JARACAL

Forum vir die Jagter/Forum for the Hunter
It is currently Thu Dec 13, 2018 7:20 pm


All times are UTC + 2 hours




Post new topic Reply to topic  [ 17 posts ] 
Author Message
PostPosted: Tue Jun 24, 2014 2:12 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Posts: 4537
Location: Rustenburg
Hallo Manne
Ek is nou lankal beswaard as ek na die SAJWV vergadering gaan of na Derby skietbaan. Ek is die enigste man met ‘n Subaru, die res is net bakkies en bakkies. Maar nou het ek so moontlike gelukkie oppad. My skoonpa het ge-upgrade by Toyota na V8 Cruiser. Ek kan nou sy oue koop vir goeie prys. Maar ek was nog nooit ‘n man wat baie geweet het van karre nie. My pa het sy eie diere reg gedokter, maar moes ‘n man aanstel wat die J-D trekkers kon regmaak. "Like father, like son".

Ek wil so paar dinge verander aangesien die bakkie al 250K op die klok het. Ek weet die enjin is nou eers mooi ingeloop. Ek sal hom vat vir ‘n goeie diens by ‘n Toyota kenner in die dorp. Dan wil ek so bietjie geld gooi na die suspensie om sy padhou vermoë en ry genot te verbeter. Dalk ‘n wen-as om Hein (Jaracal) se groot eland bulle te laai. Beter ligte. Later ‘n sitplekkie vir as ons bakkie jag – stap maar vir eers.

Waarna moet mens kyk? Wat stel julle voor? Moet net nie goed soos Land Rover parte aanbeveel nie, die ding kannie breek want ek kannie reg maak nie.

_________________
Groete,
9mmP, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution .22


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Tue Jun 24, 2014 2:24 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Thu May 16, 2013 9:30 am
Posts: 1213
Location: Nelspruit
Carl wrote:
die ding kannie breek want ek kannie reg maak nie.


ek het nie gedog dis moontlik nie :laugh: :laugh:

al wat breek op n cruiser is jou nier stene en jou kidney belt

_________________
CZ 550 375 H&H
P14 Musgrave 308
Howa 6.5 x 55
Sabi Ranger 7 x57
Browning 9mm


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Tue Jun 24, 2014 2:41 pm 
Online
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Mon May 13, 2013 11:26 am
Posts: 640
Location: Bloemfontein/Ladysmith KZN
Carl

Is dit die 4.2 diesel of 4.5 EFI? Het hy tans enige ekstra's op?

Groete

Ruan


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Tue Jun 24, 2014 2:47 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Tue Aug 06, 2013 3:36 pm
Posts: 713
Location: Hartswater
Carl die beste raad wat ek jou kan gee is gaan praat direk met Lional van LA Sport, die man is die eienaar van die LA Sport franchise in Afrika. hy het deeglike ondervinding met cruisers en wat werk en wat werk nie tov enige en alle 4x4 toerusting. Jy kan my gerus PM vir kontak nommers indien jy ernstig oorweeg om jou Cruiser LA Sport toe te vat vir upgrades

_________________
Natuur die enigste rusplek vir die siel

.243 Ackley Imp.
6.5-06 A-Square
45-70 Marlin 1895 GBL
12 boor Browning Semi-Auto
Glock 17
Bowtech Destroyer 350


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Tue Jun 24, 2014 2:55 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Sun Jan 13, 2013 10:27 pm
Posts: 708
Location: Ellisras/JHB
Carl...

Suspension wat sak pas en wel werk is EFS!!!! (my cruiser loop soos stroop met hulle)

n Wen as kan nie op raat gee nie....


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Tue Jun 24, 2014 3:12 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Posts: 4537
Location: Rustenburg
Dankie sover.
Dis die 4.2 diesel.
Nee net dikker bande, ek wil terug na die standaard Cruiser marie biskuit.

_________________
Groete,
9mmP, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution .22


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Sat Nov 22, 2014 2:25 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am
Posts: 3614
Location: Pretoria (oorspronklik Schweizer-Reneke)
Het jy toe die Cruiser gekoop?

_________________
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.450 Rigby - CZ550 Safari
.500 NE - Merkel
12ga - Mossberg
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Sun Nov 23, 2014 8:35 pm 
Offline
Jr. Member
Jr. Member
User avatar

Joined: Sun Aug 24, 2014 7:07 pm
Posts: 62
Location: Aberdeen, Oos Kaap
Hi Carl,

Probeer hierdie bande:
JK TrakTuf 750x16 (Yok.. Sup... Haj... se enigste kompetiesie)
Kos slegs R2150-00
Het 16 ply rating, soos in thornproof!
As jy belangstel sal ek vir jou no stuur van Handelaar naaste aan jou.

http://www.jktyre.co.id/article/trak-tuf-xtra

Karoo groete

_________________
Johan van Wyk


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Mon Nov 24, 2014 7:20 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Posts: 4537
Location: Rustenburg
Ja Stefan ek is baie bly ek het. Gisteraand by die kerk geluister wat ander ouens betaal vir so bakkie - lekker winskoop. Ek moet nog suspensie verander, maar dink ek sal dit in die nuwe jaar doen. Die suspensie vat nou 'n nuwe A-R se geld :( . Ek het wel die bakkie laat diens by een van die Toyota kenners hier en ek moet sê nou loop hy weer mooi.

Dankie KK sal daarna kyk. Op hierdie stadium gaan die bakkie meestal teerpad ry - Alldays, Namibië en paar ander ver plekke. Die plaas is 18Km van die huis en die paaie daar is maklik.

