub but could not get them interested. He then sent seed to Kew Gardens in England. Kew Gardens tested tagasaste and then sent seed to all its colonies around the world. In Australia, tagasaste's potential was promoted by a number of individuals over the next century (e.g. Dr Schomburge in South Australia and Dr Laurie Snook in Western Australia) but was not adopted on a large scale until the 1980s in Western Australia.
The first 2 ha of tagasaste in the West Midlands was planted by John Cook on his farm near Dandaragan in 1982. The success of this small paddock excited the interest of other local farmers and researchers. Before this the farming systems in the region were totally based on annual
pastures and crops. The region has strongly winter dominant rainfall, with up to 8 months without rain over some summers. Until the development of tagasaste it was believed it was not possible to grow perennial pastures in this region.
In 1984 the 'Martindale Research Project" was started by the University of Western Australia with a large grant from Sir James McCusker. This project encouraged the participation of local farmers and the Western Australia Department of Agriculture in the research and development. Farmers such as John Cook and Bob Wilson at Lancelin developed seeding and mechanical cutting equipment that allowed tagasaste to be sown and managed cheaply by farmers on a broadacre scale. The Martindale Research Project resolved many issues relating to the agronomy, animal production and economics that resulted in a reliable package that farmers could adopt with confidence. The Western Australia Department of Agriculture also conducted trials on their Badgingarra Research Station and at Bob Wilson's farm at Lancelin. Local farmers and researchers formed the West Midlands Fodder Shrub Improvement Group. This later evolved into the Evergreen Group (http://www.evergreen.asn.au/index.htm), which expanded its interests to include a range of other shrubs, grasses and perennial legumes.
There are now about 100,000 ha planted to tagasaste in Western Australia. In WA it is mostly grown on deep, infertile sands in regions nearer the coast with 350 to 600 mm rainfall. Most of the tagasaste in Western Australia is in the West Midlands sand plain to the north of Perth?.
Kontak Ons:
Bestellings Prosedure:
1. Vir kommersiele bestellings van 500 plante of meer (0.5 tot 1 Hektaar @R3500) kontak ons: Justice Malanot +27 82 3245982 Or Malanot@lantic.net
2. Bank rekening: Absa Brooklyn Pretoria Branch, Current Account account nr 4059501706 . Dit is die enigste rekening wat gebruik word vir bestellings.
3. Reference nommer jou Naam .
4. Email Bewys van Betaling na Malanot@lantic.net met jou kontak besonderhede en die bestellings besonderhede.
5. Ons werk op n ?progressive number: sisteem en eerste in is eerste uit. Kry jou nommer en bevestiging van jou bestellings en lewerings details.
6. Laat n 2-4 weke bestellings periode toe en berei solank U lande voor (maak gate, maak nat, maak die gras en hase dood, skiet die probleem diere, maak die drade reg, gooi n handjie fosfaat kunsmis in elke gat en n bietjie kompos, dalk kalk).
7. Ons verwag van kliente om die plantjies sel fte kom haal in Bothaville, of om met ons te koordineer rakende vervoer. Die vervoer is vir U koste.
8. Plante word aan U gelewer met entstof vir maksimale prestasie reeds toegevoeg.
9. Die planties kom in 2 liter sakkies en dit word aanbeveel dat U dit spoediglik uitplant deur die sakkie om te dop en die saailing in sy bestaande plantsakkie grond in die gat te vestig.
10. Onthou, boom lusern groei die beste in goed gedreineerde grond met n PH van 4-6 en meer as 300mm reen. Dis die ideaal, maar dis nie kritiek nie. Bly egter uit vleie en plekke waar die wortels sal versuip. Indien daar baie klei is, boor die plant gat n meter diep. Loer gerus na ons Downloads seksie vir meer agtergrond inligting.
Groetnis
Justice Malanot
In samewerking met Anton Kordier en Mariete van Dyk
www.boomlusern.co.za
www.treelucerne.co.za


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Mon Oct 31, 2011 6:28 pm 
Offline
Sr. Member
Sr. Member
User avatar

Joined: Mon Feb 02, 2009 12:42 pm
Posts: 435
Location: MIDDELBURG OOS KAAP
moer MAR

dis a mondvol.

is daar in Middelburg oos kaap omgewing iemand wat dit al geplant het

groete Chris


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Mon Oct 31, 2011 6:33 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Tue Feb 16, 2010 1:50 pm
Posts: 804
Location: Rustenburg
Mar.

