JARACAL

Forum vir die Jagter/Forum for the Hunter
It is currently Mon May 21, 2018 7:37 pm


All times are UTC + 2 hours




Post new topic Reply to topic  [ 6 posts ] 
Author Message
 Post subject: Kraai sukses!!!
PostPosted: Sat May 05, 2018 11:58 am 
Online
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
Posts: 4499
Location: Pretoria
Manne ek het so jaar terug Jacques se CD gekoop en daarvan vergeet. Met my en Cob se jag die jaar by Wayne op Queenstown het ek besluit om die kraai ding te toets.

Soos van julle gesien het het ek so 3 weke terug vrae oor kraaie gevra. Weer met Jacques gesels en als reg gekry vir die geleentheid.

Ons 1 ste probeerslag het ons onder groot doring boom gestaan met lekker lae takke. 3 Min se roep en die 1ste kraai draai bo ons. Hoe nou gemaak met die skiet??? Boom is te dig so ek kan nie oop plek kry vir skoot nie. Stap ek uit sien kraai my. Sit toe als af en soek ander plek.

Volgende dag sien ons die braaiplek by die huis kan dalk werk. Daar begin als weer van voor af. die keer het die roepper nie 1 min geskreeu nie toe die 1ste skaduwee oor ons gaan. Skoot loop en die Nr3 hael doen hul werk. Nog so paar kom in en gee skoot kaans. In daai sessie het 6 die gees gegee, of so het ons getel.

Sit toe als af en gaan tel nou die 6 dooie kraaie op. Kry net 3. ander is weg. Nou weet ons nie meer nie. Maar vir 'n begin smile ons oor die 3 wat lê en nou kan dien as decois.

Volgende dag sit my seun weer daar in die braai area en roep. ek maak toebie en koffie. Met my uitkyk deur die venster skrik ek toe ek sien wat aangaan. Ek begin tel maar êrens tusen 35 en 40 kraaie raak ek deurmekaar. Soos ek tel loop die skote en my seun roer nog so paar. Probleem is dat braai nie dak het nie en sodra die kraaie oor jou vlieg en jou sien spaander hulle.

Met die kyk by die venster uit kom ek agter waar ons 1ste sessie se ander 3 kraaie heen is. Hulle is bledie taai en vrek nie vir die lekker nie. Van hulle val wel soos sak patats uit die lug uit maar sodra hulle grond vat lyk hy gesond en begin letterlik wegloop en soms sommer hardloop. Binne 1 min is daai kraai gone!!!

Laaste sessie het ek en Dewald, Cob se seun weer paar gaan roep op ander plek in die veld. Ons klank wou nie werk nie, hulle het klaar geleer. Besluit toe om ander klank te probeer. Bingo!! Daar kom hulle weer, die keer so rondom 20 op 1 slag. Kon 4 raak skiet voor hulle besef hier is iets nie pluis nie. 2 is mooi grond toe waarvan 1 weer weg gehardloop het terwyl ek skiet en 2 ander het duidelik skoot gevat maar het so kruppel kruppel weg gevlieg.

Als en als het ons gepraat en getel en gereken dat ons in die 4 sessies van minder as 10-15min elk so 13-15 kraaie geskiet het. Dit sluit die 1ste blank sessie in.

Ons het vinnig geleer en aan gepas. Die kraai skiet ding is baie opwindend en ek gaan dit verseker vêrder vat. 'n Ligte maar effektiewe hide is 'n moet, daarsonder sien die kraaie jou en vlieg weg. Ek is oortuig dat ons ten minste 2x soveel kon skiet met die regte hide.

Wat die klanke aan betref, wel as jy 35-40 en dan weer 20 kraai op 1 slag sonder moeite kan roep dink ek dit spreek van self. Dankie Jacques vir die CD en al jou raad. Jou setup en tegniek werk virseker!! 8) 8)


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Kraai sukses!!!
PostPosted: Sat May 05, 2018 4:30 pm 
Offline
Sr. Member
Sr. Member
User avatar

Joined: Sat May 16, 2015 10:41 am
Posts: 273
Location: Verwoerdburg
Baie mooi, so leer 'n mens, sou dit self eendag wou probeer, laai bietjie fotos op asb.


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Kraai sukses!!!
PostPosted: Sun May 06, 2018 1:14 pm 
Online
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
Posts: 4499
Location: Pretoria
Joe ek kon ongelukkig nie foto neem nie. Ek het beplan om laaste middag foto te neem maar was tot donker agter kwesbok aan. Volgende oggend net na 5 uit die jagkamp om vleis te laai en huistoe te gaan.


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Kraai sukses!!!
PostPosted: Sun May 06, 2018 4:29 pm 
Online
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Thu Nov 19, 2009 12:26 pm
Posts: 1008
Location: Secunda
Blikskottel mater, dit klink na groot pret en baie adrenalien.
Bly julle het sukses gehad.

_________________
Derik Strydom
What matters not, is the size of the dog in the fight, but the size of the fight, in the dog !


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Kraai sukses!!!
PostPosted: Mon May 07, 2018 7:27 am 
Offline
Newbie
Newbie

Joined: Fri Oct 03, 2014 3:21 pm
Posts: 43
Location: Bryanston, Jhb
Pvdw wrote:
Skoot loop en die Nr3 hael doen hul werk.
Ek dink nr 3 is n bietjie groot. Dis nie ganse nie!
Nr. 5 or 6 sal meer korrels in kry en meer skade aan die voel maak... 'n 32g nr.7 kan dalk ook mooi werk as die afstand nie te groot is nie.


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Kraai sukses!!!
PostPosted: Mon May 07, 2018 8:03 am 
Online
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
Posts: 4499
Location: Pretoria
Desperatezulu wrote:
Pvdw wrote:
Skoot loop en die Nr3 hael doen hul werk.
Ek dink nr 3 is n bietjie groot. Dis nie ganse nie!
Nr. 5 or 6 sal meer korrels in kry en meer skade aan die voel maak... 'n 32g nr.7 kan dalk ook mooi werk as die afstand nie te groot is nie.



Ek stem saam en dis Jacques se aanbeveling ook. Ek het egter Nr3 in die kas gehad en vir 1ste probeerslag het ek besluit om nie onnodige kostes aan te gaan nie.

Klaar uit gevind waar om nr4 of 5 te koop ;)


Top
 Profile  
Reply with quote  
Display posts from previous:  Sort by  
Post new topic Reply to topic  [ 6 posts ] 

All times are UTC + 2 hours


Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 7 guests


You cannot post new topics in this forum
You cannot reply to topics in this forum
You cannot edit your posts in this forum
You cannot delete your posts in this forum
You cannot post attachments in this forum

Jump to:  


Advertisement























Powered by phpBB® Forum Software © phpBB Group