Tholo Game Farm - Familie jag 2013
- Jakes73
- Full Member

- Posts: 234
- Joined: Sat Mar 31, 2012 10:35 pm
Tholo Game Farm - Familie jag 2013
Tholo Game Farm - Familie jag 2013
En so het ek ook uiteindelik ‘n jag storie om te vertel na aanleiding van ons familie jag die jaar te Tholo Game Farm net anderkant Groblersdal …
Die beplanning het reeds vroeg in die jaar begin toe ek begin reel het aan die jag en na die datums vasgemaak was met Anita van Tholo was dit tyd om te reelings te begin tref met die familie. Eerste op die lys was my broer wat laasjaar saam met my vir die eerste keer gaan jag het, maar alhoewel ons hom so paar keer op varke en rooibokke kon kry het bokkoors die oorhand gewen en die jaar sou die fokus daarop wees om hom te help om sy eerste suksesvolle jag te he. Tweedens was my ma en pa, alhoewel hulle nie self jagters is nie, sien ons hulle maar deesdae min vandat hulle in Vleesbaai afgetree het so die paar dae was ook om kwaliteit tyd saam met hulle te spandeer in die bosveld. En dan laastens, maar glad nie die minste nie, was my skoonpa en skoonma.
Ons is Sondag oggend so rondom 11h00 by die huis weg met vrouens, kinders en die nodige proviante ingepak en het die 170km plaas toe met ‘n besliste huppel in ons gemoedere aangepak. Aangekom op die plaas is alles uitgepak en seker gemaak almal was gemaklik in hulle le plekke vir die volgende 4 dae en alhoewel daar so effense probleem was met van die verblyf is dit ook gou uit gesorteer en kort voor lank was almal gelukkig en salig besig om ‘n ietsie vir die stowwerige kele te neem. Koue water was my voorland want ek wou gou eers gaan seker maak almal se gewere was nog mooi ge-zero. Skoonpa se 30-06 was gelaai met 180gr Nosler Partitions en na 3 skote was ons tevrede dat alles nog reg was. Skoonpa het ook sy Winchester Mod 70 375 H&H saam gebring waarmee ek graag ‘n vark of 3 wou probeer jag, die was gelaai met 300gr Nosler Partitions en laastens was my eie 30-06 gelaai met 168gr Barnes TSX.
Daarna was dit bietjie huis skoonmaak en leefbaar maak gevolg deur ‘n rustige aand rondom die kampvuur saam met familie en dit was die einde van dag 1.
[image]http://i1272.photobucket.com/albums/y400/Jakes73/P1060740_zpsace4bebd.jpg[/image]
[image]http://i1272.photobucket.com/albums/y400/Jakes73/P1060714_zps29e0c685.jpg[/image]
Dag 2 het vroeg begin en ek is alleen uit opsoek na rooibokke, varke of dalk ‘n bosbok om die jag seisoen mee te open. My broer het besluit om in te le en my seun is saam met skoonpa uit om te kyk of hulle iets kon kry. Ek was eerste om my rekening te open en was gelukkig om ‘n mooi bosbok ooi te kon neem wat ‘n nuwe spesie vir my was. Dit was ‘n mooi vet ooi wat 23kg uitgeslag het.
[image]http://i1272.photobucket.com/albums/y400/Jakes73/IMG00337-20130701-0954_zpsccaa3919.jpg[/image]
Tweede op die beurt was my skoonpa wat op sy eerste jag saam met sy kleinseun gelukkig was om ‘n baie mooi Blouwildebees koei te kon neem. Oupa was so effe op sy senuwees voor die tyd omdat hy lanklaas ge-jag het en soos dit maar gaan met die “Arm man se buffel” het sy vir so bietjie sports gesorg toe sy nie dadelik na die 1ste skoot geval het nie. Na sy hom so bietjie die plaas gaan wys het het my seun en die gids hom mooi gehelp om die bloedspoor te volg en kon hy gelukkig met ‘n 2de opvolg skoot haar onder bedwang bring. Die eerste skoot was reguit van voor en hy het die hart gemis en slegs een long laag getref wat veroorsaak het dat sy nog so genoeg diesel oorgehad het vir ‘n kilometer of twee maar gelukkig met knap spoorsny werk het hulle haar redelik vining gekry.
