JARACAL

Forum vir die Jagter/Forum for the Hunter
It is currently Sun Sep 23, 2018 9:50 pm


All times are UTC + 2 hours




Post new topic Reply to topic  [ 5 posts ] 
Author Message
 Post subject: taking-rose-cuttings
PostPosted: Mon Jul 08, 2013 11:25 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Wed Jan 26, 2011 11:05 am
Posts: 4255
Location: Kempton Park
Weet nie as dit werk nie, gee maar 'n probeer slag.
Image
http://www.amateurgardening.com/home/ta ... -cuttings/ My allotment neighbour has a row of roses, which he took as cuttings. I asked how he took them. He simply plunges the cuttings into the ground. But his secret of success is the humble potato! Before planting cuttings, he pushes the bottom end into a small potato, which he believes keeps the cuttings moist as they develop roots. It sounds crazy, but his row of allotment roses is proof it works.



Dink dis baie belangrik hoe jy die stiggies sny. Ek het dit net onder die oogies afgesny en net n kort stukkie seker so 2cm.
Jou groei kom uit die oogie. Weet nie van die lang steeltjies nie.
Groeipoeier ingesit en ''seedling'' grond. Het seker miljoene stiggies deur die jare gemaak.


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: taking-rose-cuttings
PostPosted: Mon Jul 08, 2013 1:23 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member

Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm
Posts: 1793
Location: Nelspruit; Mpumalanga
Frikkie,
Jy kan maar so 10cm stokkie sny, of dan soos jy na verwys om net onder die ogie reguit af te sny (skoon snit), en dan jou boonste snit so drie ogies bokant die onderste snit. dan het jy meer ogies wat uitloop. Onthou net dat die wortelstelsel van so 'n gewortelde bostok nie so sterk is as wat 'n roosplant wat op 'n geskikte onderstam geent is, se wortelstelsel sal wees nie.

_________________
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: taking-rose-cuttings
PostPosted: Mon Jul 08, 2013 1:26 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Wed Jan 26, 2011 11:05 am
Posts: 4255
Location: Kempton Park
Hello Johan, wow dis baie interessant en dankie sal dit probeer.
As mens die roos stut met 'n stokkie dink ek dit sal nie sommer om val nie.

Dankie vir die raad en aanwysings Johan :)


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: taking-rose-cuttings
PostPosted: Mon Jul 08, 2013 1:32 pm 
Offline
Sr. Member
Sr. Member
User avatar

Joined: Wed May 11, 2011 4:17 pm
Posts: 483
Location: Prieska NK/Pretoria GP
Johan

Hoe maak mens dan die onderstam (wortelstok) vir die bo-stok wat nie so goeie wortels het nie?

Groete
JAS

_________________
"Pas jou jakkalse mooi op om hulle later makliker van kant te kan maak" T. Mulder


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: taking-rose-cuttings
PostPosted: Mon Jul 08, 2013 2:09 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member

Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm
Posts: 1793
Location: Nelspruit; Mpumalanga
Jassie wrote:
Johan

Hoe maak mens dan die onderstam (wortelstok) vir die bo-stok wat nie so goeie wortels het nie?

Groete
JAS

Jas,
As jy toegang tot onderstok materiaal het dan sny jy die stokkies gewoonweg, soos hierbo verduidelik, en jy wortel dit. Jy laat slegs die boonste ogie op die stokkie, die wat laer is sny jy uit.
Sodra die wortels gevorm het, neem jy 'n ogie (oksel) van die bostam wat jy soek en okkuleer dit op die onderstam deur 'n sg skild okkulering. Die ogie wat jy sny, sny jy van 'n tak waarvan die roosblom reeds gevorm en afgegaan het, die materiaal is volwasse genoeg om te hou. Die snyvan die ogie uit die moedermateriaal doun mens sodat dit min of meer 'n skildjie vorm, so 1.5 cm lank. Die hout wat aan die binnekant van die uitgesnyde oksel sit moet mens dan net uitdop. Jy gebruik dan eintlik net die bas en ogie self.Sit hom in jou mond om om klam en skoon te hou (beste plek).

Op die onderstam, so 2 cm van die ogie af, maak jy 'n snit in die bas in soortgelyk soos die oksel se vorm, maar jy lig dan die basskildjie so bietjie weg van die stammetjie af (Die onderkant is heel stewig vas aan die stam). As daar hout aan die bas sit moet jy dit ook weglig en uitsny. Vat nou jou ogie en pas hom in daai snit in. Kyk dat die rand van die okselbas mooi raak aan die rand van die onderstam se bas. Kyk waar die ogie self sit. Die afgeskilde bas van die onderstam gaan jy dan liggies wegsny sodat die ogie self mooi oop is. Die onderste gedeelte van die bas moet egter nog oor die ogie se bas vou om hom stewig in plek te hou. Nou vat mens okkuleerband en begin van onderkant die okkulering vas te draai en draai die hele okkulering toe, met 'n gleufie wat mens ooplaat oor die ogie. Bokant die okkulering bind mens die okkuleerlint vas.
Die ogie van die onderstam sou met die beworteling saam begin uitgroei het en het nou dominansie tov groei. Wat mens nou doen is om tussen die okkulering en die groeiende okie vd onderstam 'n snit in te maak, net so 'n entjie deur die stammetjie en die stammietjie daar so effens te knak, maar nie morsaf nie. Die groeiende ogie se dominansie is nou verbreek, maar sal nog steeds die boompie help sterkhou terwyl die ge-okkuleerde ogie vasheg en begin groei.
Binne een en twintig dae sal die ge-okkuleerde ogie mooi begin uitgroei het deur die gleufie en na 21 dae verwyder mens die okkuleerband en sny die ogie van die onderstam heel weg.
So is die manier wat ek geleer het.

Kommersieel is daar natuurlik ander tegnieke, maar dit vereis toerustng wat mens moet koop om dit te doen. Die kommersiele tegnieke is basies identies aan dit wat by wingerdboompies gebruik word.

_________________
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter


Top
 Profile  
Reply with quote  
Display posts from previous:  Sort by  
Post new topic Reply to topic  [ 5 posts ] 

All times are UTC + 2 hours


Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 13 guests


You cannot post new topics in this forum
You cannot reply to topics in this forum
You cannot edit your posts in this forum
You cannot delete your posts in this forum
You cannot post attachments in this forum

Jump to:  


Advertisement























Powered by phpBB® Forum Software © phpBB Group