JARACAL

Forum vir die Jagter/Forum for the Hunter
It is currently Thu Jan 24, 2019 2:52 am


All times are UTC + 2 hours




Post new topic Reply to topic  [ 62 posts ]  Go to page Previous  1, 2, 3  Next
Author Message
PostPosted: Fri Jan 11, 2019 11:07 pm 
Offline
Newbie
Newbie

Joined: Sat Jan 19, 2013 9:02 pm
Posts: 9
Location: Gauteng
Meningsverskille is welkom. Wat ek sou waardeer is dat Johan vir ons verduidelik hoe hy sy somme maak. Ek wil graag verstaan. Kan ek aanneem hy is ‘n boer?

Vir my om R124/kg vir wildvleis te betaal is nie die einde van die wêreld nie. Ek sal okei wees. My buurman gee my darem elke jaar ‘n paar bokke en ons jag nou en dan per kilogram. Maar die jaar wil ek graag in die bosveld ook jag(Meer bekruip en nader skote). Maar nie net ek nie, ek het ‘n paar vriende wat doodgewone, tog belangrikke werke het, wat ook graag wil jag.(Party gaan vir die eerste keer jag). ‘n Onderwyser byvoorbeeld. Wat van hóm of ‘n suster of ‘n polisieman.

Ek verstaan baie goed die scenario met die drie werknemers hierbo en sien hoe boere moontlik bederf kan raak. Maar dit bly vir my ‘n beginsel saak. Maak nie saak hoeveel ek verdien nie, ‘n boksie vuurhoutjies bly net 50c werd. Dit sou verkeerd wees om ‘n miljoenêr R50 te vra bloot omdat hy baie geld het.

Ek dink ook baie boere het groot planne gehad om lekker vinnig ryk te word met die eksotiese wild. Nou moet hulle maar weer hard werk om geld te maak met die gewone ou biltong jagter wat twee jaar terug nie toegelaat was op sy plaas nie. Ek kan verstaan hoe markverwante pryse swaar te sluk is na daai lugkastele gebou was. Skielik kan jy nie jou plaas, vakansie huis en die nuutste Cruiser afbetaal in 3 seisoene nie.

‘n Kennis in die bedryf is van mening dat die Amerikaners ook nou slim raak tot die uitbuitery waaraan hulle al jare blootgestel is. Volgens hom was dit die norm in 2018 dat jagte vanuit die buiteland gekanseleer was. Ek sou raai dat die politieke klimaat ook maar baie daarmee te doen gehad het.

Soos voorheen gestel, bly dit vir my ‘n beginsel saak. Ek voel as ek meer gaan betaal vir die wild as dit werd is, dra ek by tot die probleem.

Nietemin, glo ek dat die vrymarkstelsel die situasie sal korrigeer. Die ekonomie knyp Jan Alleman maar hard die laaste jaar of twee. Ek hoop maar dat jag toeganklik bly vir mense wat “jag vir vleis”.

Dankie vir die insette. Verskoon maar as ek soos ‘n ou brombeer klink. Darem môre lekker klub skiet.


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Sat Jan 12, 2019 5:37 am 
Offline
Hero Member
Hero Member

Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm
Posts: 1349
Location: Welgelegen
Ek sien nêrens dat iemand iets noem van die droogte nie...

Ek wonder hoeveel van die forum lesers werklik toegang het tot wat dit sommige boere kos om hul diere aan die lewe te hou? Ek het drie vriende in die bedryf, wat boer met skaap,bees asook wild...mense, as daai lorrie ry om voer te gaan haal..R100 000 wat dalk 60 dae hou...dit is nie speletjies nie...hoe lank kan dit aanhou?

So ja, dink dis maar net nog 'n faktor wat bydra tot die hoë pryse..iewers moet die boer op 'n manier probeer om van daai koste te verhaal.

Dit bly maar moeilik.


