JARACAL

Forum vir die Jagter/Forum for the Hunter
It is currently Sat Nov 17, 2018 11:19 am


All times are UTC + 2 hours




Post new topic Reply to topic  [ 23 posts ] 
Author Message
 Post subject: Groot kaliber...
PostPosted: Thu Jun 28, 2018 2:20 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Sat Nov 22, 2014 9:03 am
Posts: 983
Location: Nottingham Road, KZN
Middag manne

Ek het n geleentheid op n buffel bul oor n jaar of twee, nou wil ek die ding reg benader met die regte geweer.

Ek wil my 30-06 laat gaan en n roer koop vir die buffel en dan om die 30-06 se werk te doen.

Ek het al met n .375H&H geskiet en dink hy is net die een vir die werk, maar my opsies op modelle en fabrikate is wyd!

Ek het gedink Winchester Safari Express in 375h&h, baie mooi geweer en hy skiet bitter goed, het n maat wat een het maar hy het die loop 2" korter laat maak en die fore-end van kolf 1" verkort by Alan Henry, die geweer hanteer soos n droom maar is nie standaard nie. Beste prys wat ek tot dusver kon kry op hom is R27500 dan gaan die ekstra werk +- R5000 kos so is in vir R32000.

Volgende opsie is die Musgrave Lux en beste prys op hom is R28000 maar sal ook sy loop wil verkort en barrel band laat opsit. Ek het nog net geskouer in die winkel en nie geskiet met een nie... kyk na +-R33000

Cz 550 safari classic is R23000 maar ook nooit geskiet nie en hy sal ook werk kort... was nie mal oor hom nie maar hou wel van sy visiere.
So om en by R28000

Dan kyk ook na n bitter mooi 2de handse 375H&H Brno met n Faan de Vos kolf, maar ons laat dit daar want ek en die eienaar moet eers bymekaar kom en ek wil graag die roer vat en voel en skiet... hy is ook natuurlik nie nuut nie.

EK hoop om by die groot manne te hoor naamlik DWB, Wouter, Umshwati Boy en ander wat kan bydrae lewer uit ervaring.

Watter fabrikate en modelle stel jul voor en is my kaliber keuse reg.

By voorbaat dankie

Erhard

Sent from my SM-G950F using Tapatalk


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Groot kaliber...
PostPosted: Thu Jun 28, 2018 2:24 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Posts: 5687
Location: Piet Retief, Mpumulanga
Jy sal nie 'n fout maak nie.

Hier is 'n bitter mooi 375 van Wesson ook op die forum.

viewtopic.php?f=19&t=61877

Jy kan maar koop...

_________________
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeff
"All men die, but few men ever really live"


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Groot kaliber...
PostPosted: Thu Jun 28, 2018 2:26 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Sat Nov 22, 2014 9:03 am
Posts: 983
Location: Nottingham Road, KZN
DWB wrote:
Jy sal nie 'n fout maak nie.

Hier is 'n bitter mooi 375 van Wesson ook op die forum.

viewtopic.php?f=19&t=61877

Jy kan maar koop...
Dis hy waarna ek verwys. Ha ha

Sent from my SM-G950F using Tapatalk


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Groot kaliber...
PostPosted: Thu Jun 28, 2018 3:27 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member

Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm
Posts: 1631
Location: Lichtenburg, Wes Transvaal
Wouter gaan jou 'n Ruger maak koop....

Ruger No1 in 416 Rigby


Sent from my iPhone using Tapatalk


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Groot kaliber...
PostPosted: Thu Jun 28, 2018 3:28 pm 
Offline
Newbie
Newbie

Joined: Wed Mar 07, 2018 2:44 pm
Posts: 36
Location: Pretoria
Middag BeesBreet, Jammer ek is nie een van die groot manne nie maar ek het groot gewere en die waarna jy na soek.

Net vir nuuskuurigheid - hoekom wil jy die 30-06 verkoop en dan inruil vir 375. Sal jy nie eerder die 30-06 wil hou nie? Hoe dit okal jy is reg 'n 375 H&H (of Ruger) sal voldoende wees vir daardie 1 buffel jag en ander gebruik. Die ding met 'n 375 is, en hierdie topic is al baie oor gesels, is dat jy kan rerig baie met hom doen. Jy sal rerig nie spyt wees met jou keuse nie.

