JARACAL

Forum vir die Jagter/Forum for the Hunter
It is currently Sun Jun 25, 2017 5:41 pm


All times are UTC + 2 hours




Post new topic Reply to topic  [ 20 posts ] 
Author Message
PostPosted: Mon Feb 16, 2015 11:24 am 
Offline
Jr. Member
Jr. Member
User avatar

Joined: Tue Aug 23, 2011 9:40 am
Posts: 78
Goeie more almal.

Ek wil net hoor of daar dalk iemand is wat my kan help?

My seun wat nou agt is wil graag sy eerste "wilde dier" skiet.

Nou soos julle sien dink ek in die rigting van ’n tarentaal, meerkat of dassie.

Ek het hom nou al mooi geskool van daisy skiet tot windbuks en nou ook .22

Soos hy maar die "trappe" geklim het met sy gewere wil ek ook hê dit moet so gebeur met die skiet van wild.

Wil nie hê hy moet sommer dadelik net ’n bok gaan skiet nie.

Is daar dalk van julle wat kan help?

Ek soek spesefiek iets naby aan JHB. Wil sommer die oggend deur ry na die plaas/plot en hom help om sy eerste wille ding te skiet/jag.

Ek is bereid om te betaal vir wat hy ookal skiet. Ek besef dit is vir die meeste van julle tyd mors, maar ek belowe om so min as moontlik ’n pes van ons te maak. Ek wil hom met die .22 iets laat skiet.

Byvoorbaat Dankie Antonie Mans - 082 960 8809.


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Mon Feb 16, 2015 11:30 am 
Offline
Administrator
Administrator
User avatar

Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Posts: 10597
Location: Bloemfontein, Vrystaat.
Gesels met Beretta. Hy het 'n plek waar hy waaiersterte op die Wesrand skiet.
En as die lat sy eerste meerkat geskiet het, bring hom na ons toe dan vat ons julle op 'n jakkalsjag.

_________________
Eet meer skaap. 50,000 jakkalse kannie verkeerd wees nie!

G&G VARMINTING
FIND US ON FACEBOOK


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Mon Feb 16, 2015 12:51 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member

Joined: Mon Jan 14, 2013 4:29 pm
Posts: 613
Location: FICKSBURG
Ek laaik jou manier van die "trappe". Ek al te veel keer gesien en gehoor hoe 'n kind iets jag waarvoor hy/sy nog glad nie emosioneel opgewasse is nie.

Jammer jy is te ver van my wereld (Oos Vrystaat) dan kon nie jong man sommer alles in een naweek geskiet het.


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Mon Feb 16, 2015 1:45 pm 
Online
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm
Posts: 1723
Location: Paarl
Antonie, Jamalley praat n ware ding. Ek het die oom by wie ons gaan jag gevra wanneer is n kind oud genoeg om n bok te skiet. Hy antwoord my dat n kind se ouderdom speel glad nie n rol nie. Jou kind moet emosioneel reg wees om te kan verstaan dat die dier wat hy skiet dood gaan wees en nie weer lewendig gaan word nie. Jou kind moet ook emosioneel reg wees om die skote se skade op die bok se lyf en kop, veral as die breins weg geskiet is en die oe van die bok uitpeul, emosioneel te kan verwerk. Ek het my seun eers foto's van bokke wat geskiet is gewys, een op n slag en opgelet wat is sy houding teenoor dit. Ek hou ook van die trappe wat n kind moet klim. Myne het begin by spreeus toe tarentale,fisante en hase. Op nege het hy sy eerste bok geskiet.

