JARACAL

Forum vir die Jagter/Forum for the Hunter
It is currently Fri Nov 24, 2017 8:31 pm


All times are UTC + 2 hours




Post new topic Reply to topic  [ 5 posts ] 
Author Message
 Post subject: Hoeksfontein Familie Jag
PostPosted: Tue Sep 05, 2017 2:32 pm 
Online
Full Member
Full Member

Joined: Tue Jun 23, 2015 11:53 am
Posts: 131
Location: Stellenbosch/ Maltahohe
Middag julle,
Na aanleiding van die draad hieronder, het ons toe einde Julie by Hoeksfontein by Bennie gaan jag.

viewtopic.php?f=1&t=54391&p=631598&hilit=hoeksfontein#p631598

Die hele idee was dat ons vir my skoonpa se 60ste n njala gaan skiet en dan as n familie lekker saam kan kuier. Ons het uit verskillende windrigtings die plek bekruip en die eerste bondel het die Woens middagete se kant daar aangekom. Ek en my copilot het die verste gehad om te aan en het toe eers 01:30 in die oggend die plek gevind. Die tannie van Google maps het ons n "kort" klein grondpas laat ry. Ek was nogal dankbaar copilot het nie besef waar ons tussen die koedoes en afgronde daai tyd van die oggend jaag nie.

Die lodge self is baie lekker uitgele. Daars n swembad en n skietbaan en genoeg slaapplek vir almal. Ons was 5 gesinne en 4 kids en daar kon maklik nog 3 gesinne bypas. Soos dit maar gaan kan daar hier en daar bietjie gewerk word aan die instandinghouding, maar all in all is dit vir my n lekker plek. Daars n lekker kroeg, binne sitkamer met klein kaggel as dit baie koud raak. Buite vuurpit en buitebraai.

Die wereld was droog. Die droogte het die wereld swaar geslaan en die plaas is ook ernstig oorbewei volgens my. Ek dink dit het die manne genoop om meer te skiet dalk, want die wild was nie so volop nie. Hier bring dit my nou na n teer puntjie in die jag wereld. Met bespreking is daar evra wat ons wil laat skiet om te help met beplanning. Op ons lys was 3 eland koeie. Daar aangekom toe is die koeie nie beskikbaar nie en ons kan net bulle skiet. Nou ek verstaan die plaas se redenasie (hulle se die koeie is toe al te ver dragtig), maar ek dink tog mens kon dit dalk geweet het toe ons gebook het. Ek gaan egter nou nie dat dit my storie opmors nie en noem dit maar net om objektief te bly.

Op ons lys is toe skoonpa se njala, 2 eland bulle, n koedoe of 2 en dan kleinwild.

Ons is almal vroeg die Don oggend in n lekker fris koue oggend uit die bed uit en met n paar slukke koffie agter die blad het Bennie se seun Louis ons kom optel. Ons het die oggend begin met n kort koedoejag in die rivierloop. Dis trekkoedoes wat hulle met werkers aanjaag. Skoonpa skiet toe n jong bulletjie en die senuwees is kalmeer en die opwinding loop hoog. Ons is daarna vir brunch terug lodge toe en na brunch is ons verwoed in veld toe.

Voor ek verder gaan net so n woord oor die jagkamp. Dis een groot 3000Ha moerse berg. Ons klim daar in low range teen die hange op laat selfs my maag so n draai maak daar in die berge. Ons mag toe net koedoebulle ook in die kamp skiet en nodeloos om te ses kry ons toe net n paar koeie. Ek en Louis is toe op voet agter my eland bul aan. Ons kry 2 keer n trop koeie maar nie veel anders nie. So teen 3uur die miidag toe sien ons n groot bul so 900m weg teen die hange. Ons stuur toe n werker agter om sodat ons kan seker maak hy gaan nie oor die berghang nie maar die oubaas is te slim vir ons. Ons is rand oor, berg af, berg op laat ek later net sterre sien en bloed hoes. Ons kom weer op sy spoor maar hy ontwyk ons weer.

Die son trek water en ons besluit om dit n day te call. By die kamp aangekom kon ek toe hoor Swaer een het besluit die berge is nie vir hom nie en skiet toe n blouwildewees koei in die vlakte en besluit sy jag is sommer klaar. Verder stap hy nie meer nie.

Attachment:
IMG-20170723-WA0013.jpg


Die vrydag oggend is ons toe weer na koffie uit padlangs aan die buite kant van die kamp en Swaer 2 is berg op. Ons druk druk toe die eland troppie in n hoek en Swaer 2 vat n skoot berg af so 340m met die 30-06. Die PH het gelukkig die "bul"gecall wat toe n koei uitdraai. Gelukkig vir Swaer 2 want hy kon toe n baie goedkoper dier skiet. Daai middag is Swaer 2 toe aan die gang en skiet n rooibok ooi op die vlaktes en sluit sy rekening.

Attachment:
IMG-20170725-WA0006.jpg


Na brunch is skoonpa voort om sy njala te jag. Hy het hom toe na so 2 ure te voet gekry. Ek het gemengde gevoelens oor die njalas want dit voel so klein bietjie geblik vir my. Hulle loop in die lodge se kamp en word gevoer. Maar, dit het steeds 2 ure te voet gevat om hom te kry.

