JARACAL

Forum vir die Jagter/Forum for the Hunter
It is currently Wed Nov 22, 2017 8:28 pm


All times are UTC + 2 hours




Post new topic Reply to topic  [ 32 posts ]  Go to page 1, 2  Next
Author Message
PostPosted: Fri Feb 12, 2016 12:56 pm 
Offline
Newbie
Newbie
User avatar

Joined: Wed Jan 15, 2014 6:26 am
Posts: 42
Location: Heidelberg Tvl
Goeiedag almal

Sien aangeheg n skiet tegniek kursus wat deur Piet Breedt aangebied word op die 19de Maart.

Piet, n’ 7 Malige veldskiet Protea span kaptein het geen bekendstelling nodig nie, en word gekenmerk aan sy unieke skietstyl en ervaring wat hom een van SA se top skuts maak, en hier is die geleentheid om in sy kennis te deel en u eie skiet te bevorder.

Die kursus gaan in veldskiet toestande plaasvind en is baie sentraal gelëe in Gauteng, slegs 20km buite Grootvlei wat op die N3 tussen Heidelberg en Villiers gevind word.

Vooraf inskrywings is verpligtend, en kan geskied deur die aangehegde inskrywingsform te voltooi en met bewys van betaling aan my te faks / e-pos.

Hierdie beloof om n baie leersame dag te wees waar elke skut met sy eie geweer kan toepas wat met hom gedeel word op veld teikens & gonge.

Moenie hierdie unieke geleentheid misloop nie! dit beloof om n baie leersame dag te wees wat tot elke skut se voordeel sal strek.

Op die dag sal Piet ook van sy unieke geweerbelde verkoop waarop n geld-terug waarborg is indien u nie hiermee beter skiet nie!

Sien jou daar!


You do not have the required permissions to view the files attached to this post.

_________________
RSA .270 WSM
RSA .300 WSM
Howa 6.5x55
Ruger Alaskan .416 Ruger


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Sun Feb 14, 2016 7:12 am 
Online
Hero Member
Hero Member

Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm
Posts: 1097
Location: Lichtenburg, Wes Transvaal
Vrekkit, ek ry daai dag see toe.


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Sun Feb 14, 2016 9:45 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm
Posts: 4207
Location: Calvinia
dit sal besonders wees. jammer ek is so ver.

_________________
HOU HOM DAAI DIKTE


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Sun Feb 14, 2016 1:32 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Fri May 16, 2014 7:33 pm
Posts: 814
Location: Goudveld - Virginia omgewing
Ek het 'n troue aan!!!
Daar nie dalk nog datums voorentoe nie?

_________________
375 CZ H&H
7X64 CZ
243 MUSGRAVE
223 Mini Ruger 14 Semi Auto
22-250 SAVAGE VLP
22 Remington
12 Ga Harrington & Richardson (ou Sanna) :laugh:
9mm CZ 75B


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Sun Feb 14, 2016 2:56 pm 
Offline
Full Member
Full Member

Joined: Mon Sep 15, 2014 12:00 pm
Posts: 161
Location: Groblersdal
Sal ook graag wil bywoon maar is ook nie daardie datum beskikbaar nie.

_________________
Lei Aan Ernstige B.O.K
Biskruit Ontbrandings Koors!


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Mon Feb 15, 2016 9:16 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Thu Mar 26, 2015 7:18 am
Posts: 824
Location: Boksburg
En gaan nou nou my inskrywing vir my en n vriend stuur!

_________________
"Failure is NOT an Option"


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Mon Feb 15, 2016 12:46 pm 
Offline
Sr. Member
Sr. Member
User avatar

Joined: Thu Nov 08, 2012 10:54 am
Posts: 482
Location: Durbanville
Voel darem geëerd dat oom Piet my foto op sy kursus aanbieding gebruik!Dankie Oom,dis al hoe ek erens feature!


