JARACAL

Forum vir die Jagter/Forum for the Hunter
It is currently Mon Sep 24, 2018 8:05 pm


All times are UTC + 2 hours




Post new topic Reply to topic  [ 33 posts ]  Go to page Previous  1, 2
Author Message
 Post subject: Re: Neus bloei
PostPosted: Sat Oct 06, 2012 10:04 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm
Posts: 2091
Location: Grootfontein, Namibie
Terwyl ek nou hier sit en lees , kom daar 'n vrou  hier die apteek in wat kom vra vir raad vir haar seuntjie wat se neus so baie bloei..... is dit nou toevallig of wat!?

Al bogenoemde raad is spot-on.......

Hier is die volgorde waarin ek die raad sou voorstel:

1) ys/kompressie
2) dan staaldruppels
3) dan konakion (Rx benodig)
4)  daarna aartjies brand (mees permanente oplossing)

'n Handige wenk ter VOORKOMING is gewone "Liquid Parafin" (beskikbaar by enige apteek/ supermark. L.W. NIE GEWONE PARAFIEN/LAMPOLIE NIE!! :o ) Sit so klompie druppels in elke neusholte so 2 of 3x dag. Dit is heeltemal veilig en is reukloos, kleurloos en smaakloos en het 'n oliebasis. Dit bevogtig die neusgange en dus die fyn kapilere netwerk aartjies in die sinusholtes. Jou neus bloei omdat van hierdie fyn aartjies bars agv uitdroging en hitte. Deur dit  gereeld te bevogtig, verhoog jy die elastiesiteit van die aarwande wat help voorkom dat hierdie barsies vorm (amper soos wat Camfer room op jou hakskene voorkom dat hulle bars omdat dit die vel sag maak).

Probeer dit ook gerus

Groete

_________________
.270 Win Mauser aksie; .375 H&H Voere aksie; .303 British No IV Mk-I; 9mm Ruger SR9C. 243 Win Howa Varminter met Custom kolf, Tikka T3 Varmint in 204 Ruger..


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Neus bloei
PostPosted: Wed Jan 16, 2013 10:47 pm 
Offline
Full Member
Full Member

Joined: Thu Jan 10, 2013 9:44 pm
Posts: 153
Location: Potchefstroom
Ek stem saam dat dit soms help om die neus bevogtig te hou. Wat ook werk is soos reeds opgemerk is Konakion (Vitamien K). Dit is egter moelik om soms te kry. Nog `n geneesmiddel verkrygbaar op voorskrif is Cyklokapron (Tranexamic acid) dit werk ook wondere. Maar die vinnigste wat ek al ooit my neus gestop het is om 2-3 eetlepels skoon asyn te drink. Dit is vreeslik sleg en brand jou keel maar die bloeding hou op. Sterkte!


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Neus bloei
PostPosted: Sun Jan 20, 2013 1:06 pm 
Offline
Full Member
Full Member
User avatar

Joined: Thu May 03, 2012 9:59 pm
Posts: 162
Location: Riebeecstad (Welko
Middag almal

Ek het self ook die probleem gehad toe ek klein was. Ek moes gereeld uit die klas hardloop, of die helfte van die rugby oefening onders die kraan deurbring! Ek sukkel vandag nog so af en toe.

Ek was seker so 12 jaar oud toe ons op 'n uithou perde rit was (Olifantshoek) en die kalahari sonnetjie het lekker gepiets. Soos gewoonlik het my neus maar weer gebloei en een van die ou boere, oom Jan Mitchel, het by my gestop om te help. Hy het gevra of ek gereeld sukkel met neusbloei en ek het geantwoord ja. Hy het na sy bakkie toe geloop, knipmes uitgehaal en 'n stuk riempe afgesny, wat om die bakkie se tralies gerol was. Hy het die twee punte geknoop en gese ek moet dit om my nek dra, en dit nie afhaal nie! ? ??? Ek moet ongelukkig erken dat dit gewerk het! My neus het baie minder gebloei! Dit is seker maar een van daardie "dis all in the mind" goed!?  :-\  Boere raat op sy beste, want daar is geen verduideling daarvoor nie!

Ek het ook die vit K storie probeer (Plemiesh of plenish K , ek is nie seker nie) dit werk ook goed.

Groete

_________________
Ruger .22 hornet; Musgrave .308; CZ 75 9MM, Bowtech Destroyer


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Neus bloei
PostPosted: Wed Jan 30, 2013 9:28 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm
Posts: 3418
Location: Tulbagh
Staaldruppels...

_________________
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Neus bloei
PostPosted: Thu Jan 31, 2013 5:31 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am
Posts: 1468
Location: Brackenfell , Kaap
Gert Odendaal wrote:
Sal graag wil hoor by die manne wat se neus kronies bloei....is julle lig van vel, blonde hare..sproete? My seun is baie lig van vel..rooikop, brand maklik in die son...en daai neus bloei regtig baie keer ...ek gebruik staaldruppels...maar sal die are in sy neus moet toebrand...ek hoor graag..sal interressant wees om te hoor....

Dit is nou nie neusbloei nie, maar ek het opgemerk toe ek nog as tandarts gepraktiseer het dat my pasiente met ligte gelaatstrekke (blondes en veral rooikoppe met sproete) baie meer gekneus en geswel het as die ander as hulle verstand tande verwyder word.


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Neus bloei
PostPosted: Thu Jan 31, 2013 4:25 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member

Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm
Posts: 1876
Location: Williston
THOMAST wrote:
Dit is nou nie neusbloei nie, maar ek het opgemerk toe ek nog as tandarts gepraktiseer het dat my pasiente met ligte gelaatstrekke (blondes en veral rooikoppe met sproete) baie meer gekneus en geswel het as die ander as hulle verstand tande verwyder word.


Te min "Afrika"-bloed in die are.


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Neus bloei
PostPosted: Thu Jan 31, 2013 4:36 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Posts: 6033
Location: Paarl
wlm wrote:
Ek weet van 'n man wat se neus gereeld een keer 'n maand bloei. Niks help daarvoor nie, Die dokter se die rede is, hy het vroumense op die brein. :o


My hond het so rondgeloop  -  hom maar laat regmaak!

_________________
Many people are alive, only because it's illegal to shoot them.


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Neus bloei
PostPosted: Thu Jan 31, 2013 7:20 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Tue Dec 25, 2012 12:22 am
Posts: 596
Location: Sasolburg
Hi almal
Die maklikste en vinnigste om neus wat bloei te stop is.
Vat 1 blokkie toilet papier rol hom op en vou dan dubbel.
Maak hom nat met kraan water en druk hom dan onder jou bo lip in
Tot teen die tandvleis.
Terwyl jy jou hande en bebloede neus skoon maak sal jou neus al
Op gehou bloei het. 
Ek het al wat 'n rugby wedstyd was so met 'n dik lip gespeel
My seuns het dit ook al aan geleer om neus bloei so te beheer.

Dit is die vinnigste manier om neus wat bloei te stop.

_________________
.22/410 Stevens Kombinasie
204 Howa
223 Vektor H5
30-03 No.4 Mrk.1
.22LR Rewolwer
7.65 FEG Pistool


Top
 Profile  
Reply with quote  
Display posts from previous:  Sort by  
Post new topic Reply to topic  [ 33 posts ]  Go to page Previous  1, 2

All times are UTC + 2 hours


Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 7 guests


You cannot post new topics in this forum
You cannot reply to topics in this forum
You cannot edit your posts in this forum
You cannot delete your posts in this forum
You cannot post attachments in this forum

Jump to:  


Advertisement























Powered by phpBB® Forum Software © phpBB Group