JARACAL

Forum vir die Jagter/Forum for the Hunter
It is currently Sat Dec 16, 2017 5:09 am


All times are UTC + 2 hours




Post new topic Reply to topic  [ 9 posts ] 
Author Message
PostPosted: Wed Nov 08, 2017 7:54 am 
Offline
Full Member
Full Member
User avatar

Joined: Sat Jun 08, 2013 4:58 pm
Posts: 121
Location: Fraserburg Noord Kaap
Hi julle wie het al vir hulle CZ of Glocks die Roni conversions gebruik?

Ondervindinge ?

Baie dankie

PJ

NS: dié is nie CZ vs Glock thread nie

_________________
Karooklong

.22 Oberndorf Mauser dikloop
.243 K98 met Ferlach loop
.308 Howa Varminter
7.62 x 51 RSA Musgrave
9mm CZ P07
12 Boor CBC Pompaksie


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Wed Nov 08, 2017 8:08 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm
Posts: 1052
Location: Rustenburg
Ek het al met een geskiet maar is nie mal daaroor nie. Ek sou eerder my akkuraatheid met die pistol sonder die conversion verbeter. In my opinie is daai conversion nie sy geld werd nie.

_________________
Maak 'n verskil


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Wed Nov 08, 2017 8:51 am 
Offline
Full Member
Full Member

Joined: Wed Jul 19, 2017 4:48 pm
Posts: 218
Location: Kaapstad
Ek sou nogal hou van een. Maar ek het een van hierdie goed gekoop en hy doen alles wat ek nodig het teen 'n paar honderd Rand. Installasie neem so tien sekondes en jy haal hom af so vinnig soos jy 'n magasyn uithaal.

Attachment:
51-glrpistol-png-Wed-Feb-8-11-51-39.png


You do not have the required permissions to view the files attached to this post.

_________________
Of so iets


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Wed Nov 08, 2017 9:25 am 
Offline
Jr. Member
Jr. Member

Joined: Wed Feb 10, 2016 12:29 pm
Posts: 64
Ek het n Roni gehad en hy het baie lekker vir my gewerk. Het n red dot sight op gesit en was baie akuraat. Vinnig om in en uit te haal. Hulle is wel bietjie aan die duur kant.

Sent from my SM-G950F using Tapatalk


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Wed Nov 08, 2017 9:51 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm
Posts: 1892
Location: Upington
Ek het met een geskiet van 'n pel, en net daar besef hoe akuraat 'n pistool kan skiet, ek skiet nou met my pistool gong op 50-100m sonder roni

Ek dink dis 'n baie goeie ding om pistool in stresvolle situasies beter te kan gebruik?


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Wed Nov 08, 2017 12:05 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm
Posts: 3334
Location: Tulbagh
Dink net hoe pragtig sal hy werk met 'n G18 8) en 'n paar 30rd magasyne...


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Wed Nov 08, 2017 12:58 pm 
Offline
Sr. Member
Sr. Member

Joined: Fri Nov 01, 2013 7:28 am
Posts: 269
Location: Keetmanshoop, Namibië
Ek het al redelik opgelees/gekyk hieroor, op youtube is heelwat vergelykings. Fab Defence maak hulle produk (KPOS) uit alluminium, dit is blykbaar die stewiger opsie volgens 'n Yank op youtube. Al hierdie conversions is effens duur, maar ek reken dit kan werk. Terloops, ek dink in SA word die P2CC vervaardig, is dit so?


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Wed Nov 08, 2017 1:20 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member

Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Posts: 1009
Location: Noord-Transvaalse Bosveld
Al die verskillende "omskakelings" (conversion kits) het seker hulle doel. Hulle lyk ook "koel"...

Wat jy moet bepaal is, presies wat sal jou doel met die ding wees. As jy bloot 'n paar duisend rand wil spandeer, sal dit beter aangewend kan word vir opleiding en oefen-ammunisie.

Die stelle wat op die pistool se eie visiere staatmaak, is dalk nuttig vir iemand met jong oë. Ons ouer ;) generasie kan nie meer die visiere so naby aan ons oë sien nie. Die ding het dus 'n rooi-kol visier nodig vir beste verrigting.

As jy die omskakeling reg gebruik, is hy seker net so handig soos 'n handwapen-kaliber karabyntjie.
Die koste van die pistool + die prys van die omskakeling is nogal stewig. Jy kan 'n volledige BXP opspoor vir baie minder. Selfs 'n 9mm AR-15 tipe kos nie juis meer as jou pistool + omskakeling nie.

Die omskakeling benodig natuurlik geen ekstra paierwerk nie. Hy hoef ook nie in 'n kluis te wees, as jou pistool nie aan hom vas is nie. Dit maak hulle aantreklik vir baie mense.

Dan het die omskakeling nog die nadeel, dat jou pistool in hom vas is. As jy nie 'n ekstra handwapen het nie, is dit nie 'n goeie selfverdedigings-opsie nie. As jy 'n 2de handwapen het, mag dit 'n nuttige opsie wees.

Verskeie skietsporte het 'n afdeling vir handwapenkaliber karabyne wat dan ook 'n pistool in so 'n omskakeling sal toelaat.

Die plaaslike P2CC word deur Warrior gemaak en versprei deur Nobleteq. Hulle is goedkoper as die ingevoerdes. Ek hou nogal van die FAB Defence KPOS se metaalkonstruksie, maar gril vir die prys. Dan is daar nog die Roni en Hera Arms weergawes en moontlik nog 'n paar ander. Nie almal is geskik vir alle pistole nie, dus is jou keuse dalk beperk deur jou wapenkeuse.

Kyk en dink mooi, voor jy jou kredietkaart uitpluk.


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Wed Nov 08, 2017 1:34 pm 
Offline
Full Member
Full Member

Joined: Wed Jul 19, 2017 4:48 pm
Posts: 218
Location: Kaapstad
Die RONI sonder enige sights en liggies en goeters is so Rondom R5500 by 480BC. As jy dit vir sport(s) gaan gebruik, sou dit heel oukei wees as jy na 'n airsoft winkel gaan en 'n goedkoop R200 visiertjie koop en opsit. Die 9mm gaan nie daai ding losruk of sy zero uitgooi nie. Ek weet want ek het een op my haelgeweer en hy hanteer birdshot sonder moeite.

_________________
Of so iets


Top
 Profile  
Reply with quote  
Display posts from previous:  Sort by  
Post new topic Reply to topic  [ 9 posts ] 

All times are UTC + 2 hours


Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 2 guests


You cannot post new topics in this forum
You cannot reply to topics in this forum
You cannot edit your posts in this forum
You cannot delete your posts in this forum
You cannot post attachments in this forum

Jump to:  


Advertisement























Powered by phpBB® Forum Software © phpBB Group