JARACAL

Forum vir die Jagter/Forum for the Hunter
It is currently Mon Sep 24, 2018 12:40 am


All times are UTC + 2 hours




Post new topic Reply to topic  [ 28 posts ]  Go to page 1, 2  Next
Author Message
PostPosted: Thu Apr 23, 2015 2:13 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member

Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Posts: 2752
Location: Agter 'n roer of 'n handlebar-Tulbagh-
EK wil graag vir my 'n mes maak met 'n ou staal vyl maak en dan Vlakvark tand vir die hef. DIt moet 'n tipe skinner mes wees as ek klaar is.

Nou soek ek hulp.

1. Hoe verhard ek die lem as ek hom klaar gevorm het?
2. moet ek klinknaels deur die hef in die yster insit of sal epoxy hom styf genoeg vashou?

Mors ek my tyd met so vyl?

Dankie
Tau

_________________
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.


Last edited by tau on Mon Jul 20, 2015 1:52 pm, edited 1 time in total.

Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Backyard mes raad?
PostPosted: Thu Apr 23, 2015 2:47 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Sun Oct 13, 2013 5:00 pm
Posts: 1373
Location: Kuilsrivier/ Tankwa Karoo
Gaan kyk op You Tube. Daar wys hulle vir jou baie.

_________________
Deel jou kennis dan bevorder jy jou sport.
6mm Dasher; 300 TOMBI; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Backyard mes raad?
PostPosted: Thu Apr 23, 2015 3:35 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member

Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Posts: 2752
Location: Agter 'n roer of 'n handlebar-Tulbagh-
Heinz Petersen wrote:
Gaan kyk op You Tube. Daar wys hulle vir jou baie.


Moenie so kortaf wees nie, vertel my hoe streel Oom die staal tot 'n kunswerk? :laugh:

EK het nou so bietjie gaan kyk ek het 'n plan.

_________________
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Backyard mes raad?
PostPosted: Thu Apr 23, 2015 4:13 pm 
Online
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm
Posts: 2086
Location: Limpopo
Kry eerder regte lemstaal, dis nie duur nie, skakel met hierdie ouens, hulle sal jou goeie raad kan gee http://www.kmts.co.za/Main.asp?D=%7B267 ... icleID=698

_________________
"Peace is that brief glorious moment in history when everybody stands around reloading."


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Backyard mes raad?
PostPosted: Thu Apr 23, 2015 5:00 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm
Posts: 1782
Location: Cradock
Tau

N Vyl maak n baie lekker mes. Dis hoe koolstaal. Ek het een of twee. Bietjie raad.
1. Sit klinknaels deur om jou handvatsels vas te sit behalwe as jy rattail tang gaan doen.
2. Maak jounstaal sag voor verwerk word anders gaan jy klippe kou.
3. Ek het myne laat verhard deur Bohler na die tyd.


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Backyard mes raad?
PostPosted: Thu Apr 23, 2015 7:05 pm 
Online
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am
Posts: 2498
Location: Zululand
Tau, as jy weer in Stellenbosch is, gaan gesels met Johan Morkel. Hy het n groot Bowie wat uit n vyl gesmeë is, en n takbokhoring hef aanhet. Hy sal jou advies kan gee oor hoe om die ding te doen.

_________________
"I love sleep. My life has the tendency to fall apart when I'm awake, you know" - Ernest Hemingway

.177 .22 (x2) .222 .243 .250 Savage
6,5x55 6,5x57 7x57 (x2) .308 8x60S (x2)
9,3x62 .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16 Br 12 Br (x3) 9mm .44


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Backyard mes raad?
PostPosted: Thu Apr 23, 2015 9:37 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Thu Mar 22, 2012 7:59 pm
Posts: 551
Location: Vrystaat!
Erens het ek presies dieselfde half voltooide projek. Om daardie staal bietjie sagter te kry was die grootste kopkrap. Ek het die lem in n oondjie waarin ek alluminium smelt verhit en hom oor n baie lang tydperk laat afkoel. Om hom weer hard te kry het ek hom weer verhit, gemoker en vinnig in olie afgekoel . Vir my was die staal altyd maar net hard....


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Backyard mes raad?
PostPosted: Fri Apr 24, 2015 12:16 am 
Online
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Thu Mar 06, 2014 9:43 pm
Posts: 1090
Location: Durbanville
As by eendag baie tyd het, lees die volgende draad op die luggeweer-forum. Die ou maak fantastiese messe. Seker hy sal jou daar kan gee. Kliek Hier om dit re lees

_________________
_____________________
Gamo CFX .177
Howa .243 Varminter
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Backyard mes raad?
PostPosted: Fri Apr 24, 2015 12:19 am 
Online
Hero Member
Hero Member

Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm
Posts: 1413
Ek dink n varktandhef gaan jou hande woel met tyd

_________________
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Backyard mes raad?
PostPosted: Fri Apr 24, 2015 8:46 am 
Offline
Hero Member
Hero Member

Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Posts: 2752
Location: Agter 'n roer of 'n handlebar-Tulbagh-
Dankie Manne. Nou weet ek ook meer. Ek wil iewers begin om messe te probeer maak. EK is onder geen indruk dat ek kunswerke wil maak soos van die manne hier nie, maar ek wil darem net begin. EK het 'n GROOT liefde vir fixed blade messe.