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Sat Jan 12, 2019 6:38 am 
Offline
Sr. Member
Sr. Member

Joined: Sat Aug 12, 2017 7:12 am
Posts: 398
Location: Polokwane
Wees meer selektief met jou keuses rondom jag...spesefiek waar en wat.
Ons eet hoofsaaklik net wildsvleis in ons huis.
Voorbeeld. ..so twee maande terug n jong eland bullietjie geskiet vir huis vleis.
Bul se prys..R6000
Verwerking van 220kg karkas. .R3860
R/kg..R44.82.
Rooibok en meeste Ander bokke is te duur vir huis vleis..
Maar goed soos eland koei en koedoe koei is Baie goeie waarde

_________________
Just smile and wave boys >:D


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Sat Jan 12, 2019 7:50 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am
Posts: 1584
Location: Bronkhorstspruit
Iets wat ek uit die gesprek neem, en wat Vissie al in sy eerste post aangeraak het, en n baie sensitiewe saak is:

Meeste van ons is maar in n mate trofee jagters. Jy kan regtig by die supermark jou vleisie baie goedkoper koop. Die werklike waarde van daai rooibok se vleis is nie dit werd wat jy vir hom betaal nie.

So, die satisfaksie wat jy kry deur n penkop rooibok te jag is eintlik maar dieselfde satisfaksie wat iemand wat leeu jag kry. Die penkop se vleis is eintlik maar net n bonus, net soos wat die leeu se vel/trofee ook maar n bonus is.

So, julle biltongjagters (ek is ook een), dink maar 2 keer voor jy weer n trofee jagter kritiseer.

_________________
416 Rigby,338 Lapua Magnum,30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mm


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Sat Jan 12, 2019 11:20 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am
Posts: 897
Location: Pretoria Oos
Ons moet sekerlik besef ons bly nou in donker suidelike afrika en nie meer europese afrika nie
Hier is dit nie maklik om 'n boer wees nie, veral met ons ou landjie wat soo deurmekaar is nie

Soos Nella en ander hier, jag ek vir die vleis, seker 80% van ons vleis verbruik, en maak glad nie biltong nie want dan verloor ek te veel tafel vleis. Dit is sommer baie lekker en 'n groot voorreg.
As 'n boer te duur raak dan hou ek liefs verby. Hy maak hopelik nog 'n geldjie uit die korporatiewe groeppe (sommiges) wat eintlik net 'n suip naweek soek en ongelukkig nog meer bokke kom kwes, en dan sommer bakkie vragte vol hout op brand...maar hulle worry mos nie want iemand anders betaal en hulle kom volgende jaar weer (as die firmas dit nog 'n jaar oorleef).
Daar is dan ook soms 'n kaans aan die einde van die seisoen om 'n vleisie te kry teen laas jaar se pryse omdat meer manne verby hou of minder skiet, oor die ekonomie meeste van ons so hard knyp.
Soos Vissie se, die vrymarkstelsel sal hopelik op een of ander stadium die pryse sekerlik weer normalisee t.o.v. aanvraag of die boer sal maar daai R2800 blesbok vir R25 p/kg aan King Pei verkoop, hopelik vergoed die volume hom sommer ook vir die dag vooie wat hy verloor het.

Op die ou end kan baie van ons dood eenvoudig net nie bekostig om vir wild/jag te betaal wat die boer nodig het om te oorleef of selfs 'n bestaan te maak nie.
So ek weet nie hoe dinge hom self gaan uit speel nie...dalk maar papier bokke jag of 'n paar wilde hoenders in die agter plaas laat loop, jou gras lekker lank laat groeie, dan bekruip ons maar met die windbuks en maak 'n lekker veld vuurtjie met ou pallete >:D

_________________
338 WM, 270 Win, 9mm, Destroyer 350
Groete, Johan


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Sat Jan 12, 2019 12:00 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Posts: 7908
Location: Ek weet nie so mooi van spel nie maar ek kan skiet. Lonehill, Sandton
Smitstertjies wrote:
Iets wat ek uit die gesprek neem, en wat Vissie al in sy eerste post aangeraak het, en n baie sensitiewe saak is:

Meeste van ons is maar in n mate trofee jagters. Jy kan regtig by die supermark jou vleisie baie goedkoper koop. Die werklike waarde van daai rooibok se vleis is nie dit werd wat jy vir hom betaal nie.

