JARACAL

Forum vir die Jagter/Forum for the Hunter
It is currently Wed May 23, 2018 1:29 am


All times are UTC + 2 hours




Post new topic Reply to topic  [ 4 posts ] 
Author Message
 Post subject: Heinings
PostPosted: Sat Feb 07, 2009 8:50 pm 
Jakkalswerende heining se grootste vyande is erdvarke, bosvarke en vlakvarke. Ek het op `n tyd so 10 jaar terug my eie pak honde gehad. (Waarvan jou hanteerder die belangrikste is) Hy het aan my uit gewys dat jy maar kan kyk as `n -vark vars onder die grensdraad (Cradock se grensdrade is sif geproklameer) deur gegrawe het tanneman by `n ou gat sal verby loop en by die vars gat sal deurgaan. Dit het ek baie self gesien. Ook gesien dat -vark `n gat in grawe en weer `n gat uit grawe, en tanneman by die in inkom en by die uit uitgaan. Op daardie stadium het ek nog nie geskiet nie, eers so 3 jaar terug paaie gekruis met Heinrich, gelukkig het ons vir 14 dae los en vas re?n gekry en kon ons in 9 dae 5 jakkalse vang, waarvan 3 met dieselfde "-device" elke oggend na dit die nag `n paar druppels gemaak het, het ta hom vasgeloop.
Elektriese heining werk goed, maar baie arbeidintensief, mbt instellasie (my buurman het `n paar km daarvan), onderhoud en skilpaaie wat hom uit-'short'. Dan moet jy die gebied net skoonhou binne. Hy lam en loop tot op speen daarbinne en gaan dan uit buite veld toe. Hy het ook al deur geloop onder die 'geni?' wat nie vang nie maar net die boude of agter die blad vreet. Meeste van daardie speen lammers leef nog as hy hulle kry, staan alleen in die middel van nerens, daan weet hy ma dis een van hulle.


Top
  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Heinings
PostPosted: Sat Feb 07, 2009 9:05 pm 
Offline
Sr. Member
Sr. Member

Joined: Thu Dec 04, 2008 9:51 pm
Posts: 409
Izak wat jy seg is die reine waarheid.
Geen draad van enige soort keer veral n bosvark nie,gelukkig is die vlakvarke nog aan die Bedford kant van die dorp,maar dis n kwessie van tyd dan is hulle ook aan ons(GRT) kant.Onthou enige persoon wat varke wil vestig moet skriftelikke toestemming van AL sy bure he voor die varke afgelaai word.

_________________
"Craftsmanship is a combination of knowledge on how to use tools and of skill with the hands."


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Heinings
PostPosted: Sat Feb 07, 2009 10:09 pm 
Offline
Sr. Member
Sr. Member
User avatar

Joined: Fri Dec 19, 2008 12:17 pm
Posts: 438
Location: Jansenville
Johan jy moet daai voorlaaier roer van jou skoonmaak. Die varke is op jou ou maat, net 'n jaar of wat dan is hulle daar. Buurman van my het mos varke ingesit. Nou is hulle orals. Kragdraad, sifdraad maak nie saak nie. Aanvanklik het hulle net die klappies(matte, noem dit wat jy wil) oopgemaak. Toe pak ek hulle ordentlik vas met klippe onder in die soom. Ek weet nie of hy sy tande gebruik of wat nie, maar dit lyk of hy 'n sidecutter het. Net bokant die klippe sny hy vir hom en die gesin 'n gat groot genoeg sodat hulle almal gelyk daar kan deurgaan. My hele grenslyn is geelektrifiseer, maar deesdae doen ek nie eers meer moeite om dit in stand te hou nie. Ek het dit nog nie self gesien gebeur nie (net die gate agterna gesien) maar waar hy ook al deur n sifdraad wil gaan, daar hol hy bloot n gat deur die draad. Ek skiet hulle op sig, maar as daar nou n ding is wat kan teel is dit n vlakvark. Selfs nou in die droogte 6/8 kleintjies op n slag.

Vir jakkalse alleen sien ek nog kans, maar daai goed breek my moed.

_________________
Winners never quit - Quitters never win.


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Heinings
PostPosted: Sun Jan 17, 2010 11:27 am 
Offline
Jr. Member
Jr. Member
User avatar

Joined: Sun Nov 15, 2009 12:40 pm
Posts: 96
Ek gaan saam met kruger stem.Ek het nie jakkals proef grense nie,maar 16lyn draad.dit lyk amper lekker vir n vark om daar deur te hardloop.MAAR so ver bring die heing sy kant om hulle en jakkals uit my lande en lam kampe te hou.Ek het wel at en toe n kat wat bo oor gaan of onder deur seil as die draad bietlie bo enkel hoog te is

Tobie

_________________
Jy kan maar hardloop, maar ek sien jou!!!


Top
 Profile  
Reply with quote  
Display posts from previous:  Sort by  
Post new topic Reply to topic  [ 4 posts ] 

All times are UTC + 2 hours


Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 1 guest


You cannot post new topics in this forum
You cannot reply to topics in this forum
You cannot edit your posts in this forum
You cannot delete your posts in this forum
You cannot post attachments in this forum

Jump to:  


Advertisement























cron
Powered by phpBB® Forum Software © phpBB Group