JARACAL

Forum vir die Jagter/Forum for the Hunter
It is currently Sun Sep 23, 2018 2:03 pm


All times are UTC + 2 hours




Post new topic Reply to topic  [ 13 posts ] 
Author Message
 Post subject: .416 ladings
PostPosted: Wed Jul 04, 2018 11:38 am 
Offline
Newbie
Newbie

Joined: Mon May 08, 2017 1:27 pm
Posts: 3
Location: Bethulie~ Suid Vrystaat
Dagsê almal.

Ek het onlangs my .416 Rigby CZ 550 gekry. Ek wil hom graag herlaai maar kry nerens s385 kruit in die hande nie. Ek het gelees ek kan s365 kruit ook gebruik. Ek het Barnes x solid punte wat ek gaan gebruik. Het enige iemand die kennis van hoeveel die minimum en maks. Lading is wat ek kan gebruik op s365.

Baie dankie

_________________
ONS JAG. WAT DOEN JY VIR BEWARING?


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: .416 ladings
PostPosted: Wed Jul 04, 2018 11:49 am 
Offline
Administrator
Administrator

Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Posts: 5803
Location: Waterkloof, Pretoria
Hallo Franco

Ek laai my 416 Rigby met S365 en dit werk uitstekend. Wat se grein Barnes is dit wat jy wil gebruik? Het jou CZ n 25 duim loop?

Groetnis
Wouter


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: .416 ladings
PostPosted: Wed Jul 04, 2018 12:08 pm 
Online
Hero Member
Hero Member

Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Posts: 14366
Location: Vereeniging
S365 en 400gr Barnes
Dop gaan leeg wees en Dacron prop kan help om dryfmiddel teen vlamgat te hou.

Begin 80gr Maks 88gr. Die beste is egter om spoed dop te hou. Met 24 duim loop moet nie 2350vps oorskry nie. Verminder met so 25vps per duim as die loop korter is.

_________________
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: .416 ladings
PostPosted: Wed Jul 04, 2018 12:17 pm 
Offline
Newbie
Newbie

Joined: Mon May 08, 2017 1:27 pm
Posts: 3
Location: Bethulie~ Suid Vrystaat
Ek het 400gr barnes x punte en n 25 duim loop.
Baie dnbkie vir die terugvoer

_________________
ONS JAG. WAT DOEN JY VIR BEWARING?


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: .416 ladings
PostPosted: Wed Jul 04, 2018 12:28 pm 
Online
Hero Member
Hero Member

Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Posts: 14366
Location: Vereeniging
Bogenoemde data behoort te werk selfs met die langer loop. Hopelik het Wouter data wat jou nader gaan kry. As jy 'n spaarsamige roete wil volg, laai enkelskote met 80, 82, 84, 86 en 88. Skiet oor chrony op 5m of magneto speed (MS) as jy een het. Nou behoort daar genoeg inligting te wees om die akkurate nodes te kan bereken met QL. Stop as jy by 2350vps verbygaan.

_________________
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: .416 ladings
PostPosted: Wed Jul 04, 2018 12:32 pm 
Offline
Newbie
Newbie

Joined: Mon May 08, 2017 1:27 pm
Posts: 3
Location: Bethulie~ Suid Vrystaat
Baie dankie. Sal al die raad en inligting gebruik. En kyk watse lading die beste werk.

_________________
ONS JAG. WAT DOEN JY VIR BEWARING?


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: .416 ladings
PostPosted: Wed Jul 04, 2018 12:36 pm 
Online
Hero Member
Hero Member

Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Posts: 14366
Location: Vereeniging
Gaan lees die stuk hieronder en dan sal jy beter verstaan wat ek voorstel.

viewtopic.php?f=132&t=56945&hilit=270TSX

_________________
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: .416 ladings
PostPosted: Wed Jul 04, 2018 3:29 pm 
Online
Sr. Member
Sr. Member

Joined: Mon Jun 16, 2014 8:54 am
Posts: 251
Location: Louis Trichardt Limpopo
Ek skiet my Speer african grand slams en Swifts teen 2280fps en het my Barnes teen 2410fps geskiet. Kan eerlik nie verkskil in doodmaak agterkom nie.Die Rigby raak ongemaklik om te skiet as jy hom druk. In my persoonlike ondervinding sal ek die Barnes nie oor 2300 laai nie. Ek het gevind hy breek petals op die hoer spoed.


