Portugees en die Amerikaner.

Post Reply
User avatar
Dolf014
Hero Member
Hero Member
Posts: 533
Joined: Wed Dec 04, 2013 3:50 pm

Portugees en die Amerikaner.

Post by Dolf014 »

Storie van die afgelope naweek.

Vir 2 jaar lank probeer ek my goeie jag vriend, Jaco, om 'n lekker "ou geweer" jag te doen.
Vorige naweek was ons op skiet baan om te oefen. Ek besef toe my maksimum afstand vir n goeie bladskoot is 100m. My ou oge en die fyn korrel werk nie lekker saam nie.

Uiteindelik het dit die afgelope naweek gebeur.

Kom ek stel julle voor aan my "Portugees": 6.5 x 58 Espingarda, Portugese Mauser. vevaardig in 1904. Skiet met 155 grein "metal covered soft nose bullet (soos aangedui op die KYNOCH boksie)

Jaco se Amerikaner; Replika van 1874 Sharps Rifle. Vervaardig deur Pedersoli. Kaliber 45-70 govt. Gelaai met 500grein Hornady Interlock roundnose (1350f/s)

Ek het so 3 jaar terug al 'n vlakvark en n sprinbok ram met die Portugees geskiet, maar vir die Amerikaner was dit "First Blood"

Vir opwarming het Jaco 3 varke geskiet. Terwyl Jaco die varke by die water voorgesit het, het ek en die Potugees in die veld gestap om te kyk vir koedoe, maar geen geluk.

Toe begin die aksie vir die bokke............

Jaco is eertse op die bakkie se skietbank. Nie lank nie toe skiet hy rooibok ram op kort afstand.
Klaar fotos geneem en toe is dit my beurt met n gemsbok op die jobkaart.

Jaco sit langs my met die range finder en verkyker om te help uitsoek en kyk waar tref die skoot.
Na lang gesoek kry ons die gemmies en ek kry so n ongemaklike gevoel in my. Ons ry so paar draaie agter hulle om so na as moontlik te kom. Toe besef ek; die naaste skoot wat ek gaan kry is so 130meter. Jaco nominate toe vir my n bul. Toe ek die Portugees so optel en na die gemsbok mik, maak die visier die hele voorlyf van die gemsbok toe. Ek raak benoud, ek praat nie en my mond word droog. Die skoot loop........dis raak..........daar hardloop hy saam met die trop.
Ons volg die trop stadig met die bakkie en ons sien hy sak uit. My mond is nog steeds droog en ek praat geen woord nie. Hy gaan staan onder kameel doring boom en Jaco sê daar kom bloed uit sy bek uit. Kort daarna val hy, en ek haal diep asem......

Fotos geneem, afgelaai en teug veld toe vir Jaco se gemsbok. Ek vertel hom van die benoude droeë mond effek.

Ek nominate vir Jaco n mooi koei en hy skiet n pragtige hart skoot. Na die tyd vertel hy my; elke keer as hy aanlê op die bok hoop hy hulle hardloop sodat hy nog moed bymekaar kan skraap.

Dit is een storie om n papier op die skiet baan te skiet.....maar as daai bok voor jou staan is dit n heel ander storie.

My foon lui, boer wat by wild veiling sit wil met Jaco praat. Jaco sê; kom ons gaan laai die gemsbok af, ek gaan nou n sabel vir halfprys skiet!!

Die foto's sal verder vertel.

Wat n wonderlike naweek saam met ou gewere, n goeie pel, en baie sories om te vertel.

Groete.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Skiet met 308 Voere (erf stuk) ons loop al 40 jaar saam.
User avatar
Dolf014
Hero Member
Hero Member
Posts: 533
Joined: Wed Dec 04, 2013 3:50 pm

Re: Portugees en die Amerikaner.

Post by Dolf014 »

..
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Skiet met 308 Voere (erf stuk) ons loop al 40 jaar saam.
User avatar
Dolf014
Hero Member
Hero Member
Posts: 533
Joined: Wed Dec 04, 2013 3:50 pm

Re: Portugees en die Amerikaner.

Post by Dolf014 »

..
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Skiet met 308 Voere (erf stuk) ons loop al 40 jaar saam.
User avatar
Dolf014
Hero Member
Hero Member
Posts: 533
Joined: Wed Dec 04, 2013 3:50 pm

Re: Portugees en die Amerikaner.

Post by Dolf014 »

..
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Skiet met 308 Voere (erf stuk) ons loop al 40 jaar saam.
User avatar
Dolf014
Hero Member
Hero Member
Posts: 533
Joined: Wed Dec 04, 2013 3:50 pm

Re: Portugees en die Amerikaner.

Post by Dolf014 »

..
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Skiet met 308 Voere (erf stuk) ons loop al 40 jaar saam.
Hansieslim
Hero Member
Hero Member
Posts: 1373
Joined: Thu Jun 04, 2015 11:06 am

Re: Portugees en die Amerikaner.

Post by Hansieslim »

Vrek mooi fotos...en storie. Geluk julle!!!
CZ550 6.5x55, Howa .204, Howa 6.5CMx2, Sabatti 6XC, Mauser .22LR
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6969
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Portugees en die Amerikaner.

Post by DWB »

Lekker, so maak mens dit interresant vir jouself
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Toyrsi
Hero Member
Hero Member
Posts: 990
Joined: Fri Jul 03, 2015 5:29 pm

Re: Portugees en die Amerikaner.

