JARACAL

Forum vir die Jagter/Forum for the Hunter
It is currently Fri Sep 22, 2017 2:48 am


All times are UTC + 2 hours




Post new topic Reply to topic  [ 1 post ] 
Author Message
PostPosted: Fri Jun 02, 2017 2:33 pm 
Offline
Jr. Member
Jr. Member
User avatar

Joined: Mon Sep 21, 2015 12:08 pm
Posts: 59
Location: Bellville
Goeiedag,

My naam is Adri, en ek kan seker sê ek bly so tussen Bellville en die Weskus (St Helenabaai/Vredenburg/Langebaan), ek werk meeste van die jaar in die buiteland ma het baie tyd vir skiet as ek wel by die huis is. Natuurlik werk meeste van my pelle 8 to 5 en dis familie tyd naweke so ek soek ma altyd iemand wat beskikbaar is om saam te gaan skiet. Dink nie 'n man kan ooit te veel skiet pelle hê om te hoor of een beskikbaar is om saam skietbaan toe te gaan nie.

Ek skiet meeste van die tyd in die week, probeer 6h30 uit Bellville ry Riebeek Kasteel toe en voor 8h klap die skote, het meeste van die tyd die hele baan vir ons self, 335m. Gewoontlik teen 12h weer by die huis.
Ek voel nie gemaklik om alleen te gaan nie so is altyd bly as iemand wil saam.
As jy dalk iemand is wat 'n oggend kan afkryp in die week maak kontak dan laat weet ek as ek weer wil gaan.
Ek is ook oop vir enige nuwe skietplekke aan die Kaap se kant. (ek is 'n lid by Durbanville al van ek 16 is, so ek weet van hom)

Ek spandeer ook die laaste paar maande baie tyd op die weskus en beplan om binnekort St Helenabaai toe te trek. Ek is al 'n tydjie opsoek na skiet pelle en die grootste probleem skietplek aan daai kant. Was in kontak met SA Jag ma klink my hulle reel net vir hul skiet dae 'n baan (ek is 'n lid van Laapjag en SA Jag). Meeste manne daai kant ken ma iemand met grond waar hulle gaan skiet klink dit my. Vir 'n lekker skietgat ry ek maklik 100km.
So as jy daai kant woon maak ook kontak, ons kan dan saam skietplek soek of as ons nie regkom nie het ek darem geselskap vir al die pad Riebeek of Atlantis toe.

Enige inligting oor die klubs en skietbane by Atlantis, Mooreesburg ens. is ook welkom. Enige iets Aurora, Piketberg, Darling, Redelinghuis se kant toe? Ek wil net gaan skiet manne, ek het al lekker gespeel tot op 500m met die 308, ma die 260 moet nou regkom en dan wil ek graag begin verder skiet. Gaan die keer by die huis tyd insit om hom reg te kry, het 130gr Bergers Hybrids wat le en wag by die huis.

Stuur 'n pm as jy wil kontak maak, sal lekker wees om nog ouens te leer ken met dieselfde belangstelling.
Lekker dag, en lekker skiet!

_________________
Adri Barkhuizen
Sako 85 Varmint .308 Win
Savage 12 LRP .260 Rem
Glock 19


Top
 Profile  
Reply with quote  
Display posts from previous:  Sort by  
Post new topic Reply to topic  [ 1 post ] 

All times are UTC + 2 hours


Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 4 guests


You cannot post new topics in this forum
You cannot reply to topics in this forum
You cannot edit your posts in this forum
You cannot delete your posts in this forum
You cannot post attachments in this forum

Jump to:  


Advertisement























cron
Powered by phpBB® Forum Software © phpBB Group