[image]http://i1272.photobucket.com/albums/y400/Jakes73/P1060723_zpsb4b5f341.jpg[/image]
Volgende aan die beurt was ek en my broer en ons is Maandag middag saam uit, my broer met my 30-06 en ek met die 375 opsoek na rooibokke of vlakvarke vir hopenlik my broer se eerste suksesvolle jag. Die keer het ons weer op die groter, 1200ha gedeelte van die plaas gaan jag en na ‘n lekker lang staptog is ons in ‘n rivier loop af rondom 17h00 die middag. Die volgende oomblik hoor ons ‘n ge-ritseling in die gras op die bo-kant van die wal. My broer en die gids klim toe stadig teen die wal op om te kyk wat so geraas maak. Groot was ons verbasing toe ons sien ons het op ‘n groep bosvarke afgekom en dit terwyl die son nog skyn. Ek en my broer het langs mekaar stelling ingeneem voor die bosvarke geweet het van ons wat so 3m-5m voor ons gevreet het agter klippe en gras. Ek was eerste aan die beurt en kon ‘n skoot afkry met die 375 op die vark wat links van ons gevreet het. Die oomblik toe my skoot klap kon ek sien die vark gaan nerens nie en het toe my aandag gespits op die vark wat my broer op gemik het wat gelyk of hy wou storm, my broer het mooi kalm gebly en het sy skoot op omtrent 6m afgetrek met ‘n vark wat reguit oppad na hom toe was. Die skoot was mooi op die linker skouer in en het die hele lengte van die vark ge-penetreer en ons kon die Barnes uit die boud uit haal toe ons geslag het.
[image]http://i1272.photobucket.com/albums/y400/Jakes73/Barnes02_zps52c17009.jpg[/image]
Dit was die eerste keer dat ek ‘n Barnes kon herwin en met 127gr van die oorspronklike 168gr (76% gewig retensie) voel ek die koeel prestasie was bo verwagting op so ‘n kort afstand. Ek self het met 300gr Nosler Partition uit die 375 geskiet maar op so ‘n kort afstand is die koeel deur die vark en kon ons niks herwin nie.
Na ons vir boeta geverf het met die nodige bloed om sy eerste kill aan te dui het ons die gebruiklike fotos geneem en wat ‘n voorreg was dit nie om my broer se eerste jag met hom te kon deel en dan nog ook op so ‘n skaars dier.
[image]http://i1272.photobucket.com/albums/y400/Jakes73/P1060731_zps5a6d9309.jpg[/image]
[image]http://i1272.photobucket.com/albums/y400/Jakes73/P1060735_zpsd2574811.jpg[/image]
En dit was die einde van Dag 2.
Dag 3, dinsdag, het ek besluit om ‘n dag in die berge en die klowe te spandeer opsoek na Kudu’s en/of Gemsbokke. My en Godfrey se dag het vroeg begin en ons is alreeds 5h30 die oggend weg by die huis. Teen 6h00 het ons begin klim, baie stadig en baie versigtig om so min as moontlik geluide te maak want ons wou na aan bo wees teen die tyd wat die son begin uitkom. Halfpad teen die berg op het ons geluide onder in die kloof begin hoor soos wat die bos begin ontwaak het, ons het gereeld gestop om te luister en alhoewel ons ‘n paar kudu’s hoor blaf het kon ons niks sien nie. Teen omtrent 8h15 was ons bo-op die berg en het ons vir ‘n wyle gestop om God se wonderlike skepping te aanskou en wat ‘n uitsig was dit nie …
[image]http://i1272.photobucket.com/albums/y400/Jakes73/Uitsig_zps376a6d66.jpg[/image]
Die res van die dag het ons bo-op die berg spandeer en in en om al die klowe rondom die berge maar sonder enige sukses. Ons is die middag so om en by 14h00 terug kamp toe, moeg, met blase, snye en krapmerke maar sonder enige iets wat ons in die koelkamer kon gaan hang. Teen 15h00 is ek en my twee kinders weer terug die veld in om hulle ook kans te kon gee om so bietjie tyd saam met Pa te kon spandeer. Dit was my dogter se eerste keer om saam met my te kon stap in die veld en alhoewel ons op verskeie Kudu koeie afgekom het was dit nie waarna ek opsoek was nie. Weereens het ek die Kudu’s duidelik hoor blaf maar kon ek geen bulle onder skoot kry nie. Ons is so net na 17h00 terug kamp toe, moeg maar tog tevrede dat dit ‘n dag van baie harde werk was en ‘n dag waar ek weereens kon stil raak in die bos.