_________________
GROETE

__________________________
300 winmag tikka
Howa 243 ackley
Lee Enfield 303 mk2
Bruno.22 model 2
Taurus 38 special
243 Ruger RPR

Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Mon Feb 16, 2015 2:18 pm 
Offline
Jr. Member
Jr. Member
User avatar

Joined: Wed Nov 12, 2014 3:20 pm
Posts: 54
Location: wesrand
Jy sal verseker op die plaas Metjan regkom, oom Jan leer sy klein kinders en geniet altyd om kinders te leer , da is visante tarentaal waaiersterte ens , ook blou ape in die groste... face book sommer v nommer

_________________
308 howa
243 howa
9mm sp1
.22 win/pump 62A
:police:


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Mon Feb 16, 2015 2:19 pm 
Offline
Jr. Member
Jr. Member
User avatar

Joined: Wed Nov 12, 2014 3:20 pm
Posts: 54
Location: wesrand
van Potch Vereeniging Krugersdorp kruising is dit 20 km

_________________
308 howa
243 howa
9mm sp1
.22 win/pump 62A
:police:


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Mon Feb 16, 2015 2:25 pm 
Offline
Jr. Member
Jr. Member
User avatar

Joined: Tue Aug 23, 2011 9:40 am
Posts: 78
Baie dankie vir almal se replies.

Het darem 2 goeie "leeds" gekry.

Ek sal met die persone in kontak kom en reelings tref.

Sodra Ruben sy eerste wilde dier geskiet het sal ek dit hier kom plaas.

Baie dankie vir julle positiewe aanmerkings ook.

Groete.


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Mon Feb 16, 2015 2:26 pm 
Offline
Full Member
Full Member
User avatar

Joined: Wed Jan 21, 2015 2:38 pm
Posts: 119
Location: JHB
Stem heeltemal saam oor die trappe en ouderdom. My seun is al 10 en is nog nie reg vir 'n bok nie, het laasjaar sy eerste tarentaal geskiet en baie trots hom afgeslag, gebraai en slef op ge eet mamma moes mooi soebad vir 'n stukkie. Dis mos net reg as iets skiet moet jy mos dit gebruik.

Praat met die eienaar waar julle gaan jag, baie "ooms" is heeltemal gelukkig as 'n seuntjie mooi vra om een van sy tarentale aftestaan aan die naam van onderrig en sal self saam met die klein jagter veld toe gaan en dit 'n hele ervaaring maak net soos pappa se jag.

_________________
22 LR, 22 Hornet, 9mm, 7TCU, 7x64. 1/2 9,3


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Mon Feb 16, 2015 3:38 pm 
Online
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Sat Mar 17, 2012 11:24 am
Posts: 1119
Location: Pretoria
Dis hoe dit gedoen moet word. Ek is bly die manne is hulpvaardig.

_________________
30-06 Spr K98 Mauser, 6.5x57 M1904 Mauser, 9mmP Heckler & Koch USP Compact, .177 Hatsan Torpedo 1250 f/s, .177 Gamo Whisper 1000 f/s.


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Mon Feb 16, 2015 3:47 pm 
Online
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm
Posts: 2094
Location: Vanderbijlpark
Geno wrote:
En as die lat sy eerste meerkat geskiet het, bring hom na ons toe dan vat ons julle op 'n jakkalsjag.


Hierdie is pret, groot pret... ;D
Ek en my seun het dit saam met Geno en Ge gedoen, net voor hy 13 geword het.


You do not have the required permissions to view the files attached to this post.


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Tue Feb 17, 2015 7:44 am 
Offline
Jr. Member
Jr. Member

Joined: Fri Oct 21, 2011 2:39 pm
Posts: 92
Location: Harrismith
Ek hou ook van hierdie idee van stadig begin. Dikwels kom ek by mense wat vir my vertel hulle is "uitgejag" hulle het bereik wat hulle wil en is moeg vir dooie diere ens, ens. Ek kyk byvoorbeeld nou die dag 'n klomp fotos van 3 trofee diere wat 'n nege jarige seun op een naweek geskiet het. EK vra myself af of die oukie regtig die waarde daarvan besef en tweedens wat het hy om na uit te sien oor die volgende paar jaar van sy lewe.