Net om verskillend te wees en bietjie anders dalk te dink, mense kan verskil, maar amper alles en amper orals waar jy met jou 30-06 skiet, kan jy met 'n 375 skiet behalwe buffel. So jy score net daai buffel. Ja jy kan Olifant met 375 maar dit is soveel lekkerder met iets groter. Jy kan ook 'n 404 of 416 oorweeg wat net net groter is as die 375 maar net daai ekstra versekering en pret gee...

Winchester 375
Ek het self 375H&H Winchester wat ek geeerf het by Oupa. My Pa het ook so een maar die Pre64 model. Jy kan nie fout gaan met hulle nie. As jy nuut koop, kyk na die nuwe weergawe wat 'n controlled feed aksie het soos die destydse pre64's.

CZ/Brno
Ek het 'n ouer brno soos die een waarna jy kyk maar net 'n 458 Express. Dit is uitstekende gewere, grof maar 'n hardwerkende geweer. Hulle kom ook controlled feed uit. (Gaan lees maar op oor control feed vs push feed).

Ander 375's waarna jy kyk is Sako (wat ek al gehoor het is dat sommige mense se dit is soms te lig - maar klink of jy wil werk aan geweer, dalk kan jy dit swaarder maak), Blazer of Steyr's (Ek sou weg bly van 'n Steyr in 375 as jy wil buffel ens jag net vir die feit dat dit net kan voer met magasyn) en nou deesdae weer die Mauser.

As jy baie geld het en net 1 geweer wil koop en nie baie wil gebruik nie - 'n Mauser/Blazer/Sauer .
As jy 'n roer soek wat kan werk en bietjie meer wil betaal - Sako.
As jy die geweer baie gaan gebruik CZ, Winchester ens.


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Groot kaliber...
PostPosted: Thu Jun 28, 2018 3:33 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Posts: 5687
Location: Piet Retief, Mpumulanga
[quote="saswart"]quote]

Saswart, is jy Stephen? Oom Pieter se seun? (BASA)

_________________
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeff
"All men die, but few men ever really live"


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Groot kaliber...
PostPosted: Thu Jun 28, 2018 3:34 pm 
Offline
Newbie
Newbie

Joined: Wed Mar 07, 2018 2:44 pm
Posts: 36
Location: Pretoria
Ja ek is


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Groot kaliber...
PostPosted: Thu Jun 28, 2018 3:39 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Posts: 5687
Location: Piet Retief, Mpumulanga
Welkom!

Erhard, jy kan maar vir hom luister :) :) :)

_________________
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeff
"All men die, but few men ever really live"


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Groot kaliber...
PostPosted: Thu Jun 28, 2018 3:42 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Sat Nov 22, 2014 9:03 am
Posts: 983
Location: Nottingham Road, KZN
saswart wrote:
Middag BeesBreet, Jammer ek is nie een van die groot manne nie maar ek het groot gewere en die waarna jy na soek.

Net vir nuuskuurigheid - hoekom wil jy die 30-06 verkoop en dan inruil vir 375. Sal jy nie eerder die 30-06 wil hou nie? Hoe dit okal jy is reg 'n 375 H&H (of Ruger) sal voldoende wees vir daardie 1 buffel jag en ander gebruik. Die ding met 'n 375 is, en hierdie topic is al baie oor gesels, is dat jy kan rerig baie met hom doen. Jy sal rerig nie spyt wees met jou keuse nie.

Net om verskillend te wees en bietjie anders dalk te dink, mense kan verskil, maar amper alles en amper orals waar jy met jou 30-06 skiet, kan jy met 'n 375 skiet behalwe buffel. So jy score net daai buffel. Ja jy kan Olifant met 375 maar dit is soveel lekkerder met iets groter. Jy kan ook 'n 404 of 416 oorweeg wat net net groter is as die 375 maar net daai ekstra versekering en pret gee...

Winchester 375
Ek het self 375H&H Winchester wat ek geeerf het by Oupa. My Pa het ook so een maar die Pre64 model. Jy kan nie fout gaan met hulle nie. As jy nuut koop, kyk na die nuwe weergawe wat 'n controlled feed aksie het soos die destydse pre64's.

CZ/Brno
Ek het 'n ouer brno soos die een waarna jy kyk maar net 'n 458 Express. Dit is uitstekende gewere, grof maar 'n hardwerkende geweer. Hulle kom ook controlled feed uit. (Gaan lees maar op oor control feed vs push feed).

