JARACAL

Forum vir die Jagter/Forum for the Hunter
It is currently Wed Nov 22, 2017 8:28 pm


All times are UTC + 2 hours




Post new topic Reply to topic  [ 1 post ] 
Author Message
PostPosted: Thu Apr 21, 2016 8:49 am 
Offline
Full Member
Full Member

Joined: Sun Aug 04, 2013 8:10 pm
Posts: 107
Goeie môre aan almal,

By Huntex was daar heelwat navrae vir kursusse op 'n meer een-tot-een basis.
Dit kan werklik vir net 1 persoon wees, of vir 'n groep van tot so 5 mense.
So kry elkeen beslis baie meer daaruit as in 'n groot groep.
Die vraag was ook om die kursus oor 2 dae te laat loop sodat ons die teorie en besprekings doen; almal bring hulle eie toerusting & stel dit daar op; ek help julle dit verstel/opstel en ons laai patrone; jy skiet & analiseer jou patrone met my hulp. Ons kan natuurlik die prakties en teorie so saam-saam hanteer.

Vir enige iemand wat so 'n kursus in sy eie omgewing wil reël:

Ek vra R300 per kop met 'n minimum van R6,000 + R1,000 vir vervoer = R7,000 vir 'n volle dag kursus.
+ R3,000 addisioneel, vir 'n ekstra dag se prakties.
Vir 5 kursusgangers is die koste dus so R2,000 elk.

Julle verskaf die lokaal, (en skietbaan, verkieslik op dieselfde terrein of naby) vroegoggend koffie & beskuit + middagete/brunch teen so 11:30.
Julle reël verblyf vir my en my vrou vir 2-3 aande.
Ek bring my laptop, data projektor en skerm + van my toerusting/DVD's om te verkoop.
Die kursus duur van 07:30 tot 16:00

My DVD spesifiek oor lading ontwikkeling & QuickLOAD + hulpmiddels om QuickLOAD korrek te gebruik daarop, is beskikbaar @ R250.
Die DVD sluit ook heelwat ander aspekte in, soos: Skoonmaak van geweer loop, inskiet van nuwe loop, korrekte opstel en gebruik van chronograaf ens.

My herlaai DVD is ook beskikbaar @ R250.

Dit is sinvol om my DVD's goed deur te werk voor die kursus, sodat ons meer tyd het vir die praktiese deel.

Groete,
Cassie
http://www.mamba-reloading.co.za


Top
 Profile  
Reply with quote  
Display posts from previous:  Sort by  
Post new topic Reply to topic  [ 1 post ] 

All times are UTC + 2 hours


Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 2 guests


You cannot post new topics in this forum
You cannot reply to topics in this forum
You cannot edit your posts in this forum
You cannot delete your posts in this forum
You cannot post attachments in this forum

Jump to:  


Advertisement























Powered by phpBB® Forum Software © phpBB Group