ScareCrow: Crow Hunting Sounds / Kraai Jag Klanke

Handelaars wat advertensie regte gekoop het mag hier adverteer/Dealers that have paid for advertising rights may advertise here.
User avatar
Jacques Kotze
Full Member
Full Member
Posts: 119
Joined: Tue Apr 12, 2011 2:54 pm

ScareCrow: Crow Hunting Sounds / Kraai Jag Klanke

Post by Jacques Kotze »

Ideal for the crow hunting enthusiasts, ScareCrow Crow Hunting Sounds, is the ideal tool for the ultimate crow hunting experience!
Used together with crow decoys, it delivers even more reaction from crows and will bring them in from far.

Crow hunting in South Africa is fairly new and is steadily growing. With the help of these 25 crow luring sounds you will be able to attract crows in the area to your sitting position and be able to bring them down with your shotgun. Proven in the field! This CD contains 25 different sounds that can be played through any device capable of playing a cd.

To order, contact:
Jacques Kotze
PO Box 737
Vredendal
8160
Cell.: 083 633 0539 (Between 08h00 and 16h30, M to F)
Fax.: 027-2191150
jacquesk1975@gmail.com
or leave a pm on Jaracal.

ScareCrow Kraai Jag Klanke is 'n MOET vir die ideale kraai jag ervaring!
Gebruik dit saam met kraai "decoys" om nog meer kraaie in te lok van vêr af!

Kraai jag in Suid Afrika is 'n relatief nuut en is huidiglik besig om baie vinnig te groei. Met die hulp van hierdie 25 kraai lokklanke, sal jy in staat wees om enige kraaie in die area in te roep na jou posisie om hulle sodoende van kant te maak met 'n haelgeweer. Getoets in die veld! Hierdie CD bevat 25 verskillende klanke wat deur enige toestel gespeel kan word wat 'n cd kan speel.

Om te bestel, kontak:
Jacques Kotze
Posbus 737
Vredendal
8160
Cell.: 083 633 0539 (Tussen 08h00 and 16h30, M to F)
Fax.: 027-2191150
jacquesk1975@gmail.com
of los persoonlike pm Jaracal.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Last edited by Jacques Kotze on Mon Mar 02, 2015 12:55 pm, edited 1 time in total.
User avatar
RUPERT
Hero Member
Hero Member
Posts: 1192
Joined: Thu Jun 28, 2012 1:47 pm

Re: ScareCrow: Crow Hunting Sounds / Kraai Jag Klanke

Post by RUPERT »

Dom vraag.Waarom wil ons nou kraaie jag of is dit nou omdat ons kan?

Luister graag
User avatar
Jacques Kotze
Full Member
Full Member
Posts: 119
Joined: Tue Apr 12, 2011 2:54 pm

Re: ScareCrow: Crow Hunting Sounds / Kraai Jag Klanke

Post by Jacques Kotze »

Hi Rupert.

In ons wêreld het hulle in sekere gedeeltes regtig begin skade aanrig, nie net aan vrugte boorde nie, maar wel ook aan pas gebore skaap lammers. Hulle byt die lammers se tongetjies en oë uit of eet die anus uit. Dit lei tot amper dieselfde frustrasie as wat jakkkalse aan lammers doen by die boere. Die probleem is dat daar geen manier is om hulle te lok om hulle getalle te probeer beheer nie. Die ander alternatief is soms om gif uit te sit in eiers of vrugte, en ek kan nie sien hoe dit enigsins voordelig is nie!

Gaan kyk net ook op youtube oor die magdom clips wat op is oor kraai jag en wat se groot ding dit oorsee is. Dit is nog groter as "varminting"!

Ek het oor die afgelope paar jaar aan hierdie klanke gewerk om sodoende te kyk of ek hulle kan lok op hierdie manier, net soos wat jakkalse gelok word met klanke vir nagjag.

Die cd maak dit slegs moontlik om kraaie nader te lok. Ek glo daar was heel aan die begin seker vir die manne wat jakkkals jag cd's uitgebring het ook dieselfde gevra? Ek hoop regtig dat van die manne wat al skade van kraaie gehad het sal ondersteen.