_________________
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Backyard mes raad?
PostPosted: Fri Apr 24, 2015 8:50 am 
Offline
Hero Member
Hero Member

Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Posts: 2752
Location: Agter 'n roer of 'n handlebar-Tulbagh-
Jake1 wrote:
Kry eerder regte lemstaal, dis nie duur nie, skakel met hierdie ouens, hulle sal jou goeie raad kan gee http://www.kmts.co.za/Main.asp?D=%7B267 ... icleID=698


Baie nice website dankie. Miskien is dit die beste om mee te begin.

_________________
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Backyard mes raad?
PostPosted: Fri Apr 24, 2015 8:54 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm
Posts: 2172
Location: Vanderbijlpark
Hierdie is Neels se YouTube channle, daar is baie inligting:https://www.youtube.com/channel/UCtTcHakMOyezi2rjKP5nS9Q

Na my seun se swaard-maak-sessie het ek net een vraag, het jy 'n belt sander?


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Backyard mes raad?
PostPosted: Fri Apr 24, 2015 9:01 am 
Offline
Jr. Member
Jr. Member

Joined: Mon Dec 10, 2012 7:44 am
Posts: 65
Location: Kaapstad
More, Tau, ek het n mes gemaak n paar jare terug uit Bohler N690 wat jy deur KMTS kan bestel of in Epping, Kaapstad kry. Bolher het die lem vir my getemper. N pel van my het dit in die veld verloor toe hy n springbok geslag het en een van sy plaaswerkers het dit ses maande later vir my gevind. Daar was nie eers n vlek roes nie. Ek gaan weer vir my daai N690 kry en vir my seuns messe maak. Nie kunswerke, maar prakties. Cheers, John


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Backyard mes raad?
PostPosted: Mon Apr 27, 2015 4:21 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm
Posts: 3178
Location: Koue Bokkeveld
WilJak hier op die forum het van sy eerste messe so uit vyle gemaak. Ek was bevoorreg om een te kom kry. Hy doen dit nie meer en het opgradeer na designer messe wat baie mooi is.

PM hom, miskien kan hy ons vertel hoe ok uit vyle messe te maak vir alledaagse werk. Die koolstof staal lyk ook baie mooi met die verwering daarin. As ek regonthou het hy die messe met 'n ander vyl gevorm nadat hulle uitgesny was. Baie elbow gries as ek so kyk.

_________________
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Backyard mes raad?
PostPosted: Mon Apr 27, 2015 4:27 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm
Posts: 3178
Location: Koue Bokkeveld
Image

Hein daar is baie van die in die rondte hier by ons om af te werk en aan 'n varktand te sit. Vir beginner sal dit baie makliker wees as vyl se afwerk.

_________________
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Backyard mes raad?
PostPosted: Fri Jul 17, 2015 9:18 am 
Offline
Hero Member
Hero Member

Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Posts: 2752
Location: Agter 'n roer of 'n handlebar-Tulbagh-
My lemme van KMTS is hopenlik vandag of Maandag by my.

Christo ek wil net so mes ontwerp maak soos die een van jou.

_________________
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Backyard mes raad?
PostPosted: Sat Jul 18, 2015 8:26 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm
Posts: 1169
Location: Centurion
Tau gewoonlik is KMTS se staal 12c27 Sandvik. Dit is 'n staal wat vir my makliker werk as N690 van Bohler. As jy hom "grind" en die staal raak dunner is hy geneig om te brand. Hy word so blou. As ek 'n mes maak met 12C27 koel ek hom elke slag af met ys water.

Droog af met 'n ou handoek en grind weer.

Ek is glad nie 'n kenner nie en ek doen dit maar vir 'n stokperdjie. Ek persoonlik is nie 'n tand of ivoor man vir 'n werksmes nie. Die tand is altyd onstabiel en kraak of bars. Kyk of jy nie 'n stukkie Micarta in die hande kan kry nie. Dan maak jy 'n mes en hef vir ewig.


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Mon Jul 20, 2015 2:01 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member

Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Posts: 2752
Location: Agter 'n roer of 'n handlebar-Tulbagh-
Dankie Spiekeries.

