Lading ontwikkeling en QuickLOAD kursus - deur Cassie Nienaber
29 Oktober 2016
Te Marlieus Saal - Pomonaweg 75, Pomona, Kemptonpark.
Koste
R380/persoon - Vroegoggend koffie & beskuit + middagete ingesluit.
Inskrywingsvorm aangeheg.
Ons breek elke 45min vir 15 minute.
Begin Saterdag oggend 7:30 (Registrasie met beskuit en koffie van 07:00)
7:30 - 8:15
8:30 - 9:15
9:30 - 10:15
10:30 - 11:15
11:15 - 12:00 Middagete
12:00 - 12:45
13:00 - 13:45
14:00 - 14:45
14:00 - 15:30 Bespreking en vrae (of later indien dit so loop)
Punte wat bespreek sal word:
Belangrike faktore aan wapen vir akkuraat skiet;
Hoe om 'n geweer loop skoon te maak;
Inskiet van nuwe loop;
Die korrekte opstel en gebruik van 'n Chronograaf;
Gee 'n oorsig van wat belangrik is vir laai van akkurate ammunisie;
Hoe om te besluit op aanvanklike lading;
Insamel en analise van inligting vir nuwe of onbekende geweer;
Beplan en skiet van die "Sweet Spot" of "Step Ladder" lading bepaling;
Analise van "Sweet Spot" data;
Bespreek die instellasie van die QuickLOAD program op 'n rekenaar of laptop;
U is welkom om 'n eie laptop saam te bring en daarmee te werk;
Detail bespreking van hoe om inligting in te samel vir gebruik in QuickLOAD;
Detail bespreking van watter, hoe en waar inligting in QuickLOAD verander word;
Detail bespreking van die kalibrasie en gebruik van QuickLOAD om dit te weerspieël wat jy meet met jou ammunisie;
Ek verskaf formules wat die gebruik van QuickLOAD vereenvoudig en standaardiseer;
Hoe om QuickLOAD te gebruik om op 'n "Optimum Barrel Node" te wees;
Hoe om rekord te hou in QuickLOAD sodat jy later maklik die inligting kan aanpas en verfyn met toekomstige data;
Metode van groepering skiet vir bevestiging van "Optimum Barrel Node".
Mamba-herlaaitoerusting en herlaai DVD wat handel oor die besprekings punte + DVD oor ladings ontwikkeling met QuickLOAD sal by die kursus te koop wees.
Attachment:
Lading ontwikkeling en QuickLOAD kursus - Kempton Park - deur Cassie Nienaber.pdf