JARACAL

Forum vir die Jagter/Forum for the Hunter
It is currently Mon Nov 12, 2018 11:57 pm


All times are UTC + 2 hours




Post new topic Reply to topic  [ 21 posts ] 
Author Message
 Post subject: Uit die vuis uit
PostPosted: Thu Nov 08, 2018 12:20 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm
Posts: 3545
Location: Tsumeb, Namibia
Manne,

In my jong dae het ek bitter baie gejag te voet en perd en het bykans uitsluitlik net uit die vuis geskiet sonder probleme - dit nog oopvissier ook.

Ek het die afgelope paar jare agtergekom dat dit moeilik raak om uit-die-vuis houe in te kry, dus skarrel ek maar altyd na n boom of gaan plat oor n klip of stomp of langs n miershoop. Die ding wat my irriteer met myself, is soms is daar f-ol naby om jou te stewig nie en dan moet jy mos uit-die- vuis kan gooi...!!!

Ek stap laat na-middag gister om die land en kry paar tarrentale so op 70 meter, staan en probeer die kruishaar op die tarrentaal hou - vergeefs, ek is bo oor-links-regs-onderdeur. Vanoggend voor werk om die land en weer dieselfde ding - ek kan om die dood nie my kruishaar stil gehou kry op die teiken nie. Hel dit irriteer my grensloos.

Is ek besig om mal te word of is daar van julle manne ook in die 50'er + jare wat ook die affere agterkom?

_________________
Francois


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Uit die vuis uit
PostPosted: Thu Nov 08, 2018 12:24 pm 
Offline
Sr. Member
Sr. Member

Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am
Posts: 391
Location: Pietersburg Limpopo
Ek het maar skietstokke aangeskaf. Ek hou van die Primos 2 been. Ek kan egter ook verstaan dat iemand wat elke dag in die veld is nie altyd 'n skietstok wil romdra nie.

_________________
Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels daar nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Uit die vuis uit
PostPosted: Thu Nov 08, 2018 12:38 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Thu Jun 28, 2012 1:47 pm
Posts: 933
Location: Germiston
Dalk maar net weer n bietjie oefen. Oom Piet Breed het my n oulike manier gewys hoe hy oefen met n lazer pointer in sy huis.
Moet se ek was stom geslaan toe hy my dit wys.


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Uit die vuis uit
PostPosted: Thu Nov 08, 2018 12:40 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Sun Apr 21, 2013 8:03 pm
Posts: 525
Location: Pretoria
RUPERT wrote:
Dalk maar net weer n bietjie oefen. Oom Piet Breed het my n oulike manier gewys hoe hy oefen met n lazer pointer in sy huis.
Moet se ek was stom geslaan toe hy my dit wys.


Deel bietjie asb ?

_________________
30-06 Sako Finnbear
.22 Mauser Oberndorf
Glock 19 Gen 4
6.5x55 Howa


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Uit die vuis uit
PostPosted: Thu Nov 08, 2018 12:58 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member

Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Posts: 3433
Location: Pretoria
Francois,

As ek mag vrae wat was die scope vegroting gewees op jou geweer op die tarentale?
Rede hoekom ek vrae hoe minder jy sien dat jy bewe en beweeg hoe meer skiet jy raak jys sal nogal verbaas wees as jy die scope afdraai na x 4 vergroting en sien hoe van die tarries om.

By BASA kry ons darem lekker uit die vuis oefening en dit help baie met bosveld jag waar jy nie altyd tyd het vir 'n dooierus, boom of stokke selfs.


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Uit die vuis uit
PostPosted: Thu Nov 08, 2018 1:48 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member

Joined: Sun Oct 18, 2009 6:30 am
Posts: 2325
Location: Yarraman
Hou jou kruis bo die bok /teiken sak stadig en as die kruis kom waar hy moet wees ,moet die skoot klap.Ek hou weer my kruis onder die bok en bring hom stadig op as die kruis op sy merk kom moed die skoot loop.Ek het net agter gekom dat ek dit beter kan beheer as ek die wapen lig teenoor as ek die wapen laat sak ,dis vir my of ek vinniger begin sak hoe langer ek vat .
Dis maar hoe ek hom doen ,nodeloos om te se jou vertikale lyn moet die heeltyd gehou word waar jy die skoot wil laat val ,so jy kyk net na jou horisontale draad.As hy op hoogte is moet die skoot loop.Ken jou geweer en ken jou sneller.


