JARACAL

Forum vir die Jagter/Forum for the Hunter
It is currently Fri Jan 19, 2018 9:54 am


All times are UTC + 2 hours




Post new topic Reply to topic  [ 22 posts ] 
Author Message
PostPosted: Tue Dec 12, 2017 10:24 pm 
Offline
Full Member
Full Member
User avatar

Joined: Sat Jun 08, 2013 4:58 pm
Posts: 121
Location: Fraserburg Noord Kaap
Hi julle ek worstel tans oor waar om my pistool te hou in bakkie wanneer mens rondry.

Ek kan nie sien hoe enige heup/appendix holster kan werk nie - maar ek is geensins 'n expert nie !

Hoe maak julle manne in die noorde, Karoo tans nog veiliger.

Magneet/ "carholster"
http://guns-tactics.co.za/shop/car-holster/

Dan het ek ook gehoor iemand sê hy moet op jou lyf wees ver as iemand jou op "gunpoint" uit voertuig dwing.

Kom ons bespreek die onderwerp lekker en vind werkbare oplossings

Dankie

PJ

_________________
Karooklong

.22 Oberndorf Mauser dikloop
.243 K98 met Ferlach loop
.308 Howa Varminter
7.62 x 51 RSA Musgrave
9mm CZ P07
12 Boor CBC Pompaksie


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Tue Dec 12, 2017 10:26 pm 
Online
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Thu May 22, 2014 7:38 pm
Posts: 630
Location: Walkerville
Aan jou sy soos jy dra.

_________________
Taurus 917 9mmP
Mossberg 500A 12G
Howa .308Win varminter
Howa .338WM
Hatsan AT44-10
Norinco CQ-A AR15 5.56
Norinco AK47 type 56


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Tue Dec 12, 2017 11:31 pm 
Offline
Full Member
Full Member

Joined: Sat Oct 11, 2014 2:07 am
Posts: 182
Location: Zastron
Ek boer elke dag met myne op die Heup, en dit werk vir enige iets van trekker ry tot lang afstande in die bakkie. Aan jou is natuurlik die veiligste. ‘N voorbeeld wat aan my genoem is van die car holsters, as jy in ‘n ongeluk kom, waar gaan jou pistool op eindig? Maar in ‘n holster aan jou sy weet jy waar hy gaan wees.

_________________
Savage Model 12 .22-250 Rem
Benelli Supernova 12 Br
Savage Custom 6.5Creedmoor
Savage Model 11 .243 Win
Glock 19 Gen 4 9x19mm


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Tue Dec 12, 2017 11:47 pm 
Online
Full Member
Full Member

Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Posts: 182
Location: Stella
Die tameletjie van n handwapen aan jou sy - of byna enige plek aan jou liggaam - is om hom tydens n noodsituasie in die hande te kry.

Die rede is eenvoudig: in n voertuig is n persoon n sagte teiken! Voertuie het blinde kolle, en n mens kan byna gald nie sinvol beweeg nie. Die oomblik wanneer n mens vinnig na iets gryp behoort n rower lont te ruik en te begin skiet.

Een baie handige posisie is op jou linkersy, in n heupholster wat die vuurwapen skuins na vore laat kantel. Dit sit die greep van die handwapen baie naby aan jou sitplekgordel se knip, en dan het n mens kans om hom dalk sinvol in die hande te kry. Daarvoor sal n mens baie moet oefen, en "hotkloue" het n eindelose voordeel aangesien dit reeds hulle sterker hand is.

n Volgend posisie wat skietwerk uit n kan redelik moontlik maak is n liesholster - bekend as AIWB. Verkieslik linkerkant vir ons voertuie maar nog steeds vinnig/er om in die hande te kry as n heupholster aan die regterkant.


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Wed Dec 13, 2017 8:17 am 
Offline
Full Member
Full Member

Joined: Sat Oct 11, 2014 2:07 am
Posts: 182
Location: Zastron
Ds J wrote:
Een baie handige posisie is op jou linkersy, in n heupholster wat die vuurwapen skuins na vore laat kantel. Dit sit die greep van die handwapen baie naby aan jou sitplekgordel se knip, en dan het n mens kans om hom dalk sinvol in die hande te kry. Daarvoor sal n mens baie moet oefen, en "hotkloue" het n eindelose voordeel aangesien dit reeds hulle sterker hand is.


