8 mm Oberndorf Mauser: .318 (J) of .323 (JS)?

Guys who collect arms can have a chat here/Versamelaars kan hier vergader.
Post Reply
JoevR
Full Member
Full Member
Posts: 208
Joined: Tue Jun 14, 2011 4:55 pm
Location: Kempton Park

8 mm Oberndorf Mauser: .318 (J) of .323 (JS)?

Post by JoevR » Mon Jun 11, 2012 9:18 pm

Wanneer die versamelaar 'n 8 x 57 of 8 x 60 Oberndorf Mauser geweer te siene kry, is die vraag gewoonlik: Is dit 'n J (.318") of JS (.323") kaliber geweer? Des te meer as bv. net 8 x 60 op die loop sou staan. Daar is 'n maklike manier om uit te vind: Haal die geweer uitmekaar en kyk wat staan onder op die loop:

http://i285.photobucket.com/albums/ll49 ... G_7588.jpg

Die 7,85 (in mm) is die "land" diameter, die 8,1 (in mm) is "groove diameter", en die 240 (in mm) is die "rifling twist", dus 1 draai in 240 mm. Die CH50 is die loop staal kode, langs die kaliber 8 x 60.
Hierdie is die data van die J (.318") kaliber.

Die data vir die JS (.323") kaliber is: 7,89 ("land")en 8,2 ("groove").

http://i285.photobucket.com/albums/ll49 ... 8x57JS.jpg
                     
Ek wonder hoekom voorsien die moderne vervaardigers van fabrieksgewere nie hierdie data op die loop nie? Dit is veral vir die herlaaier handig om te weet wat die "rifling twist" is, sonder dat dit nodig is om dit te meet met die skoonmaakstok metode.

Groete
Joe
 
Last edited by JoevR on Mon Apr 08, 2013 6:48 pm, edited 6 times in total.
6,5 x 58, 7 x 57 (x5), 8 x 57JS, 8 x 60J, 8 x 60JS, 8 x 68S, 9 x 57, 10,75 x 68, 25-06, 30-06, 7mm Rem Mag, 375 H&H Mag, 12 Gauge (x2), 22 LR (x5) 6,35 (x7) .38 Spec., .380, 9 mm P, .44 Mag

User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm
Location: Witbank

Re: 8 mm Oberndorf Mauser: .318 (J) of .323 (JS)?

Post by Gert Odendaal » Mon Jun 11, 2012 10:08 pm

Joe
Baie dankie , dit is regtig relevante inligting wat ek as Mauser leek graag wil weet...kan jy `n foto van `n oorspronklike 8x57 JS Mauser oplaai...ek wil vir my mauser `n kolf bou ..maar ek wil dit so na as moontlik soos die tipe A, B,of C sportsters laat lyk...my 8x57JS het nog die" step" in die loop...ek dink die lope is deur FN in Belgie nog gemaak tot en met omtrent in 1954 toe is daar  met die gelyk taps afdraai vervaardigde lope begin...is ek reg met die aanname? Volgens `n bron oor geskiedenis van Mauser is daar baie meer Mauser buite die landsgrense van Duitsland vervaardig as in Duitsland self????? Ek hoor graag meer omtrent interessantheid van die Mauser....
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1

JoevR
Full Member
Full Member
Posts: 208
Joined: Tue Jun 14, 2011 4:55 pm
Location: Kempton Park

Re: 8 mm Oberndorf Mauser: .318 (J) of .323 (JS)?

Post by JoevR » Tue Jun 12, 2012 10:23 am

Gert, jy kan hier http://jaracal.com/index.php/topic,7010.0.html kyk na 'n Tipe A se kolf. Die belangrikste ooglopende verskil tussen die Tipe A en die B Model se kolf is dat die Tipe A se kolf 'n swart horing "fore-end tip" het, en die B model het dit nie, maar die "schnabel"afwerking op die "fore-end tip". Hier http://jaracal.com/index.php/topic,7266.0.html kan 'n B Model se kolf gesien word.

Miljoene militere Mausers is gemaak, by verskillende fabrieke, ook buite Duitsland. My belangstelling le egter by die sogenaamde Oberndorf Mausers, m.a.w. die gewere gebou as jaggewere vir die kommersieele mark by die fabriek in Oberndorf, Duitsland. Ongeveer 127 000 van hierdie gewere is gebou van 1898 tot 1946. Die fariek is toe vernietig met die de-militarisering van Duitsland deur die Ge-allieerdes na die 2de Wereldoorlog. My kennis oor militere Mausers is baie beperk, ek kan jou dus nie help met jou aanname nie.

Groete
Joe
Last edited by JoevR on Tue Jun 12, 2012 10:26 am, edited 1 time in total.
6,5 x 58, 7 x 57 (x5), 8 x 57JS, 8 x 60J, 8 x 60JS, 8 x 68S, 9 x 57, 10,75 x 68, 25-06, 30-06, 7mm Rem Mag, 375 H&H Mag, 12 Gauge (x2), 22 LR (x5) 6,35 (x7) .38 Spec., .380, 9 mm P, .44 Mag

User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm
Location: Witbank

Re: 8 mm Oberndorf Mauser: .318 (J) of .323 (JS)?

Post by Gert Odendaal » Tue Jun 12, 2012 8:28 pm

Dankie Joe
Ek wil baie graag van die klappies visiere in die hande kry om op my .375H&H Coggswell&Harrison te sit...waar kan ek van die klappies versiere kry, behalwe om nuwes ten duurste aan te koop...dit sal seker `n man wees wat `n teleskoop op sy ou Mauser gesit het??As jy weet van iemand wat ek kan nader sal ek dit waardeer...my 8x57JS het net sulke mooi klappies versiere...\
Image
Image
Image
Image
Image
Image
Image
Image
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1

JoevR
Full Member
Full Member
Posts: 208
Joined: Tue Jun 14, 2011 4:55 pm
Location: Kempton Park

Re: 8 mm Oberndorf Mauser: .318 (J) of .323 (JS)?