So, die satisfaksie wat jy kry deur n penkop rooibok te jag is eintlik maar dieselfde satisfaksie wat iemand wat leeu jag kry. Die penkop se vleis is eintlik maar net n bonus, net soos wat die leeu se vel/trofee ook maar n bonus is.

So, julle biltongjagters (ek is ook een), dink maar 2 keer voor jy weer n trofee jagter kritiseer.



Die waarde van daai RB is as jy terug dink aan daai naweek en weer binne jou lag oor daai grap wat die een simpel ou langs die vuur gemaak het en daai lekker bier wat so koud was toe jy uit die veld uit kom of die gesprek wat jy en jou seun langs die krip gehad het.

Die lewe is donners kort, ons werk en werk en werk om te probeer geld maak en spaar en voor jy sien is jou kind wat laas nog n doek gedra het 10 of 15jaar oud en jy sit by die huis en eet goedkoop Checkers biltong

_________________
Een vrou ma klomp gunne!

A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Sat Jan 12, 2019 2:07 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member

Joined: Wed Jul 19, 2017 4:48 pm
Posts: 551
Location: Kaapstad
As dit net oor die samesyn gaan, kan jy vir baie minder geld vir die naweek met 'n 4x4 die bos invaar en gaan kamp daar waar nie eens 'n grondpad is nie. tel net jou rommel op wanneer jy weer ry.

_________________
Of so iets


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Sat Jan 12, 2019 2:33 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am
Posts: 1584
Location: Bronkhorstspruit
Capt. Oblivious wrote:
Smitstertjies wrote:
Iets wat ek uit die gesprek neem, en wat Vissie al in sy eerste post aangeraak het, en n baie sensitiewe saak is:

Meeste van ons is maar in n mate trofee jagters. Jy kan regtig by die supermark jou vleisie baie goedkoper koop. Die werklike waarde van daai rooibok se vleis is nie dit werd wat jy vir hom betaal nie.

So, die satisfaksie wat jy kry deur n penkop rooibok te jag is eintlik maar dieselfde satisfaksie wat iemand wat leeu jag kry. Die penkop se vleis is eintlik maar net n bonus, net soos wat die leeu se vel/trofee ook maar n bonus is.

So, julle biltongjagters (ek is ook een), dink maar 2 keer voor jy weer n trofee jagter kritiseer.



Die waarde van daai RB is as jy terug dink aan daai naweek en weer binne jou lag oor daai grap wat die een simpel ou langs die vuur gemaak het en daai lekker bier wat so koud was toe jy uit die veld uit kom of die gesprek wat jy en jou seun langs die krip gehad het.

Die lewe is donners kort, ons werk en werk en werk om te probeer geld maak en spaar en voor jy sien is jou kind wat laas nog n doek gedra het 10 of 15jaar oud en jy sit by die huis en eet goedkoop Checkers biltong


Net so Cappie!

Die vleis is nie die rooibok se prys werd nie, maar die hele experience is die geld werd! En vir n deel van daai experience maak ons n dier dood, net soos die leeu jagters. Ek wens n paar biltongjagters wil daai som verstaan. Daars eintlik nie n verskil tussen trofee jag en biltongjag nie. Jy betaal vir die experience. Maar ons dwaal nou van die punt af.....