Ek dra juis op my likerheup want ek is ‘n hotklou.

_________________
Savage Model 12 .22-250 Rem
Benelli Supernova 12 Br
Savage Custom 6.5Creedmoor
Savage Model 11 .243 Win
Glock 19 Gen 4 9x19mm


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Wed Dec 13, 2017 8:48 am 
Online
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Tue Sep 02, 2014 3:53 pm
Posts: 966
Location: Lichtenburg
Ek sit nou weer en dink oor die vraag wat baie sinvol is. My Fobus holster het die "paddle" wat in jou broek haak. Heel gemaklik vir elke dag dra maar soos hierbo opgemerk is, is dit moeilik bereikbaar in 'n voertuig.. Nou wat as ek hom net oorskuif na my linkerheup toe. Hy sit dan mos nou reg vir 'n "crossdraw" wat vinniger en makliker gaan wees in 'n voertuig. Ek weet nie of dit gaan werk en prakties gaan wees nie, maar sal dit verseker moet toets as ek vanmiddag by die huis kom. In beginsel is ek glad nie 'n voorstander vir die "crossdraw" nie maar vir in 'n voertuig kan dit dalk werk.

'n Ander opsie is die taktiese tipe holster waar die wapen op jou bobeen gedra word. Deur dit net effens te draai dat die wapen amper op bo-op jou bobeen rus kan dit baie makliker maak in 'n voertuig.

Moontlik het ek nou net gegorrel en strooi gepraat, sal graag wil hoor van die ander manne wat dit dalk al prakties getoets het


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Wed Dec 13, 2017 9:03 am 
Offline
Full Member
Full Member
User avatar

Joined: Sat Jun 08, 2013 4:58 pm
Posts: 121
Location: Fraserburg Noord Kaap
Julle doen goed sover manne haha, ek voel ook jou regterhand is vas teen die deur vir effektiewe "draw".

Nou ek is gelukkig links, maar skiet en dra regs - so sal maklik op my linker sy iets dra soos Forbes Paddle - of hoe ?

As 'n boef/rower hier teen jou deur staan gaan jy makliker met jou linkerhand iets in die hande kry om te gebruik en na jou linker deur toe het jy meer ruimte.

Riaan 'n crossdraw klink ook na 'n opsie ! Maar sal julle OWB of IWB gaan? Ek sal steeds my pistool IWB op 4 uur wil dra as ek uitklim. Miskien OWB wat kan afclip in in bakkie bly ?

_________________
Karooklong

.22 Oberndorf Mauser dikloop
.243 K98 met Ferlach loop
.308 Howa Varminter
7.62 x 51 RSA Musgrave
9mm CZ P07
12 Boor CBC Pompaksie


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Wed Dec 13, 2017 9:14 am 
Online
Full Member
Full Member

Joined: Wed Jul 19, 2017 4:48 pm
Posts: 227
Location: Kaapstad
As jy heeldag rondry gaan 'n skouer holster dalk ook kan werk. Vir my wat links is, is dit 'n baie kort aksie om die ding onder my regterarm te gryp en by die venster uit te skiet. Maar oor die algemeen dra ek op my linkerheup want dis vir my belangriker dat niemand weet ek dra 'n skietding totdat EK wil he hulle moet weet nie.

Jy gaan in elk geval nie tyd kry om 'n handwapen uit te pluk as jy verras word nie. Jy sal OF die wereld se tyd he want jy't die ding sien kom, OF jy gaan glad nie kans kry nie, en dan is dit beter om te wag vir jou kans. En in beide situasies gaan dit nie rerig juis saakmaak waar jou wapen op jou liggaam is nie, solank hy net op jou is.

_________________
Of so iets


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Wed Dec 13, 2017 3:24 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm
Posts: 3349
Location: Tulbagh
Goeie opmerkings! Ek is - gelukkig - ook 'n hotklou...

Ek het nou die dag by 'n vuurwapen instrukteur gehoor dat jy altyd 'n handwapen aan jou moet dra - in 'n geskikte houer... en dit volgens wet nie iewers in die voertuig mag sit nie... Dit was vir my nuus, maar ek het ook nou nog nie die wet gaan lees nie...

Groetnis!


