JARACAL

Forum vir die Jagter/Forum for the Hunter
It is currently Thu Jan 24, 2019 2:12 am


All times are UTC + 2 hours




Post new topic Reply to topic  [ 5 posts ] 
Author Message
 Post subject: Renoster Poachers gevang
PostPosted: Mon Dec 10, 2018 8:36 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Fri Dec 30, 2016 4:12 pm
Posts: 639
Location: Kroonstad
Naand almal

Ek wil graag met julle die volgende storie deel. Gister aand so 18:15 reageer die Buurtwag en Kroonstad SAP op n boodkap ontvang van n Quantum bussie wat gekaap is. Almal jaag na die punte toe om al die toegangs roetes na die hoofpad toe, toe te maak.

Ons het so 15-20 min op ons punte gestaan die die boodskap deurkom dat die bussie op die Henneman Kroonstad teerpad gevind is. Ek en n paar ander manne beweeg toe dadelik na die toneel toe om bystand te gee as die verdagtes te voet gevlug het.

Met die aankoms hoor ons dat alles 2 ure voor dit plaas gevind en ons moed is redelik in ons skoene.

So paar min rondgestaan en die boodskap kom op die radio deur dat daar voertuie is by die Henneman/Kroonstad/Welkom aansluiting en een beweeg in ons rigting. Ek reel toe dadelik met die SAP dat ons die kar moet aftrek en net seker maak dat die manne nie dalk daar in is nie. Die klaer staan toe saam ons daar sodat hy hulle kan uitken as dit hulle is.

Die kar het daar aangekom en is toe afgetrek...met n groot skok word daar 3 manne uit die kar gepluk en op die grond vas gedruk. Saam met hulle kom daar n .375 vasgedraai saam die kolf, Silencer, skroewedraaier, patrone, byl, mes en foelie uit. Nou ja toe ek al die goed sien het ek dadelik geweet wat hulle wou gaan doen.

Die manne is toe oorgegee aan Heilbron Vee Diefstal oor dit hulle area is en so het die ondersoek begin. Hulle het my vandag laat weet dat een van hulle 6 jaar terug ook gevang was vir dieselfde storie en is deel van Renamo in Mosambiek. Hy gaan nou bietjie laaank sit.

Ek is net bly ons het hulle gevang voor hulle in die kamp kon kom en nog n duur se lewe neem want die kamp is so 1km van waar hulle gevang is.




Sent from my iPhone using Tapatalk

_________________
Howa .204 Ruger
Ruger AR 556
Howa .243 Ackley Improved
RPR 6.5 Creedmoor
Savage Mod 12 6.5 Creedmoor 32"
CZ 30-06 Ebony Edition
Savage LRH .338 LM Ackley Improved 32.5"


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Mon Dec 10, 2018 9:41 pm 
Offline
Full Member
Full Member
User avatar

Joined: Thu Feb 02, 2017 2:46 pm
Posts: 133
Lekker om n storie te hoor met n goeie einde. Julle moeite het betaal.
Kan nie help om te wonder waar hulle daai .375 gekry het nie.


Sent from my iPhone using Tapatalk


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Tue Dec 11, 2018 7:37 am 
Offline
Hero Member
Hero Member

Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm
Posts: 1472
Geluk! Die wet is so flou teen die stropers ek sal nie verbaas wees as jul daai man 'n derde keer gaan vang. Daars tans te veel om te wen en te min om te verloor as jy oorweeg om in die wêreld se waardevolste middel handel te dryf

_________________
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Tue Dec 11, 2018 9:15 am 
Offline
Sr. Member
Sr. Member
User avatar

Joined: Sun Apr 30, 2017 6:44 pm
Posts: 292
Location: Queenstown EC
Met die dat die SAP hulle krimenele databasis verloor het wonder ek of daai ou se vorige oortredings beskikbaar gaan wees?
Nietemin mooiso julle Vrystaat bulle.
Jammer dat n bietjie paneelklop werk buite die kwessie was.

_________________
The trouble ain't that there is too many fools, but that the lightning ain't distributed right.
Mark Twain


Musgrave 308 Win. 6.5 Creedmoor. 308 Win Howa. 22LR Model F targer pistol.


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Tue Dec 11, 2018 1:31 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Fri Dec 30, 2016 4:12 pm
Posts: 639
Location: Kroonstad
airhunter wrote:
Met die dat die SAP hulle krimenele databasis verloor het wonder ek of daai ou se vorige oortredings beskikbaar gaan wees?
Nietemin mooiso julle Vrystaat bulle.
Jammer dat n bietjie paneelklop werk buite die kwessie was.


Blykbaar is dit nog daar so kom ons hoop vir die beste.


Sent from my iPad using Tapatalk

_________________
Howa .204 Ruger
Ruger AR 556
Howa .243 Ackley Improved
RPR 6.5 Creedmoor
Savage Mod 12 6.5 Creedmoor 32"
CZ 30-06 Ebony Edition
Savage LRH .338 LM Ackley Improved 32.5"


Top
 Profile  
Reply with quote  
Display posts from previous:  Sort by  
Post new topic Reply to topic  [ 5 posts ] 

All times are UTC + 2 hours


Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 1 guest


You cannot post new topics in this forum
You cannot reply to topics in this forum
You cannot edit your posts in this forum
You cannot delete your posts in this forum
You cannot post attachments in this forum

Jump to:  


Advertisement























Powered by phpBB® Forum Software © phpBB Group