Groete Wgrove


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Tue Feb 17, 2015 7:54 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Tue Jul 17, 2012 12:59 pm
Posts: 1506
Location: Queenstown (Oos Kaap)
Janee dis hoe die jagding vir n kind moet begin, daai afwagting vir dit wat voorlê. Ek het 2 jaar terug gehelp om n Pa en seun jag aan te bied, almal se seuns insluitende myne het maar met n mossie begin en opgewerk, was almal se eerste ''bokjag'', ons het gereel dat almal maar Blesbokke skiet aangesien hulle nie te wild was nie en die plaaseienaar ook vir ons hulle teen n redelikke prys aangebied het..... behalwe die een perd, die se seun klap sommer n Zebra!!! Dit het nie vir my oor geld gegaan nie, maar wat skiet hy volgende ...n Lechwe?

_________________
"Mag ek nooit onthou word vir dit wat ek gejag het nie, maar eerder vir hoe ek gejag het."

Groete

Andre007
083 491 1999
andre007@mweb.co.za


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Tue Feb 17, 2015 8:30 am 
Offline
Full Member
Full Member

Joined: Wed Jan 08, 2014 6:43 pm
Posts: 229
Location: Despatch Oos Kaap
Manne

Ja elke kind seun of dogter moet deur die fases werk dis absoluut kritiek , my seun het nou al 2 jaar gevra hy wil n bok skiet , maar ek het geweier , oor n eenvoudige rede , hy is klein gebou en sukkel om n geweer reg vas te hou , ons het toe einde laas jaar vir hom n 308 so bietjie verstel en na hy goed ge oefen het, n springbok geskiet, ( na hy eers , tarentale , duiwe , spreeus en hase geleer skiet en bekruip het) Hy moes dit ook skoonmakk en benut anders mag hy dit nie skiet nie, spreeus is vir die honde gebraai, ander goed is deur ons geeet.

Ek glo baie dis ons as ouers wat faal deur die , wat ek noem DSTV JAGTERS, dis daai persoon wat inboek by n "lodge" en dan die tv of musiek aansit , binne vleisbraai al is dit n heerlike aand , nooit van sy tablet afklim nie, en more oggend wil hy gejaagd jag om voor die rugby begin terug te wees.

Elkeen van ons behoort ons seun of dogter te neem en die aand voor of na die jag, met hom te stap en vir hom/ haar die sterre te wys en net een uur daar by hom haar te sit( weg van die ander mense) en gesels sodat hulle waardeering kan kry vir hoe dit was om te jag. Ons geleenthede om te kamp jag is baie min en ons moderene tyd laat ons nie altyd toe om soe iets te doen nie, maar daai uur daar buite sal vir jou en jou kinders werelde verander.

Groete

Jonie

_________________
.22 Bruno,22/410 El Gamo, 223 CZ,25-06 Zastava, 6.5x47 Lapua,7x57 Manlichter Schoenaer,303 MK1 , 308 RSA Pacnor loop, 30-06 Bruno aksie Broughton loop,12 BR pomp, 9mm P Norinco, BSA no1 en BSA no 2 Windbuks


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Mon Mar 02, 2015 10:15 am 
Offline
Jr. Member
Jr. Member
User avatar

Joined: Tue Aug 23, 2011 9:40 am
Posts: 78
Goeie More almal,

Ek en my seun (Ruben) het toe die naweek gaan probeer iets skiet maar was ongelukkig onsuksesvol.

Ek dink die bostelegraaf was uit, want ons kon nie ’n enkele tarentaal, haas of meerkat kry nie.

En dit is nadat ons op 2 plase rondgery het.

Ek wil net vir Pierre de Beer aka Sniper baie dankie sê vir sy moeite en geduld om ons die geleentheid te gegee het om by hom te kom skiet.

Pierre is baie goed ingerig en alhoewel ons niks geskiet het nie was dit baie lekker om in die veld te kon wees en te kon praat waarvoor ons baie passie en liefde het.

Ek hou julle op hoogte - sodra die eerste dier sneuwel sal ek die fotos kom plaas.

Groete Antonie.