_________________
Groete,
9mmP, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution .22


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Mon Nov 24, 2014 10:36 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am
Posts: 3614
Location: Pretoria (oorspronklik Schweizer-Reneke)
Gooi bietjie n foto

_________________
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.450 Rigby - CZ550 Safari
.500 NE - Merkel
12ga - Mossberg
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Mon Nov 24, 2014 11:26 am 
Offline
Hero Member
Hero Member

Joined: Fri Mar 30, 2012 9:14 am
Posts: 501
Location: Smithfield
Karooklong
Hoeveel kilo's gee daai tyres?


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Mon Nov 24, 2014 2:46 pm 
Offline
Jr. Member
Jr. Member
User avatar

Joined: Sun Aug 24, 2014 7:07 pm
Posts: 62
Location: Aberdeen, Oos Kaap
Hi Henry,

Baie moeilike vraag om te antwoord.
Die enigste ou wat dit kan bepaal is die bestuurder van die voertuig.
Banddruk, balansering, wielsporing, bestuursvernuf ens.
Ek dink ek kan hierby voeg dat die padtoestand ook bygereken moet word in hierdie antwoord.
Hierdie spesifieke band (TrakTuff 750x16 met 16ply) is volgens my eerstens sterker gebou vir rowwe of klipperige terrein en dan ook om vrag te dra.

Hier by ons is een Boer wat 'n gemiddelde km lesing wys van 51 duisend.
Ander jong Boertjie kry gemiddeld 39 duisend maar hy het bergplaas met grotendeels 4x4 pad en oorlaai fetlik elke rit. Sy Pa is van Victoria Wes en sy L/C was op 11 Nov by my vir diens. Die Oom ry 80% teerpad en ek het nou op die werksverslag gesien, na 30 duisend km was daar nog 12mm loop.
Een ding kan ek se: ek sien hulle net as hulle weer nuwe bande kom koop. Papwiele is feitlik ongehoord en dit op sig self maak die band dan sommer nog goedkoper as jy in ag neem die tyd, frustrasie en kostes verbonde aan papwiel kry vir Karoo Plaasboere.

Myns insiens sal die Jet Rib met 14ply @ R1800 eerder die keuse vir Carl wees.
Ook hier te sien: http://www.jktyre.co.id/article/trak-tuf-xtra

Ek is tans in gesprek met Tubestone (die verspreiders van Nankan bande en JK bande) om 'n pakket te beding, eksklusief vir Jaracal Lede. Sal eersdaags vorendag kom daarmee (indien goedkeuring hiervan van Jaracal Bestuur verkry word).

Karoo groete

15H34 Sopas gehoor ek kan die TrakTuff 750x16 met 16ply verkoop teen R2000

_________________
Johan van Wyk


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Mon Dec 01, 2014 8:00 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Posts: 4537
Location: Rustenburg
Stefan764 wrote:
Gooi bietjie n foto


Saterdag onder in die skiet sloot, ek het bietjie die 9mm gevat vir so 200 rondtes.

Image

_________________
Groete,
9mmP, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution .22


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Mon Dec 01, 2014 1:06 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Posts: 4806
Location: Paarl
Carl wrote:
Stefan764 wrote:
Gooi bietjie n foto


Saterdag onder in die skiet sloot, ek het bietjie die 9mm gevat vir so 200 rondtes.

Image


Nee kyk maat, nou skiet jy uit!!!
Dit lyk my na 'n dorpsbakkie of het jy hom net daar "ge-polish". Ek is nou self diep jaloers ++>:

_________________
Dont make expensive noise! Make the first shot count!


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Mon Dec 01, 2014 2:08 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm
Posts: 1136
Location: Rustenburg
Ek stem saam met Gawie. Ek sien die bande is lekker vol modder na Saterdag se reen. Jy het nie dalk 'n bietjie vasgeval nie? >:D >:D .

_________________
Maak 'n verskil


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Mon Dec 01, 2014 2:55 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Posts: 4537
Location: Rustenburg
1. Goeie foto vra vir goeie lig. Hierdie was vroeg oggend met die son wat filter deur 'n groot olienhout se blare. Net so op die een plekkie vang dit 'n blink kolletjie ;)
2. Die vet tekkies is nogal steeks, alhoewel dit seker reg is vir die Kalahari se sand, wil die goed nie werk in die klei op die plaas nie. My opinie die Cruiser marie beskuit bande sny diep tot teen die soliede rots laag wat om die aarde strek en so ry jy enige plek - behalwe op duine.
3. Die bakkie slaap meestal in die dorp. Dis nou maar so.

_________________
Groete,
9mmP, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution .22


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Mon Dec 01, 2014 3:14 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member

Joined: Tue Nov 12, 2013 9:15 am
Posts: 1291
Location: Noordhoek
Ek het vir baie jare beide die diesel en die 4.5 EFT in my werk gery en ek kan se dat die enigste meganiese breek wat ek in ongeveer 10 jaar gehad het was gebreekte blad vere (baie in rowwe terrain gery) op die agter as en kan jy glo n gebreekte overhead kam wat ek weet baie skaars is.
Die enigste ander breek was een van ons manne wat in te diep water gery het en al die vinne op die radiator fan gebreek het toe dit die water tref.

Cruiser is wragtag van die taaiste voertuie wat ek ken.

Groete
Henning

_________________
300 WSM Savage
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim


Top
 Profile  
Reply with quote  
Display posts from previous:  Sort by  
Post new topic Reply to topic  [ 17 posts ] 

All times are UTC + 2 hours


Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 1 guest


You cannot post new topics in this forum
You cannot reply to topics in this forum
You cannot edit your posts in this forum
You cannot delete your posts in this forum
You cannot post attachments in this forum

Jump to:  


Advertisement























Powered by phpBB® Forum Software © phpBB Group