Sudami X-Ring en SAJWV Langafstand Skietkompetisie 29/8/2015

Enige kompetisie wat die forum mag aanbied/An competitions running at the moment
Post Reply
Hercules Louw
Hero Member
Hero Member
Posts: 891
Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm

Sudami X-Ring en SAJWV Langafstand Skietkompetisie 29/8/2015

Post by Hercules Louw »

Die kompetisie die afgelope naweek was 'n reuse sukses en daar het op die einde 47 twee-man spanne deelgenneem. Die resultate is aansienlik beter as die vorige twee jaar (sien aangehegde grafieke) hoewel die resultate vir die 300m kopskote en 600m en 700m maar nog swak is. Die toestande op die baan was ook baie beter as die vorige twee jaar met slegs 'n ligte wind en matige mirage.

Punte is bereken as volg: 5 punte vir hart en kopskote, 4 punte vir sentrale longe, 3 punte vir die groter long-area en dan -1 vir mis en kwesskote. Drie skote is op elke afstand geskiet, totaal van 15 per skut wat beteken dat vol-punte is 75 per skut, 150 per span.

Ons het ook die 3-skoot groeperings op al die afstande gemeet:
700m kleinste groep 55mm en 2de 60mm.
600m kleinste groep 40mm en 2de 65mm.
500m kleinste groep 45mm en 45mm.
400m kleinste groep 28mm en 2de 30mm
300m kleinste groep 15mm en 2de 20mm
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Fritz
Hero Member
Hero Member
Posts: 1376
Joined: Mon Mar 25, 2013 11:26 pm

Re: Sudami X-Ring en SAJWV Langafstand Skietkompetisie 29/8/

Post by Fritz »

Hercules, vir jou en jou span, dankie weereens vir al die reëlings rondom die dag. Julle moeite gaan nie onopgemerk nie ;)

Ek dink ook dit was 'n reuse sukses, en ons sal verseker weer volgende jaar deelneem.
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: Sudami X-Ring en SAJWV Langafstand Skietkompetisie 29/8/

Post by FCLoretz »

Baie interessant dat die skuts op 400m aansienlik beter geskiet het as op die 300m merk.
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
Hercules Louw
Hero Member
Hero Member
Posts: 891
Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm

Re: Sudami X-Ring en SAJWV Langafstand Skietkompetisie 29/8/

Post by Hercules Louw »

FCLoretz wrote:Baie interessant dat die skuts op 400m aansienlik beter geskiet het as op die 300m merk.
Die rede is dat daar na die kop op 300m geskiet word en dat dit baie kleiner is as die groter hart-long tel-area waarna vanaf 400m tot 700m geskiet word. Die tel-area by beide die springbok en swartwildebees se koppe is ongeveer 90 vierkante cm. Die hart-long area van die springbok is ongeveer 344 vierkante cm en die van die swartwildebees ongeveer 590 vierkante cm.
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: Sudami X-Ring en SAJWV Langafstand Skietkompetisie 29/8/

Post by FCLoretz »

Dankie Hercules, dit maak sin.
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
MrFive
Full Member
Full Member
Posts: 144
Joined: Thu Mar 27, 2014 12:54 pm

Re: Sudami X-Ring en SAJWV Langafstand Skietkompetisie 29/8/

Post by MrFive »

Hi Hercules,

Ek will ook net baie dankie aan jou en jou span se. Ons het die dag baie geniet en sal ook graag weer volgende jaar wil deelneem.

Andre
User avatar
Fritz
Hero Member
Hero Member
Posts: 1376
Joined: Mon Mar 25, 2013 11:26 pm

Re: Sudami X-Ring en SAJWV Langafstand Skietkompetisie 29/8/

Post by Fritz »

Ek sien die manne is maar stil oor die naweek se skiet.

Die formaat is sonder twyfel die mees challenging en senutergende langafstandjag kompetisie waarvan ek bewus is. Vir die wat nie weet nie, jy begin op 300m inskiet, dan beweeg jy 700m merk toe en skiet jou 3 skote. Dan beweeg jy na die 600m merk terwyl jou teiken in die skietgat gemerk word. Jy het absoluut geen idee of jy die wind reg gelees het of jou hoogtes reg uitgewerk het nie. Jou huiswerk moes jy deeglik by die huis gedoen het. Dan gaan dit so aan vir 500m, 400m en laastens 300m vir die verpligtende kopskote. Dan beweeg almal vorentoe om te kyk wat hulle aangevang het op die teiken. Hierdie jaar was daar twee aflosse met 25 spanne per aflos. Dus 100 skuts.

Hier is hoe ek gevaar het op die springbok. Ongelukkig is ek nie die 300m skut van die dag gewees nie :-[ . Maar ek is bly oor my langer afstande wat net een kwes het. Ek sal maar verder as 300m moet skiet reken ek >:D ;D ;D
http://i881.photobucket.com/albums/ac12/fhagen1/Mobile%20Uploads/6B2B93A9-648F-46D1-B7C6-F8B199309982_zpsoz20opfe.jpg

My spanmaat Vince Botha, het ook baie goed gevaar:
http://i881.photobucket.com/albums/ac12/fhagen1/Mobile%20Uploads/5CB5BD75-D0E5-41FF-9D28-249D03F15DB5_zpsheplpcq4.jpg

Hier is vriend Lukas Fouche se teiken. Hy het die swb afdeling gewen met sy Tikka .308win. Eugene (wat saam Lukas geskiet het) reken natuurlik dit is te danke aan sy ervare wind calls en kalmerende effek ;D
http://i881.photobucket.com/albums/ac12/fhagen1/Mobile%20Uploads/EC1FF57F-0E45-4077-BA81-723A0513A7BE_zpstwuu4lge.jpg

Johannes Lubbe het goed gevaar met sy .308 en ongelooflike elevasie gehou, maar het ongelukkig op 600m verkeerde kant toe gestel vir wind :(
http://i881.photobucket.com/albums/ac12/fhagen1/Mobile%20Uploads/8FA1ECE8-0AB6-4CF0-B094-78AE73614A9D_zpst1pjynbl.jpg

Ek sal nog teikens plaas as ek kan opspoor. Sal graag daai 60punt springbok wil sien as iemand hom afgeneem het. Ek dink dis fenominaal.

http://i881.photobucket.com/albums/ac12/fhagen1/Mobile%20Uploads/F6F52FB2-EDFA-48B1-AD30-47F88EA8BA8A_zpspoczpxhp.jpg
http://i881.photobucket.com/albums/ac12/fhagen1/Mobile%20Uploads/10539E57-930C-4835-8ADC-65FD78C555C9_zpss0rtwnmj.jpg
Post Reply