_________________
416 Rigby,338 Lapua Magnum,30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mm


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Sat Jan 12, 2019 5:46 pm 
Offline
Newbie
Newbie

Joined: Sat Jan 19, 2013 9:02 pm
Posts: 9
Location: Gauteng
Nella wrote:
Wees meer selektief met jou keuses rondom jag...spesefiek waar en wat.
Ons eet hoofsaaklik net wildsvleis in ons huis.
Voorbeeld. ..so twee maande terug n jong eland bullietjie geskiet vir huis vleis.
Bul se prys..R6000
Verwerking van 220kg karkas. .R3860
R/kg..R44.82.
Rooibok en meeste Ander bokke is te duur vir huis vleis..
Maar goed soos eland koei en koedoe koei is Baie goeie waarde


Jy maak ‘n baie groot berekeningsfout!

‘n 220kg karkas gaan jou net 112kg se vleis lewer op ‘n eland na hy geslag is. Die slagter se koste word egter steeds op karkas gewig bereken.

Die som lyk eintlik so:

Bok R6000
Verwerking R3860

Jy gaan haal net 112kg se “eersteklas” vleis.

Dit kos jou eintlik R88/kg.


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Sat Jan 12, 2019 8:54 pm 
Offline
Sr. Member
Sr. Member

Joined: Sat Aug 12, 2017 7:12 am
Posts: 398
Location: Polokwane
Vissie wrote:

Jy maak ‘n baie groot berekeningsfout!

Mmm...nogal nie.
Ek gebruik als.
Selfs die bene word af gekook vir wilds pasteie.
Maar as mens net die prima uithaal. ..dan gaan jy maar n prima prys moet ook betaal.

_________________
Just smile and wave boys >:D


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Sat Jan 12, 2019 9:46 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm
Posts: 1820
Location: Cradock
Vissie wrote:
Nella wrote:
Wees meer selektief met jou keuses rondom jag...spesefiek waar en wat.
Ons eet hoofsaaklik net wildsvleis in ons huis.
Voorbeeld. ..so twee maande terug n jong eland bullietjie geskiet vir huis vleis.
Bul se prys..R6000
Verwerking van 220kg karkas. .R3860
R/kg..R44.82.
Rooibok en meeste Ander bokke is te duur vir huis vleis..
Maar goed soos eland koei en koedoe koei is Baie goeie waarde


Jy maak ‘n baie groot berekeningsfout!

‘n 220kg karkas gaan jou net 112kg se vleis lewer op ‘n eland na hy geslag is. Die slagter se koste word egter steeds op karkas gewig bereken.

Die som lyk eintlik so:

Bok R6000
Verwerking R3860

Jy gaan haal net 112kg se “eersteklas” vleis.

Dit kos jou eintlik R88/kg.


Nou my vriend maak gou dieselfde sommetjie met skaap op die selfde basis. Dan gee n 20 kg lam teen R 95,99 ( die week se special) jou 10 kg vleis sonder been en koslam jou dan eintlik R192,98 n kilo.


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Sat Jan 12, 2019 9:58 pm 
Offline
Full Member
Full Member

Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm
Posts: 213
Pasop om nie te loop krap waar dit nie jeuk nie.

Nella het reeds sy vrou oortuig die vleis werk uit op minder as R45 per kilo en dit bly so! ++>:


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Sun Jan 13, 2019 7:02 am 
Offline
Sr. Member
Sr. Member

Joined: Sat Aug 12, 2017 7:12 am
Posts: 398
Location: Polokwane
OosKaapJagter wrote:
Pasop om nie te loop krap waar dit nie jeuk nie.

Nella het reeds sy vrou oortuig die vleis werk uit op minder as R45 per kilo en dit bly so! ++>:

Ha ha....ek het vir n oomblik gedink hierdie is my voor land!!
Attachment:
IMG-20190113-WA0001.jpg


You do not have the required permissions to view the files attached to this post.

