JARACAL

Forum vir die Jagter/Forum for the Hunter
It is currently Wed Dec 19, 2018 7:19 am


All times are UTC + 2 hours




Post new topic Reply to topic  [ 16 posts ] 
Author Message
 Post subject: Jag punte
PostPosted: Mon Aug 14, 2017 10:54 am 
Offline
Newbie
Newbie

Joined: Mon Aug 14, 2017 10:27 am
Posts: 1
Hallo Julle

Ek skiet op die oomblik met Hornady se 165gr Interlock in my 308 en dit maak vir my n bitjie te veel vleis skade, veral op klein / medium wild as dit by blad skote kom.

Ek wil graag met n beter tipe punt skiet wat effektief is vanaf Springbokke tot by Elande maar met so min as moontlik vleis skade maar ek is nie seker of ek n A-frame tipe, bonded of monolitiese punt moet gebruik nie, bv. Barnes se TSX en Nosler se Partition, Accubond lyk belowend.

Basies is ek opsoek na n punt wat n goed genoeg wond kanaal maak maar met so min as moontlik vleis skade.

Teoreties lyk die Barnes se konstruksie en werking baie goed maar is dit in werlikheid so goed en maak hy mooi oop teen 2500 ft/s.

Wat is jul direkte ondervinding en aanbeveling vir n baie goeie jag punt. Prys maak dan seker nie saak nie want wat jy op punt prys wen veloor jy in vleis skade.

Dit is vir my amer hopeloos om op die Amerikaanse forums te lees want dit lyk of daai manne net n helse wondkanaal wil he met baie bloed sodat hul die bok kan "track" - seker as hul iets in die boud skiet.


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Jag punte
PostPosted: Mon Aug 14, 2017 11:05 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Posts: 6094
Location: Paarl
Probeer Kriek-koeels (Kriek Bullets). Monolitiese koele.

kriekbullets@gmail.com

Johan Kriek sal 'n pryslys stuur. Besonder akkurate koele!
Skat 140 of 155 gr. gaan uitstekend werk.

_________________
Many people are alive, only because it's illegal to shoot them.


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Jag punte
PostPosted: Mon Aug 14, 2017 11:13 am 
Offline
Sr. Member
Sr. Member
User avatar

Joined: Fri Jul 03, 2015 5:29 pm
Posts: 345
Location: Kathu
Hi Louis.
Kyk na die 130gr Barness TTSX baie goeie punt.
Bietjie beter trajek vir die verder skote maar genoeg om groeter wild ook te skiet.
Die 150gr sal ook werk.

_________________
YOU WEREN'T BORN TO JUST PAY BILLS AN DIE!


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Jag punte
PostPosted: Wed Feb 21, 2018 12:10 pm 
Offline
Jr. Member
Jr. Member

Joined: Fri Feb 16, 2018 9:09 pm
Posts: 65
Ek het al bietjie rond gespeel met ander punte, maar kom maar elke keer terug na die Gamekings vir my 270. Lekker akkuraat ennooral beskikbaar teen redelike prys


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Jag punte
PostPosted: Wed Feb 21, 2018 12:19 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
Posts: 4577
Location: Pretoria
PWV wrote:
Probeer Kriek-koeels (Kriek Bullets). Monolitiese koele.

kriekbullets@gmail.com

Johan Kriek sal 'n pryslys stuur. Besonder akkurate koele!
Skat 140 of 155 gr. gaan uitstekend werk.


Ek steun oom PW hier. Die 155s gaan eland skiet dat hy knor. Kriek se koeëls maak nog baie mooi teen so laag as 1700-1800ft/s


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Jag punte
PostPosted: Wed Feb 21, 2018 12:43 pm 
Offline
Sr. Member
Sr. Member
User avatar

Joined: Sat May 16, 2015 10:41 am
Posts: 392
Location: Verwoerdburg
Jy kan gerus met Barnes gaan. Nog net goeie resultate gehad op my 30-06.


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Jag punte
PostPosted: Wed Feb 21, 2018 3:43 pm 
Online
Sr. Member
Sr. Member

Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Posts: 361
Location: Stella
Louis, jy moet met Messor praat of wag tot hy antwoord. Min mense klop sy kennis en ervaring.

