JARACAL

Forum vir die Jagter/Forum for the Hunter
It is currently Sun Sep 23, 2018 10:49 pm


All times are UTC + 2 hours




Post new topic Reply to topic  [ 11 posts ] 
Author Message
PostPosted: Mon Sep 07, 2015 2:18 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member

Joined: Sat Jul 02, 2011 10:21 pm
Posts: 566
Middag Almal,

Ons het vir die eerste keer 'n baie nare ervaring. Soos al die jare van te vore nadat die mielies gestroop is jag ons die beeste in die land om maar op te tel wat gemors het. Hierdie jaar het hulle nie koppe op getel nie, dus is daar 'n klomp koppe met baie putte oor in die land.

Na twee weke in die mielies het van die beeste begin skeef loop en 3 dae later het die eerste begin le. Die veearts het gese ons moet hulle uit die mielies uit haal en dat hulle sal beter raak. Ons het dit gedoen Vrydag oggend en daarna het al hoe meer begin le en Saterdag oggend lyk dit soos 'n slag veld. Dit is net siek of dooie beeste ooral oor die plaas. Ek het gister 8 karkaste weg gesleep en daar was nog 5 koeie wat le, dit is as of hulle nie krag het om die agterlyf op te tel nie. Ons het iets gespyt wat die veearts gegee het maar volgens hom is daar nie eintlik iets wat ons kan doen nie, hulle moet maar self regkom.

Dit verstaan ek soort van as jy met iemand oor die telefoon sou praat, maar as jy self tussen die klomp siek diere staan en sien hoe hulle ly wil jy in trane uitbars. Dit is 'n verskriklike gesig om te sien.

Ek glo dit het al met van julle ook gebeur of julle het dalk raad oor hoe om die diere te help? AS JULLE asseblief kan raad gee hoe om te werk te gaan om die probleem te probeer oplos sal dit erg waardeur word?

Ek moes selfs 'n koeie gister skiet wat op haar sy gele het, bene stokstuif en ys koud.

Byvoorbaat dankie,

FE


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Mon Sep 07, 2015 2:24 pm 
Offline
Sr. Member
Sr. Member

Joined: Fri Jun 08, 2012 1:38 pm
Posts: 348
Location: Pretoria
Ai, dis nie lekker nie

Dit lyk of die beeste Suurpens of asidose het.

Behandel met Teensuurmiddels, geaktiveerde koolstof, vitamien B1

Die inligting gekry vanaf:
http://landbou.com/kundiges/vra-vir-faf ... f-asidose/

Sterkte daar.....


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Mon Sep 07, 2015 2:29 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member

Joined: Sat Jul 02, 2011 10:21 pm
Posts: 566
Baie dankie Sarel,


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Mon Sep 07, 2015 2:34 pm 
Offline
Sr. Member
Sr. Member

Joined: Fri Jun 08, 2012 1:38 pm
Posts: 348
Location: Pretoria
Die is baie belangrik,

"Tekens van Vitamien B1 tekort?

Tekens dat die senuweestelsel aangetas is soos bv. verlamming en omval.
Behandeling?

Vitamien B1 kan binneaars toegedien word teen 5 tot 10 ml vir kalwers, bokke en skape en 10 tot 20 ml vir beeste. Dit is raadsaam om ‘n opvolgdosis te gee 6 tot 8 ure later al lyk dit of die dier volkome herstel het."


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Mon Sep 07, 2015 2:54 pm 
Offline
Sr. Member
Sr. Member

Joined: Sun May 11, 2014 10:35 am
Posts: 253
Location: Worcester
FE ek hoop regtig jy kom reg!


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Mon Sep 07, 2015 4:17 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member

Joined: Sat Mar 24, 2012 5:36 pm
Posts: 1007
Location: Queenstown
It happened to me with sheep, unfortunately by the time the first one goes down, plenty are also following. Take them out the land,give them a poor source of roughage as well, dry straw etc, just to try and help the stomach recover.
Chat to your local vet about possibly dosing an epsom salts to get them to pass the maize as quickly as possible. Some of the maize on the ground might have mould on it and form a poison of type, ask the vet about that as well.

Sorry I can not solve your problem with a quick fix, good luck.


