JARACAL

Forum vir die Jagter/Forum for the Hunter
It is currently Wed Nov 22, 2017 8:25 pm


All times are UTC + 2 hours




Post new topic Reply to topic  [ 3 posts ] 
Author Message
PostPosted: Wed Feb 04, 2015 9:08 am 
Offline
Full Member
Full Member

Joined: Wed Jun 18, 2014 12:08 am
Posts: 192
Location: Uniondale
Jes manne,
Ek het die afgelope naweek (30/31 Januarie) die SJB se Toegewyde jagters kursus bygewoon.
Man was dit nou lekker!
Ek dog maar net ek gee so vinnige oorsig:

Kom Vrydag middag so 17h45 daar aan (Wouter De Vos Skietbaan by Kleinbrakrivier)
Word hartlik ontvang - jy weet sommer dadelik jy's tussen jou dam se ganse.
18h00 - Opening, verwelkoming en Inleiding.
18h15 - Kry lesings oor noodhulp en oorlewings tegnieke
19h30 - Lesings oor wapenkennis
20h30 - Heerlike skenkel pot vir aand ete! Oor genoeg vir almal :)

Saterdag:
05h15 - word wakker met erge opgewondenheid (amper gevoel of ek gaan jag?) :o
06h40 - kom by kursus lokaal aan en drink lekker koffie met beskuit en gesels bietjie met ander manne
07h00 - begin ons stiptelik (soos ordentlike mense betaam) met die lesing oor Ordonnansies en Etiek
09h00 - Gou bene gerek (smoke break) en koppie koffie
09h15 - Behandel Wapenwet en Wapen veiligheid
11h00 - Ontbyt met wors,bacon,eiers en toast - Genoeg vir 2keer skep.
11h30 - Lesing oor kleredrag en toebehore, telescope,skootplasing,meetsisteme en korrekte hantering van Trofeë
13h30 - Skiettoets (dit pis behoorlik. Reën aanmekaar maar ons druk deur!)
16h30 - Almal klaar geskiet. Tyd vir rustig wees en bietjie ekstra hersiening voor die teoretiese eksamen.
15h30 - Begin eksamen aflê
19h15 - Aand ete - Die ongelooflikste T- bone steak,chips en slaaie. :):

Ek weet nie hoe die ouens dit kan bekostig om hierdie kursus aan te bied teen die skamele bedraggie wat ons betaal het nie. Ek dink die kos alleen is meer as die helfte van die kursus bedrag werd. Dit was altyd genoeg en HEERLIK!

Die kursus is op 'n baie gemaklike (dog ernstige) manier aangebied en ek wil darem net vir Flip Coetzee, oom Fanus, Wynand Fourie, Noude Viljoen en James vd Linde bedank vir hul insette en tyd. Ai, nou't ek die oom wie se grond die skietbaan op gebou is vergeet. Maar dankie vir hom ook. O hel, laar ek toggie vir Melinda vergeet nie, sy het dan alles gereël. Dankie Melinda, jy's 'n ster!
Behalwe vir die teoretiese kennis het die sprekers ook baie persoonlike ondervindings en praktiese senarios gebruik om die kursus material mee aan te vul en interresant te hou. Baie goed gedoen manne!

Ek kan enige een aanbeveel om hierdie kursus te doen. Behalwe vir al die voordele wat jy as toegewyde jagter geniet, was dit regtig baie lekker. Mens weet dalk die meeste van die goed maar net die opskerp en her bewusmaking plus die nuwe goed wat jy by leer maak dit uit en uit die moeite (en kleingeld) werd!

Weereens dankie aan almal,
Groete,
Leon.

PS. Ek het al klaar my uitslae gekry en is bly om te kan sê dat ek darem dit gemaak het!


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Wed Feb 04, 2015 9:27 am 
Online
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Posts: 584
Location: Pretoria
Baie geluk.


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Wed Feb 04, 2015 11:16 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Thu Aug 21, 2014 9:17 am
Posts: 873
Location: Paarl
Dit klink na 'n great kursus. Lekker om saam met 'n klompie eeners denkende mense te wees.

_________________
“The Darkest Things about Africa has always been our Ignorance of it” – George Kimble


Top
 Profile  
Reply with quote  
Display posts from previous:  Sort by  
Post new topic Reply to topic  [ 3 posts ] 

All times are UTC + 2 hours


Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 2 guests


You cannot post new topics in this forum
You cannot reply to topics in this forum
You cannot edit your posts in this forum
You cannot delete your posts in this forum
You cannot post attachments in this forum

Jump to:  


Advertisement























Powered by phpBB® Forum Software © phpBB Group