Ou jare se raad lui soos volg: vleisskade begin by impakspoed van 2600v/s. As jy n gewone sagtepunt teen daardie spoed skiet, breek hy op en veroorsaak n klomp skade. As jy n premium koeël teen daardie spoed skiet, breek hy nie op nie en veroorsaak nog steeds n klomp bloeding in die weefsel. As jy n mono teen daarsie spoed skiet maak hy n "blou kol" in die weefsel.

Ek het al hierdie moontlikhede probeer en toe maar besluit om weer met 180gr koeëls te jag. n 180gr koeël is bietjie stadiger, met bietjie slegter trajek, maar minder vleisskade.

Nuwerwetse kennis neem enkele ander sake in ag, bv dat beensplinters skade en bloeding veroorsaak.

As ek dit kon doen sou ek slegs kop- en nekskote geskiet het, en dan sou ek waarskynlik 150gr of dalk selfs 130gr gelaai het.


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Jag punte
PostPosted: Thu Feb 22, 2018 12:13 pm 
Offline
Jr. Member
Jr. Member

Joined: Wed May 08, 2013 3:20 pm
Posts: 93
Louis,

Barnes TTSX is n fantastiese punt en mushroom mooi op 2400f/s.

Jy sal nie spyt wees nie.

Die enigste problem mag dalk beskibaarheid wees maar ek kon nog altyd regkom.

Werk vrek goed op my 7mm.

Nico Jooste

_________________
Nico Jooste


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Jag punte
PostPosted: Thu Feb 22, 2018 1:12 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Mon May 19, 2014 11:29 am
Posts: 533
Location: Pretoria
Ek en 2 ander pelle skiet barnes 130gr ttsx teen 2920fps, groep ook baie mooi. Tussen ons 3 het ons seker al 30 Bokke met die setup geskiet. Van sprinkbok reg deur tot eland. Nog nie een probleem gehad nie. Gaan maklik deur groot bene.

Groete

_________________
308 Tikka T3 Hunter
223Ai T3 Super Varmint
.22 LR Wins
Hoyt Element 80#


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Jag punte
PostPosted: Thu Feb 22, 2018 8:46 pm 
Online
Sr. Member
Sr. Member

Joined: Sat Aug 12, 2017 7:12 am
Posts: 392
Location: Polokwane
Barnes.

_________________
Just smile and wave boys >:D


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Jag punte
PostPosted: Fri Feb 23, 2018 6:19 am 
Online
Sr. Member
Sr. Member

Joined: Mon Feb 20, 2012 6:20 am
Posts: 399
Location: Pretoria
130gr Barnes werk uitstekend vir my, TSX eerste keuse, TTSX daarna.


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Jag punte
PostPosted: Fri Feb 23, 2018 4:08 pm 
Offline
Sr. Member
Sr. Member
User avatar

Joined: Mon Sep 18, 2017 8:22 am
Posts: 284
Gewoonlik reguleer jou behoeftes jou keuses, maar dan moet jy eers jou behoeftes duidelik maak.

Jy moet eers sê of jy ‘n bosveld jagter is of ‘n vlakte jagter, ek sien jy noem van springbokke tot elande. As die beperking van vleis skade jou eerste prioriteit is dan moet jy eerstens ‘n punt skiet wat nie opbreek nie, en tweedens nie teen ‘n oormatige spoed skiet nie.

So as jy ‘n bosjagter is, dan kan jy ‘n swaar 180gr premium skiet, want jy het nie trajek nodig nie, ook nie spoed nie. In die prysklas huidiglik is Norma Oryx ‘n genuine bargain, jy kan dit kry vir R945 vir 100, waar ‘n Partition of ‘n A-frame BAIE duurder is.

As jy ‘n vlakte jagter is, en jy dial nie, sal jy seker ‘n ligter punt skiet teen ‘n hoër spoed. Die keuse hier hang van jou geweer af, want jy moet bitter seker maak jy stabiliseer hom. Jy gaan nie ‘n 150gr TTSX in ‘n 1in 12 stabiliseer nie, marginal miskien ja. Maar voor ek ‘n ding marginally stabilize dan skiet ek eerder ‘n 130gr TTSX. Maar ek sê jou duidelik ek skiet eerder ‘n eland met ‘n 180g A-frame/Partition/Oryx as wat ek ‘n 130gr Mono gebruik, en hier praat ek nie sleg van ‘n mono nie. Daai goeters wat heeldag hardloop se bene is bitter groot.

