JARACAL

Forum vir die Jagter/Forum for the Hunter
It is currently Sun Jul 22, 2018 10:15 pm


All times are UTC + 2 hours




Post new topic Reply to topic  [ 689 posts ]  Go to page Previous  1 ... 24, 25, 26, 27, 28
Author Message
 Post subject: Re: Maak jou eie mes
PostPosted: Sat Jun 09, 2018 9:27 pm 
Offline
Newbie
Newbie

Joined: Wed Jul 26, 2017 8:31 pm
Posts: 26
Location: Bloemfontein
ZKK wrote:
Ek sal baie graag vir my n kampmes wil forge uit 52100, maar om n bearing van geskikte grootte te kry is moeilik.

Ja, dis nogal moeilik om 52100 in die regte formaat te kry. Ek het 'n trein se wiellaer " taper bearing" gebruik vir hierdie mes - baie lekker gebruiksmes. Die hef is van nieshout


You do not have the required permissions to view the files attached to this post.


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Maak jou eie mes
PostPosted: Sun Jun 10, 2018 7:47 am 
Online
Hero Member
Hero Member

Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm
Posts: 1469
Location: Lichtenburg, Wes Transvaal
HennieL wrote:
ZKK wrote:
As jy moet kies tussen N690 en 14C28N, wat sal jy kies?

Ek verkies 14C28N bo N690, aangesien dit 'n baie goed gebalanseerde staal is, en wat ook baie suiwer is - hierdie staal is nie heeltemal so slytasie bestand as die N690 nie, maar teen 58-59Rc kan dit baie skerper as die N690 geslyp word as gevolg van die staal se baie klein greinstruktuur en gebrek aan groot karbiete. Dit poleer ook baie blink, sonder die "lemon peel" effek van die N690.
Quote:
En het jy al met 52100 se verharding ge-eksperimenteer?

Ek het al 'n paar messe van 52100 verhard, maar het nog net een mes self uit 'n trein wiellaer gesmee. Dis 'n uitstekende messtaal - net jammer dat mens nie plat plaat in Suid Afrika te koop kry nie. As gevolg van die hoë koolstofinhoud en kort quenching tyd is hierdie staal is nogal moeilik om reg te verhard. Ek het goeie resultate met die volgende resep behaal (jammer vir die Engelse terme...):
1. Normalise die staal nadat dit gesmee is deur dit te verhit tot 890°C en dan in stil lug te laat afkoel.
2. Spheroidal anneal die staal deur dit daarna tot by 795°C te verhit, dit dan redelik vinnig (in lug) te laat afkoel tot by 690°C, en dit dat teen daardie temperatuur te hou vir 'n paar ure, waarna dit tot kamertemperatuur afgekoel word.
3. Vorm en boor die lem soos benodig
4. Verfyn die grein as volg:
- Verhit tot 890°C en "soak" vir 5 minute - laat afkoel in lug tot swart.
- Verhit tot 840°C en "soak" vir 5 minute - laat afkoel in lug tot swart.
- Verhit tot 790°C en "soak" vir 5 minute - laat afkoel in lug tot swart.
5. Verhit tot 805°C, "soak" vir 10-15 minute teen daardie temperatuur, en quench dan in warm (55°C) Canola olie. Dis baie belangrik om 'n vinnige olie soos warm Canola te gebruik, aangesien mens net sowat 2 sekondes tyd het om onder die perliet "neus" te kom vir volle verharding.
6. Behandel die verharde lem deur dit vir 24 uur in vloeibare stikstof te plaas, en dit daarna stadig te laat verhit tot by kamer temperatuur.
7. Temper die lem twee maal vir twee ure elk en laat elke keer afkoel tot by kamer temperatuur voordat dit weer verhit word. 205°C temper gee 'n hardheid van sowat 66-67Rc, en 230°C gee sowat 60-61Rc.

Hoop hierdie is van nut :) .
Groete



En ek dog om my doppe uit te gloei is 'n storie!

Lekker manne!


Sent from my iPhone using Tapatalk


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Maak jou eie mes
PostPosted: Sun Jun 10, 2018 8:04 am 
Offline
Sr. Member
Sr. Member

Joined: Mon Aug 20, 2012 5:42 pm
Posts: 414
Ai ek het nog baie om te leer


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Maak jou eie mes
PostPosted: Sun Jun 10, 2018 10:22 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Tue Jun 03, 2014 4:55 pm
Posts: 564
Location: Paarl
Wragtag...nou haal julle al treine uit mekaar om messe te maak!

Dis nou ysterwerk!

Pragtige werk en deursettings vermoë.

_________________
" My idea of gun control is using BOTH hands!"

Voere .270
Lee Enfield Mk4 .303
Beretta 12br
BSA .22
CZ75 9mmP
Star 9mmP
Taurus .357Magnum


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Maak jou eie mes
PostPosted: Sun Jun 10, 2018 8:08 pm 
Offline
Newbie
Newbie

Joined: Wed Jul 26, 2017 8:31 pm
Posts: 26
Location: Bloemfontein
Viking wrote:
Wragtag...nou haal julle al treine uit mekaar om messe te maak!

Dis nou ysterwerk!

Pragtige werk en deursettings vermoë.

Viking Ja, deursettingsvermoë... ;D
Dis nou hoekom ek nog net een mes geforge het, maar al 'n paar honderd messe gegrind het...

Daardie mes van treinwiel laërs het my 6 ure geneem om te smee, en ek kon daarna vir twee dae nie my arms oplig nie ++>: Die manne van Forged in Fire is dus veilig - ek sal nooit teen hulle deelneem nie.