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Mon Sep 07, 2015 7:22 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Tue Dec 25, 2012 12:22 am
Posts: 596
Location: Sasolburg
FE is die beeste nie op geblaas nie?
Ek het al gehoor dat so iets gebeur met skape en beeste.
Omdat die beeste baie mielies vreet dan begin hulle op blaas wat veroorsaak dat hulle swaar loop en later begin lê. Ek het gehoor dat die ou plaas boere dan 'n gat met 'n mes in die pens gedruk het dat die diere moet af blaas. Die gat word op 'n sekere plek in gedruk en nie net op enige plek nie.


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Mon Sep 07, 2015 8:11 pm 
Offline
Full Member
Full Member

Joined: Wed Mar 05, 2014 8:40 am
Posts: 224
Location: Winburg OVS
Ai, FE dis vir geen boer lekker om sy vee so te sien nie, ek hoop die ergste is verby. My ondervinding is meer met skaap, maar hulle is ook maar herkouers.

Ek plant al vir paar jaar nie meer groenvoer en gebruik slegs weimielies, so ek het ook al so klompie skoolgeld betaal. Jammer vir alles wat ek skryf wat jy reeds weet, maar ek hoop jy kan iets hieruit kry.

Eerstens is jou aanpassing die heel belangrikste. Gee jou vee n suurpenslek soos voermol se landelek week voor jy mielies toe gaan.

Eerste en 2de dag net 15min in mielies. 3-4 halfuur in. Dag 5-6 45min in. 7-8 n uur weityd. 8-9 1uur15min10-11 de dag 1uur30min 12-14de dag 2ure en dan bly hulle daar met landelek naby drinkwater.
Hulle pense is nou goed aangepas en jy behoort nie probleme op te tel nie.

As hulle suurpens optel is die heel beste behandeling lewende mikrobe met die naam Lacticon wat jy by Irene in Pretoria kan gaan optel of hulle kan dit vir jou met koerier dienste stuur. Die vrou met wie ek altyd praat is Gerda Joubert, tel no: 0835654002.

Dan is daar ook Kyrogest Antacid wat n poeier is wat jy met water aanmaak. Dit word mondelings toegedien as die dier kan sluk anders met n maagbuis. Ek spuit ook altyd MFC binne-aars - dosis soos op bottel aangedui. Soos reeds bo genoem is Vit B altyd n goeie opsie vir n siek dier. Die Kyrogest kan jy by Kruvet Trading ook in Pretoria kry. Tel no: 0123242356. Hulle koerier ook en ek kry sommer altyd die MFC ook deur hulle.

Koeksoda wat baie mense aanbeveel het ek nog nooit mee vreeslik baie sukses gehad nie. Dit laat gewoonlik die dier stik en beland maklik in die longe en dan vrek hy in elk geval.

Ek weet nie waar jy bly nie. As jy naby my is, kan ek jou ook help met n klompie Kyrogest tot jy nog in die hande kan kry, want hoe gouer jy hulle behandel hoe beter.

Baie sterkte!

Groete


Last edited by 222 Sako on Tue Sep 08, 2015 7:21 pm, edited 1 time in total.

Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Mon Sep 07, 2015 9:10 pm 
Online
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Fri Mar 14, 2014 8:58 pm
Posts: 716
Location: Heidelberg, Tvl
HennieC wrote:
FE is die beeste nie op geblaas nie?
Ek het al gehoor dat so iets gebeur met skape en beeste.
Omdat die beeste baie mielies vreet dan begin hulle op blaas wat veroorsaak dat hulle swaar loop en later begin lê. Ek het gehoor dat die ou plaas boere dan 'n gat met 'n mes in die pens gedruk het dat die diere moet af blaas. Die gat word op 'n sekere plek in gedruk en nie net op enige plek nie.


FE,
Moet asseblief nie teeldiere wat opgeblaas is, op hierdie manier afblaas nie. Ja, dit werk. Ek weet, want in die voerkraal doen ek dit baie as 'n bees so erg opgeblaas het dat hy nie wil of kan loop nie, MAAR, dit is slegs 'n noodmaatreël sodat die dier nie net daar vrek nie en jy die dier tot by die abbattoir kan kry om te slag. As so 'n dier gelos word nadat die rumen met 'n mes gesteek het, gaan die dier peritonitis ontwikkel. Anders gestel, die rumen inhoud lek deur die gat en die dier se hele buikholte raak binne 'n paar dae septies en dan vrek die dier in elk geval.