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Mon Feb 15, 2016 11:34 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am
Posts: 2267
Location: Delmas - Mpumalanga
Dankie Corne, maar dis nie ek wat die uitnodiging geplaas het, maar dankie in elk geval vir die foto


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Thu Feb 18, 2016 12:33 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Tue Sep 02, 2014 3:53 pm
Posts: 937
Location: Lichtenburg
Bespreking en betaling is gemaak vir my en John. Glo ons gaan baie leer die dag ;)


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Tue Mar 01, 2016 10:01 am 
Offline
Newbie
Newbie
User avatar

Joined: Wed Jan 15, 2014 6:26 am
Posts: 42
Location: Heidelberg Tvl
Net om julle te herinner...

Daar is minder as twee weke oor vir inskrywings, en daar is nog n paar plekke oop.
Skryf dadelik in om teleurstelling te voorkom!

Groete!

_________________
RSA .270 WSM
RSA .300 WSM
Howa 6.5x55
Ruger Alaskan .416 Ruger


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Tue Mar 01, 2016 1:09 pm 
Online
Sr. Member
Sr. Member
User avatar

Joined: Sun Jan 11, 2015 5:15 pm
Posts: 301
Location: Harrismith,FS
Ek en my Peashooter is daar [emoji106]

Groete
Frans

_________________
Sako 30-06, Sako 222, Savage LRP 243Ackley, P.Beretta A300 12ga

Groete
Frans


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Fri Mar 11, 2016 8:52 am 
Offline
Newbie
Newbie

Joined: Thu Oct 30, 2014 12:58 pm
Posts: 11
Is daar dalk nog `n plekkie oop vir `n laatslaaper?


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Fri Mar 11, 2016 9:50 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Wed Oct 05, 2011 2:52 pm
Posts: 1211
Location: Secunda
Ek was by die vorige skiet dag wat oom Piet aangebied het en het baie geleer
Sou graag weer wou deelneem maar reeds dan weg vir vakansie

_________________
Henk van der Walt

.22 LR Oberndorf Mauser
.223 Rem Marlin
6.5 x 55 Swedish Mauser CZ550
.303 BSA
9.3 x 62 Sabatti Rover 870
404 Jeff
12Ga Baikal
12GA Franchi Feeling O/U
9mm Para CZ 75


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Fri Mar 11, 2016 7:02 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am
Posts: 2267
Location: Delmas - Mpumalanga
Kerneels wrote:
Is daar dalk nog `n plekkie oop vir `n laatslaaper?


Daar is nog plek, skakel vir Ockert op die advertensie


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Tue Mar 22, 2016 7:30 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Thu Mar 26, 2015 7:18 am
Posts: 824
Location: Boksburg
More Oom Piet,
Wil net graag dankie se vir saterdag. Was baie lekker om oom te ontmoet en bietjie te gesels. Daar is baie kennis in daai kop en is dankbaar dat oom dit so vrylik uitdeel!
Groete
Ben

_________________
"Failure is NOT an Option"


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Tue Mar 22, 2016 7:55 am 
Offline
Sr. Member
Sr. Member

Joined: Fri Oct 25, 2013 9:57 am
Posts: 271
Location: Pretoria
Oom Piet en Ockert

Baie dankie vir die wonderlike kursus en al die reeling van Saterdag.

Groete,


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Fri Mar 25, 2016 2:44 pm 
Offline
Newbie
Newbie
User avatar

Joined: Fri Jan 01, 2016 8:01 am
Posts: 28
Location: Vanderbilpark
Oom Piet,

Enige datums vir oom se volgende kursus?

Groete.

