JARACAL

Forum vir die Jagter/Forum for the Hunter
It is currently Tue Aug 21, 2018 8:30 am


All times are UTC + 2 hours




Post new topic Reply to topic  [ 11 posts ] 
Author Message
PostPosted: Fri Jan 16, 2015 7:19 am 
Online
Sr. Member
Sr. Member
User avatar

Joined: Mon Jan 05, 2015 11:10 am
Posts: 269
Location: Bloemfontein
Dagse manne

Ek het vandag n' vraag oor die recoil op n' Tikka T3 Hunter in n' 300 Win Mag kaliber. Het enige van julle dalk so geweer wat my meer kan vertel. Ek is besig om van n' 30-06 Musgrave te upgrade en my keuse was toe n' Tikka 300 Win Mag. Graag wil ek weet hoe die recoil is op die Tikkas in daardie kaliber en ook hoe akkuraat hulle is. Is dit n' beter koop as n' nuwe Model 70 Winchester in die selfde kaliber? Sal ek n' ander pad moet opsit wat die recoil bietjie sal absorbeer?

_________________
BRNO - 30-06 - ZKK600
HOWA - 243 - Stainless
BRNO - O/U ZH303 -12 boor
BRNO - .22 Mod 2 (1968)


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Fri Jan 16, 2015 7:45 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Thu Aug 21, 2014 9:17 am
Posts: 908
Location: Paarl
Ek het presies hierdie wapen maar in die Stainless Staal bull barrel weergawe. Ek het 'n AimZonic Cyclone Predator - http://www.aimsport.se/en/products/aimzonic - silencer op en volgens die webtuiste absorber dit 50% van die recoil. Ek kan getuig dat ek skiet maklik 50 - 60 patrone op die skietbaan en het geen deernis in my skouers nie. Ek skiet 130 grein Impala koels vir jag en die het amper minder skop as my .308 sonder knaldemper. Dan skiet ek 210 grein Berger's vir teiken skiet en hierdie het bietjie meer recoil maar regtig niks ernstig nie.

Moet nie huiwer nie - koop hom maar kies jou knaldemper reg.

_________________
“The Darkest Things about Africa has always been our Ignorance of it” – George Kimble


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Fri Jan 16, 2015 8:04 am 
Online
Sr. Member
Sr. Member
User avatar

Joined: Mon Jan 05, 2015 11:10 am
Posts: 269
Location: Bloemfontein
More Boesman

Baie dankie vir jou raad. Self het ek nog nooit n' silenser op my gewere gesit nie, was nog altyd bang vir stories wat my pa my nog vertel het van die dae toe hy gejag het en silensers nog nuut op die mark was. Van sy jag vriende het daai jare, soos hulle dit genoem het, blitsbrekers op gesit en volgens my pa kon die manne daarna nooit meer groeperings met hulle gewere skiet nie. Ek glo soos met enige produk word dit deur die jare verbeter, so ek glo nie dit meer die geval nie. Glo jy sal kan getuig. Maar is dit regtig nodig dat mens n' silenser op sit. Die gewere lyk vir my so ongebalanseerd met n' silenser op? Ek het al gelees daar is sommige jag plase wat versoek dat jy by hulle jag met silensers op. Het jy dalk al dit ondervind

_________________
BRNO - 30-06 - ZKK600
HOWA - 243 - Stainless
BRNO - O/U ZH303 -12 boor
BRNO - .22 Mod 2 (1968)


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Fri Jan 16, 2015 8:08 am 
Offline
Sr. Member
Sr. Member
User avatar

Joined: Thu Jan 17, 2013 7:44 am
Posts: 320
Location: Paarl
Ratel

Ek het ook die Tikka T3 in 300WM. Akkuraatheid is baie goed wanneer ek my kant bring.
Sit vir jou 'n goeie silencer op (praat sommer het Henk hier op die forum) en die recoil sal nie pla nie.

Groete

_________________
300 WM Tikka
6mm Musgrave
12br CBC Pompaksie
.38 Special Taurus


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Fri Jan 16, 2015 8:14 am 
Online
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am
Posts: 2979
Location: Citrusdal
Myne trap maar, behalwe as ek brandewyn gedrink het.


