Kompetisie - Oudste Jakkals

Enige kompetisie wat die forum mag aanbied/An competitions running at the moment

Oudste Jakkals Kompetisie Wenner

Poll ended at Mon Feb 17, 2014 11:02 am

Gerrit22-250
0
No votes
Adrian (Ross)
1
2%
Skolla
46
87%
G-Force
3
6%
Hagar
0
No votes
Wielie Waps
3
6%
 
Total votes: 53

User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13644
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Kompetisie - Oudste Jakkals

Post by Geno »

Manne,
Nou met kleintjietyd in volle swing, wil ek 'n pret kompetisie loods.

Begin datum is 1 Desember 2013.
Kompetisie eindig 31 Januarie 2014.

Die man wat die oudste jakkals skiet, wen 'n stel gonge en 'n pakkie V-Max koeëls in die kaliber van sy keuse.
Die gonge moet afgehaal word in Pretoria. Die koele kan gepos word.
Ek en G-Force (G&G VARMINTING) borg die pryse.

Fotos word op hierdie draad geplaas van die jakkals se tande, en geslag.
Saam in die foto word 'n item geplaas wat die datum bewys soos bv. die dag se koerant, of so iets.
Aan die einde van die kompetisie, sal ons saam besluit en skat wie se jakkals die oudste was.

Fotos van tande moet so geneem word:
https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Jackal/IMG-20111216-00490.png

Nou is 'n lekker seisoen om die troefkaart (ouerinstink) te trek om die ou skelm jakkalse dood te kry.

So, vertel al jou forum maats wat ook jakkalse skiet om saam deel te neem. So hoop ek ook om die jakkalsjagters 'n slag terug te lok forum toe!

Groete,
Eugene
Last edited by Geno on Thu Nov 21, 2013 2:23 pm, edited 1 time in total.
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
G-force
Hero Member
Hero Member
Posts: 2350
Joined: Wed Jul 20, 2011 6:31 pm

Re: Kompetisie - Oudste Jakkals

Post by G-force »

Puik idee.Geno as ek die gong wen dan gaan die prys na die volgende oudste jakkals moordenaar.
Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Kompetisie - Oudste Jakkals

Post by BRNO (Pierre) »

Dankie Geens. Ek het die ander dag na n ou kompetisie gesit en kyk wat in 2010 afgespeel het, ook met ouderdom ens. te make, en vir my as leek was dit baie leersaam. Gaan hier dophou.
Veiligheid eerste manne!
Potshot pelser
Newbie
Newbie
Posts: 23
Joined: Mon Jun 10, 2013 10:42 am

Re: Kompetisie - Oudste Jakkals

Post by Potshot pelser »

Ag manne dit klink leker ek kan ni wag om te sien wat di. Manne uit haal ni
God & guns
User avatar
marno
Hero Member
Hero Member
Posts: 713
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:52 am

Re: Kompetisie - Oudste Jakkals

Post by marno »

Baie nice Geens!!

Ek is in!
Polla1983
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 276
Joined: Wed Mar 13, 2013 7:06 pm

Re: Kompetisie - Oudste Jakkals

Post by Polla1983 »

10/10. Baie goeie inisiatief!

Nou moet ek net n gewoonte maak om my kamera saam tedra..
User avatar
Katefbessie
Hero Member
Hero Member
Posts: 778
Joined: Tue Aug 06, 2013 3:36 pm

Re: Kompetisie - Oudste Jakkals

Post by Katefbessie »

Ag hierdie klink sommer heel prettig!!!!!!! sal dan maar net moet onthou om 'n koerantjie in te pak as deel van die kit! Geno net 'n voorstel... wat van 'n gesig of uitken foto saam die tanne en koerant datum.... Anners gat manne dalk vir FM en oom Louis bel en se hul moet datum afneem as hul ou jak skiet en aanstuur :o :police:
Natuur die enigste rusplek vir die siel

.243 Ackley Imp.
6.5-06 A-Square
45-70 Marlin 1895 GBL
12 boor Browning Semi-Auto
Glock 17
Bowtech Destroyer 350
User avatar
Frikkiedbr
Hero Member
Hero Member
Posts: 4254
Joined: Wed Jan 26, 2011 11:05 am

Re: Kompetisie - Oudste Jakkals

Post by Frikkiedbr »

Ja nee hier gaan ek ook iets meer leer oor die hondjies oops jakalse.
Geno as ek mag vra sal julle kan sien as dit gephotoshop is?
User avatar
G-force
Hero Member
Hero Member
Posts: 2350
Joined: Wed Jul 20, 2011 6:31 pm

Re: Kompetisie - Oudste Jakkals

Post by G-force »

Frikkiedbr wrote:Ja nee hier gaan ek ook iets meer leer oor die hondjies oops jakalse.
Geno as ek mag vra sal julle kan sien as dit gephotoshop is?
Frikkie los jou buurvrou se poedel uit al is jy hoe goed met photoshop.
Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
User avatar
Frikkiedbr
Hero Member
Hero Member
Posts: 4254
Joined: Wed Jan 26, 2011 11:05 am

Re: Kompetisie - Oudste Jakkals

Post by Frikkiedbr »

Ek verstaan Gé, sal dit nie doen nie.
Daar is darem 'n groot verskil tussen die twee
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: Kompetisie - Oudste Jakkals

Post by Cobus(Cobb) »

Klink lekker, eks in
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Kompetisie - Oudste Jakkals

Post by Eugene »

Baie goeie initiatief Geno! Dit gaan baie interessant wees en ek gaan beslis hier dophou! :)
Aim small, miss small
Dawie Malan
Hero Member
Hero Member
Posts: 843
Joined: Fri Aug 03, 2012 11:38 am

Re: Kompetisie - Oudste Jakkals

Post by Dawie Malan »

Hier is die oudste jakkals.