_________________
9mm CZ 75
.22 Bruno
6mm XC Savage LRP - Krieger barrel
6.5 x .284 Norma Savage model 12 F Class - Krieger barrel
7mm - 08 Tikka T3
30-06 Tikka M695
.300 Win Mag Sako TRG 42
.375 Ruger Howa 1500


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Sun Mar 27, 2016 10:12 pm 
Offline
Full Member
Full Member

Joined: Mon Sep 15, 2014 12:00 pm
Posts: 161
Location: Groblersdal
Kan Oom Piet nie dalk n Skiet Tegniek DVD maak nie? ;-)

_________________
Lei Aan Ernstige B.O.K
Biskruit Ontbrandings Koors!


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Wed Apr 13, 2016 11:21 am 
Offline
Sr. Member
Sr. Member
User avatar

Joined: Sat Nov 17, 2012 2:36 pm
Posts: 398
Location: Die Wilgers, Pretoria
Dagse Manne en Manninne,

Ai ek het so 'n treffende inleiding gisteraand geskryf (vingers was ge-olie :): ) Ewenwel kom ons probeer weer.

Ek het die bostaande kursus opgemerk en het besluit om by my buurman Johan wat ook mal is oor jag, gewere ag en julle weet mos selle siekte ons klomp ... te hoor of hy ook die kursus wou gaan bywoon. Opslag is hy in toe hy hoor dis Piet.

Wel kom ons gee net 'n kort oorsig oor die befaamde Mnr Piet Breedt, ek haal aan: --

"Ek was vir 7 jaar tot my uittreding in 2013, die kaptein van die Veldteiken Nasionale Protea span, en was bevoorreg om in verskeie lande regoor die wereld ons land te verteenwoordig op die skietbaan.
Ek was ook verskeie jare n lid van die Jaggeweer Nasionale Protea span, en het ook ons land in hierdie dissipline in die buiteland, en plaaslik verteenwoordig.
Ek het persoonlik 4 top 10 posisies by Veldteiken Wereld Kampioenskappe behaal met n algehele 4de plek uit 275 skuts van 32 lande van regoor die Werel as my hoogste posisie.
Ek het ook by die eerste Jaggeweerskiet Wereldkampioenskappe wat in Bloemfontein gehou was in Augustus 2014, die tweede plek in die Senior afdeling behaal.
Ek was ook geseend om in drie verskillende skietdissiplienes as die SA Kampioen gekroon te wees, nl: Veldteiken, Jaggeweer en ook Luggeweer Bench Rest.
Ek waarborg hiermee dat jou skiet sal verbeter, indien jy dit wat ek jou leer, sorgvulgig sal toepas
".

Julle kan wraggies nie stry nie, 'n man met so 'n CV behoort 'n gemiddelde skut soos myself mos te kan help, met al sy kundigheid en praktiese ondervinding. Dis wat maar deur my gedagtes gegaan het voor ek die inskrywing oor geplaas het.

Maar magtig wat 'n verassing, PUIK kursus, PUIK aangebied, PUIK gedemonstreer,... aag en sommer alles nog by daai geweerbelt van hom, wat 'n wenner.

Julle sal julself 'n guns doen om dit by te woon.

Net so 'n paar kiekies van Piet in aksie.

Image

Image

Image

En natuurlik .......nie die een vir ons klomp met die "gesonde" pense nie!!!

Image

Kry die BELT en voorsitters van ander klubs of net vriende ondersteun Piet Breedt en bespreek hom, julle lede en vriende gaan julle beslis 'n pluimpie gee.

Oo en Ritchie, lewendige demonstrasies is in, ondersteun die Oom .... hehe

Groete
Arie


Last edited by Geno on Wed Apr 13, 2016 11:57 am, edited 1 time in total.
Fixed image links


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Tue Jun 14, 2016 10:56 pm 
Online
Sr. Member
Sr. Member
User avatar

Joined: Sun Jan 11, 2015 5:15 pm
Posts: 301
Location: Harrismith,FS
Manne ek wil kom getuig dat dié kursus die beste ding is wat ek nog kon doen om my skiet vernuf te verbeter. Voor die kursus het ek nog net 2 keer aan veldskiete deel geneem ek het onderskeidelik 380 en 350 uit 900 gescore iets waaroor ek effe skaam was tussen die ander manne in my "groepie" met hulle 700's ens.. Dit daar gelaat...
Ek lê toe maar n paar kilometers af en woon die kursus by. Soos die manne hierbo noem was dit puik aangebied. Ry toe daar weg met n positiewe houding en voel sommer ek kan n 900/900 skiet!