Ander 375's waarna jy kyk is Sako (wat ek al gehoor het is dat sommige mense se dit is soms te lig - maar klink of jy wil werk aan geweer, dalk kan jy dit swaarder maak), Blazer of Steyr's (Ek sou weg bly van 'n Steyr in 375 as jy wil buffel ens jag net vir die feit dat dit net kan voer met magasyn) en nou deesdae weer die Mauser.

As jy baie geld het en net 1 geweer wil koop en nie baie wil gebruik nie - 'n Mauser/Blazer/Sauer .
As jy 'n roer soek wat kan werk en bietjie meer wil betaal - Sako.
As jy die geweer baie gaan gebruik CZ, Winchester ens.
Saswart jy is juis een van die manne waarna ek verwys het toe ek se en ander manne wat praat uit ervaring...

Baie dankie vir jou skrywe, al my gewere is werks gewere en die 30-06 sal maar n safe queen word as ek die groot roer kry, maar nee ek hoef om nie te laat gaan nie.

Ek het opgelees oor die control vs push feed en almal soos bo genoem is controlled feed (dink ek)

Geld het ek beslis nie baie van nie so gaan nie na die duur goed eers kyk nie want om te begeer is no good.

Ek wil nie eintlik groter as 375 gaan nie want ek 'dink' ek sal hom dan minder gebruik ( onthou ek is heltemal n leek by die groter kalibers en het nog nooit groter as 375 geskiet nie... ) Ek skiet gereeld elande soms verder as 200m en wil graag die geskikte kaliber daarvoor ook he sou die 30-06 n nuwe huis kry.

Kans dat ek ooit n olifant gaan skiet is min tot nul.

Baie dankie vir jou kommentaar

Sent from my SM-G950F using Tapatalk


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Groot kaliber...
PostPosted: Thu Jun 28, 2018 3:52 pm 
Offline
Newbie
Newbie

Joined: Wed Mar 07, 2018 2:44 pm
Posts: 36
Location: Pretoria
Jy sal verbaas wees hoe baie jy met 'n groot kaliber skiet:) Kom join die manne by Basa, daar sal jy jy met enige van ons manne se 375's (in die keuses waarna jy kyk) kan skiet, en dan vir jou kerfstok met alles groter. Ek dink mens kry 2 tipe mense. Die wat 'n 375 kry en skiet hom 1/2 keer en se die ding stamp te veel. Dan word die geweer 'n, hoe se jy 'n "safequeen". Of die wat 'n 375 kry en dan besef hulle het iets groter nodig - net omdat.

Maar nee rerig jy is op die regte pad met jou 375. Sterkte en geniet die soektog!

P.s. Dankie DWB (Deon) :)


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Groot kaliber...
PostPosted: Thu Jun 28, 2018 4:06 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Sat Nov 22, 2014 9:03 am
Posts: 983
Location: Nottingham Road, KZN
saswart wrote:
Jy sal verbaas wees hoe baie jy met 'n groot kaliber skiet:) Kom join die manne by Basa, daar sal jy jy met enige van ons manne se 375's (in die keuses waarna jy kyk) kan skiet, en dan vir jou kerfstok met alles groter. Ek dink mens kry 2 tipe mense. Die wat 'n 375 kry en skiet hom 1/2 keer en se die ding stamp te veel. Dan word die geweer 'n, hoe se jy 'n "safequeen". Of die wat 'n 375 kry en dan besef hulle het iets groter nodig - net omdat.

Maar nee rerig jy is op die regte pad met jou 375. Sterkte en geniet die soektog!

P.s. Dankie DWB (Deon) :)
Jis dit is n great aanbod, en ek gaan probeer om by so dag van julle uit te kom, hopelik voor ek iets koop. Net ver van my af, maar dit klink na n grand plan!!!

Sent from my SM-G950F using Tapatalk


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Groot kaliber...
PostPosted: Thu Jun 28, 2018 4:34 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Posts: 5687
Location: Piet Retief, Mpumulanga
Stephen praat absoluut die waarheid. Ek wou nie die iets groter deuntjie sing nie.

Maar ja, van die 18 diere wat ek in die laaste jaar geskiet het was 16 met my 404.

Die groot goed is verslawend mits die gogga jou byt.

En VIRSEKER baie meer veelseidig as wat meeste mense enigsens dink!