_________________
Just smile and wave boys >:D


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Sun Jan 13, 2019 4:42 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member

Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm
Posts: 1365
Location: smithfield
jy moet ook in gedagte hou,met die goeie vleis en wolpryse wat boere nog tot onlangs gekry het gaan n boer dan eerder met n skaap of bees boer op daai plaas as met wild.ek praat nou hier spesifiek van n ou wat n bestaan moet maak uit die plaas en NIE van n man wat n ander beroep het en n wildsplaas ook besit nie.

vat nou maar hier by ons,n blesbok skiet vir r1400-1800.hy vreet 2keer meer as n skaap.blesbok bring net 1lam aan,skaap bring meestal 2lammers wat jy verkoop @+-r1300 per lam en jy skeer nog die die ooi se wol af.

baie wildsbokke lam/kalf nie eers elke jaar nie,veral met droogte tye.dan is dit n dead loss

in bees se geval het jy tot onlangs r8000 vir n kalf gekry.hoe lank moet n eland loop wat omtrent dieselfde hoeveelheid vreet as die bees voor jy hom kan laat skiet vir r8000
so waar n boer moet lewe van sy plaas gaan wild/jag pryse moet byhou met vee anders sal die ou dit nie doen nie

_________________
.22 mauser,223,22-250,12 boor,12boor pomp,cz9mm,glock19,.22magnum


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Sun Jan 13, 2019 5:23 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm
Posts: 3182
Location: Koue Bokkeveld
Victor_ wrote:
Attachment:
IMG_1941.jpg



>:+

Sent from my iPhone using Tapatalk


Ek dink lankal dit is 'n goeie idee. Ek wil voorspelling waag dat dit baie gewild gaan word.

_________________
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Sun Jan 13, 2019 5:47 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Posts: 6125
Location: Paarl
Victor_ wrote:
Attachment:
IMG_1941.jpg



>:+

Sent from my iPhone using Tapatalk


Laat hoor hoe ver jy gevorder het, Victor!!

_________________
Many people are alive, only because it's illegal to shoot them.


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Sun Jan 13, 2019 7:25 pm 
Offline
Jr. Member
Jr. Member
User avatar

Joined: Fri Jan 08, 2016 2:34 pm
Posts: 87
Location: Durbanville
https://m.facebook.com/groups/111796668 ... %2As%2As-R


Vir die manne wat belangstel. Dit was toevallig die naweek op die “SA Jagters” groep op Facebook geplaas en ek kon myself net nie keer om dit hier te plaas nie.


Sent from my iPhone using Tapatalk


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Mon Jan 14, 2019 8:08 am 
Offline
Administrator
Administrator

Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Posts: 5983
Location: Waterkloof, Pretoria
More Vissie

Ek verstaan jou redenasie asook die vrae wat daaruit voortspruit. Jou fondamentele probleem is dat jy net uit een oogpunt daarna kyk sonder om enigsins die produsent se koste dinamika in ag te neem. Praat bietjie volgende keer op n jagtrip met die eienaar van die plaas en vind uit wat sy koste drywers is wat jou dan tot baie beter insigte sal bring oor die koste bepalings van elke spesie wat hy vir jou op jou vakansie kan aanbied. Om afleidings te maak dat die jagbedryf alleen n boer in staat stel om n vakansie huis, cruiser en wat nog in drie seisoene te kan afbetaal gaan vir jou meer vyande in die sak bring as vriende in die jagbedryf. Hierdie is presies dieselfde afleiding wat n bekende redakteur in die jagbedryf ook hier gemaak het sonder om ooit die nodige informasie tot sy beskikking te gehad het. Ek se weer hoe word jy n miljoener uit die wildsbedryf? Jy begin as n biljoener!