Ek het onlangs eers weer die kans gekry om aan n veldskiet deelteneem en ek was reg vir hom. Iest wat oom Piet gesê het was: Moet nooit vir jou self sê ek moet net 700 breek of net bo 600 skiet vandag nie automaties laat jy jouslef toe om 200/300 punte weg tegooi. Ek het dit probeer doen maar vir n oukie wat 350 die vorige keer gescore het is dit maar moeilik.

Uiteinde van die storie ek stap toe weg met n 610/900 op daardie dag. 8/10 gonge kon lui en op 2 papier bane bietjie gegly en onder 100/150 geskiet. Die Accu-Sling het ook sy deel gedoen op dié dag.
610 gaan my nou nie laat wen nie maar van 350 na 610 is n groot verbetering in my boekie.

Puik kursus en baie leersaam! Sal dit vir enige iemand aanbeveel al is jy een van die manne wat 700 plus kan skiet ;)


Groete
Frans

_________________
Sako 30-06, Sako 222, Savage LRP 243Ackley, P.Beretta A300 12ga

Groete
Frans


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Wed Jun 15, 2016 8:30 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Posts: 4233
Location: Paarl
Frans, ek hoor wat jy sê, maar respek aan jou wat met die regte gesindheid toepas wat jy leer. Die sukses van enige Kursus hang van twee goed af; die aanbieder en die student.
Selfs op Piet se Youtube videos leer 'n man ontsaglik baie agv. van sy eerstehandse kennis en die gemaklike en verstaanbare manier waarop hy dit aanbied.
As jy dit nie geoefen en toegepas het nie sou dit jou ook niks gehelp het nie.
Welgedaan!!

_________________
Dont make expensive noise! Make the first shot count!


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Wed Jun 22, 2016 8:56 pm 
Offline
Full Member
Full Member

Joined: Mon Sep 16, 2013 9:42 am
Posts: 134
Location: Pretoria
Dagsê, is daar enige sprake van nog n kursus hierdie jaar?


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Thu Jun 23, 2016 9:32 am 
Offline
Full Member
Full Member

Joined: Mon Jul 06, 2015 9:58 am
Posts: 120
.

_________________
338WM Howa
308 BSA Bisley
25-06 Tikka T3 Varmint
.204Ruger Howa
.22 BRNO
AK47 Norinco
12BR ATA Engraved
12BR CBC
.38sp


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Sat Aug 27, 2016 7:12 pm 
Online
Sr. Member
Sr. Member
User avatar

Joined: Sun Jan 11, 2015 5:15 pm
Posts: 301
Location: Harrismith,FS
.

_________________
Sako 30-06, Sako 222, Savage LRP 243Ackley, P.Beretta A300 12ga

Groete
Frans


Last edited by SakoTrippel2 on Sat Aug 27, 2016 7:17 pm, edited 1 time in total.

Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Sat Aug 27, 2016 7:13 pm 
Online
Sr. Member
Sr. Member
User avatar

Joined: Sun Jan 11, 2015 5:15 pm
Posts: 301
Location: Harrismith,FS
Manne die Organiseerder van Oom Piet se volgende kursus het gesê hy sal dit waardeer as ek 'n skakel hier plaas.

http://www.gunsite.co.za/forums/showthr ... ?p=1084844

Groete
Frans

_________________
Sako 30-06, Sako 222, Savage LRP 243Ackley, P.Beretta A300 12ga

Groete
Frans


Top
 Profile  
Reply with quote  
Display posts from previous:  Sort by  
Post new topic Reply to topic  [ 32 posts ]  Go to page 1, 2  Next

All times are UTC + 2 hours


Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 2 guests


You cannot post new topics in this forum
You cannot reply to topics in this forum
You cannot edit your posts in this forum
You cannot delete your posts in this forum
You cannot post attachments in this forum

Jump to:  


Advertisement























Powered by phpBB® Forum Software © phpBB Group