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Mon Mar 02, 2015 10:25 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Thu Apr 12, 2012 10:52 am
Posts: 1030
Location: Brits
Toemaar Antonie dit was nie verniet nie. Hy het sommer nou klaar die belangrikste les van jag geleer: Jy kry nie altyd sukses nie en hoef ook nie altyd die sneller te trek om lekker te jag nie.

Ons wag geduldig saam met hom!


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Mon Mar 02, 2015 3:27 pm 
Offline
Full Member
Full Member
User avatar

Joined: Wed Feb 23, 2011 11:39 am
Posts: 207
Location: Middelburg Oos-Kaap
Antonie, dis jag op sy beste, jy kom nie altyd met vleis terug nie maar wel met herhinneringe en dis gewoonlik pitkos vir eendag. Sien uit na die foto's en jul ervaring van Ruben se eerste jag!


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Mon Mar 02, 2015 3:29 pm 
Offline
Full Member
Full Member
User avatar

Joined: Wed Jan 21, 2015 2:38 pm
Posts: 119
Location: JHB
Hey die "Tannie" moes wag tot sy amper 24 was voor sy haar eerste bok kon skiet hy het nog baie tyd.

_________________
22 LR, 22 Hornet, 9mm, 7TCU, 7x64. 1/2 9,3


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Mon Mar 02, 2015 4:27 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm
Posts: 1788
Location: BYENESPOORT PRETORIA
Hallo Antonie

Van waar is julle? Ek is so 15km oos van Zambesit tolhek in Pretoria. Hier is heelwat tarentale. Julle is welkom om een hier te kom skiet. Hulle pla my nie, so ek skiet hulle nie, maar om enetjie te offer vir 'n goeie doel is 100%

Groetnis
Douw


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Mon Mar 02, 2015 6:44 pm 
Offline
Jr. Member
Jr. Member
User avatar

Joined: Tue Aug 23, 2011 9:40 am
Posts: 78
Dankie Douw,

Ek het jou n pm gestuur.

Groete.


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Mon Aug 22, 2016 11:24 pm 
Offline
Sr. Member
Sr. Member
User avatar

Joined: Mon Jan 30, 2012 8:19 pm
Posts: 252
Location: Bothaville
Emosioneel reg wees is die belangrikste. Ek is bevoorreg om my seuns (7 en 8) van doekke tyd af saam met my in die veld te. Ons is 'ge-rig' vir nag oes en as die skote klap dan snork hulle....as die bakkie stop en deur oop gaan dan is hulle op en wil verder skiet.....Hulle gaan saam as ek oes of jakke roep. Ongelukkig moet ek gereeld perde uitsit vir die leeus. Die mannetjies gaan nooit saam nie. Punt. Huil snot en trane om saam te gaan maar dit sal hulle te vroeg hard maak. Hulle verstaan hoekom, sal die gebreekte been wys en verduidelik maar dit sal onregverdig wees teenoor hulle. Beide het nou van duif tot blesbok tot jakkals gevorder. More is daar 2 rooibokke wat moet leeu kos word....maar die een mannetjie hwt besluit om nie ma se pampoen te eet nie en is nou gehok vir die dag. Sal maar more aand die fight met ma fight as ons klaar geskiet het!!

Antonie pm my met jou details. Ek het lekker plek vir die seuns so 120km van pta af. Ons slaan kamp op in die veld (daar is huis met al die geriewe) maar wie wil nou tussen mure slaap as jy buite kan slaap! Ek probeer om die seuns so 1 keer in 2maande uit te vat vir 'pa en seun naweek en soek altyd geselskap!!


Top
 Profile  
Reply with quote  
Display posts from previous:  Sort by  
Post new topic Reply to topic  [ 20 posts ] 

All times are UTC + 2 hours


Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 5 guests


You cannot post new topics in this forum
You cannot reply to topics in this forum
You cannot edit your posts in this forum
You cannot delete your posts in this forum
You cannot post attachments in this forum

Jump to:  


Advertisement























Powered by phpBB® Forum Software © phpBB Group