Ek hoop jy is tevrede met my antwoord Rupert.
Groete
Jacques
User avatar
RUPERT
Hero Member
Hero Member
Posts: 1192
Joined: Thu Jun 28, 2012 1:47 pm

Re: ScareCrow: Crow Hunting Sounds / Kraai Jag Klanke

Post by RUPERT »

Jacques jy vertel my nou iets wat ek nie geweet het nie.Dankie vir die informasie ek gaan nou bietjie meer gaan soek
Groete
User avatar
Jacques Kotze
Full Member
Full Member
Posts: 119
Joined: Tue Apr 12, 2011 2:54 pm

Re: ScareCrow: Crow Hunting Sounds / Kraai Jag Klanke

Post by Jacques Kotze »

Rupert

Ek is ook terdee bewus daarvan dat kraaie die grootste vangers van klein skilpadjies is, en hier in Namakwaland is ons geseend met unieke spesies skilpadjies. Jy kry soms 10 talle doppies onder die kragpale op soos kraaie hulle vang en vreet. Ek het verlede jaar klagtes ontvang van een van my boere, dat die kraaie 18 lammers se tongetjies uit gepik het. Teen die huidige waarde van 'n lam en die huidige vleis prys wat die boer kry (Ongeveer R56/kg uitgeslagte gewig op stadium gewees), kan jy sien wat 'n boer verloor. As dit dan nog 'n ooi lammetjie is, dan is die skade net soveel erger, want jy verloor haar toekomstige lam ook.

Ek is bly jy is tevrede met my antwoord en ek sal dit waardeer as nog boere sal bydra oor die skade wat hulle al gehad het met kraaie

Groete
Jacques
User avatar
Fishaman
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 96
Joined: Thu Nov 07, 2013 4:28 pm

Re: ScareCrow: Crow Hunting Sounds / Kraai Jag Klanke

Post by Fishaman »

Ek kan bevestig van watter skade 'n oormaat kraaie aan skaap lammers kan aanrig, hulle is baie lief daarvoor om die oë uit te pik.

Het in my jonger dae in die Babanago omgewing probeer kraaie jag met die haelgeweer, daai goed is amper slimmer as 'n Jakkals!

Het hulle naderhand met die .22 Hornet ge"snipe"!
http://www.animatedimages.org/data/media/199/animated-fox-image-0059.gif
marco

Re: ScareCrow: Crow Hunting Sounds / Kraai Jag Klanke

Post by marco »

Manne julle kan vir Jacques ondersteun ek het gedien hoe daai cd werk... baie nice .
User avatar
Jacques Kotze
Full Member
Full Member
Posts: 119
Joined: Tue Apr 12, 2011 2:54 pm

Re: ScareCrow: Crow Hunting Sounds / Kraai Jag Klanke

Post by Jacques Kotze »

Dankie vir die ondersteuning ou Marko.

Gaan kyk bietjie net "crow hunting" op youtube, dan sal julle sien dat dit regtig 'n groot ding oorsee is. Ek glo net nie dat hulle so baie skade soos ons lei daaraan nie, maar dis my opinie.

Groete
Jacques
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: ScareCrow: Crow Hunting Sounds / Kraai Jag Klanke

Post by wlm »

Die skep van ideale broei-plekke soos windpompe en kragpale het kraaie te veel gemaak.Nie net skilpaaie nie, ook slangetjies, koggelmanders en baie voelsoorte ly onder die toename in kraai-getalle.
User avatar
Jake1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2358
Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm

Re: ScareCrow: Crow Hunting Sounds / Kraai Jag Klanke

Post by Jake1 »

Dit sal vrek lekker wees om hulle op langafstand met 223 fmj te skiet, goeie oefening en uitroei van uitheemse voeels.
"Peace is that brief glorious moment in history when everybody stands around reloading."
ANDRIES
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 353
Joined: Mon Feb 04, 2013 3:56 pm