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Uit die vuis uit
PostPosted: Thu Nov 08, 2018 1:56 pm 
Online
Newbie
Newbie

Joined: Mon Oct 01, 2018 7:31 am
Posts: 12
[quote="Vlakvark"]Hou jou kruis bo die bok /teiken sak stadig en as die kruis kom waar hy moet wees ,moet die skoot klap.Ek hou weer my kruis onder die bok en bring hom stadig op as die kruis op sy merk kom moed die skoot loop.Ek het net agter gekom dat ek dit beter kan beheer as ek die wapen lig teenoor as ek die wapen laat sak ,dis vir my of ek vinniger begin sak hoe langer ek vat .
Dis maar hoe ek hom doen ,nodeloos om te se jou vertikale lyn moet die heeltyd gehou word waar jy die skoot wil laat val ,so jy kyk net na jou horisontale draad.As hy op hoogte is moet die skoot loop.Ken jou geweer en ken jou sneller.[/quote
Goeie advies. Die tegniek werk ook vir boogskiet.


Sent from my iPhone using Tapatalk


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Uit die vuis uit
PostPosted: Thu Nov 08, 2018 2:17 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm
Posts: 3545
Location: Tsumeb, Namibia
Dankie manne.
Frederik ek het n 6 x op my 22, ek het ookal gedink dis dalk bietjie te veel vir die nader skote en dat dit die oorsaak kan wees. Ek moet dalk die trale laat loop na 100 m se merk toe... ;)

VV ek sal daai tegniek probeer, ek is gewoonlik vinnig van onder af op die kol en dan wil ek kole gooi, maar "die kruishaar" wil nie saamwerk nie...Sal hom bietjie so paar weke van bo na onder bring en kyk.

Rupert ja daai sal n goeie offening wees. Ek het so laser-wyser en sal hom net met tape op die loop vasdraai en oeffen.

Ek dink (weet) asemhaling is my groot probleem. Ek hou asem op as ek begin aanle, dalk moet ek net egalig en deeglik asemhaal tot voor ek die skoot druk, en dalk.... moet ek ipv stap begin draf met 22 hoog voor en fikser raak ;)

_________________
Francois


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Uit die vuis uit
PostPosted: Thu Nov 08, 2018 2:22 pm 
Offline
Sr. Member
Sr. Member

Joined: Mon Jun 16, 2014 8:54 am
Posts: 265
Location: Louis Trichardt Limpopo
Hi Francois ek sukkel oor die algemeen met .22 uit die vuis. Hulle is gewoontlik te kort,comb is te laag vir scope en hulle is te lig.


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Uit die vuis uit
PostPosted: Thu Nov 08, 2018 2:25 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm
Posts: 3545
Location: Tsumeb, Namibia
Thunderhead wrote:
Hi Francois ek sukkel oor die algemeen met .22 uit die vuis. Hulle is gewoontlik te kort,comb is te laag en hulle is te lig.


Weet jy ek het daaraan ook gedink, dis n baie ligte 22 en my groot geweer is seker 3 keer swaarder, en hom hou ek baie meer stil uit die vuis. Kan ook nie verdomp die trale met die o-kwes looi nie, wat kry die brakke dan... ;)

_________________
Francois


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Uit die vuis uit
PostPosted: Thu Nov 08, 2018 3:46 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm
Posts: 2068
Location: Durbanville - Weskaap
Sit 'n geweer belt op en draai jou arm deur hom. Trek nou die geweer vas in jou skouer. Dit behoort so 50% bewe uit te haal.

_________________
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Uit die vuis uit
PostPosted: Fri Nov 09, 2018 7:23 am 
Offline
Full Member
Full Member

Joined: Tue Jul 12, 2016 8:50 pm
Posts: 125
Location: Brackenfell
heywillie wrote:
RUPERT wrote:
Dalk maar net weer n bietjie oefen. Oom Piet Breed het my n oulike manier gewys hoe hy oefen met n lazer pointer in sy huis.
Moet se ek was stom geslaan toe hy my dit wys.


Deel bietjie asb ?


Stel ook belang om te luister.....of is dit 'n staatsgeheim;)

_________________
22-250 Musgrave
243 Savage VLP
243 AI Howa
300WSM Tikka Super Varmint
22-250 Weatherby Varmint RC


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Uit die vuis uit
PostPosted: Fri Nov 09, 2018 10:01 am 
Offline
Sr. Member
Sr. Member

Joined: Mon Jun 16, 2014 8:54 am
Posts: 265
Location: Louis Trichardt Limpopo
Ander ding om aan te dink is barrel time. N vinnige geweer skiet drie keer vinniger as n .22 so jou bewe op groot geweer sal minder effek he as .22. Ek het dit agter gekom toe ek met my Pcp staan posisies begin ofen.


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Uit die vuis uit
PostPosted: Fri Nov 09, 2018 3:46 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member

Joined: Sun Oct 18, 2009 6:30 am
Posts: 2325
Location: Yarraman



Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Uit die vuis uit
PostPosted: Fri Nov 09, 2018 5:25 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member

Joined: Wed Jul 19, 2017 4:48 pm
Posts: 504
Location: Kaapstad
Ek bewe ook lekker deesdae. As jong kind kon ek vuurhoutjies raakskiet met my Diana windbuks. Nou dat ek 'n man met rekeninge en 'n kind is beweeg daai voorste visier net te veel.