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Wed Dec 13, 2017 4:03 pm 
Offline
Newbie
Newbie

Joined: Mon May 29, 2017 7:28 pm
Posts: 33
Een manier wat ons geleer is tydens ons Survival shoot ( skiet vanuit voertuig tov onverwagse aanvalle) rondom 1990 was om die wapen onder jou linkerbeen te sit met die loop skuins na agetr waar skoonma altyd sit, Safety belt pla glad nie in die possisie. Die wapen was altyd maklik beskikbaar, maar het baie nadele ook. As in ongeluk is kan wapen van possisie verander, Wapen moet ont-holster en ge- holster word voor in en uitklim.

Kyk wat werk vir jou


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Wed Dec 13, 2017 4:08 pm 
Online
Full Member
Full Member

Joined: Wed Jul 19, 2017 4:48 pm
Posts: 227
Location: Kaapstad
Moet net nie die fout maak om hierdie vraag op die "ander" vuurwapen forum te loop vra nie.

_________________
Of so iets


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Wed Dec 13, 2017 4:54 pm 
Online
Sr. Member
Sr. Member
User avatar

Joined: Fri Oct 02, 2015 7:26 am
Posts: 280
Location: Slurry
Ek dra OWB regs met my hemp oor, as ou egter met pistool aan die ruit tik maak dit nie saak waar jou pistool is nie, jy gn hom nie kn draw nie, as jy nou kn uitklim en jou sleutels foon en beursie op grond laat val gaan hy dit hopelik optel dan het jy weer kans om te draw, as jy hom sien aan kom is eerste stap tog om te probeer platval na passesierskant wat jou pistool toeganklik maak teen deur se kant, dis maar hoe ons geoefen het, hopelik kry mens dit nie nodig nie.


Sent from my iPhone using Tapatalk


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Wed Dec 13, 2017 9:22 pm 
Offline
Sr. Member
Sr. Member
User avatar

Joined: Mon Oct 05, 2015 9:19 am
Posts: 255
Location: Brakpan, Johannesburg
Die probleem om hom enige ander plek in voertuig te he as waar jy hom normaalweg dra as jy EDC, is dat jy nou elke keer as jy wil uitklim jou dood sukkel om weer die wapen te kry soos jy hom die oggend aangetrek het. En dit maak dit opsigtelik dat jy wapen dra. Die feit van die saak is dat jy nie moet blerrie sit en slaap in voertuig as jy by robot of stopstraat of huis stop nie want dis wanneer hulle jou verras. As jy verras word is dit jou eie skuld glo ek.
Ons bly in suid afrika en dit is gevaarlik. Jy kani met halwe oop venster in jou kar sit en by robot stop en lekker op jou selfoon praat nie. Want dan maak dit nie saak waar jou wapen is nie daar gan nie tyd wees om hom te gebruik nie.
Raak eerder gewoond om hom altyd op selfde plek te dra en sorg dat jy hom effektief onder jou hemp kan "draw" want as die geleentheid opduik om dit te doen is daar nie kans of tyd vir foutmaak nie.

Sent from my LG-H870 using Tapatalk

_________________
If it heard the shot, I wasn't aiming for it...


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Wed Dec 13, 2017 11:55 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm
Posts: 2972
Location: Kempton Park
http://guns-tactics.co.za/shop/car-holster/

Die holster in die link werk baie goed,

Doen jouself 'n guns en doen die eenvoudige toets, gaan bietjie en probeer jou "concealed carry" wapen uithaal en in bruikbare posiesie te kry die volgende keer wanneer jy in jou oprit by jou huis stop.

Besluit dan maar van daar af....


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Fri Dec 15, 2017 10:21 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Posts: 4355
Location: Rustenburg
Dankie Trompie dis die beste advies. Paratus het onlangs 'n artikel geplaas oor situational awareness. Dit is die alfa en omega. Dan om jou wapen op verskillende plekke te sit gaan jy wanneer die skrik die grootste is-die tik van 'n Tokarev teen jou venster-gryp daar waar jy oefen en die meeste die wapen het of dra.
Ek dink die kar holster kry jou summier verban van Gunsite. Net omdat dit takties die swakste produk is wat bestaan. Skouer?? tensy jou naam Sonny Crocket is en jy 'n Ferrari ry hou verby;)

_________________
Groete,
9mmP, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution .22


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Fri Dec 15, 2017 10:26 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Posts: 4355
Location: Rustenburg
As ek saans by die plot in ry maak ek gordel los en maak die pistool oop, lig dit selfs effens uit die holster. Net sodat die dag se retensie nie te veel klou nie.