Het jy nie die reeds geplaas nie?

_________________
JACO SWART
Rustenburg
Noord-Wes


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Mon Oct 31, 2011 7:25 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Sat Feb 07, 2009 8:41 pm
Posts: 732
Mar

Is die boomlusern familie van die SA standaard lusern of enige ander lusern varieteit?
'n Ontleding  van boomlusern  in verhouding met gewone lusern sal waardeur word, hoeveelhede  protiene, vog , ruvesel ens. in beide gewasse, per kg droee materiaal.

Onder watter naam verbou die Australiers die gewasse?
Hoe vaar die aanplantings wat so 30 jaar gelede hier in Suid Afrika gedoen is?

Groetnis
MEERKAT


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Wed Nov 09, 2011 8:38 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Sat Feb 07, 2009 8:41 pm
Posts: 732
Mar
Die Mariete  wat eers betrokke was by die halsbande en die Mariete van Dyk nou betrokke by die boomlusern is dit dieselfde persoon?

Mooi loop
MEERKAT


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Thu Nov 10, 2011 5:18 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Posts: 11517
Location: Bloemfontein, Vrystaat.
Oom Wallie,

Ja, dit is dieselfde persoon.

_________________
Eet meer skaap. 50,000 jakkalse kannie verkeerd wees nie!

G&G VARMINTING
FIND US ON FACEBOOK


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Thu Nov 10, 2011 8:00 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Tue Jun 08, 2010 11:58 pm
Posts: 1079
Location: Bloemhof. North West
Wonder as mens haar kontak of n man by haar ook so lank gaan wag vir die saad en of sy ook met die " Customs" verskoning gaan kom >:( >:( >:(

_________________
IT`S NOT THE GUN IT`S THE GUNNER

9mm CZ 100
.22 Norinco
243 Bruno 601
270 Bruno
303 no2 mk4 Enfield
375 CZ ZKK 602


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Thu Nov 10, 2011 9:02 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Sat Feb 07, 2009 8:41 pm
Posts: 732
Dawid

Ons wag al vanaf Julie maand vir antwoorde oor die halsbande , ek wag al 2 weke vir antwoorde oor die boomlusern, al wat antwoord is Mariete, maar heel gereeld  is sy op die forum.

Nee  Dawid , boomlusern is doodgebore indien hul agente so optree.

Met alle respek gese dit is die swakste terugvoer deur een persoon vir twee verskillende produkte in my ganse lewe.
Mooi loop
MEERKAT


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Thu Nov 10, 2011 10:17 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Tue Jun 08, 2010 11:58 pm
Posts: 1079
Location: Bloemhof. North West
Meerkat....Oor die halsbande weet ek nie, die enigste skaaphalsband wat ek weet wat werk is n 243, maar die sade....EISH ek en n maat het R 10 000 s`n gekoop en klaar betaal en al saad wat ons kry is "Customs". Dit is vir my dieselfde as n ou wat naarstigtelik werk soek maar bid om nie te kry nie. HEHE ek dink ek moet ook n agent daar in my kontrei word dan kan ek ook sommer n klomp manne aan n lyntjie hou met verskonings en intussen trek hulle geld rente in my rekening.

Sulke mense maak my wragtiewaar siek.

_________________
IT`S NOT THE GUN IT`S THE GUNNER

9mm CZ 100
.22 Norinco
243 Bruno 601
270 Bruno
303 no2 mk4 Enfield
375 CZ ZKK 602


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Thu Nov 10, 2011 10:25 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am
Posts: 2296
Location: Weskus
@Dawid

Daai is n slegte ene. Die wetters wag net tot hulle die geld in die hand het en raak dan sommer stil!!

Sterkte en ek hoop jy kom gou reg met die saad.

Groetnis


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Fri Nov 11, 2011 6:24 pm 
Offline
Full Member
Full Member
User avatar

Joined: Tue Sep 14, 2010 11:05 am
Posts: 213
Manne ek weet nie of julle "Jakkalsie" 'n agent is nie? Ek was so pas op boomlusern se web tuiste  en sien haar nie gelys nie, tensy
sy dalk onder haar man of ander persoon versprei. Dis is ook glo teen boomlusern se reels.

Ek het al 'n paar agente gebel opsoek na saailinge en almal het saad. Dawid dis vreemd dat jy nie saad kry as al die agente vir my se dat hulle genoeg het.

Bel die groot baas gerus en hoor, hy is baie behulpsaam en het baie kennis.

