JARACAL

Forum vir die Jagter/Forum for the Hunter
It is currently Wed Nov 22, 2017 8:27 pm


All times are UTC + 2 hours




Post new topic Reply to topic  [ 12 posts ] 
Author Message
 Post subject: geweersmit opleiding
PostPosted: Thu Sep 06, 2012 10:57 am 
Offline
Newbie
Newbie
User avatar

Joined: Wed Aug 29, 2012 2:33 pm
Posts: 25
Location: harrismith / bloemfontein
Halo
Ek wil net graag weet of enige iemand van julle weet waar kan 'n mens u geweersmit opleidings kursus doen?? As enige iemand inligting daaroor het, asb deel dit...
Baie dankie


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: geweersmit opleiding
PostPosted: Thu Sep 06, 2012 11:59 am 
HJ

Sover my kennis strek is daar nie so 'n kursus nie. Jy sal by 'n geweersmid moet gaan werk en 'n vakleerlingskap by die smid moet doen en na in diens opleiding jou trade test moet doen.


Top
  
Reply with quote  
 Post subject: Re: geweersmit opleiding
PostPosted: Fri Sep 07, 2012 12:24 am 
Offline
Newbie
Newbie
User avatar

Joined: Wed Aug 29, 2012 2:33 pm
Posts: 25
Location: harrismith / bloemfontein
Danie
Baie dankie vir die inligting, sal veseker so iets wil aanpak.
Lekker aand


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: geweersmit opleiding
PostPosted: Fri Sep 07, 2012 6:57 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm
Posts: 1623
Location: Kathu
HJ

Op hierdie stadium is dit weer 'n aambag wat die moeitewerd(betalend) is om te verkry - ek sien jy is nog lekker jonk - as julle 'n plaaslike Wapensmid op jul dorp het, gaan praat met die man, bied jou hulp aan en lig hom in wat jou voornemens is.

Spandeer soveel moontlik van jou vrye tyd in die shop en leer gewere - leer om gewere te praat en leer herlaai.

Daar l? 'n blink toekoms voor vir 'n jong man soos jy wat bereid is om hard te werk(hierdie is harde maar baie lekker werk).

Iets om teen te waak:
*  Skiet en gewere is 'n sosiale ding - waak daarteen om drank deel te maak van jou mondering(as jy net 1 bier saammet 5 verskillende klie?nt drink siit jy met 5 nugter klie?nte en 1 dronk smid)

Sterkte en voorspoed.
Jaco

_________________
Dont tell me, show me......


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: geweersmit opleiding
PostPosted: Fri Sep 07, 2012 1:27 pm 
Offline
Newbie
Newbie
User avatar

Joined: Wed Aug 29, 2012 2:33 pm
Posts: 25
Location: harrismith / bloemfontein
Halo
Ek weet nou nie of ek moet oom se nie, maar ek is op die oomblik in bloemfontein en sover ek weet is hier 'n paar geweersmede ( afr nou nie my beste punte nie)  en ek sal graag wil praat met iemand en dan maak soos oom gese het.. Dit is beslis iets wat ek wil doen in my lewe voorentoe... Oom weet nie dal van iemand nie?? Ek weet van oom gerrie coetzee en ek sal by hom 'n draai gaan maak waneer ek kaans kry...
Baie danki


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: geweersmit opleiding
PostPosted: Fri Sep 07, 2012 1:54 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm
Posts: 1623
Location: Kathu
HJ

Ek is defnitief nie 'n oom nie - Jaco sal doen.  Jy kan vir Gerrie probeer ja, ek weet hy het appies in opleiding en dan kan jy ook vir Kevin Healy by Bloemfiontein Custom Rifles probeer.

Ek ken albei persoonlik en hulle is regtig nie onaangename manne nie - maar ek kan jou waarborg hulle gaan jou laat hard werk, daar is nie genoeg geweersmede vir al die werk in die land nie - jy gaan half vinnig moet leer.

Net 'n voorstel:  Dit sal jou natuurlik nie skade doen om by 'n Ingeneurs firma in te skakel en bietjie opleiding op draaibanke, freesmasjiene en sweismasjiene op te doen nie.  So bietjie houdwerk agtergrong kan natuurlik ook nie skade doen nie.  Jy kan selfs sover gaan en kwalifiseer as 'n Tool-and -Die maker".  Meeste wapensmede wat deur Musgrave opgelei is moes eers as Tool-and-die Makers leer en het dan as Wapensmede gekwalifiseer.  Ek self is 'n gekwallifiseerde Pas en draaier - al wat my daarvan weerhou om te gaan trade test skryf as Wapensmid is die feit dat ek nie hou van kolfbou nie - ek sal 'n uitgerofte en ingelate kolf afwerk en "finish" maar ek het net nie die liefde om 'n blok hout te vat en 'n kolf uit hom te bou nie.