Post by JoevR » Wed Jun 13, 2012 5:16 pm

Gert, jy kan vir Andrew Soutar by http://www.classicarms.co.za/ kontak. Gunsmiths het gewoonlik ook onderdele.

Terloops, 'n man wat 'n teleskoop op 'n Oberndorf Mauser sit, wat nog in 'n goeie toestand is, is 'n man wat homself groot skade berokken. Waarde sonder teleskoop vir versamelaar: R 25 000 - R 30 000 (uitgesluit gewere met  magnum, kurtz en"square bridge" aksies en/of ander "special order features", wat aansienlik meer kan wees) Waarde met teleskoop vir versamelaar: ten slegste geen waarde, ten beste R 8 000 - R 10 000.

Groete
Joe
6,5 x 58, 7 x 57 (x5), 8 x 57JS, 8 x 60J, 8 x 60JS, 8 x 68S, 9 x 57, 10,75 x 68, 25-06, 30-06, 7mm Rem Mag, 375 H&H Mag, 12 Gauge (x2), 22 LR (x5) 6,35 (x7) .38 Spec., .380, 9 mm P, .44 Mag

User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm
Location: Witbank

Re: 8 mm Oberndorf Mauser: .318 (J) of .323 (JS)?

Post by Gert Odendaal » Wed Jun 13, 2012 9:59 pm

Dankie  Joe vir die inligting...ek is maar `n leek op die gebied van versameling..maar sal liewers met die Mausers wat nie te waardevol is wil jag of net lekker skyfskiet  ek sal graag in die toekoms as ek voldoende kennis het van die ouer modelle wil aankoop en `n nuwer geweer wil opbou met `n doelgemaakte kolf wat deur `n spesifieke persoon waardeer sal word...soos die .375 H&H Coggswell&Harrison waarmee ek tans besig is...ek glo daar is `n mark daarvoor...nie eksklusief nie maar .vir die gewone man wat nie `n arm en been wil betaal vir so `n tipe jag geweer nie...
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1

User avatar
Geno
Hero Member
Hero Member
Posts: 12228
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Location: Bloemfontein, Vrystaat.
Contact:

Re: 8 mm Oberndorf Mauser: .318 (J) of .323 (JS)?

Post by Geno » Thu Jun 14, 2012 3:34 am

Gert,
Dalk kan jy visiere invoer.
http://forums.gunboards.com/showthread. ... ess-sights

Ek het onlangs sulke express visiere te koop gesien. Sal rondkrap, en jou laat weet.

Groete,
Eugene
Eet meer skaap. 50,000 jakkalse kannie verkeerd wees nie!

S&W SD9 9mmP
Ruger 10/22 .22LR
S&W M&P-15 5.56mm
Howa .204Ruger
Rem700 .243AI
Howa .243AI
Rem700 .243AI
CZ550 .260AI
Ruger .416Ruger
Win M.101 O/U 12Ga
Hunt Group M13 Semi Auto 12Ga

User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm
Location: Witbank

Re: 8 mm Oberndorf Mauser: .318 (J) of .323 (JS)?

Post by Gert Odendaal » Thu Jun 14, 2012 8:48 pm

Baie Dankie Geno
Ek het voorheen gekyk na die "express v sight" daar is van hulle in die wit wat 3-lemme het..100,200 en 300...met my oe wat maar aan die minder goeie kant is ...oor 40 katogorie...moet ek realisties wees...my idee is om die .375 tussen 80-100 meter te skiet in die bos...`n loop en bekruip geweer...ek wil nie graag `n teleskoop op sit nie , ek wil die geweer so klasiek as moontlik hou(niks te doen met die waarde van die ou geweer nie) vir my gaan dit meer oor die voorkoms  ...

.ek sal dan miskien die 3-lem express sights aankoop...maar die visier gaan ek self bou...ek het `n voorbeeld gesien van `n .460 Bauer projek wat hulle in `n Magnum gehad het...ek gaan so na as moontlik die voorbeeld probeer na-bou...die "crossbolts "draai ek self van balk boute ..hier is voorbeelde van waarna ek kyk en die gedraaide boute..die moeilikste deel is om die twee boute dieselfde dikte en selfde tapwerk te doen ....maar op die ou end is dit nog `n deel wat ek self met my eie hande kon doen...so tel ek meer kennis op langs die pad om voorentoe meer sulke wapens te bou...koop ouer gewere...bou die aksie oor en maak `n nuwe geweer wat iemand kan waardeer...

..die proses moet natuurlik aan die regulasies op vuurwapens voldoen...as jy die kaliber van `n wapen verander moet die wapen van vooraf deur die lisensie prosesse gaan....SABS toetsing moet ook weer gedoen word...

[img width=560 height=420]http://i803.photobucket.com/albums/yy314/boogskutter/P1011789.jpg[/img]
[img width=560 height=420]http://i803.photobucket.com/albums/yy314/boogskutter/P1011793.jpg[/img]
[img width=560 height=420]http://i803.photobucket.com/albums/yy314/boogskutter/P1011794-1.jpg[/img]
[img width=560 height=420]http://i803.photobucket.com/albums/yy314/boogskutter/P1011795.jpg[/img]
[img width=560 height=420]http://i803.photobucket.com/albums/yy314/boogskutter/P1011801.jpg[/img]
[img width=560 height=420]http://i803.photobucket.com/albums/yy314/boogskutter/P1011785.jpg[/img]
Image
Image
Image
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1

Post Reply

Return to “Arms collectors/Wapen Versamelaars”