Erhard, ek ry gereeld 600km op 'n dag vir 'n BASA skietdag.

Sleep Umshwati Boy nader, hy wil ook nog een bywoon!

_________________
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeff
"All men die, but few men ever really live"


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Groot kaliber...
PostPosted: Thu Jun 28, 2018 4:48 pm 
Online
Sr. Member
Sr. Member

Joined: Sat Aug 12, 2017 7:12 am
Posts: 379
Location: Polokwane
DWB wrote:

En VIRSEKER baie meer veelseidig as ...

Dis baie baie waar woorde....n baie goeie vriend van my hier en ek moet erken dat hy MAG maar daai 458 lot van hom skiet...skiet 6" gong op 300m skoot vir skoot.
Daai is sy "skiet als met een skieter" geweer daai.

_________________
Just smile and wave boys >:D


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Groot kaliber...
PostPosted: Thu Jun 28, 2018 5:50 pm 
Offline
Sr. Member
Sr. Member

Joined: Mon Jun 16, 2014 8:54 am
Posts: 265
Location: Louis Trichardt Limpopo
Ek is mal oor groot gewere skiet. As jy dit wil geniet moet jy die geweer baie skiet anders raak jy die recoil nooit gewoont nie. Ek sal se reel voor die tyd om n paar gunne te skiet by n Big bore shoot om te sien hoe groot kan jy gaan sonder om jouself te straf.


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Groot kaliber...
PostPosted: Fri Jun 29, 2018 8:10 am 
Offline
Newbie
Newbie

Joined: Wed May 03, 2017 7:26 am
Posts: 35
Nie om die post the hijack nie, maar ek het n 457 Lott as by sou belangstel. Hy het skaar 50 skote geskiet. Basies splinter nuut. Ek is net the Klein en fyn gebou vir groot kalibers. "Wink-Wink"


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Groot kaliber...
PostPosted: Fri Jun 29, 2018 8:45 am 
Offline
Sr. Member
Sr. Member

Joined: Fri Jan 10, 2014 10:00 am
Posts: 432
Location: Pretoria
Lapua wrote:
Nie om die post the hijack nie, maar ek het n 457 Lott as by sou belangstel. Hy het skaar 50 skote geskiet. Basies splinter nuut. Ek is net the Klein en fyn gebou vir groot kalibers. "Wink-Wink"



Dink net hoe swaar sou jy gekry het as dit `n .458 was...


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Groot kaliber...
PostPosted: Fri Jun 29, 2018 11:25 am 
Offline
Administrator
Administrator

Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Posts: 5903
Location: Waterkloof, Pretoria
Apie wrote:
Wouter gaan jou 'n Ruger maak koop....

Ruger No1 in 416 Rigby


Sent from my iPhone using Tapatalk


Jaja Lian, maar as ek na Bees se behoeftes kyk van n korter geweer kan ek nie anders as hom te wys na die Ruger Guide Gun nie. As hy n klasieke geweer wil he dan kan hy ook kyk na die African. Hierdie is great platvorms in n uitstekende rondte. Albei het ook klaar barrelbands. Hulle het ook muzzle breaks wat baie help met recoil. Persoonlik is ek nie mal daaroor nie, maar jy kan hulle afdraai en net n cap opsit. Die tread gee jou selfs die opsie om n silencer te gebruik. Dit maak die gewere baie veelsydig. Ek het beide die 375 Ruger en 375 H&H en as ek een moet kies dan sal ek die 375 Ruger loshande vat. Dit is n uistekende ontwerp. Ek is maar n bietjie huiwerig as dit kom by die no1 as dit kom by groot wild jag, maar moet toegee met n bietjie oefening kan n mens hom baie suksesvol gebruik.

Die ander manne se raad is baie goed, maar as ons eerlik is oor kaliber keuse is daar min van die groter kalibers wat in all round terme kan kers vashou met n 375. Ja n 416 Ruger/Rigby kan naby kom maar ek dink die meeste manne sou veel eerder n skoot op 300m vat met n 375 as met n 416. Recoil is n groot faktor as jy die geweer as n all rounder wil gebruik en jou behoefte sluit onder andere die langer skote in. Koste van komponente raak ook n faktor en moet in oorweging gebring word.