Re: ScareCrow: Crow Hunting Sounds / Kraai Jag Klanke

Post by ANDRIES »

Rupert ek is nie seker van die getal nie verbeel my 82 skilpaddoppe is in die Ceres Karoo onder 'n kraaines opgetel.Kraaigetalle het geweldig toegeneem sodanig so dat ek my my huis in Kleinbaai nie meer vleis buite kan neersit om te ontdooi nie.
User avatar
Rudi Fischer
Hero Member
Hero Member
Posts: 1831
Joined: Mon Dec 09, 2013 4:54 pm

Re: ScareCrow: Crow Hunting Sounds / Kraai Jag Klanke

Post by Rudi Fischer »

Ons bly langs n vleiland met die mooiste diere daar binne, kolhase, eende, gaanse, tarentale en nog baie meer.

Vandag die kraaie in getrek het verwoesting hulle alles.

Ek het reg gekry om 9 in twee dae te skiet sonder dat iemand in my komplex dit agter gekom het. Maar nou is die kraai buite ruik afstand vir die .22 subsonics. Hierdie cd calls sal baie help.
Loop baie saggies en dra n groot geweer !!!
User avatar
Jacques Kotze
Full Member
Full Member
Posts: 119
Joined: Tue Apr 12, 2011 2:54 pm

Re: ScareCrow: Crow Hunting Sounds / Kraai Jag Klanke

Post by Jacques Kotze »

O ja, net sodat julle weet, die klanke is alles in cd audio formaat. Indien jy dit wil verander na mp3, moet jy dit eers "rip" met iets soos "windows media player" wat dit dan sal stoor iewers op jou rekenaar (waar jou musiek altyd gaan lê). Dit woord gestoor in WMA formaat (window media audio) en jy kan dit dan nou met enige "audio converter" gaan convert na enige formaat wat jy wil. Dit word maar so gedoen om die ouens bietjie te stuit om ons cd's te copy en te versprei na ander mense.

Groete
Jacques
User avatar
tgg
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 278
Joined: Tue May 20, 2014 2:44 pm

Re: ScareCrow: Crow Hunting Sounds / Kraai Jag Klanke

Post by tgg »

En daardie cd met n paar decoys werk uitstekend.

Ons het gaan sit onder n boom op n roete waar hulle verby vlieg, maar nie juis sommer stop nie, Jacques het hulle geroep en ons het geskiet.

Meer skilpaaie kan dalk oorleef , hier doen die kraaie erg skade met hulle
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Jacques Kotze
Full Member
Full Member
Posts: 119
Joined: Tue Apr 12, 2011 2:54 pm

Re: ScareCrow: Crow Hunting Sounds / Kraai Jag Klanke

Post by Jacques Kotze »

Hi manne. Ek wil graag 'n versoek rig, dat as een van julle dalk fotos het van skade wat julle gelei het met kraaie by julle skaaplammers, om dit asb hier op te sit. Dit is lammertyd by ons hier in Namakwaland en ek wens julle kan sien wat se skade kraaie aan pasgebore lammers aanrig. Dit wil voorkom of hulle deesdae die lammers se tonge verkies bo die ogies! Ongelooflik naar gevoel om by 'n skaaptrop te kom en te sien dat 'n tweeling ooi se een lammetjie so graag wil melk drink, maar glad nie aan 'n speen kan suig nie!

As julle manne foto's het, sit dit asb op.

Groete
Jacques
Bakkies303
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 360
Joined: Wed Mar 11, 2015 9:27 pm

Re: ScareCrow: Crow Hunting Sounds / Kraai Jag Klanke

Post by Bakkies303 »

458Exp wrote:Ons bly langs n vleiland met die mooiste diere daar binne, kolhase, eende, gaanse, tarentale en nog baie meer.

Vandag die kraaie in getrek het verwoesting hulle alles.

