Geweerkolf Projek-London/traditional oil finish

User avatar
Dries101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1422
Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm

Geweerkolf Projek-London/traditional oil finish

Post by Dries101 »

Ek seker die is al baie keer bespreek- dis maar my manier om n gevulde oile lag op n okkerneutkolf te doen. Ek gebruik n kombinasie van winkel produkte en goed wat ek self maar maak. Ek het oor die laaste 15 jaar seker so 20+ kolwe gedoen. Nie baie geweersmede en kolf bouers daar buite wat dit so doen nie. En die wat dit wel doen vrae R2000 plus vir die werkie.

Foto een is van die kolf -alle parte verwyder
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Last edited by Dries101 on Mon Sep 16, 2013 9:55 am, edited 1 time in total.
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
User avatar
Dries101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1422
Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm

Re: Geweerkolf Projek-London/traditional oil finish

Post by Dries101 »

Foto 2
Aksie en loop kanaal geseel met Birchwood Casey se Stock sealer and filler
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Last edited by Dries101 on Mon Sep 16, 2013 1:32 pm, edited 1 time in total.
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
User avatar
Dries101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1422
Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm

Re: Geweerkolf Projek-London/traditional oil finish

Post by Dries101 »

Foto 3- Kolf is gestrip met Nitromors en dan n paar keer met Acetone afgewas- Gebruik n tandeborsel vir die chequering.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Last edited by Dries101 on Mon Sep 16, 2013 1:35 pm, edited 4 times in total.
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
User avatar
Dries101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1422
Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm

Re: Geweerkolf Projek-London/traditional oil finish

Post by Dries101 »

Hier is die kolf geskuur met 400. Ge-dewisker 3 keer. Duikies in kolf is ook uitgestoom.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Last edited by Dries101 on Mon Sep 16, 2013 1:37 pm, edited 1 time in total.
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
User avatar
Dries101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1422
Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm

Re: Geweerkolf Projek-London/traditional oil finish

Post by Dries101 »

Hier is die kolf gevul met eierwit-3 keer en dan gevolg 2 keer met die Birchwood casey sealer and filler- finaal geskuur tot en met 1000. 95% van die grein is gevul. Die kolf moet perfek wees voor olie opgesit word. Olie steek nie foute weg nie dit bring dit na vore.

Om bietjie uit te brei oor seel, sit n dun lagie eier wit op en laat droog, skuur dan af maar moet nie die stof verwyder nie, herhaal soveel keer as wat nodig is om te vul. Ek het geeindig met die birchwood casey stock sealer, party ouens gebruik etanol om die eier te verhard in die houd maar dis nie nodig nie. Daar is n slacum tegniek wat n mens ook kan gebruik om te vul later in die proses. Ek verkies om te begin olie as die grein reeds gevul is.Die begenoemde stappe is die mees belangrikste in die proses. n Mens kan nou eintlik einge finish van hier af gebruik, rou lyn, schaftol, danish, tung ens. Ek gaan tradisioneel wat maar basies roulyn gabaseer is. Na die kolf gekleur is met die rooi olie, alle grein gevul is met opgeboude lae olie (en dan weer terug gevat na skoon hout), n oppervlak laag opgebou is, en dit mooi droog is word die glanslaag met rottenstone gelyk gemaak en die ergste blink afgehaal. Finale lae kan 20-30 lae vat.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Last edited by Dries101 on Mon Sep 16, 2013 10:03 am, edited 3 times in total.
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
User avatar
Dries101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1422
Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm

Re: Geweerkolf Projek-London/traditional oil finish

Post by Dries101 »

Kolf met eerste lag Alkanet root oil op- die proses raak nou stadig en sal ongeveer n maand vat van hier af. Een laag Alkanet vir 3 tot 5 dae. Hang maar af van hoe donker n mens die kolf wil he. Dit laat die kleure pragtig uitkom. Doen die chequering ook so 2-3 lae.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Last edited by Dries101 on Mon Sep 16, 2013 9:53 am, edited 1 time in total.
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6969
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Geweerkolf Projek-London/traditional oil finish

Post by DWB »

Mooi man Dries, maar dis nie asof dit jou geld gespaar het op jou geweer nie :D

Lyk goed!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Dries101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1422
Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm

Re: Geweerkolf Projek-London/traditional oil finish

Post by Dries101 »

Feite, maar ek doen n better job. Belowe
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: Geweerkolf Projek-London/traditional oil finish

Post by mariusr »

Baie mooi Dries! Lyk net na baie werk!! Is dit regte hoender eier wit wat jy op sit en wat is die doel!?
User avatar
Dries101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1422
Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm

Re: Geweerkolf Projek-London/traditional oil finish

Post by Dries101 »

