JARACAL

Forum vir die Jagter/Forum for the Hunter
It is currently Mon Sep 24, 2018 8:16 pm


All times are UTC + 2 hours




Post new topic Reply to topic  [ 5 posts ] 
Author Message
PostPosted: Mon Feb 26, 2018 9:38 am 
Online
Hero Member
Hero Member

Joined: Mon Sep 06, 2010 2:38 pm
Posts: 871
Location: Middelburg Mpumalanga
Goeie dag.

Is hier dalk iemand wat so iets aangepak het. Ons wil n duifskiet hou om fondse te probeer insamel vir ons kerk. Dit sal buite Middelburg op n plaas geskiet oor sonneblom lande.

Wie het al so iets aangepak en weet wat die vereistes is. Ek neem aan skriftelike toestemming vanaf die grond eienaar asook permitte vanaf Natuurbewaring?

Gooi asb idees en raad dit sal waardeer word.

Lekker dag

Groete

Rasmus


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Mon Feb 26, 2018 10:02 am 
Offline
Hero Member
Hero Member

Joined: Mon Nov 08, 2010 1:42 pm
Posts: 1266
duif skiet is gewoonlik verniet


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Mon Feb 26, 2018 10:09 am 
Online
Hero Member
Hero Member

Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Posts: 14373
Location: Vereeniging
'n Manier is om 'n ete by die gelde van RXXXX in te sluit. Indien daar prysgeld is moet liefs met looitjies en 'n gelukkige trekking beslis word. Die meeste duiwe geskiet lok net Greenie kommentaar uit en gee alles 'n negatiewe kleur.

_________________
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Mon Feb 26, 2018 11:03 am 
Online
Hero Member
Hero Member

Joined: Mon Sep 06, 2010 2:38 pm
Posts: 871
Location: Middelburg Mpumalanga
Dankie Tripod. Jip pryse ens is maar moeilik. Die greenies kan dit vinnig n onaangename storie maak.

Blaser as jy op jou pel se plaas of saam n voƫlskiet klub gaan skiet is duifskiet gewoonlik verniet. Maar sodra dit n georganiseerde ding raak, is daar mos maar uitgawes wat aangegaan word ens.

Die advertensie sal dan ook lui dat dit ten bate is van so en so. Die persoon het dan mos die keuse om eerder by die verniet plekke te gaan skiet of om n saak te ondersteun....

Daar is heel party van die tiep van dae en by meeste word daar n fooi gehef. Ek het ook plekke waar ek verniet skiet, maar dit is nie waaroor die bespreking hier gaan nie.


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Mon Feb 26, 2018 12:40 pm 
Offline
Sr. Member
Sr. Member

Joined: Wed Aug 28, 2013 8:51 am
Posts: 295
Location: Bloubergstrand
Die SA Wingshooter charity shoots vra R750-800 per dag, dan sluit dit ligte ontbyt, middag se braai en bier/wyn saam met die braai in. Let wel dat dit slegs fisant en tarentaal jagte is, duif skiet is gewoontlik goedkoper. Ek is ongelukkig nie vertroud met die admin agter dit nie.

_________________
Wynand

Remington 300 Win Mag; Musgrave 30-06; Sako 243; Browning 525 Sporter; Baikal TOZ-34; Smith & Wesson M&P40


Top
 Profile  
Reply with quote  
Display posts from previous:  Sort by  
Post new topic Reply to topic  [ 5 posts ] 

All times are UTC + 2 hours


Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 3 guests


You cannot post new topics in this forum
You cannot reply to topics in this forum
You cannot edit your posts in this forum
You cannot delete your posts in this forum
You cannot post attachments in this forum

Jump to:  


Advertisement























Powered by phpBB® Forum Software © phpBB Group