JARACAL

Forum vir die Jagter/Forum for the Hunter
It is currently Wed Nov 22, 2017 8:27 pm


All times are UTC + 2 hours




Post new topic Reply to topic  [ 1 post ] 
Author Message
PostPosted: Fri Jan 13, 2017 6:48 am 
Offline
Sr. Member
Sr. Member

Joined: Thu Mar 21, 2013 9:44 pm
Posts: 277
Location: Upington
Goeiedag almal

Soos julle in die aangehegte advertensie sal sien bied Oom Piet Breedt op die 28e Januarie 'n jaggeweer skiet kursus aan by die Sishenmyn Skietklub se baan buite Kathu en die koste beloop R1000 per persoon. Julle sal verder ook die inhoud van die kursus daar sien. Mense, daardie inhoud is van toepassing op alle vorme van skiet. Of jy nou .22 silhouette skiet, langafstand skiet of selfs net jag en nie aan sportskiet deelneem nie, hierdie kursus gaan aspekte aanspreek wat in alle skietdissiplines van toepassing is. Dit is hoegenaamd nie uitsluitlik vir mense wat net aan Jaggeweer Veldskiet kompetisies of SA Jagter kompetisies deelneem nie. Dit wat jy daar leer, vat jy saam jagveld toe en enige plek waar jy 'n sneller trek. Gaan lees maar die positiewe reaksie hier op Jaracal of op Gunsite waar Oom Piet se kursusse al bespreek is.

Bespreek asseblief vooraf ten einde plek te verseker. Aanvanklik het ons in gedagte gehad om slegs 'n sekere aantal persone toe te laat. Nadat ek met Oom Piet gepraat het, het hy ingestem dat, omdat dit vir hom so ver is, hy bereid sal wees om die kursus vir meer mense aan te bied. Daar is ten tyde van hierdie epos nog baie plek beskikbaar. Asseblief mense, Oom Piet kom van Delmas af, kom ons maak dit vir hom die moeite werd. Hier is dus 'n geleentheid om by 'n Protea skut in persoon te kan leer.

Diegene wat reeds aangedui het dat hulle belangstel sal ek kontak en bevestig. Indien jy belangstel maar teen volgende Vrydag 20 Januarie nog niks van my gehoor het nie, stuur net weer vir my n boodskap of epos asseblief.

Groete
Willem Fourie


You do not have the required permissions to view the files attached to this post.


Top
 Profile  
Reply with quote  
Display posts from previous:  Sort by  
Post new topic Reply to topic  [ 1 post ] 

All times are UTC + 2 hours


Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 2 guests


You cannot post new topics in this forum
You cannot reply to topics in this forum
You cannot edit your posts in this forum
You cannot delete your posts in this forum
You cannot post attachments in this forum

Jump to:  


Advertisement























Powered by phpBB® Forum Software © phpBB Group