Post by Toyrsi »

Baie geluk Dolf en Jaco Wiele.
Daai sharps skiet nou mooi.
YOU WEREN'T BORN TO JUST PAY BILLS AND DIE!
Jacques Esterhuyzen
User avatar
.270 Man
Full Member
Full Member
Posts: 227
Joined: Wed Apr 29, 2015 2:18 pm

Re: Portugees en die Amerikaner.

Post by .270 Man »

Baie geluk manne baie mooi.

Sent from my LM-G710 using Tapatalk
.270 Sako with K98 action
carl Zeiss
RPR 6mm Creedmoor
Leupold LRP
.308 Musgrave met swarovski Z5
.38 special Taurus
;D ;D ;D
User avatar
toelie
Hero Member
Hero Member
Posts: 926
Joined: Mon Nov 26, 2012 9:10 pm

Re: Portugees en die Amerikaner.

Post by toelie »

Aitsa, baie geluk met julle bokke en die ou roere
.22LR Voere
.22LR CZ Varmint
.22-250 CZ Varmint
.22-250 Savage Vlp
.243 Kwagga Savage Vlp
.6 XC Tikka Varmint
.25-06 Ruger Nr1
.300WM Sako
.375 Ruger Howa
.50 cal voorlaaier Buckstalker
.38 Special Rossi
.9mm Glock 17
.9mm Glock 43X
User avatar
Plaashaas
Hero Member
Hero Member
Posts: 1018
Joined: Thu May 22, 2014 7:38 pm

Re: Portugees en die Amerikaner.

Post by Plaashaas »

Daai is nou n lekker afwiseling. Mooi manne.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13526
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Portugees en die Amerikaner.

Post by Capt. Yoda »

Daai klink na n lekker besigeid maar ek weet nie of ek met n oop versier n bok eers moet probeer daai afstande nie. LR skieters julle manne, baie mooi!!!
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Portugees en die Amerikaner.

Post by FHM »

pragtig Dolf - klink vrek lekker en geluk aan julle internasionale gaste wat saam was ook ;)
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3942
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Portugees en die Amerikaner.

Post by tau »

Baie Geluk Dolf en Jaco!!!

Die oopvisier is lekker, maar op bokke is die agtergrond soms vrek moeilik op die verder skote en die hoek van die bok. Op gonge of teines met wit agtergrond gaan dit beter.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Portugees en die Amerikaner.

Post by Hein M. »

Lyk na 'n lekker storie vir die Jagter tydskrif ;)
User avatar
Dolf014
Hero Member
Hero Member
Posts: 533
Joined: Wed Dec 04, 2013 3:50 pm

Re: Portugees en die Amerikaner.

Post by Dolf014 »

Hein M. wrote:Lyk na 'n lekker storie vir die Jagter tydskrif ;)

Jaco is nie net n goeie skut nie maar n goeie skrywer ook. Sy storie van "Hoekom jag ek" in die nuutste uitgawe van SA Jagter getuig daarvan.

Ek het hom gevra hy moet die storie skryf en instuur. Maar hy het hom nie veel aan my versoek gesteur nie.

Miskien moet ons meer druk op hom sit.

Dankie aan almal vir die geluk wense.

Tau jy is heeltemal reg; die agtergrond van papier of gonge maak dit heelwat makliker (hulle hardloop ook mos nie weg nie ;D )

Die swart korrel en visier teen die grys lyf van die gemsbok is moeilik. Dit was nog moeiliker vir Jaco met die swart kleur van die Sabel.

Volgende doelwit vir my Portugees is koedoe. Ek sal baie tyd nodig hé vir hom.

Groete.
Skiet met 308 Voere (erf stuk) ons loop al 40 jaar saam.
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2150
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Portugees en die Amerikaner.

Post by Koos Barnard »

Dolf ek sal baie graag 'n storie oor Jaco se Perdersoli wil skryf. Maar meer oor die geweer. Ek weet van sy probleem en waarom hy soms van voertuie af skiet. Maar ons kan 'n mooi storie oor die roer en ladings maak.

Ek vra hoed in die hand, skiet asb jou koedoe te voet met die Portugees en stuur vir my daardie storie. Jy hoef nie 'n goeie skrywer te wees nie. Jy stuur die feite in soos hierbo met jou storie (dis al klaar goed genoeg) en ons sal die nodige doen. Dis maar net my persoonlike gevoel, maar met so 'n roer jag jy te voet... dan kry die storie lyf. Oorweeg dit asb.
Mooi loop
User avatar
Dolf014
Hero Member
Hero Member
Posts: 533
Joined: Wed Dec 04, 2013 3:50 pm

Re: Portugees en die Amerikaner.

Post by Dolf014 »

Oom Koos.

Ek sal dat Jaco met jou kontak maak.

Nou het ek nog meer motivering om die koedoe te jag (te voet) Portugees in die hand.
Skiet met 308 Voere (erf stuk) ons loop al 40 jaar saam.
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2150
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Portugees en die Amerikaner.

Post by Koos Barnard »

Dag Dolf
Ek het intussen met Jaco gepraat en ons het dinge vasgemaak.
En nou wag ek in spanning vir daardie koedoe/Portugees-storie. Baie dankie! Ek waardeer.
Mooi loop
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Portugees en die Amerikaner.

Post by ruaanb »

en dit is die gees van Jaracal!
Post Reply