JARACAL

Forum vir die Jagter/Forum for the Hunter
It is currently Wed Nov 22, 2017 7:52 am


All times are UTC + 2 hours




Post new topic Reply to topic  [ 13 posts ] 
Author Message
 Post subject: Bobejaan wat skape vang.
PostPosted: Wed Dec 16, 2015 10:53 am 
Offline
Newbie
Newbie

Joined: Fri Jul 10, 2015 5:20 pm
Posts: 37
Location: Uitenhage
Vir maande het ek n probleem gehad met vee verliese. Ons kon in die begin nie agterkom wat so vang nie, totdat n jong op n trekker die bobejaan sien skape jaag het. Sy tegniek was om die skape in n trop te jaag en dan in die middel in te storm en een te gryp. Dan dop hy die ooi om en begin lewendig haar boude aan die binnekant te eet. Na n paar happe los hy haar en hardloop weg. Gewoonlik Stan sy op en loop n paar tree voor sy omval. Hierdie lam het hy gegryp toe die voorman hom eendag jaag. Die lam was minder as 2 sek in sy kloue, en hy het nie eers geeet aan hom nie.


You do not have the required permissions to view the files attached to this post.


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Wed Dec 16, 2015 10:56 am 
Offline
Hero Member
Hero Member

Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Posts: 12905
Location: Vereeniging
Jy skryf asof die probleem nou nie meer daar is nie. Vertel die storie asb.

_________________
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Wed Dec 16, 2015 11:04 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Posts: 5793
Location: Paarl
tripodmvr wrote:
Jy skryf asof die probleem nou nie meer daar is nie. Vertel die storie asb.

Ja, ek is ook nou baie nuuskierig!

_________________
Many people are alive, only because it's illegal to shoot them.


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Wed Dec 16, 2015 11:18 am 
Offline
Newbie
Newbie

Joined: Fri Jul 10, 2015 5:20 pm
Posts: 37
Location: Uitenhage
Ja moes kortknip. Hy het net ooie gevang, en hulle lammers langs die ma's gelos. Ons het dae lank in die veld spandeer, maar was altyd net te laat of te vroeg. Eendag toe skiet ek n mannetjie op 576m en dog dis oor. 3 weke later slaat hy toe weer toe. 68 ooie later kry ek toe advies by n vriend om n helicopter te huur. Stupid gevoel omdat ek nie vroer daaraan gedink het nie. Gewoonlik het hy gevang om 13h00, maar ek kon chopper net kry 8 uur in die oggend. Wel toe ons op die plaas aankom sit wena op n ooi en vreet! Ek se toe vir loods om hom af te jaag met die chopper en toe begin ek looi met n pomp aksie met ssg. Na die 3de shoot draai hy sy kop en skrou vir ons in die lug, en ek dink by myself, eina? Hier kom nog!! 50 m later en met 6 ssg's in hom is alles oor en maande se worries verby. Toe ek herlaai en hom sy sesde skoot gee, toe se die loods " I think his dead now". Die voorman se dit het geklink soos n semi auto in n Vietnam movie, met skote wat klap en chopper lemme wat raas!


You do not have the required permissions to view the files attached to this post.


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Wed Dec 16, 2015 11:39 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Wed Apr 15, 2015 9:31 am
Posts: 1004
Location: Midrand
Sho dat een kees soveel skade kan maak!

_________________
Ruger FTW


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Wed Dec 16, 2015 11:54 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm
Posts: 3328
Location: Tsumeb, Namibia
Dis n freak-bob gewees daardie!
Vroer jare daar in Olifantshoelk se wereld was ek gewoond aan kese wat die lammers vang en die melkpensies eet en dan die lam so half-dood los en die volgende een aaval en so voorts.
Good riddance soos die Ingelsman se! ;)

_________________
Francois


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Wed Dec 16, 2015 11:59 am 
Offline
Hero Member
Hero Member

Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Posts: 12905
Location: Vereeniging
Dankie LJS. Klompie skade wat slegs een bob kan maak.

_________________
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Wed Dec 16, 2015 11:59 am 
Online
Hero Member
Hero Member

Joined: Wed Aug 07, 2013 8:05 pm
Posts: 801
Location: Windhoek
Ai, daai moes sekerlik n lekker gevoel gewees het om hom so vol gate te pomp. Ek voel baie keer so in die verkeer tussen taxis.

_________________
Groete, Willie


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Wed Dec 16, 2015 1:02 pm 
Offline
Newbie
Newbie

Joined: Fri Jul 10, 2015 5:20 pm
Posts: 37
Location: Uitenhage
Jong daai "feeling" is moeilik om te beskryf!!!


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Tue Jul 18, 2017 8:37 am 
Offline
Newbie
Newbie

Joined: Tue Jul 04, 2017 12:28 pm
Posts: 8
Location: Bloubergstrand
Kom nou af op die post. Sho dis sleg. Het hy toe darem nie maatjies wat hy geleer skaap vang het nie?


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Tue Jul 18, 2017 10:06 am 
Offline
Full Member
Full Member

Joined: Mon May 26, 2014 10:34 am
Posts: 197
Location: Centurion
My skoon Pa boxer tussen Garries en Kammieskroon. Hulle is nie groot boerre nie en geld is maar skaars. Hulle kon die laaste 2 jaar nie 'n lam groot kry nie. Die bobejaan trop ruk ook die ooie se uiers uit en die ramme se ballas af. Dis net skade. Hulle is ook so op en wakker mens kom nie naby om hulle te skiet nie.


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Tue Jul 18, 2017 11:11 am 
Online
Newbie
Newbie

Joined: Mon May 29, 2017 7:28 pm
Posts: 22
LJS wrote:
Ek se toe vir loods om hom af te jaag met die chopper en toe begin ek looi met n pomp aksie met ssg. Na die 3de shoot draai hy sy kop en skrou vir ons in die lug, en ek dink by myself, eina? Hier kom nog!!


LJS. Ek verneem die tegniek om uit n helikopter te skiet is om agter die teiken te mik veral as die helikopter en teiken ook beweeg. Waar het jy gemik en waar het jou skote getref as jy kan terugdink. Was die helikopter staties of het dit beweeg. Sal interresant wees om jou ervaring tov mik en tref te deel.


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Tue Jul 18, 2017 1:31 pm 
Offline
Newbie
Newbie

Joined: Mon Jan 16, 2017 4:37 pm
Posts: 43
Location: Gauteng (Benoni) & Thuli Botswana
Dis nou waar ek waarlik langafstand jag sal sien as regverdig. Daardie helikopter moes n aardige bedraggie gewees het maar ten minste is die bob weg en skade op n ent. Wel gedaan, maar jammer oor jou skade.


Top
 Profile  
Reply with quote  
Display posts from previous:  Sort by  
Post new topic Reply to topic  [ 13 posts ] 

All times are UTC + 2 hours


Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 1 guest


You cannot post new topics in this forum
You cannot reply to topics in this forum
You cannot edit your posts in this forum
You cannot delete your posts in this forum
You cannot post attachments in this forum

Jump to:  


Advertisement























Powered by phpBB® Forum Software © phpBB Group