Ek het reg gekry om 9 in twee dae te skiet sonder dat iemand in my komplex dit agter gekom het. Maar nou is die kraai buite ruik afstand vir die .22 subsonics. Hierdie cd calls sal baie help.
Gaan koop vir jou Kentucky en laat die lee boksie en sak binne subsonic tref afstand le. Ek het so paar jaar terug in geweerwinkel gehoor van ou wat kraaie so gelok het. Sy rede daarvoor was dat hulle dit met kos assosieer a.g.v. mense wat langs die pad eet en die gemors net daar los.

Laat weet ons as jy dit miskien probeer en dit werk. Het dit self nog nooit probeer.
User avatar
Jacques Kotze
Full Member
Full Member
Posts: 119
Joined: Tue Apr 12, 2011 2:54 pm

Re: ScareCrow: Crow Hunting Sounds / Kraai Jag Klanke

Post by Jacques Kotze »

Ja Bakkies303, ek het al gesien hulle vrek oor dai Colonel!

Ek gebruik sommer 'n ou gebreide rooikat velletjie saam met 2 kraai "decoys" wat by die velletjie sit.

Hulle is te nuuskierig... kan nie weerstaan om te kom kyk wat hulle maaitjies pik nie. Gaan dai kentucky boksie ding doen... hy sal werk.

Hierdie naweek wat verby is het ek ongeveer 20 kraaie bo my gehad wat ek ingeroep het met klanke en my rooikat velletjie en plastiek kraai decoys. Hulle raak mal!!!!
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3527
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: ScareCrow: Crow Hunting Sounds / Kraai Jag Klanke

Post by Armand Steenkamp »

Net soos bo genoem, het ons in die boesmanland ook probleme met kraaie. Ek kan die drek nie verdra nie!!!!!! Maar hulle is nou al slimmer as n jakkals! As hy sien die bakkie staan dan vlieg hy. Jy kom ook nie sommer meer nader as 300m nie....
Ek het nou Donderdag die roep CD by Oom Willie in Maskam wapens gekoop en gaan hom traai.. Ek sal like as hulle binne .22 afstand kan kom.
Het julle manne al die CD getraai? Speel ek hom maar net of hoe maak n man?

Groetnis
User avatar
Jacques Kotze
Full Member
Full Member
Posts: 119
Joined: Tue Apr 12, 2011 2:54 pm

Re: ScareCrow: Crow Hunting Sounds / Kraai Jag Klanke

Post by Jacques Kotze »

Jis Armand. Jy kan my enige tyd bel.. my besonderhede is mos op cd.
Dit is baie belangrik om gekamofleerd te wees. Trek dai camos aan en kruip weg onder boom of iets. Sit vir hulle 'n lok asie, iets soos n skaapvelletjie of rooikat velletjie of enige iets wat jy dink hulle aandag sal trek. Ek gebruik sommer 2 liter bottels wat ek swart spray met "matt black" en dan sprei ek net so wit strook ook op dit. Sit 'n draadjie om die bottel om dit vas te kan maak op drade of iets. Dit boots n kraai na. Moenie dat hulle sien jy dra daai nagemaakte kraaie by jou nie. As hulle dit sien by jou, kan jy vergeet... hy sal nie inkom nie.

Dan gaan kruip jy weg met jou haelgeweer en speel dai kank kliphard. Gebruik die "Pied Crow" klanke. As daar kraaie in die rondte is sal jy moet wakker staan...
As jy sien hulle het jou "decoys" gesien kan jy die klank bietjie sagter sit en dan maar wag tot hulle oor jou is en oorlog maak. Moet nooit jou klank afsit nie... hy kan maar heeltyd speel. Hier is my "decoys" Hulle werk. Die idee is net om kraai van vêr te lok met jou klank en daarna doen jou decoys die werk.

Laat weet hoe dit gaan of bel my. Groete
Jacques
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3527
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: ScareCrow: Crow Hunting Sounds / Kraai Jag Klanke

Post by Armand Steenkamp »

Jacques Kotze Dankie man! Daai is n bakgat plan. Ek het nie n haalgeweer nie, se ek sal maar hoop dat hulle gaan sit.....