Ek wen.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13644
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Kompetisie - Oudste Jakkals

Post by Geno »

Katefbessie wrote:Geno net 'n voorstel... wat van 'n gesig of uitken foto saam die tanne en koerant datum.... Anners gat manne dalk vir FM en oom Louis bel en se hul moet datum afneem as hul ou jak skiet en aanstuur :o :police:

FM en Oom Louis neem self deel ;)
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
matewis
Hero Member
Hero Member
Posts: 1065
Joined: Thu Apr 12, 2012 10:52 am

Re: Kompetisie - Oudste Jakkals

Post by matewis »

Dawie!! Hahaha!!

Jy wen loshande!
ANDRIES
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 353
Joined: Mon Feb 04, 2013 3:56 pm

Re: Kompetisie - Oudste Jakkals

Post by ANDRIES »

Puik Dawie!!!!!!!!
User avatar
Katefbessie
Hero Member
Hero Member
Posts: 778
Joined: Tue Aug 06, 2013 3:36 pm

Re: Kompetisie - Oudste Jakkals

Post by Katefbessie »

Dawie Malan wrote:Hier is die oudste jakkals.

Ek wen.
Dawid jou ou boerpampoen!!!!!!!!!!!!!!
Natuur die enigste rusplek vir die siel

.243 Ackley Imp.
6.5-06 A-Square
45-70 Marlin 1895 GBL
12 boor Browning Semi-Auto
Glock 17
Bowtech Destroyer 350
User avatar
Foxcreek
Hero Member
Hero Member
Posts: 577
Joined: Mon Sep 07, 2009 5:04 pm

Re: Kompetisie - Oudste Jakkals

Post by Foxcreek »

Dawie, daai is nie die oudste jakkie nie. Dis die SLIMSTE een. Roep en ligsku.
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Kompetisie - Oudste Jakkals

Post by Louis102 »

Nog 'n goeie idee van Geno & Ge ......... tot ek bietjie daaroor nagedink het. Dit sal mos nie goed vir my eie reputasie wees as ek die oudste jakkals op my eie plaas skiet nie? Nee, ek's in, sal my beste probeer, sal maar die 100km aflê dorp toe vir die koerant as so 'n ou meneer probeer selfmoord pleeg voor my roertjie. Hier's juis 1 of 2 wat ek persoonlik skelm gemaak het, hulle moet teen hierdie tyd al mooi oud wees. Hierdie is net die tikkie ekstra inspirasie wat ek nodig het.

Mooiloop
Louis
User avatar
Alwyn
Hero Member
Hero Member
Posts: 730
Joined: Sun Jan 13, 2013 10:27 pm

Re: Kompetisie - Oudste Jakkals

Post by Alwyn »

Dawie vir president LOL
User avatar
vriell
Hero Member
Hero Member
Posts: 1364
Joined: Wed Mar 17, 2010 4:07 pm

Re: Kompetisie - Oudste Jakkals

Post by vriell »

Nou hoe moet ons stadsjapies nou voel ???????
Groetnis
Len
Hermanus
.303 Enfld, 308Howa, Harrington12br, Stevens410/.22, Rem.44, 9mm Baretta, HW90.177, .22 H Lithgow, Walther .177, Hawken.45, Hawken.50, Hawken.54, .22 Rem, .177 Relum, 30.06Howa , 38 S&W , 6mm Musgrave
ROBBIE1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1937
Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am

Re: Kompetisie - Oudste Jakkals

Post by ROBBIE1 »

Vra ek ook Vriell, smaak my Geno en Ge wil ons nou aanmoedig om te begin roep! Ek het juis n juik aan my na ek die afgelope naweek sommer so op my dom manier groot sukses gehad het.
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Kompetisie - Oudste Jakkals

Post by Stefan764 »

Geno ek PM jou...
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3652
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: Kompetisie - Oudste Jakkals

Post by JPS »

Louis102 wrote:Nog 'n goeie idee van Geno & Ge ......... tot ek bietjie daaroor nagedink het. Dit sal mos nie goed vir my eie reputasie wees as ek die oudste jakkals op my eie plaas skiet nie? Nee, ek's in, sal my beste probeer, sal maar die 100km aflê dorp toe vir die koerant as so 'n ou meneer probeer selfmoord pleeg voor my roertjie. Hier's juis 1 of 2 wat ek persoonlik skelm gemaak het, hulle moet teen hierdie tyd al mooi oud wees. Hierdie is net die tikkie ekstra inspirasie wat ek nodig het.

Mooiloop
Louis
Louis, as julle dalk 2 fone of tablet het kan jy mos sommer een van die jaracal forum se drade afneem wat die datum en tyd wys dan spaar die die round trip ;D

Groete
JP
User avatar
vriell
Hero Member
Hero Member
Posts: 1364
Joined: Wed Mar 17, 2010 4:07 pm

Re: Kompetisie - Oudste Jakkals

Post by vriell »

ROBBIE1 wrote:Vra ek ook Vriell, smaak my Geno en Ge wil ons nou aanmoedig om te begin roep! Ek het juis n juik aan my na ek die afgelope naweek sommer so op my dom manier groot sukses gehad het.
Nou praat jy Robbie !
Groetnis
Len
Hermanus
.303 Enfld, 308Howa, Harrington12br, Stevens410/.22, Rem.44, 9mm Baretta, HW90.177, .22 H Lithgow, Walther .177, Hawken.45, Hawken.50, Hawken.54, .22 Rem, .177 Relum, 30.06Howa , 38 S&W , 6mm Musgrave
Post Reply