Mens kry winkel fillers soos cci ,trade secret en birchwood ek vind die eierwit werk lekker om die hout se grein te vul aangesien dit maklik skuur en bekombaar is. Alle, well meeste hout het klein gaatjies en spasies tussen die grein. As mens dit voor die tyd mooi gelyk kry met n filler dan gee dit mens daai glas glad afwerking met die olie. Dit seel ook die grein dat as die hout vog kry die grein nie opspring nie. Dis n baie belangrike stap. En in my opinie maak dit die verskil tussen n goeie en fantastiese finish.
Last edited by Dries101 on Mon Sep 16, 2013 9:58 am, edited 2 times in total.
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
User avatar
LongWolf
Hero Member
Hero Member
Posts: 832
Joined: Sat Mar 09, 2013 2:39 pm

Re: Geweerkolf Projek-London/traditional oil finish

Post by LongWolf »

Lyk baie goed.
User avatar
musgrave270
Hero Member
Hero Member
Posts: 918
Joined: Mon May 13, 2013 11:26 am

Re: Geweerkolf Projek-London/traditional oil finish

Post by musgrave270 »

As my geweer se kolf so mooi gelyk het, sou ek te sleg gevoel het om met hom te gaan jag. Maak nie saak hoe hard ek probeer nie maar as die seisoen verby is, is daar altyd 'n paar krapmerke by.
Jakkie 321
Hero Member
Hero Member
Posts: 636
Joined: Sat Apr 27, 2013 8:19 pm

Re: Geweerkolf Projek-London/traditional oil finish

Post by Jakkie 321 »

Baie mooi werk daai maar is n lang proses...

Groette
9.3 x 62mm Mauser
6mm Musgrave
243 Sako Broughton 1/14
22-250 AI Howa 1500 Broughton 1/8
22-250 Howa 1500 Broughton 1/8
9mm Star 30M
.22 Savage

Jakkie 321
Reinhard Hassel
User avatar
JTM
Hero Member
Hero Member
Posts: 1691
Joined: Tue Sep 18, 2012 9:06 am

Re: Geweerkolf Projek-London/traditional oil finish

Post by JTM »

Wat beteken die "Ge-dewisker 3 keer"
Jannie Welman
User avatar
Jake1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2358
Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm

Re: Geweerkolf Projek-London/traditional oil finish

Post by Jake1 »

Ek het my Musgrave met ligte kolf oorgedoen na 'n bietjie donkerder kolf en dit was baie werk, maar baie vervullend. Ek kan sien jy kan, wens ek kon by jou kers opsteek voor ek myne gedoen het, baie mooi hoor. hoe het jy die laaste glans lag gekry?

J1
User avatar
Dries101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1422
Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm

Re: Geweerkolf Projek-London/traditional oil finish

Post by Dries101 »

Jake1 wrote:Ek het my Musgrave met ligte kolf oorgedoen na 'n bietjie donkerder kolf en dit was baie werk, maar baie vervullend. Ek kan sien jy kan, wens ek kon by jou kers opsteek voor ek myne gedoen het, baie mooi hoor. hoe het jy die laaste glans lag gekry?

J1
Daai is net die eerste laag olie- glans laag sal oor so maand op wees met foto's- en dan maak ek hom weer matte (-,
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
User avatar
Dries101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1422
Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm

Re: Geweerkolf Projek-London/traditional oil finish

Post by Dries101 »

Goed wat ek so ver gebruik het
NitroMors
Tandeborsel
Skuur papier- 400,600,800,1000
Eierwit
Birchwood- Stock Sealer and filler
Alkanet oil
Last edited by Dries101 on Mon Sep 16, 2013 4:23 pm, edited 1 time in total.
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
User avatar
Jake1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2358
Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm

Re: Geweerkolf Projek-London/traditional oil finish

Post by Jake1 »

Ja ek hou ook van iets tussen matt en glans, dis 'n baie vervullende ding om te doen veral op jou eie wapen. Birchwood se "Stock sheen and conditioner" alleen kan wonderre doen aan 'n ou kolf, ek het 'n botteltjie verniet gekry by die tannie van 'n plaaslike geweerwinkel omdat dit nou al jare op haar rakke staan en nie verkoop nie. Jou kolf voel so lekker na daai polish jy is lus om net die hele tyd in die veld jou kolf te streel. Ek wens ek kan weer daarvan kry, weet nie of hulle dit nog maak nie.

J1
User avatar
Dries101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1422
Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm

Re: Geweerkolf Projek-London/traditional oil finish

Post by Dries101 »

Jake1 wrote:Ja ek hou ook van iets tussen matt en glans, dis 'n baie vervullende ding om te doen veral op jou eie wapen. Birchwood se "Stock sheen and conditioner" alleen kan wonderre doen aan 'n ou kolf, ek het 'n botteltjie verniet gekry by die tannie van 'n plaaslike geweerwinkel omdat dit nou al jare op haar rakke staan en nie verkoop nie. Jou kolf voel so lekker na daai polish jy is lus om net die hele tyd in die veld jou kolf te streel. Ek wens ek kan weer daarvan kry, weet nie of hulle dit nog maak nie.