Die feit dat die diere omval en lyk asof hulle ongekoördeneerd is, kan defintief ook dui op diplodia vegiftiging. Soos genoem is dit 'n swam wat op mielies groei en as die beeste dit vreet, tas dit die senuwee stelse aan. Behandel met geaktiveerde charcoal poeier wat met water gemeng is en deur 'n maagbuis toegedien word. Maak net seker die maagbuis is in die maag en nie in die longe nie. As jy dink die buis is in, ruik aan die ander kant. Jy sal nie twyfel as hy wel in die maag is nie. Soos genoem, Vit B1 daarmee saam.

Sarel en 222 Sako het jou biae goeie raad gegee vir asidose. Simptome lyk in baie erge gevalle dieselfde as diplodia vergiftiging en die behandeling is ook dieselfde.

Baie sterkte. Dis nie 'n ervaring wat ek enige iemand toewens nie.

_________________
Groetnis
Philip

____________________
CZUSAGERRSAGBR


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Mon Sep 07, 2015 9:29 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm
Posts: 2153
Location: Otavi, Namibia
PhilipJ wrote:
HennieC wrote:
FE is die beeste nie op geblaas nie?
Ek het al gehoor dat so iets gebeur met skape en beeste.
Omdat die beeste baie mielies vreet dan begin hulle op blaas wat veroorsaak dat hulle swaar loop en later begin lê. Ek het gehoor dat die ou plaas boere dan 'n gat met 'n mes in die pens gedruk het dat die diere moet af blaas. Die gat word op 'n sekere plek in gedruk en nie net op enige plek nie.


FE,
Moet asseblief nie teeldiere wat opgeblaas is, op hierdie manier afblaas nie. Ja, dit werk. Ek weet, want in die voerkraal doen ek dit baie as 'n bees so erg opgeblaas het dat hy nie wil of kan loop nie, MAAR, dit is slegs 'n noodmaatreël sodat die dier nie net daar vrek nie en jy die dier tot by die abbattoir kan kry om te slag. As so 'n dier gelos word nadat die rumen met 'n mes gesteek het, gaan die dier peritonitis ontwikkel. Anders gestel, die rumen inhoud lek deur die gat en die dier se hele buikholte raak binne 'n paar dae septies en dan vrek die dier in elk geval.

Die feit dat die diere omval en lyk asof hulle ongekoördeneerd is, kan defintief ook dui op diplodia vegiftiging. Soos genoem is dit 'n swam wat op mielies groei en as die beeste dit vreet, tas dit die senuwee stelse aan. Behandel met geaktiveerde charcoal poeier wat met water gemeng is en deur 'n maagbuis toegedien word. Maak net seker die maagbuis is in die maag en nie in die longe nie. As jy dink die buis is in, ruik aan die ander kant. Jy sal nie twyfel as hy wel in die maag is nie. Soos genoem, Vit B1 daarmee saam.

Sarel en 222 Sako het jou biae goeie raad gegee vir asidose. Simptome lyk in baie erge gevalle dieselfde as diplodia vergiftiging en die behandeling is ook dieselfde.

Baie sterkte. Dis nie 'n ervaring wat ek enige iemand toewens nie.


As dit reg gedoen word kan jy 'n teeldier red sonder om hom te laat slag, ek het in die laaste week by 2 koeie deurgekyk wat 'n jaar gelede opgeblaas het en toe gesteek is, dit moet reg gedoen word maar ek weet van 'n paar gevalle wat die koeie dit oorleef het. En van my koeie het ek nog 3 jaar gehou nadat sy gesteek is voor ek haar verkoop het, en ek kon niks negatief sien nie, maar weereens dit moet reggedoen word anners vrek die dier.


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Thu Sep 10, 2015 8:47 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member

Joined: Sat Jul 02, 2011 10:21 pm
Posts: 566
Naand manne,

Die beeste is nou al 'n week en 'n bietjie uit die mielies maar dit gaan nie beter nie. Ek wil more die hele trop Vit B1 spuit want daar het vandag alweer 'n koei gaan le dit is nou die drede koei die week saam met al die ander van die naweek ook.

Is daar iets anders wat julle dink ek nog kan doen terwyl hulle in die kraal is?

Groete,

FE


Top
 Profile  
Reply with quote  
Display posts from previous:  Sort by  
Post new topic Reply to topic  [ 11 posts ] 

All times are UTC + 2 hours


Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 5 guests


You cannot post new topics in this forum
You cannot reply to topics in this forum
You cannot edit your posts in this forum
You cannot delete your posts in this forum
You cannot post attachments in this forum

Jump to:  


Advertisement























cron
Powered by phpBB® Forum Software © phpBB Group