En dit was die einde van dag 3.
Dag 4, ons laaste dag van jag het aangebreek en ek is met ‘n seer lyf 7h00 die oggend die kamp uit. Hierdie keer sou ons terug keer na die 1200ha kant van die plaas op die enigste gedeelte wat ek nog nie op geloop/jag het nie. Ons het vining op baie Kudu spore afgekom en dinge het belowend gelyk. Teen 9h00 het ons die eerste Kudu koei gekry op so 150m in baie digte bos maar ek het ‘n oop skoot gehad maar het weer besluit om nie ‘n koei te neem nie. Ek het vir omtrent 15min stil gesit en kyk met die hoop op ‘n bul wat saam met haar sou loop maar helaas was hy nie daar nie. Die res van die oggend het ons baie stadig deur verskeie kampe beweeg en spore gevolg maar weereens sonder enige sukses. Sou die “Grey Ghost” my alweer ontwyk vir nog ‘n jaar? Ons is oor nog ‘n koppie en na nog ‘n paar kilometer se loop het my bene regtig soos jelly begin voel na 3 dae in die bos, na baie kilometers, oor berge en deur klowe. Teen 11h30 het ek vir Godfrey gese ons kan maar begin terug beweeg na die hek se kant toe, ons was teen die heel agterste grens draad en het koers gekies deur ‘n kamp wat die platste grond gehad het. Teen 11h45 kom ons af op ‘n trop Rooibokke en met die wind in ons guns, en ‘n grondwal tussen ons en die trop kon ons die sowat 400m vining opmaak sonder om opgemerk te word. Ek het ‘n gemaklike boom gekry om deur te skiet en was op die punt om my skoot af te trek op ‘n mooi ram toe Godfrey my stop en se daar is ‘n groot Kudu bul saam met die trop. Wat ons nie dadelik gesien het nie was dat links van die bos waar ons die Rooibokke gekry het was daar ‘n prag bul wat glad nie van ons geweet het nie. Ek en Godfrey het baie stadig op ons mage ‘n verdere 50m agter die grondwal ge-leopardcrawl om in ‘n beter skiet posisie te kom. Weer het ek ‘n perfekte mik gekry om deur te mik op die bul wat so 60m voor my gestaan het. Ek het die kruishaar mooi agter die blad gebring en my skoot afgetrek. Die 30-06 het gebrul en die bul het gedraai in ons rigting, oor die bees draad gespring en op die grondwal skaars 30m voor ons kom staan om te sien waar ons was. Dis op die stadium dat ek vir die eerste keep begin bewe het van opgewondenheid toe ek besef wat besig was om voor my af te speel. Ek het ge-herlaai en agter die boom uitgetree om ‘n opvolg skoot te neem. Godfrey het my gerus gestel dat dit raak was maar ek het nogsteeds die bul dopgehou toe hy by die wal begin afhardloop. Skaars by die wal af het hy die 1ste keer gestruikel en geval, weer opgestaan vir wat soos ‘n ewigheid gevoel het voor hy ‘n 2de keer gestruikel het. So deur die scope het ek hom dopgehou en gesien hoe die ou bul sy laaste asem uitblaas skaars 50m voor my. Ek en Godfrey het altwee gestaan en kyk sonder om ‘n woord te se en eers toe ons by hom kom het ons besef wat ons vermag het. Ons het die “Grey Ghost” getem en ek kon met ‘n groot glimlag se dat ek een van my jag drome verwesenlik het.
[image]http://i1272.photobucket.com/albums/y400/Jakes73/P1060741_zpsc15b29a7.jpg[/image]
[image]http://i1272.photobucket.com/albums/y400/Jakes73/P1060749_zps8251be22.jpg[/image]
Die bul het 54” gemeet en 185kg uitgeslag … Dit beslis die hoogtepunt van my jag loopbaan tot op hede en iets wat ek nooit sal vergeet nie.
Lekker slaap ou grote en dankie vir die voorreg om jou te kon jag. Jy sal definitief 'n spesiale plek in die huis kry sodra jy terug kom van die taksidermie af.