As ek n kansie vandag kry dan gaan ek wragtag gaan probeer. Jy moet seker die kraaie kan sien voor jy hulle roep?

Groetnis
User avatar
Jacques Kotze
Full Member
Full Member
Posts: 119
Joined: Tue Apr 12, 2011 2:54 pm

Re: ScareCrow: Crow Hunting Sounds / Kraai Jag Klanke

Post by Jacques Kotze »

Nee, wat jy hoef hulle nie te sien nie. As hulle in omgewing is, sal hulle inkom. Maar hulle sal nie gaan sit nie. Jy skiet hulle uit lug uit. Hulle sal so 10 tot 30 m oor jou vlieg. Ons skiet hulle uit lug uit. Gaan kyk bietjie "crow hunting" op youtube, dan sal jy baie goeie idee kry hoe dit werk. Bel my as jy nie reg kom. Maar ek dink jy kry die prentjie. Onthou net... hulle is bleddie slim!
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3527
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: ScareCrow: Crow Hunting Sounds / Kraai Jag Klanke

Post by Armand Steenkamp »

Ja nee, slim is hulle verseker! Ek gaan n plan moet maak met die haalgeweer storie...

Groetnis
User avatar
Jacques Kotze
Full Member
Full Member
Posts: 119
Joined: Tue Apr 12, 2011 2:54 pm

Re: ScareCrow: Crow Hunting Sounds / Kraai Jag Klanke

Post by Jacques Kotze »

Vir die wat belangstel... Hier is byvoorbeed hoe ons setup lyk met ons klank toerusting. Dis 'n gewone "pine" hout boksie wat n radio kan vat, wat kan mp3 speel vanaf 'n memory card of klein eksterne hardeskyf. Ons gebruik 'n "horn" speakertjie en 'n motorfiets battery. Hy hou heel naweek. Ons speaker se kabeltjie is so 3 na 4 meter lank sodat jy dit kan ophang in boom of teen draad. Hy begin later op jou ore werk as hy so skree hier by jou.
Elke ou het mos maar sy eie patent. Sorg net dat jou klank toerusting ge"camo" is. Kraai se kind sien dai "pine" boksie van vêr af en sal nie inkom nie. Die idee is dat sy fokus op jou decoys moet wees en nie op jou nie, so sit jou decoys so ten minste 10m weg van jou af. Ons sit ook 1 decoy op 'n visstok se punt en sit dit in boom dan lyk dit kompleet of 1 kraai (die "lookout" of "scout") daar sit en die wêreld dophou vir sy tjommies (nes bobbejaan).

Ons decoys is gekoop by decoys.co.za in Suid Afrika. Prentjie aangeheg. Hulle werk bakgat, maar as jy nie dit wil koop nie kan jy dai bottels wat geverf is ook probeer. As kraai in elk geval agter gekom het dis nie sy maatjie nie... is dit te laat vir omdraai!

Ek hoop julle manne kom reg. Bel my asb as daar vra is, maar doen julle self 'n guns en gaan kyk kraai jag videos op "youtube". Mens leer baie.

Groete
Jacques
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
vergund
Full Member
Full Member
Posts: 174
Joined: Wed Aug 08, 2012 7:09 am

Re: ScareCrow: Crow Hunting Sounds / Kraai Jag Klanke

Post by vergund »

Hier by my is die Rinkhalskraai die grootse probleem , die ooi le nog en lam dan begin die blikskottels al vreet! My lamtyd begin nou weer so ek sal n paar fotos van hulle dade opsit!!!!!!!
User avatar
Jacques Kotze
Full Member
Full Member
Posts: 119
Joined: Tue Apr 12, 2011 2:54 pm

Re: ScareCrow: Crow Hunting Sounds / Kraai Jag Klanke

Post by Jacques Kotze »

Ons het die naweek weer 'n boer in die omgewing gaan uithelp met sy plaalike kraai probleme. Hy het ryp vye boorde en die kraaie mors erg onder die vye wat ryp is. Alle kraaie ingeroep met ScareCrow cd en plastiese kraai "decoys".
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Post Reply