J1
Hulle maak hom verseker nog. As ek reg onthou is hy bedoel vir hule tru oil finish en daarvoor werk hy fantasties. Ek verkies om nie n wax/silicoon op te sit nie want dit maak dit moeilik s n mens n krap plekkie wil regmaak op n olie finish aangesien dit die kolf heeltemal seel en n mens dan eers n paar lae moet afkry voor jy kan begin regmaak
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
User avatar
Dries101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1422
Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm

Re: Geweerkolf Projek-London/traditional oil finish

Post by Dries101 »

3rde laag Alkanet olie op- mens begin nou n idea kry hoe die kolf sal lyk wanneer hy klaar is...ek reken nog so bietjie donkerder sal mooi lyk
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6969
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Geweerkolf Projek-London/traditional oil finish

Post by DWB »

Wetter Dries. Dis mooi daai!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Jake1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2358
Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm

Re: Geweerkolf Projek-London/traditional oil finish

Post by Jake1 »

Dries hierdie foto bo met die 3e laag olie op is dit nadat hy droog is of net nadat jy hom gesmeer het?

Ander vraag as ek die Stock sheen and conditioner gebruik het sal dit help om hom te olie met schaftol na die tyd of is hy nou gesëel?

J1
User avatar
Dries101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1422
Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm

Re: Geweerkolf Projek-London/traditional oil finish

Post by Dries101 »

Dis droog of eerder ingetrek, kolf suig op die stadium olie in. Schaftol behoort in te trek. Vat n skoon sagte lap en vryf die kolf ordentelik skoon, en sit n baie dun lagie schaftol op, ek sou se nie meer as 6 klein druppels oor die hele kolf versprei en vryf dit ordentelik in met die palm van jou hand die proses moet omtrent 15 minute vat. As hy mooi intrek en nie n taai laagie los nie is jy reg.


As jy die kolf wil revive, kan jy die volgende probeer, gebruik die stock sheen en sny die olie laag bietjie terug en as hy nie die schoftol blok nie gee hom do paar lae olie oor n week. En gebruik dan weer die birchwood om hom n matte finish te gee.

Jy kan die olie trugsny met brasso, jewlers rouge- die rooi een gemeng met kunstenaars roulyn of met rottenstone en roulyn. Ek verkies die rottenstone en roulyn, dit haal die boonste vuil lae oli af en maak alles mooi gelyk, dan olie ek n dun lagie olie so elke tweede dag vir so 3 keer. Los die kolf so 2 weke en dan ksn jy stocksheen gebruik of hom n was lagie gee en poleer.
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
User avatar
Dries101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1422
Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm

Re: Geweerkolf Projek-London/traditional oil finish

Post by Dries101 »

Hier is die kolf nou na n paar lae Alkanet(rooi olie) en gelos vir so 5 dae. Ek het die kolf poleer met brasso om enige opgeboude olie en ongelykheid van die oppervlak te verwyder en dan n finale glans te gee. Nou moet die olie lagies opgebou word om alle grein te vul en die finale beskermende laag. Die kolf het n baie mooi 3dimensionele kleur ontwikkel wat moeilik is om op n foto vas te vang.

Van hier af is die finish jou keuse, tung olie werk baie asook schaftol of tru-oil maar soos genoem gaan ek tradisioneel gaan.

Die volgende stap is om die grein wat nog oop is gelyk te kry met die kolf- ek gaan trade secret se rapid oil gebruik wat n tradisionele slacum olie is. Soos wat ek lees is dit dieslefde produk wat holland en holland en n hele paar ander engelse geweermakers gebruik. Die ander produk wat ek sou aanbeveel is ccl se stock conditioning olie in plaas van die rapid oil.

Die proses gaan soos volg, smeer dun laag olie aan kolf en vryf in met die hand, sodat alles mooi verspei is. Los vir tussen 1-3 ure afhangende van die tempratuur, die olie sal intrek en begin taai raak. Vee dan meeste van die oortolige olie af as daar is en begin met die palm van die hand invryf, die olie sal begin warm word en droog voel onder die hand as dit langer as 30 sekondes vat is daar te veel olie op die kolf. Los vir 24 uur. Dan vat n lap en vryf die kolf redelik hard skoon - die doel is om al die olie van die kolf oppervlak te verwyder maar die bietjie wat in die grein is bly oor en vul dit. Gewoonlik so 7-10 lae sal die grein glad vul maar kan tot 20 vat met oop grein hout.. Mens kan brasso ook gebruik om die olie terug te sny op n klein lappie in plaas van die lap vryf metode. Die geheim van n tradional olie finish is dat 90% van dit in die kolf sit en net 10% op die oppervlak.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Last edited by Dries101 on Tue Sep 24, 2013 10:40 am, edited 1 time in total.
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6969
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Geweerkolf Projek-London/traditional oil finish

Post by DWB »

Wetter Dries!

Hy lyk nou mooi man!

Ek sien Eugene hulle hopelik Donderdag om my bou te bespreek, kolf shape etc :o
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
Post Reply