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Maak jou eie mes
PostPosted: Fri Jun 15, 2018 11:39 am 
Offline
Jr. Member
Jr. Member

Joined: Thu Oct 12, 2017 10:38 am
Posts: 72
Location: Roodepoort
sal julle se gooi messe moet n skerp snyvlak he?
die punt moet natuurlik skerp wees...maar die snyvlak waar mens partykeer vashou?


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Maak jou eie mes
PostPosted: Fri Jun 15, 2018 11:44 am 
Offline
Hero Member
Hero Member

Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm
Posts: 1779
Location: Nelspruit; Mpumalanga
GooseMan wrote:
sal julle se gooi messe moet n skerp snyvlak he?
die punt moet natuurlik skerp wees...maar die snyvlak waar mens partykeer vashou?

As jy wil he dit moet ook snywerk doen, dan ja. Anders nee.

_________________
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Maak jou eie mes
PostPosted: Fri Jun 15, 2018 3:17 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member

Joined: Sun Oct 18, 2009 6:30 am
Posts: 2284
Location: Yarraman
Vir hout,been ,horing en ''antler ''

Kyk by een van die ''appliances'' herstel besighede vir 'n ou yskas kompressor.Om vacuum te trek.baie goedkoper, in dien nie dalk verniet, teenoor 'n vacuum pomp. Vacuum werk beter as hoe druk om 'n vloeistof (olie ,hars,kleursel ens.) in die hout,been ,horing of ''antler'' in te trek as om dit te probeer in druk in 'n druk tenk

Kliek op die link vir Cactus Juice Resin en kyk die video oor vacuum

https://www.turntex.com/





Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Maak jou eie mes
PostPosted: Sun Jun 17, 2018 4:03 am 
Offline
Hero Member
Hero Member

Joined: Sun Oct 18, 2009 6:30 am
Posts: 2284
Location: Yarraman



Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Maak jou eie mes
PostPosted: Wed Jun 27, 2018 4:35 pm 
Offline
Jr. Member
Jr. Member

Joined: Thu Oct 12, 2017 10:38 am
Posts: 72
Location: Roodepoort
n vraag vir die ouens wat ken van die "forges", ek het n koffie-kan forge gemaak, maar ek kry nie lekker hitte nie.
Ek gebruik hom maar noodsaaklik net vir verharding.
My huidige forge het ek gemaak van gelykke dele grond en "plaster of Paris".
ek dink dalk om n nuwe een te maak.
Enige voorstelle in terme van die bestandele om die lining te maak. Ek het video op youtube gesien waar die man "perlite" gebruik, enige insette raakende die produk?
Ek wil ook nie te veel geld uitgee op die ding nie.

Groete


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Maak jou eie mes
PostPosted: Thu Jun 28, 2018 5:48 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Sun Feb 06, 2011 9:11 pm
Posts: 512
Location: Bloemfontein
Hennie----jy het n PM!


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Maak jou eie mes
PostPosted: Sun Jul 01, 2018 6:36 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member

Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm
Posts: 1779
Location: Nelspruit; Mpumalanga
Aan die meer ervare en professionele mesmaker manne het ek 'n vraag. Waar kyk mens vir boeke oor mesmaak in Suid Afrika? Of kyk mens maar by Amazon en koop daar? Ek is onder andere opsoek na die boek "Slip-joint Folder Designing and Building" van Steve Culver. Op Amazon is die boek sowat R284, maar saam met 'shipping' is dit oor die R500.

_________________
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Maak jou eie mes
PostPosted: Sun Jul 01, 2018 7:14 pm 
Offline
Newbie
Newbie

Joined: Wed Jul 26, 2017 8:31 pm
Posts: 26
Location: Bloemfontein
Johan Nel wrote:
Aan die meer ervare en professionele mesmaker manne het ek 'n vraag. Waar kyk mens vir boeke oor mesmaak in Suid Afrika? Of kyk mens maar by Amazon en koop daar? Ek is onder andere opsoek na die boek "Slip-joint Folder Designing and Building" van Steve Culver. Op Amazon is die boek sowat R284, maar saam met 'shipping' is dit oor die R500.

Johan, soos jy agter gekom het is tegniese boeke vreeslik duur, maar mens koop maar as jy moet ++>: Ek wil egter voorstel dat jy oorweeg om PDF weergawes en inligting van die internet af te laai - dis gelukkig verniet, en as mens net so bietjie logies dink kan mens maklik die kaf van die koring skei.
Hier is twee "links" na 'n artikel deur die einste Steve Culver:
https://www.culverart.com/Culver-Building%20a%20Slip%20Joint%20Folder-Part1.pdf
https://www.culverart.com/Culver-Building%20a%20Slip%20Joint%20Folder-Part2.pdf
En hier's een van Herbst: http://www.herbst.co.za/index.php/blog/item/16-designing-a-slip-back-folding-knife

Onthou, Google is jou vriend...
Groetnis
Hennie


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Maak jou eie mes
PostPosted: Sun Jul 01, 2018 9:46 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member

Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm
Posts: 1779
Location: Nelspruit; Mpumalanga
Dankie Hennie, ek waardeer jou hulp en moeite! ;D

_________________
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter


Top
 Profile  
Reply with quote  
Display posts from previous:  Sort by  
Post new topic Reply to topic  [ 689 posts ]  Go to page Previous  1 ... 24, 25, 26, 27, 28

All times are UTC + 2 hours


Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 9 guests


You cannot post new topics in this forum
You cannot reply to topics in this forum
You cannot edit your posts in this forum
You cannot delete your posts in this forum
You cannot post attachments in this forum

Jump to:  


Advertisement























Powered by phpBB® Forum Software © phpBB Group