JARACAL

Forum vir die Jagter/Forum for the Hunter
It is currently Sat Oct 20, 2018 12:39 pm


All times are UTC + 2 hours




Post new topic Reply to topic  [ 10 posts ] 
Author Message
PostPosted: Mon Jul 30, 2018 8:52 pm 
Offline
Full Member
Full Member

Joined: Tue Jul 12, 2016 8:50 pm
Posts: 124
Location: Brackenfell
Oudergewoonte het ek vanjaar weer by my ou Dagbreek kamermaat, Wouter, in Hopetown gaan kuier. Gedurende die week het ons belastingsomme gemaak en lekker gekuier saam met sy skoonouers. Hulle is ook die ouers van die berugte Taxi van Dagbreek….daar is ‘n paar manne wat hom sal onthou!!

Teen Vrydag middag was die werk klaar en het ons koers gekies na die plaas so 50km buite Hopetown. Deel van ons geselskap was ook ‘n ou legende van die kontrei…AC. AC is ook ‘n boontjieteller soos ek…..gewapen met ‘n wit jagbroek en sy Tikka 223 sien hy kans vir enige grootwild!!!

Ek en Wouter het by die kamp aangekom en het besluit om te kyk wat aangaan op die plaas. Ons was nie lank weg nie toe ek die kans gekry het om my eerste blouwildebees plat te trek. Die 180gr Accubond is net bokant die regteroog in en in die middel van die kop agter uit. Toe ons nader kom het die ou wragtag nog krag om te wil opstaan en ek moes hom nog ‘n hou gee. Ek kon dit regtig nie glo nie. Dit het maar net weer vir my gewys dat as jou skootplasing nie 101% is nie…..jy maar moet seker maak dat jy genoeg kaliber het.

Terug by die kamp het ons begin vuur aansteek terwyl ‘n klompie bastergemsbokke so 50meter weg ons dop hou. Die aand onder die sterre was ‘n groot voorreg….hoeka die aand van die maansverduistering. Die gedagte wat my opgekom het: “Hoekom wil ‘n man in Griekeland wees as jy die natuur so kan ervaar!!” Saam met oom Andre, Wouter se skoonpa, was die aand net nie lank genoeg vir al die boerestories daar uit Villiersdorp se omgewing nie.

Die volgende oggend is ons weer vroeg op. Op die spyskaart was ‘n klompie rooibokke en ek wou graag ‘n Rooihartebees skiet indien daar ‘n geleentheid kom. Op die stadium het die wind al opgetel en was ek nie lus vir kanse vat nie…..het al stories gehoor van die “Omkyk Bok” wat ‘n paar manne ‘n plaas gewys het omdat hul skootplasing nie 100% was nie. Die skoot het geloop en ek kon nie die impak sien nie. Die bok het omgespring en begin hardloop. Met sy 3de tree sien ek die rooi kolletjie agter die blad (uitgangswond) en weet ek hy gaan nie ver nie. Nog 2 tree later het hy gaan staan en letterlik agteroor gedop. Ek het na die tyd weer gaan loer. Letterlik geen vleisskade nie.

Die wind het kwaai opgetel en het die aanslag op die rooibokke begin moeilik maak. AC het ‘n rooibok onderskoot gekry en het die kruis op die bok se rug gesit net bokant die pens…..die 223 het gehoes en die bok plat geskiet met ‘n nekskoot……aanduiding van die wind.

Oom Andre en AC se swear uit Secunda (Franco) is beide .308 manne en het ook ‘n paar rooibokke platgetrek.

Oom Thinus en Wouter….baie dankie vir die groot voorreg om daar by julle te kon kuier!!!

Fotos volg binnekort…..

_________________
22-250 Musgrave
243 Savage VLP
243 AI Howa
300WSM Tikka Super Varmint
22-250 Weatherby Varmint RC


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Mon Jul 30, 2018 8:59 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Thu Mar 06, 2014 9:43 pm
Posts: 1100
Location: Durbanville
Image

Image

Image

Image

Image

Image

Image

Image

Image

Lyk of dit baie lekker was ou maat!

_________________
_____________________
Gamo CFX .177
Howa .243 Varminter
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308


Last edited by Gian_dP on Mon Jul 30, 2018 9:36 pm, edited 1 time in total.

Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Mon Jul 30, 2018 9:28 pm 
Offline
Jr. Member
Jr. Member

Joined: Sun Jan 17, 2016 9:03 pm
Posts: 70
Lekker mater!

_________________
22-250 Savage VLP
243 Musgrave
6.5 Creedmoor Ruger Precision Rifle
30-06 Ruger


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Tue Jul 31, 2018 5:57 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Posts: 3601
Location: Durbanville, WesKaap
welgedaan


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Tue Jul 31, 2018 8:23 am 
Offline
Full Member
Full Member

Joined: Mon Dec 09, 2013 2:48 pm
Posts: 231
Location: Centurion
Lyk baie lekker. Hou van die kamp

_________________
375 Truvelo,30-06 Sabi Mauser, 243 Howa, .22 Brno Model 2
12Br Antoni Zoli S/S


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Tue Jul 31, 2018 9:19 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm
Posts: 3526
Location: Tsumeb, Namibia
Lekkerrrrrrr manne! ;)

_________________
Francois


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Tue Jul 31, 2018 10:23 am 
Online
Full Member
Full Member

Joined: Wed Sep 23, 2015 2:16 pm
Posts: 141
Location: Bellville
Baie mooi!

Sent from my SM-A510F using Tapatalk


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Tue Jul 31, 2018 11:14 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Mon May 19, 2014 11:29 am
Posts: 533
Location: Pretoria
Lyk Baie lekker, dankie vir die deel!

_________________
308 Tikka T3 Hunter
223Ai T3 Super Varmint
.22 LR Wins
Hoyt Element 80#


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Tue Jul 31, 2018 11:28 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Posts: 5660
Location: Brackenfell
Lyk baie lekker en geluk met die mooi skote!


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Wed Aug 01, 2018 8:28 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Posts: 7748
Location: Ek weet nie so mooi van spel nie maar ek kan skiet. Lonehill, Sandton
Man ek sal n lekker koffie en twak op daai pottie kan vat!

_________________
Een vrou ma klomp gunne!

A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.


Top
 Profile  
Reply with quote  
Display posts from previous:  Sort by  
Post new topic Reply to topic  [ 10 posts ] 

All times are UTC + 2 hours


Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 5 guests


You cannot post new topics in this forum
You cannot reply to topics in this forum
You cannot edit your posts in this forum
You cannot delete your posts in this forum
You cannot post attachments in this forum

Jump to:  


Advertisement























Powered by phpBB® Forum Software © phpBB Group