_________________
Groete,
9mmP, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution .22


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Fri Dec 15, 2017 10:29 am 
Online
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Thu May 22, 2014 7:38 pm
Posts: 630
Location: Walkerville
Bingo Trompie.

As jy in jou voertuig is, is die voertuig jou eerste opsie/wapen. Ry weg, ry boor...ry plat.

_________________
Taurus 917 9mmP
Mossberg 500A 12G
Howa .308Win varminter
Howa .338WM
Hatsan AT44-10
Norinco CQ-A AR15 5.56
Norinco AK47 type 56


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Fri Dec 15, 2017 3:07 pm 
Offline
Sr. Member
Sr. Member
User avatar

Joined: Mon Oct 05, 2015 9:19 am
Posts: 255
Location: Brakpan, Johannesburg
Plaashaas wrote:
Bingo Trompie.

As jy in jou voertuig is, is die voertuig jou eerste opsie/wapen. Ry weg, ry boor...ry plat.
Verseker!

Sent from my LG-H870 using Tapatalk

_________________
If it heard the shot, I wasn't aiming for it...


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Sat Dec 16, 2017 4:37 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member

Joined: Thu Sep 27, 2012 8:16 pm
Posts: 1693
Location: Laeveld
Die manne wat regs is moet leer om links ook te kan skiet,veral in n kar ! Veral as die gevaar aan die regterkant is,is dit baie moeilik om regs te skiet as jou venster ook nog toe is.


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Mon Dec 18, 2017 5:47 pm 
Offline
Newbie
Newbie

Joined: Mon May 29, 2017 7:28 pm
Posts: 33
Harambe wrote:
Moet net nie die fout maak om hierdie vraag op die "ander" vuurwapen forum te loop vra nie.



Ek stem saam, die probleem met die meeste forums is dat A en B kususse aanbied (en moderators is) en vir jou X leer met n groot getal aanhangers. C en D bied ook kursuuse aan en leer jou Z maar het minder annhangers. Dan spat die vonke want A en B hou nie van C en D of vice versa . Ek het al geleer dat jy moet self besluit wat werk vir jou of nie bv skiet met eerste lid van vinger of met punt van vinger. (militere of siviele agtergrond opleiding sal altyd verskil. Die basiese beginsels moet altyd togepas word. Leer maar om mekaar te verdra op ander forums


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Mon Dec 18, 2017 9:36 pm 
Online
Sr. Member
Sr. Member
User avatar

Joined: Fri Oct 02, 2015 7:26 am
Posts: 280
Location: Slurry
Iets waarna jy moet oplet as jy deur die voorruit na buite skiet is dat jy baie laag moet mik, die koeel tel kwaai op as hy deur die glas gaan, dis ook net iets wat jy gn leer as jy actually in ‘n voertuig sit en na buite skiet.


Sent from my iPhone using Tapatalk


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Tue Dec 19, 2017 8:11 am 
Online
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Thu May 22, 2014 7:38 pm
Posts: 630
Location: Walkerville
JJV wrote:
Iets waarna jy moet oplet as jy deur die voorruit na buite skiet is dat jy baie laag moet mik, die koeel tel kwaai op as hy deur die glas gaan, dis ook net iets wat jy gn leer as jy actually in ‘n voertuig sit en na buite skiet.


Sent from my iPhone using Tapatalk


Dit is soos jy se dat jou tref punt hoer sal wees as jou mikpunt maar op die afstande wat jy om jou kar skiet gaan dit nie so groot verskil maak as jy vir die bors mik (soos jy moet) nie.

_________________
Taurus 917 9mmP
Mossberg 500A 12G
Howa .308Win varminter
Howa .338WM
Hatsan AT44-10
Norinco CQ-A AR15 5.56
Norinco AK47 type 56


Top
 Profile  
Reply with quote  
Display posts from previous:  Sort by  
Post new topic Reply to topic  [ 22 posts ] 

All times are UTC + 2 hours


Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 3 guests


You cannot post new topics in this forum
You cannot reply to topics in this forum
You cannot edit your posts in this forum
You cannot delete your posts in this forum
You cannot post attachments in this forum

Jump to:  


Advertisement























Powered by phpBB® Forum Software © phpBB Group