Lang Afstand Kompetisie-Kaap

Anything shooting with compressed air goes here/ Alle windbuks stories hier......
Post Reply
Skiet
Newbie
Newbie
Posts: 34
Joined: Mon May 27, 2013 10:31 pm

Lang Afstand Kompetisie-Kaap

Post by Skiet »

Dagse manne,

Ons hou die 27ste April die 2de jaarlikse Kaapse 100m Skiet, die kompetisie sal bestaan uit 2 x 5 skoot groeperings op 100m.

Inskrywings geld: R50/teiken
Wenner met die kleinste 100m groepering vat die pot.

Daar sal tyd wees om gewere voor die tyd in te stel.
Deel van die skiet sal bestaan uit 'Extreme Bench Rest' waar silhouette teikens tussen 50-80m geskiet sal word, Lang Aftsand 'Hunter Field Target' tussen 50-100m waar die skut n 40mm plaatjie moet raak skiet om die teiken te laat val en balonne tussen 100m en 150m. Dit sal nie deel van die pot wees nie, meer om mense die kans te gee om te sien waaroor lang afstand skiet met n windbuks gaan. Enige gewere (pcp of springer) is welkom.

Die kompetisie vind plaas op n plaas net buite die Paarl, pm my vir rigtings en vra maar as iemand vrae het.
Skiet tafels sal beskikbaar wees vir die wat wil sit en skiet.

http://m.youtube.com/watch?v=E-rokVWuFXA#
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Lang Afstand Kompetisie-Kaap

Post by Gawie(13mm) »

Naandsê maat.

Ek bevestig net die datum is Sondag die 27ste April?
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
Skiet
Newbie
Newbie
Posts: 34
Joined: Mon May 27, 2013 10:31 pm

Re: Lang Afstand Kompetisie-Kaap

Post by Skiet »

Naand Gawie,

Goed om weer van jou te hoor. Ja dit sal op daai Sondag val.
Post Reply