Die ander geweer keuses is almal great. Ek sal net bly by controlled round feed en sal glad nie n push feed oorweeg nie. Die ontwerp moet ook my toelaat om my rondtes te kan optop so n detachable magesyn is ook uit. My volgorde van keuse sal Sako, Winchester en dan CZ wees. Ek kan eenvoudig nie gewere soos die Rigby en Mauser aanbeveel vir die eenvoudige rede dat hulle besimpel is met hulle pryse vir wat jy kry. Maar ek stem saam met die voorstelle van gaan skiet met hulle en maak jou keuse met die een wat met jou hart praat.

Groetnis
Wouter


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Groot kaliber...
PostPosted: Fri Jun 29, 2018 12:24 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Wed Apr 15, 2015 9:31 am
Posts: 1213
Location: Midrand
Ek wou ook sê 'n Ruger African in .375 of .416 Ruger, veral vir die pryse wat jy hulle kry, maar almal bollie mos in hulle broek as mens die Ruger kalibers noem.

My volgende gun is in .375 Ruger, of dit nou 'n Howa of M77 is.

_________________
Ruger FTW


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Groot kaliber...
PostPosted: Fri Aug 10, 2018 6:26 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Sat Nov 22, 2014 9:03 am
Posts: 983
Location: Nottingham Road, KZN
DWB wrote:
Jy sal nie 'n fout maak nie.

Hier is 'n bitter mooi 375 van Wesson ook op die forum.

viewtopic.php?f=19&t=61877

Jy kan maar koop...
Ek het sopas hierdie roer gekoop! Dankie almal vir die bydraes!

Sent from my SM-G950F using Tapatalk


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Groot kaliber...
PostPosted: Fri Aug 10, 2018 7:26 pm 
Offline
Jr. Member
Jr. Member
User avatar

Joined: Wed Aug 03, 2016 4:44 pm
Posts: 65
Location: Montana PTA
Geluk met jou koop, dis n baie mooi skiet yster daai! Jy sal nie sommer spyt wees oor n 375H&H nie.
Geniet hom!

_________________
.22 Ruger 10-22
223 NEF Handi
22-250 Win Varminter
260 Rem Savage LRP
7x64 Musgrave
300WSM Tikka T3
375 H&H Ruger no1
44 Marlin 1894
44 Ruger Red Hawk
45-70 Govt Ruger no1
9mm M&P Shield


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Groot kaliber...
PostPosted: Fri Aug 10, 2018 8:25 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Posts: 5687
Location: Piet Retief, Mpumulanga
Mooi man! Baie geluk! Goeie koop!

_________________
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeff
"All men die, but few men ever really live"


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Groot kaliber...
PostPosted: Fri Aug 10, 2018 10:02 pm 
Offline
Full Member
Full Member
User avatar

Joined: Sun Dec 18, 2016 6:51 pm
Posts: 127
Location: Roodepoort
Baie geluk BeesBreet, waarlik ‘n mooi roer!


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Groot kaliber...
PostPosted: Sat Aug 11, 2018 1:52 pm 
Online
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Posts: 7825
Location: Ek weet nie so mooi van spel nie maar ek kan skiet. Lonehill, Sandton
BeesBreet wrote:
DWB wrote:
Jy sal nie 'n fout maak nie.

Hier is 'n bitter mooi 375 van Wesson ook op die forum.

viewtopic.php?f=19&t=61877

Jy kan maar koop...
Ek het sopas hierdie roer gekoop! Dankie almal vir die bydraes!

Sent from my SM-G950F using Tapatalk



Diep mooi geweer daai, geluk Bees

LoopSoosStroop wrote:
Ek wou ook sê 'n Ruger African in .375 of .416 Ruger, veral vir die pryse wat jy hulle kry, maar almal bollie mos in hulle broek as mens die Ruger kalibers noem.

My volgende gun is in .375 Ruger, of dit nou 'n Howa of M77 is.



As jy gese het 270 met n ballistic tip het ek nou my foon stukkend gegooi

_________________
Een vrou ma klomp gunne!

A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.


Top
 Profile  
Reply with quote  
Display posts from previous:  Sort by  
Post new topic Reply to topic  [ 23 posts ] 

All times are UTC + 2 hours


Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 5 guests


You cannot post new topics in this forum
You cannot reply to topics in this forum
You cannot edit your posts in this forum
You cannot delete your posts in this forum
You cannot post attachments in this forum

Jump to:  


Advertisement























Powered by phpBB® Forum Software © phpBB Group