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Fri Jan 16, 2015 8:17 am 
Online
Hero Member
Hero Member

Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Posts: 14216
Location: Vereeniging
Weet dat 'n 300 Magnum en groter jou gaan terugdruk, veral as jy die geweer vanaf 'n bank instel. Jou keuse of jy 'n knaldemper wil aansit. Ek verkies my gewere sonder sulke dinge om hul balans te behou soos gemaak.

_________________
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Fri Jan 16, 2015 8:21 am 
Offline
Administrator
Administrator

Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Posts: 5766
Location: Waterkloof, Pretoria
Manne

Ek kan nie glo dat n "Brandewyn Ratel" enigsins gepla kan wees oor recoil nie! ;D

Groetnis
Wouter


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Fri Jan 16, 2015 8:22 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Thu Apr 12, 2012 10:52 am
Posts: 1047
Location: Brits
Vriend van my het die model 70 sporter in 300wm. Baie tevrede en akkuraatheid goed. Hy het n silencer op want dit maak dat hy die kaliber meer geniet aangesien hy op die teiken bly wanneer hy skiet.

Jy gaan die kaliber baie geniet en jy kan nie verkeerd gaan met enige van die twee fabrikate nie. Ek sal ook n silencer ondersteun, maar jy kan altyd eers kyk of die recoil jou pla en later silencer opsit.

Enjoy


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Fri Jan 16, 2015 8:25 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Thu Apr 12, 2012 10:52 am
Posts: 1047
Location: Brits
Dit kan weglaatbaar klein verskil wees maar ek dink dat sonder n silencer sal die model 70 bietjie minder skop as die tikka. Maar dit moenie jou primere kriteria wees wanneer jy kies tussen die twee nie.

Hou albei vas en voel watter een pas beste by jou bou, dit sal klaar help vir skop.


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Fri Jan 16, 2015 8:52 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Thu Aug 21, 2014 9:17 am
Posts: 908
Location: Paarl
Dit is 'n feit dat die .300WM jou gaan skop want Newton se wet se dat vir elke aksie is daar 'n teenoorgestelde en gelyke reaksie. Die hoeveelheid kruit in die .300WM en die projektiel gaan daarvan seker maak dat jy weet jy het geskiet na 'n paar skote. Daar is dus 3 keuses - (1) Indien jy nie omgee vir die skop nie dan los hom net so maar weet jy gaan nie klomp skote op die skietbaan afdruk nie. (2) Indien jy nie die skop wil he nie moet dan nie die wapen koop nie. (3) Indien jy die wapen meer hanteerbaar wil maak sodat jy meer kan skiet en vining na 'n skoot weer op jou teiking kom sit dan 'n knaldemper aan.

Ek hou van baie skiet en om vinnig deur die scope te kan kyk na my teiken na die skoot afgegaan het ingeval 'n opvolg skoot nodig is. Ek het dus gegaan vir die knaldemper. Verdere voordeel is dat ek wel by party plase jag waar die ouens selfs vir jou afslag gee indien jy knaldemper gebruik en ten laaste het ek nog baie pelle oor na ek op die skietbaan was want ek het niemand se ore weggeblaas nie :-)

_________________
“The Darkest Things about Africa has always been our Ignorance of it” – George Kimble


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Fri Jan 16, 2015 9:03 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member

Joined: Tue Nov 12, 2013 9:15 am
Posts: 1291
Location: Noordhoek
As jy die 300 WM wil he, gaan vir dit en geniet. Boesman gee goeie raad.

Groete
Henning

_________________
300 WSM Savage
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim


Top
 Profile  
Reply with quote  
Display posts from previous:  Sort by  
Post new topic Reply to topic  [ 11 posts ] 

All times are UTC + 2 hours


Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 3 guests


You cannot post new topics in this forum
You cannot reply to topics in this forum
You cannot edit your posts in this forum
You cannot delete your posts in this forum
You cannot post attachments in this forum

Jump to:  


Advertisement























Powered by phpBB® Forum Software © phpBB Group