Ek het my twee blanks gekry. Die een is die 225mm Hunter wat ek 'n stuk Kaapse Olienhout voor het wat ek die handle mee gaan maak. Tak van 'n boom hier van Tulbagh wat 'n boer afgesny het of dit 'n Swarthaak is wat aan aan sny. EK was so gegrief en gevoel ek sal die stuk hout gebruik in herinnering van die mooi boom.

En dan 'n 180mm Skinner wat die varktand gaan kry en ek gaan probeer om 'n vertoon mes te maak. EK het intussen Dunn blades raak gegoogle en by hom vir my 'n werks mes bestel. http://dunnblades.co.za/en/Home/

So nou kan ek vir myself iets maak net vir snaaksheid.

_________________
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Mon Jul 20, 2015 6:16 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm
Posts: 1169
Location: Centurion
Sterkte Tau wys ons die eindproduk asb.


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Mon Jul 20, 2015 8:01 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm
Posts: 1355
Location: Alberton
[IMG]http://images.tapatalk-cdn.com/15/07/20/770eb63470ef4b61c0fccf9907618964.jpg[/IMG]


Die oukie het die naweek lekker gewerk. Mens moet net nie dat daai tand in water le nie

_________________
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Mon Jul 27, 2015 9:51 am 
Offline
Full Member
Full Member
User avatar

Joined: Mon Sep 17, 2012 11:42 am
Posts: 160
Location: Brackenfell
More Almal,

Ek het hierdie post gevolg en so bietjie verder navorsing gedoen om te sien hoe mens te werk gaan. Na n hele paar youtube videos het ek besluit ek gaan ook die projek probeer.

Ek het op KMTS se website geloer en die nodige onderdele bestel en Vrydag betaal.

Groot was my skok toe my pakkie vanoggend reeds voor 10 by my afgelaai is. Die mes blanks lyk sommer bakgat en ek hoop ek kan n suksesvolle projek voltooi. Vir die ander lede wat dit ook oorweeg kan ek gerus KMTS aanbeveel. Ek het baie goeie diens en raad van hulle ontvang.

Kontak gerus vir Hantie.

Groetnis


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Mon Jul 27, 2015 10:25 am 
Offline
Hero Member
Hero Member

Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Posts: 2752
Location: Agter 'n roer of 'n handlebar-Tulbagh-
Lekker man. Voorspoed en wys hier hoe jy vorder.

_________________
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Wed Jun 29, 2016 8:08 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Tue Sep 18, 2012 9:06 am
Posts: 1682
Location: Brackenfell, CT
Tau, hoe het jou mes projek toe afgeloop?

_________________
Jannie Welman


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Wed Jun 29, 2016 11:15 pm 
Offline
Full Member
Full Member
User avatar

Joined: Mon Feb 13, 2012 4:29 pm
Posts: 196
Location: Bfn
Tau,

Kyk of jy nie n stukkie kameelperdbeen erens kry nie. Maak baie mooi handles. Passop vir daai olien hout. Hy word met die tyd maar vaal. Al het jy hom gestabiliseer. Kyk eerder na G10 of mikarta. As jy iets wil maak wat vir altyd sal hou. My heel eerste mes wat ek ooit gemaak het, het kameelperdbeen op. En hy het baie goed gehou met baie dae ini veld vol bloed en baie bokke se slag. Ek het die mes laaste jaar laat aftree. As jy na n goedkoop opsie wil kyk. Kyk of jy Powersaw blades in die hande kan kry nie. Hulle is klip hard bly lank skerp en is lekker dun. Maak vinnig lekker messe. Al slegte kant is dat hulle maklik roes weens die hoe koolstof inhoud.

Sterkte met die mesmaak. Baie lekker hobby! Kom wys asb as jy kla is.

Sent from my SM-N920C using Tapatalk

_________________
22-250 Howa
30-06 Musgrave
303 lee Enfield


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Thu Jul 28, 2016 11:07 am 
Offline
Newbie
Newbie

Joined: Wed Jul 27, 2016 12:16 pm
Posts: 3
more manne. Ek sal mooi gaan uitvind oor die veil ding en dan ook so mes prober. Ek sal julle op hoogte hou deur fotos op te sit soos die stappe vorder. Die verharding ens en hoe om sakkie te maak ewat mooi pas sodat mes nie uitval nie


Top
 Profile  
Reply with quote  
Display posts from previous:  Sort by  
Post new topic Reply to topic  [ 28 posts ]  Go to page 1, 2  Next

All times are UTC + 2 hours


Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 1 guest


You cannot post new topics in this forum
You cannot reply to topics in this forum
You cannot edit your posts in this forum
You cannot delete your posts in this forum
You cannot post attachments in this forum

Jump to:  


Advertisement























Powered by phpBB® Forum Software © phpBB Group