Sterkte en geniet elke oomblik.
Jaco

_________________
Dont tell me, show me......


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: geweersmit opleiding
PostPosted: Fri Sep 07, 2012 5:46 pm 
Offline
Newbie
Newbie
User avatar

Joined: Wed Aug 29, 2012 2:33 pm
Posts: 25
Location: harrismith / bloemfontein
Jaco
baie danki sal dan nie weer oom se nie. ek het al op 'n draai bank gewerek en ken darm al die meeste van sweiswerk af maar ek kort maar nog 'n bietjie afronding maar ek sal sorg dat ek dit dan ook agter die rug kry voor ek een van hulle nader. die tool-and-die maker, waar sal ek so 'n kursus kan doen? ek hou gelukkig baie van houtwerk en sal dit seker naie geniet. ek is net nie so geleerd met die moeiliker werk van dit nie.
baie dankie ek wardeur al jou raad en voorstelle.
HJ


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: geweersmit opleiding
PostPosted: Sat Sep 08, 2012 3:21 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member

Joined: Wed Jun 13, 2012 8:19 pm
Posts: 1152
Location: Bloemfontein
HJ,

Daar is nog 'n opsie vir jou aangesien jy nog jonk is. SAPS of Weermag. Doen Wapesmid trade deur hulle. Kos jou niks behalwe vir die paar jaar wat jy trade doen. Wens ek het dit gedoen in my vorige SAPS lewe.

_________________
CZ 200 PCP, .22 Bruno, .222 BSA, 223 BSA, 243Win Howa, 6.5x55 CZ550, 22-250 Savage, 22-250 Howa, 300WM Tikka, 9mm CZ P7
E-mail: silenthunterkd@gmail.com
Tel 0810185444
Facebook: Silent Hunter KD


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: geweersmit opleiding
PostPosted: Sun Sep 09, 2012 3:15 pm 
Offline
Full Member
Full Member

Joined: Sun Jun 24, 2012 12:40 pm
Posts: 193
Location: Meyerton
Jaco,
Jy het goeie raad ontvang om dalk eers te kwalifiseer as gereedskapmaker (tool & die maker). Hier gaan jy leer oor presisie masjinering wat uiters noodsaaklik is in geweersmid beroep. Jy sal ook leer van toleransies, verwysingsvlakke, metaalsterktes, afwerking, metrologie(meetkunde) en die verskeie gereedskap stukke.
Ek is n ou Musgrave man en het 20jaar vir hulle gewerk. Die vaktoets is deur ons ontwikkel om aan geweerbouers & wapensmede die gellentheid te bied om ook n erkende kwalifikasie te verwerf. Dit gaan ook baie in jou guns tel as jy kunssinnig is aangesien die bou van pasmaak gewere verseker n vorm van kuns is.
Dit is n edel beroep en ek stem saam met van die advies wat jy reeds ontvang het, weet net nie of n army guntiffy jou gaan toerus nie. Baie belangrik........jy moet groot belangstelling he en HONGER wees, sukses volg daarna.
Sterkte met jou loopbaan
Daan Els

_________________
n Akkurate geweer skiet waar jy mik! Die beste tyd om vir jou pel te gaan kuier is so 14 dae nadat hy gaan jag het!


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: geweersmit opleiding
PostPosted: Fri Dec 07, 2012 8:07 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Posts: 5793
Location: Paarl
Was 'n paar weke gelede in kontak met johan (Sr. Member).  Hy het onlangs 'n kursus as geweersmit voltooi.  Glo hy sal kan raad gee.

_________________
Many people are alive, only because it's illegal to shoot them.


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: geweersmit opleiding
PostPosted: Fri Apr 07, 2017 11:07 am 
Offline
Newbie
Newbie

Joined: Tue Apr 04, 2017 4:20 pm
Posts: 11
More manne,

Ek is nou ook sommer geinspireer.
Weet julle dalk of daar ook van die kursusse in Namibiee aangebied word, of sal ek die selfde raad volg as wat julle vir HJ gegee het?


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: geweersmit opleiding
PostPosted: Fri Apr 07, 2017 11:33 am 
Offline
Sr. Member
Sr. Member

Joined: Tue Feb 18, 2014 7:00 am
Posts: 388
Belangstelling en aanleg is die grootste vereistes


Top
 Profile  
Reply with quote  
Display posts from previous:  Sort by  
Post new topic Reply to topic  [ 12 posts ] 

All times are UTC + 2 hours


Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 2 guests


You cannot post new topics in this forum
You cannot reply to topics in this forum
You cannot edit your posts in this forum
You cannot delete your posts in this forum
You cannot post attachments in this forum

Jump to:  


Advertisement























Powered by phpBB® Forum Software © phpBB Group