Iets wat wel vir my werk maar wel oefening verg, is om doodeenvoudig die geweer op te tel, en sodra die visier opgelyn is met die teiken, te skiet. Amper in een beweging. Dit help natuurlik as mens 'n goeie gevoel vir jou geweer het. Dis nie so moeilik soos dit klink nie, maar jy moet maar eers met 'n windbuks oefen totdat jy die truuk agter die blad het.

Ek moet seker maar noem dat dit oop visier is. Ek dink nie ek sal dit met 'n teleskoop regkry nie want ek moet altyd 'n oomblik neem om myself te orienteer met die ding.

_________________
Of so iets


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Uit die vuis uit
PostPosted: Fri Nov 09, 2018 8:09 pm 
Online
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Posts: 1589
Location: Randburg, Gauteng
Ek was in Julie vanjaar gelukkig om 'n rooibok deur die hart te skiet oor afstand van 191 meter, sommer so uit die vuis uit. Ja, dit was met my .270!!! Ek hou in die algemeen nie van te groot vergroting in die Bosveld nie, gebruik nie meer as 6 x vergroting nie. Mens moet maar meeste asem uit jou longe hê as jy die skoot af-"druk" en ja, ek spot dikwels en sê dis dikwels 'n kwessie van "raak bewe". Die tegniek van die geweer egalig vertikaal optrek, werk vir my die beste. Ek glo die windbuks is waardevol wanneer dit by voorbereiding kom. Hoe fikser mens natuurlik is, hoe beter.


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Uit die vuis uit
PostPosted: Fri Nov 09, 2018 9:20 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member

Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Posts: 1203
Location: Noord-Transvaalse Bosveld
So 'n paar kommentare oor die uit-die-vuis kwessie:

1. Uit die vuis is die heel moeilikste van al die konvensionele skietposisies. Daarom behoort mens dit ook die meeste te oefen.
2. Skietkuns is 'n bederfbare vaardigheid. Wat ons lank gelede kon doen sê niks. Wat ons vandag oefen bepaal ons vaardigheid.
3. Ouderdom werk teen skietkuns. Hoe ouer jy word hoe harder moet jy werk net om jou standaard te handhaaf.
4. Fiksheid help skietkuns. Gewone kardiovaskulere oefening asook spieroefening. Die beste gewig om mee te oefen is jou swaarste geweer.
5. Soos wat mens ouer word raak die oë swakker en die hande meer bewerig. Groter teleskoope help vir die swak oë maar vereger die bewerasies. Ek wonder steeds hoe om die 2 te hanteer...


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Uit die vuis uit
PostPosted: Fri Nov 09, 2018 9:43 pm 
Offline
Full Member
Full Member

Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm
Posts: 173
Ek lig ook die geweer op deur die teiken, maar deesdae net op naby skote. As jou myle hoog raak en baie was grondpad, moet 'n ou dit maar teësinnig aanvaar. Ons kan ons nie bankrot oefen soos Jerry Miculek nie.

Probeer gerus 'n stel "quad sticks". Dit voel soos om vanaf 'n skietbank te skiet.


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Uit die vuis uit
PostPosted: Sat Nov 10, 2018 8:30 am 
Offline
Hero Member
Hero Member

Joined: Wed Jul 19, 2017 4:48 pm
Posts: 504
Location: Kaapstad
Of koop 'n haelgeweer en bekruip alles.

_________________
Of so iets


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Uit die vuis uit
PostPosted: Mon Nov 12, 2018 3:47 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm
Posts: 3545
Location: Tsumeb, Namibia
Harambe wrote:
Of koop 'n haelgeweer en bekruip alles.


++>: ++>: ++>: GRAPGAT !

_________________
Francois


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Uit die vuis uit
PostPosted: Mon Nov 12, 2018 5:04 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Posts: 4776
Location: Paarl
FHM wrote:
Harambe wrote:
Of koop 'n haelgeweer en bekruip alles.


++>: ++>: ++>: GRAPGAT !

Dit het alles met ouderdom te doen.
Altzheimers maak dat ek nie uit die vuis kan praat nie en geite maak dat ek nie uit die vuis kan skiet nie.

_________________
Dont make expensive noise! Make the first shot count!


Top
 Profile  
Reply with quote  
Display posts from previous:  Sort by  
Post new topic Reply to topic  [ 21 posts ] 

All times are UTC + 2 hours


Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 58 guests


You cannot post new topics in this forum
You cannot reply to topics in this forum
You cannot edit your posts in this forum
You cannot delete your posts in this forum
You cannot post attachments in this forum

Jump to:  


Advertisement























cron
Powered by phpBB® Forum Software © phpBB Group