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: .416 ladings
PostPosted: Wed Jul 04, 2018 4:11 pm 
Online
Hero Member
Hero Member

Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Posts: 14366
Location: Vereeniging
'n Mens wil darem akkurate ladings verkry om tot 150m te kan skiet as dit nodig is. My doel met die roetine wat ek voorstel is sodat ons die nodes kan bepaal. Dit is dan die jagter se keuse oor watter node hy wil gebruik. Die huidige koeël is die soliede 400gr Barnes. Die hoogste node het naby 2380vps bereken, maar ek was nog onseker oor looplengte.

TH, ek neem aan die "petals" het gebreek na hul swaar been getref het. Die kleiner kalibers toon gewoonlik nie maklik daardie tendens nie.

_________________
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: .416 ladings
PostPosted: Wed Jul 04, 2018 7:38 pm 
Online
Sr. Member
Sr. Member

Joined: Mon Jun 16, 2014 8:54 am
Posts: 251
Location: Louis Trichardt Limpopo
Jy is heeltemal reg en mens soek n lekker akkurate lading wou net uit wys n mense hoef nie warm te laai om goeie resultate te kry. Mense sal baie moeite spaar as hul jou raad volg op laai.

TH, ek neem aan die "petals" het gebreek na hul swaar been getref het. Die kleiner kalibers toon gewoonlik nie maklik daardie tendens nie.[/quote]
.Jy is 100% reg ek skiet maar oor die algemeen groot diere om hulle te anker so swaar been was getref.Ek baie lief vir barnes, het baie met 375 geskiet met perfekte mushorooms. Selfde skote op 416 het petals gebreek maar bietjie afgekom en werk baie goed. Ek dink die groter opervlak van groter kals sit meer stress op die punt.


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: .416 ladings
PostPosted: Wed Jul 04, 2018 7:45 pm 
Online
Hero Member
Hero Member

Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Posts: 14366
Location: Vereeniging
Ek skiet ook Barnes in 375, so my kennis is teoreties oor die 416 Rigby. Weet dat oor 2300vps die terugslag eina kan word. Ek hoop Wouter kan nog inligting kom byvoeg.

_________________
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: .416 ladings
PostPosted: Thu Jul 05, 2018 9:06 am 
Offline
Administrator
Administrator

Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Posts: 5803
Location: Waterkloof, Pretoria
More Manne

As n mens S365 se default waardes in QL gebruik lyk dit asof S365 hopeloos te vinnig verbrandend is, maar in realiteit het ek gevind in beide die 416 Rigby en die 505 Gibbs dat S365 se brandtempo baie verlaag teen die lae drukvlakke wat die kalibers hardloop. My BR syfers was in beide gevalle hier rondom 0.4000. Hierdie het ek ook nou al sonder uitsondering beleef in tipiese dubbel kalibers.

In my 24 duim 416 Rigby skiet ek Barnes 400gr TSX en my nodespoed is hier by die 2375ft/sek. As ek reg onthou is my lading hier by die 91gr.

Nou manne onthou nou asb dat die lot S365 wat ek in beide daai kalibers gebruik het amper op n druppel brand soos hy moet en met S365 wat nou so rondfoeter kan n mens ander resultate kry veral as hy aan die vinnige kant is. So volg asb Oom Driepoot se metode en Franco gaan loer asb onder die QL en Nodepoed hofie om te sien wat se informasie jy benodig om hierdie ding reg en veilig te benader. Die Banded Solids van Barnes se graverings druk is heelwat laer as die TSX'e s'n so oor die algemeen gebruik n mens meer poeier vir dieselfde spoed. In my 505 Gibbs het dit ook in nodespoed terme n 40ft/sek verskil gehad, maar POI was genadiglik dieselfde.

Groetnis
Wouter


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: .416 ladings
PostPosted: Thu Jul 05, 2018 6:01 pm 
Online
Hero Member
Hero Member

Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Posts: 14366
Location: Vereeniging
Uit hom die perd se bek.

Dankie, Wouter

_________________
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br


Top
 Profile  
Reply with quote  
Display posts from previous:  Sort by  
Post new topic Reply to topic  [ 13 posts ] 

All times are UTC + 2 hours


Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 2 guests


You cannot post new topics in this forum
You cannot reply to topics in this forum
You cannot edit your posts in this forum
You cannot delete your posts in this forum
You cannot post attachments in this forum

Jump to:  


Advertisement























cron
Powered by phpBB® Forum Software © phpBB Group