Groete

_________________
.22 , 223 Vektor H5, 270 Savage Mod III FXP3, 12 Boor Mossberg, 9mm Vektor SP1 Sport


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Fri Nov 11, 2011 6:49 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Tue Jun 08, 2010 11:58 pm
Posts: 1079
Location: Bloemhof. North West
Swift ons het vandag uitsluiting gekry en als is deur "Customs" en ons saad is in die pos.

Nou kan ek my saailinge begin in die tonnel en hopelik Februarie begin uitplant.

Dink ek moet sommer nog n klomp saad koop en die saailinge begin verkoop want die meeste mense soek saailinge en nie die saad self nie.

_________________
IT`S NOT THE GUN IT`S THE GUNNER

9mm CZ 100
.22 Norinco
243 Bruno 601
270 Bruno
303 no2 mk4 Enfield
375 CZ ZKK 602


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Fri Nov 11, 2011 6:59 pm 
Offline
Full Member
Full Member
User avatar

Joined: Tue Sep 14, 2010 11:05 am
Posts: 213
Dawid, ek is bly.

Ek stem vir saailinge dis makliker hopelik as saad en opkoms is 100% teenoor saad se 90%. Ons het nie toegang tot planter ens en vir R3 meer is saailinge die antwoord. Ons het omie wat vir ons plant sodat ons proef kan aanplant. Sal so middel Januarie regwees.

Sal jy bietjie terugvoer gee as jy aanplantings maak. Ek sal ook in Januarie so update of 2 gee. (My ou koshuis maat en groot vriend is groot lusern boer so 250ha en hy se die lusernboom is foefie ek hoop hy is verkeerd ;) )

_________________
.22 , 223 Vektor H5, 270 Savage Mod III FXP3, 12 Boor Mossberg, 9mm Vektor SP1 Sport


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Mon Nov 14, 2011 10:32 am 
Offline
Sr. Member
Sr. Member

Joined: Tue Mar 09, 2010 9:32 am
Posts: 386
Location: Durbanville - Kaapstad
Een van die beste artikels sover wat ek kon kry, is maar nog steeds skepties.


http://www.google.co.za/url?sa=t&rct=j& ... -79Fmhribg

_________________
Voorheen as Bywoner, 308 Sako


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Mon Nov 14, 2011 6:13 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Tue Jun 08, 2010 11:58 pm
Posts: 1079
Location: Bloemhof. North West
Swift ek gaan nogsteeds voort met my dinge en is vol planne en het baie "high hopes" dat hierdie wel n sukses sal wees en sal sodra als aan die gang is wel terugvoering gee.

Het wel so n gatmaker/planter agter die trekker ingedagte en sal kyk sodra ek hom gemaak het of hy werk,die plant gaan steeds maar met die hand gedoen word.

Bywoner dis maar n geval van is n man bereid om teen vandag se voer koste n kans te vat. Ek vat beslis die kans en kan dalk soos beplan 5GVe / Ha aanhou en nie 1GVe /5 Ha nie

_________________
IT`S NOT THE GUN IT`S THE GUNNER

9mm CZ 100
.22 Norinco
243 Bruno 601
270 Bruno
303 no2 mk4 Enfield
375 CZ ZKK 602


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Tue Nov 15, 2011 11:26 am 
Offline
Sr. Member
Sr. Member

Joined: Tue Mar 09, 2010 9:32 am
Posts: 386
Location: Durbanville - Kaapstad
David, ek hoop van harte dit werk soos hulle s?, ek en n vriend wil 30 hektaar plant by hom. Ek soek net soveel inligting as moontlik, en deel dit maar met julle manne.

Voorspoed, en hou ons asb op hoogte.

Dankie
Arnold

_________________
Voorheen as Bywoner, 308 Sako


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Wed Nov 16, 2011 10:17 pm 
Offline
Full Member
Full Member
User avatar

Joined: Tue Sep 14, 2010 11:05 am
Posts: 213
Dawid

Ek stem ons vat ook die kans en is 17ha/gve en kan dan hopelik oor tyd soos jy se 3-5 gve/ha boer. Kyk wanneer die ding werk sal dit darem gaaf wees en die speelveld geleik maak veral vir ouens met kleiner grond en minder reen.

_________________
.22 , 223 Vektor H5, 270 Savage Mod III FXP3, 12 Boor Mossberg, 9mm Vektor SP1 Sport


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Mon Jul 31, 2017 3:23 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Thu May 22, 2014 7:38 pm
Posts: 646
Location: Walkerville
Het enige iemand al sukses gehad/gesien met boom lusern?