My raad, ek weet die een koeel in een geweer storie klink altyd mooi, maar mens bespreek mos jou jagte lank vooruit. Maak vir jou twee kombinasies, as jy weet jou pakket sluit ‘n eland in die bos in dan vat jy jou swaar 180gr koeels. Jy hoef mos nie half moa te skiet nie, dis mos ‘n bosveld lading, en almal skiet in elk geval hulle gewere in voor ‘n jag.

Dan laai jy vir jou ‘n lekker vinnige mono vir daai vlagte diere.
Die koeels wat van oorsee af kom kan mens nie altyd kry nie, try eers PWV se advies en probeer Kriek, as hy vir jou werk dan het jy mos nou ‘n verskaffer hier in SA wie jy support, jy weet die hele local is lekker ding.

He who fails to plan, plans to fail, so ons het altyd ‘n keuse hoe mens ‘n ding benader, so maak ‘n lys van jou behoeftes, en moenie klomp sere met een pleister probeer toeplak nie.


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Jag punte
PostPosted: Fri Feb 23, 2018 4:18 pm 
Online
Hero Member
Hero Member

Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm
Posts: 1458
Of skiet net n 270 ;)

_________________
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Jag punte
PostPosted: Fri Feb 23, 2018 4:31 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Posts: 6094
Location: Paarl
Het verlede seisoen volpunte gekry vir jag.. Nie een jagpunt verloor nie.
Almal was kolskote. 10 bokke, 10 doppies! >:+

_________________
Many people are alive, only because it's illegal to shoot them.


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Jag punte
PostPosted: Sun Apr 15, 2018 9:12 pm 
Offline
Newbie
Newbie

Joined: Sat Oct 10, 2015 9:59 pm
Posts: 3
Uit ondervinding weet ek die Swift Scirocco doen baie goed op gemsbokke en wildebeeste. In n 165 gr gewig behoort dit goed aan jou behoeftes te voldoen. Ek dink ook hulle is so bietjie goedkoper as die Barnes. In my 300 H&H het die 180 Sciroccos uitstekend gedoen teen 2910vt/s. 80% + gewigsbehoud op wildebeeste en gemsbokke. Jy skiet 308, so ek dink die 165 gr behoort uitstekend te wees teen so 2650vt/s vir bos en vlakte. Ek skiet nie sommer verder as 300m nie, en dan sal ek eerder n 165 as 150 skiet.
Ek sou een punt kies en daarby hou - afhangend van hoeveel tyd en geld jy wil spandeer op ontwikkeling.
My gevoel is dat mens eintlik nie meer swak punte kry in die premium kategorie nie. Barnes, Partitions, Accubonds, A Frames en Sciricco gaan almal goed op wild presteer.
In die bos gebruik ek amper net Rhino in my 6.5x55 en 7x57. Nog altyd uitstekende resultate. Dis egter nie n vlaktepunt nie, maar ek dink hul Penetrators sal goed doen vir langer afstande.


Sent from my iPhone using Tapatalk


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Jag punte
PostPosted: Sun Apr 15, 2018 10:40 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm
Posts: 2087
Location: Upington
Pvdw wrote:
PWV wrote:
Probeer Kriek-koeels (Kriek Bullets). Monolitiese koele.

kriekbullets@gmail.com

Johan Kriek sal 'n pryslys stuur. Besonder akkurate koele!
Skat 140 of 155 gr. gaan uitstekend werk.


Ek steun oom PW hier. Die 155s gaan eland skiet dat hy knor. Kriek se koeëls maak nog baie mooi teen so laag as 1700-1800ft/s



Ek klim ook hier op die wa! Barns is 'n baie goeie 2de opsie, maar jy gan nie by barns hulp/raad/moeite kry soos met kriek nie!


Top
 Profile  
Reply with quote  
Display posts from previous:  Sort by  
Post new topic Reply to topic  [ 16 posts ] 

All times are UTC + 2 hours


Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 2 guests


You cannot post new topics in this forum
You cannot reply to topics in this forum
You cannot edit your posts in this forum
You cannot delete your posts in this forum
You cannot post attachments in this forum

Jump to:  


Advertisement























Powered by phpBB® Forum Software © phpBB Group