Attachment:
IMG-20170725-WA0011.jpg


Ek en Louis is weer berg op. Ons is dadelik terug na waar ons die bul gekry het. Kry toe eers net n trop koeie. Ons loop daai kamp plat en ek bid net vir pouse. Ons kry toe die ou man, maar hy speel kat en muis met ons die heel middag. Ek kom 3 keer tot in 80m van ons, maar die bos is ruig en hy staan nie stil nie. Sondonder is ons huistoe en my moed is gebreek, my tone het blase, 50% van my lyf is stukkend gekrap van die dorings, maar ek is so happy soos kan kom. Ek besluit toe om die Sat net halfdag te jag want mens moet darem bietjie tyd saam met die familie ook spandeer. Dit is afterall tog n familie verjaarsdag jagBy die kamp gekom kon Swaer 3 darem n koedoekoei buite die jagkamp skiet en sy rekening is toe. . Al die ander manne is toe klaar geskiet.

Sat oggend is ek uit. Oppad jagkamp toe kon ek darem vir die boer n lekker vet ou bobbejaaan skiet en dit help my gemoed toe so bietjie. Ons is weer berg op met my seer voetjies. Bo teen die hange wil wil ek net opgee. Ek se vir Louis toe miskien moet ek maar in die vlaktes n BWB skiet en dan gaan bier drink. Toe sien ons so 1km weg langs n oopte die ou man in die son en bak. Ons het oor n tydperk van 2ure hom bekruip. As hy buk om te eet dan kruip ons n paar meter. Reg rondom hom om onder die wind in te kom. Toe ek om die draai stap toe is hy net missing. Nog n uur speel ons so kat en muis tussen die bosse. Net toe ek nou heeltemal moeg is maak die man n voutjie en ek kon kom so in die draf oor die stokke skiet met die 30-06. Afstand was nie meer as 60m nie. Hy het so 50m gegaan. Soos julle aan die karkas kan sien is dit n ou bul. Sy kondisie was baie af en ek dink die man het al begin swaarkry.

Foto op volgende post want ek kan net 3 fotos opsit

Hierdie was my eerste eland en dit was n ongelooflike ondervinding wat ek nooit sal vergeet nie. Ek het myself gate uit geniet.

Ek groot dankie aan Louis as my PH. Hy het sy gat afgewerk en nooit sy humeur met my verloor nie. En darem net in sy mou gelag as ek so blaas na my asem.


You do not have the required permissions to view the files attached to this post.


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Tue Sep 05, 2017 2:34 pm 
Online
Full Member
Full Member

Joined: Tue Jun 23, 2015 11:53 am
Posts: 131
Location: Stellenbosch/ Maltahohe
En hier is my eland.

Attachment:
IMG-20170723-WA0009.jpg


Die skoot is effe hoog maar dit was maar vinnig skiet. Sy horings het 32duim gemeet.


You do not have the required permissions to view the files attached to this post.


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Tue Sep 05, 2017 3:12 pm 
Offline
Full Member
Full Member
User avatar

Joined: Thu Feb 26, 2015 10:00 am
Posts: 225
Location: Pretoria
Baie geluk met almal se diere, veral met jou skoonpa se Njala en jou prag Eland

_________________
.308 Win Sako 85
.375 H&H Steyr Mannlicher Mod S.
Glock 19


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Tue Sep 05, 2017 3:24 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Posts: 2970
Location: Durbanville, WesKaap
Baie geluk veral met daai eland van jou. Dit sal jou altyd by bly. 'n Kollega van my was toevallig laas week van Woensdag tot Sondag daar en het 'n pragtige koedoebul geskiet met horings van 48 duim. Hy het ook gekla oor die wild wat nou min is.
Hulle het eland by 'n ander plaas gaan skiet wat gereel is deur Bennie hulle.


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Tue Sep 05, 2017 4:52 pm 
Offline
Full Member
Full Member
User avatar

Joined: Wed May 13, 2015 9:45 am
Posts: 141
Location: Waterberg, Limpopo
Ons het ook al op Hoeksfontein gejag so n paar jaar terug. Tereg n lekker kamp en lodge opset. Jag ook nie te onaangenaam nie behalwe vir n paar geskille oor presies dieselfde dilemma. Eland koeie bespreek en toe mag daar net bulle geskiet word. En per duim bokant n sekere lengte betaal. Nodeloos om te sĂȘ dat daar n paar manne was wat hul budget redelik seergemaak het en maar moes ophou jag nadat daar gemeet was. En dit ook nadat die PH die call gemaak het. Maar ja gewis n lekker plek om te jag, dis nou as jy eers bo-op die berg gekom het. Daai manne het geen respek vir n 4x4 nie!

_________________
Stoot lood!


Top
 Profile  
Reply with quote  
Display posts from previous:  Sort by  
Post new topic Reply to topic  [ 5 posts ] 

All times are UTC + 2 hours


Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 6 guests


You cannot post new topics in this forum
You cannot reply to topics in this forum
You cannot edit your posts in this forum
You cannot delete your posts in this forum
You cannot post attachments in this forum

Jump to:  


Advertisement























Powered by phpBB® Forum Software © phpBB Group