Ek is opsoek na iets vir ooi-met-lammers kampe. Sodra n dier uit n sak vreet is dit jou gatsak.

_________________
Taurus 917 9mmP
Mossberg 500A 12G
Howa .308Win varminter
Howa .338WM
Hatsan AT44-10
Norinco CQ-A AR15 5.56
Norinco AK47 type 56


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Mon Jul 31, 2017 3:31 pm 
Online
Full Member
Full Member

Joined: Fri Jul 04, 2014 1:29 pm
Posts: 195
Location: Kathu
Plaashaas wrote:
Het enige iemand al sukses gehad/gesien met boom lusern?

Ek is opsoek na iets vir ooi-met-lammers kampe. Sodra n dier uit n sak vreet is dit jou gatsak.


Geld en tyd mors.

Ons het klomp gekoop. 100 om presies te wees.

5 het groot geword en met die eerste ryp toe is hulle ook damee heen.

Groete


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Mon Jul 31, 2017 4:03 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Thu May 22, 2014 7:38 pm
Posts: 646
Location: Walkerville
Dankie. Dit was my vermoede sienende dat mens nerens boomlusern sien nie.

_________________
Taurus 917 9mmP
Mossberg 500A 12G
Howa .308Win varminter
Howa .338WM
Hatsan AT44-10
Norinco CQ-A AR15 5.56
Norinco AK47 type 56


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Mon Jul 31, 2017 5:25 pm 
Offline
Full Member
Full Member

Joined: Mon Aug 18, 2014 2:34 pm
Posts: 183
Location: West Rand
Plaashaas, wat van soutbos? Ek het nie te veel ingegan op dit nie, ekt n paar boompies geplant en hulle groei sterk. Die enigste probleem is dat hulle permanent kaal gevreet is, alles eet van hulle


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Mon Jul 31, 2017 6:08 pm 
Online
Hero Member
Hero Member

Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm
Posts: 1504
Location: Lichtenburg, Wes Transvaal
Boomlusern is n lekker foefie

Sent from my D5803 using Tapatalk


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Mon Jul 31, 2017 8:42 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Thu May 22, 2014 7:38 pm
Posts: 646
Location: Walkerville
Johan308 wrote:
Plaashaas, wat van soutbos? Ek het nie te veel ingegan op dit nie, ekt n paar boompies geplant en hulle groei sterk. Die enigste probleem is dat hulle permanent kaal gevreet is, alles eet van hulle


Dankie Johan
Ek het nog nooit eers van dit gehoor nie. Sal bietjie moet google. Het jy skaap wat loop op soutbos? Blousuur? Ryp?

_________________
Taurus 917 9mmP
Mossberg 500A 12G
Howa .308Win varminter
Howa .338WM
Hatsan AT44-10
Norinco CQ-A AR15 5.56
Norinco AK47 type 56


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Mon Jul 31, 2017 8:50 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Wed Jan 20, 2016 8:53 pm
Posts: 1178
Location: Weskus
Plaashaas wrote:
Johan308 wrote:
Plaashaas, wat van soutbos? Ek het nie te veel ingegan op dit nie, ekt n paar boompies geplant en hulle groei sterk. Die enigste probleem is dat hulle permanent kaal gevreet is, alles eet van hulle


Dankie Johan
Ek het nog nooit eers van dit gehoor nie. Sal bietjie moet google. Het jy skaap wat loop op soutbos? Blousuur? Ryp?

Oumansoutbos maak lekker windbreke want niks eet hom hier by ons nie ,jy kan wel 2 skilpaaie per hek aanhou sonder om moeilikheid by grondbewaring te kry.

DD


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Mon Jul 31, 2017 9:31 pm 
Offline
Full Member
Full Member

Joined: Mon Aug 04, 2014 1:41 pm
Posts: 186
Location: Williston
Hier by ons vreet skaap oumansoutbos kaal. Goed is seker maar honger.


Top
 Profile  
Reply with quote  
Display posts from previous:  Sort by  
Post new topic Reply to topic  [ 31 posts ]  Go to page 1, 2  Next

All times are UTC + 2 hours


Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 7 guests


You cannot post new topics in this forum
You cannot reply to topics in this forum
You cannot edit your posts in this forum
You cannot delete your posts in this forum
You cannot post attachments in this forum

Jump to:  


Advertisement























Powered by phpBB® Forum Software © phpBB Group