Groetnis
Wouter


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Mon Jan 14, 2019 8:36 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Posts: 6125
Location: Paarl
Wouter, ek het nie geweet jy was 'n biljoener nie!!! ;D ;D

_________________
Many people are alive, only because it's illegal to shoot them.


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Mon Jan 14, 2019 9:38 am 
Offline
Hero Member
Hero Member

Joined: Mon Sep 10, 2012 3:34 pm
Posts: 694
Location: Kalkbank
Dit maak my battery pap as daar so geredineer word. Om deesdae net een werker vir n jaar teen minimum loon aan te hou saam met sy verblyf koste is rofweg R50k per jaar. Dit wil sê n jag plaas moet basies 50 rooibokke per jaar laat jag net om die een werker te vergoed. Dan was daar nog nie n rol draad of n liter diesel aangekoop nie. Om nie eers te praat van daardie venstertjie koeverte wat in die pos kom nie. Jag word lank al nie meer gedoen vir goedkoper vleis nie. As dit die enigste doel is dan is mens baie beter af om n bees agterkwart by jou naaste slagplaas te gaan koop


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Mon Jan 14, 2019 10:49 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Posts: 6125
Location: Paarl
Wonder hoe vergelyk uitgawes van wildboerdery teenoor bv. skaapboerdery?

_________________
Many people are alive, only because it's illegal to shoot them.


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Mon Jan 14, 2019 11:05 am 
Offline
Hero Member
Hero Member

Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm
Posts: 1349
Location: Welgelegen
Wouter Roets wrote:
More Vissie

Ek verstaan jou redenasie asook die vrae wat daaruit voortspruit. Jou fondamentele probleem is dat jy net uit een oogpunt daarna kyk sonder om enigsins die produsent se koste dinamika in ag te neem. Praat bietjie volgende keer op n jagtrip met die eienaar van die plaas en vind uit wat sy koste drywers is wat jou dan tot baie beter insigte sal bring oor die koste bepalings van elke spesie wat hy vir jou op jou vakansie kan aanbied. Om afleidings te maak dat die jagbedryf alleen n boer in staat stel om n vakansie huis, cruiser en wat nog in drie seisoene te kan afbetaal gaan vir jou meer vyande in die sak bring as vriende in die jagbedryf. Hierdie is presies dieselfde afleiding wat n bekende redakteur in die jagbedryf ook hier gemaak het sonder om ooit die nodige informasie tot sy beskikking te gehad het. Ek se weer hoe word jy n miljoener uit die wildsbedryf? Jy begin as n biljoener!

Groetnis
Wouter



Hoor Hoor!!


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Mon Jan 14, 2019 4:01 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am
Posts: 3010
Location: Citrusdal
Niemand het nog gesê wat hy bereid is om vir wild te betaal nie? ::) ::) ::)


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Mon Jan 14, 2019 4:28 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member

Joined: Wed Jul 19, 2017 4:48 pm
Posts: 551
Location: Kaapstad
Chevvy SS wrote:
Niemand het nog gesê wat hy bereid is om vir wild te betaal nie? ::) ::) ::)


As ek kan regkom met dieselfde prys per kilogram as wat ek vir 'n halwe skaap by 'n supermark sou betaal, sou ek tevrede wees. Dit het nou niks met sommetjies te make nie, dis maar net waar my strepie getrek is.

_________________
Of so iets


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Mon Jan 14, 2019 4:29 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member

Joined: Wed Jul 19, 2017 4:48 pm
Posts: 551
Location: Kaapstad
Ek werk nou nie my petrolgeld en sulke goed daar in nie. Want ek kon gestap het as ek wou. Ek praat nou net van hoeveel die boer per kilogram of per bok vra.

_________________
Of so iets


Top
 Profile  
Reply with quote  
Display posts from previous:  Sort by  
Post new topic Reply to topic  [ 62 posts ]  Go to page Previous  1, 2, 3  Next

All times are UTC + 2 hours


Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 2 guests


You cannot post new topics in this forum
You cannot reply to topics in this forum
You cannot edit your posts in this forum
You cannot delete your posts in this forum
You cannot post attachments in this forum

Jump to:  


Advertisement























Powered by phpBB® Forum Software © phpBB Group