Last edited by Jakes73 on Thu Jul 11, 2013 1:12 pm, edited 7 times in total.
- Geno
- Administrator

- Posts: 13640
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Tholo Game Farm - Familie jag 2013
Lekke Jakes!
Last edited by Geno on Thu Jul 11, 2013 1:34 pm, edited 3 times in total.
Goed, beter, 6millimeter!
- Jakes73
- Full Member

- Posts: 234
- Joined: Sat Mar 31, 2012 10:35 pm
Re: Tholo Game Farm - Familie jag 2013
.
Last edited by Jakes73 on Thu Jul 11, 2013 1:13 pm, edited 1 time in total.
-
Sarel
- Sr. Member

- Posts: 349
- Joined: Fri Jun 08, 2012 1:38 pm
Re: Tholo Game Farm - Familie jag 2013
Baie geluk!!
Mooi diere wat julle geskiet het !
Mooi diere wat julle geskiet het !
-
FCLoretz
- Hero Member

- Posts: 3043
- Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am
Re: Tholo Game Farm - Familie jag 2013
Baie mooi Jakes.
Bly jy het die jag geniet.
Bly jy het die jag geniet.
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
- Wismit
- Hero Member

- Posts: 576
- Joined: Wed Jun 09, 2010 1:47 pm
Re: Tholo Game Farm - Familie jag 2013
Ek kan net aan net een woord dink om te sê:
AWSOME !!
W.S
AWSOME !!
W.S
- Hugov
- Hero Member

- Posts: 684
- Joined: Thu May 26, 2011 8:06 am
Re: Tholo Game Farm - Familie jag 2013
Baie geluk man!
- Marc
- Hero Member

- Posts: 5966
- Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm
Re: Tholo Game Farm - Familie jag 2013
Lekker Jakes, geluk man, ek moet nog daai balkie kry 
Tog bly jou voete het gespaar gebly

Tog bly jou voete het gespaar gebly
Last edited by Marc on Thu Jul 11, 2013 2:35 pm, edited 1 time in total.
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
- JPS
- Hero Member

- Posts: 3646
- Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm
Re: Tholo Game Farm - Familie jag 2013
Baie baie lekker storie Jakes en prag bul om daarby aan te sluit.
Groete
jP
Groete
jP
- Piet Pille
- Hero Member

- Posts: 2092
- Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm
Re: Tholo Game Farm - Familie jag 2013
Baie geluk Jakes.
Jy't in my oe die perfekte jag gehad- kwaliteit tyd saam met die familie en kinders, kwaliteit tyd in die veld deurgebring en 'n kwaliteit koedoe kon jag wat jou vir altyd sal bybly.
Dis hierdie tipe wedervaringe wat geld nie kan koop koop nie en wat die Liewe Vader vir ons gee in sy groot liefde. Watter voorreg is dit nie.

- FHM
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm
Re: Tholo Game Farm - Familie jag 2013
Pragtig Jakes man en lekker vertel.
Dis n meneer kudu daai!
Myne stap op n plaas in die Noorde rond - ons het n date volgende jaar....

Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
- DWB
- Hero Member

- Posts: 6969
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: Tholo Game Farm - Familie jag 2013
Baie Geluk Jakes! Julle het baie goed gedoen!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"

- Smiley
- Sr. Member

- Posts: 402
- Joined: Sat Nov 17, 2012 2:36 pm
Re: Tholo Game Farm - Familie jag 2013
Geluk Jakes, julle almal het baie goed gedoen!!
-
Stasoft
- Full Member

- Posts: 111
- Joined: Mon Sep 05, 2011 3:12 pm
Re: Tholo Game Farm - Familie jag 2013
Baie geluk met die pragtige kudu en mooi storie.
- Jakes73
- Full Member

- Posts: 234
- Joined: Sat Mar 31, 2012 10:35 pm
Re: Tholo Game Farm - Familie jag 2013
So bietjie terugvoer na aanleiding van laasjaar se storie ... Ek het die Kudu laat mount en het dit in Desember terug gekry. Hier's so paar foto's om mee te spog, ek dink dit het heel spoggerig uitgekom.
http://i1272.photobucket.com/albums/y400/Jakes73/Kudu6_zpsed878ac1.jpg
http://i1272.photobucket.com/albums/y400/Jakes73/Kudu8_zpsdb3b74ab.jpg
http://i1272.photobucket.com/albums/y400/Jakes73/Kudu7_zpsf9db3160.jpg

WILLEBEES
- Sr. Member

- Posts: 370
- Joined: Thu Aug 22, 2013 11:54 am
Re: Tholo Game Farm - Familie jag 2013
Sjoe maar is ek nou lekker jaloers!
My lus hang omtrent uit om weer in die jagveld te kom.....
Baie geluk Jakes - ek glo jy bars van trots. (Ek sou ook....)
Groetnis

Taurus .357 Magnum 4"
Weatherby Vanguard Sub MOA .300 Win Mag S/S Synthetic
1924 Mauser K98 8x57 JS Standard
Mossberg Maverick 12 Ga P/A
Sola Gratia ~ Deur genade alleen
Weatherby Vanguard Sub MOA .300 Win Mag S/S Synthetic
1924 Mauser K98 8x57 JS Standard
Mossberg Maverick 12 Ga P/A
Sola Gratia ~ Deur genade alleen
- Jakes73
- Full Member

- Posts: 234
- Joined: Sat Mar 31, 2012 10:35 pm
Re: Tholo Game Farm - Familie jag 2013
En die laaste een ...
http://i1272.photobucket.com/albums/y400/Jakes73/Kudu9_zpsc653edf5.jpg

F.L.A.S.H
- Hero Member

- Posts: 854
- Joined: Mon Jul 23, 2012 10:53 am
Re: Tholo Game Farm - Familie jag 2013
Baie baie mooi
- Fritz
- Hero Member

- Posts: 1376
- Joined: Mon Mar 25, 2013 11:26 pm
Re: Tholo Game Farm - Familie jag 2013
Majestic Koedoe Jakes!!
- Jakes73
- Full Member

- Posts: 234
- Joined: Sat Mar 31, 2012 10:35 pm
Re: Tholo Game Farm - Familie jag 2013
Dankie almal, moet se ek is heel in my noppies met New Creation Taxidermy se werk. Vrou het dit vir my laat doen vir my 40ste ... Wat 'n persent!!!
-
FCLoretz
- Hero Member

- Posts: 3043
- Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am
Re: Tholo Game Farm - Familie jag 2013
Jakes baie mooi, geniet daai trofee.
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
-
AntonF
- Jr. Member

- Posts: 97
- Joined: Wed Oct 23, 2013 2:51 pm
Re: Tholo Game Farm - Familie jag 2013
Baie geluk Jakes die Here het jou geseen met n Pragtige trofee
Geniet hom
Geniet hom
.22 BRNO
12Br Baikal
.303.BSA
.308 Musgrave
12Br Baikal
.303.BSA
.308 Musgrave